Afghanistan ‘skrikkerig vir SA snelboulers’

2010-03-09 09:32

Johann de Jager

Bloemfontein - Afghanistan se kolwers is blykbaar banger vir die snelboulers van die Proteas se boulaanval as vir dié van Indië.

’n Helde-ontvangs het die Afghaanse krieketspan by die lughawe in Kaboel ingewag toe hy hom in Doebai vir die komende Twintig20-wêreldtoernooi op die Karibiese Eilande gekwalifiseer het.

Hy het Ierland, Skotland en Amerika in groepwedstryde geklop, die Verenigde Arabiese Emirate in die halfeindstryd verslaan en in die eindstryd van dié kwalifiserende toernooi weer met Ierland afgereken.

Afghanistan bevind hom saam met Indië en Suid-Afrika in Groep C in die Twintig20-wêreldtoernooi wat einde April begin.

Taj Malik, deesdae hulafrigter van Afghanistan nadat hy van 2001 tot 2008 hoofbreier was, meen Suid-Afrika is vanweë sy klomp snelboulers ’n gevaarliker span as Indië.

“Suid-Afrika het vinnige boulers soos Dale Steyn, Wayne Parnell en Morné Morkel in sy geledere wat hom gevaarliker maak.”

Afghanistan se groepwedstryde teen Indië op 1 Mei op St. Lucia en teen die Proteas op 5 Mei in Barbados sal ’n goeie maatstaf vir hom wees.

Malik sê hulle hoop om vir die wêreld te wys wat in hulle steek.

Hulle hoop om na dese deur ander lande uitgenooi te word om daar te gaan speel.

Hulle sal veral die organiseerders van die Indiese Premierliga (IPL) wil beïndruk.

Malik sê hulle het ’n goed gebalanseerde span en dat hul veldwerk ook baie verbeter het.

Hy sê hulle gaan vooraf in Sjarjah saamtrek en dat hulle voor die toernooi ook ’n klompie wedstryd op die Wes-Indiese Eilande sal speel.

Corrie van Zyl, Proteas-afrigter, het bevestig die Suid-Afrikaners se uitdunning van hul vergrote groep tot net 15 spelers begin Saterdag in alle erns in die Baai.

Hy het die onlangse Pro20-halfeindstryde bygewoon en sal Vrydag met die eindstryd tussen die Warriors en Lions in Port Elizabeth weer tussen die toekouers wees.

Twee van die tuisspan se sterre dié seisoen, die kolwer Colin Ingram en die naatbouler Rusty Theron, kan met nog uithaler-vertonings in die eindstryd finale regmerkies op hulle verenig.

Van Zyl wou nie die aap uit die mou laat nie en het gesê almal in die groep van 30 is steeds in aanmerking.

Hoewel Ingram en Theron ná skool kadette van die Vrystaatse Krieketakademie was, het Van Zyl destyds nie veel met hulle in die Rosestad te doen gehad nie.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: krieket  |  ipl  |  twintig20

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...