Drienasies

SA blaser het laaste sê oor toets

2010-07-29 08:01

In-diepte Verslae

Bokke nie gou terug in Bloem
Bokke nie gou terug in Bloem

Ondersteuners wat nie kaartjies vir die Drienasies-toets teen Australië het nie, kan lank wag om weer die Springbokke in Bloemfontein in aksie te sien.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Bloemfontein - “Dit plaas nie meer druk op hom nie.”

Só het Saru se skeidsregterbaas, André Watson, gereageer oor die moeilike taak wat vandag op een van sy fluitjieblasers, Craig Joubert, se skouers rus.

Met skeidsregters wat vanjaar meer as gebruiklik om die verkeerde redes in die kollig in die Drienasies-reeks is, moet Joubert ná die afgelope week se mediastorm oor die speeloppervlak van die Etihad-stadion in Melbourne besluit of Saterdag se Drienasies-wedstryd tussen die rugbyspanne van die All Blacks en Wallabies daarop gespeel kan word.

“Craig sal besluit of dit gevaarlik is of nie. Dit is gebruik dat skeidsregters dit doen,” sê Watson.

Suid-Afrika se Joubert sal die speeloppervlak vandag bekyk en daarna sy aanbeveling aan die Internasionale Rugbyraad (IRR) se bestuurder van skeidsregters, Paddy O’Brien, maak.

Joubert het volgens allblacks.com reeds sy kommer teenoor O’Brien uitgespreek.

Daar is vandeesweek berig dat die All Blacks en die Wallabies beserings kan opdoen op ’n veld wat as “onstabiel” deur die klubs van die Australiese Voetballiga (AFL) en AFL-spelersvereniging beskou word.

Joubert het O’Brien dadelik ná sy aankoms in Melbourne oor die speeloppervlak geskakel, hoewel die spanbesture van die All Blacks en die Wallabies gister aangedui het dat die toets kan voortgaan.

Die Suid-Afrikaner sal nietemin vandag die laaste sê hê.


 

Appelkie

-   Julie 29, 2010 om 08:29

behandel asb die oorsese spelers net so sleg soos die IERSE skeidsregters die Springbokke behandel het, die skeidsregters RULE mos deesdae, gee hulle bietjie van hulle eie medisyne terug!!

Louw

-   Julie 29, 2010 om 08:40

Dit sal baie interresant wees om te sien hoe Graig Joubert hierdie wedstryd hanteer en veral hoe die twee spanne die losskrum reel benader. Moenie verbaas wees as die gereelde oortreders van beide spanne nie in die wedstryd gaan wees nie of geel kaarte gaan kry nie.

EH

-   Julie 29, 2010 om 09:31

Ek wonder of die skeidsregters en almal wat patete soos Rolland laat wegkom met alles, weet wat hulle aan die spel doen.

Mos

-   Julie 29, 2010 om 11:40

EH - Dis maklik om iemand af te maak as n pateet. Hoekom vat jy nie n fluitjie en kyk of jy beter kan doen nie, lewer eers daarna kommentaar maar dis mos maklik om kommentaar vanaf die rusbank te lewer ... Ek stem saam dat ek nie met elke beslissing saam gestem het nie maar ek is seker hy het beter gedoen as wat jy sou kon .....

Anne-marie

-   Julie 29, 2010 om 13:48

@Mos...waar kom jy vandaan, van Ierland af. Die Skeidsregters het weggekom met moord man. Veral as spelers(mc caw) erken dat hul skuldig was aan ongeoorloofde/onkant/gevaarlike spel en nie geblaas word nie. Die Skeidsregter is miskien nie n pateet nie, maar het nie sy bes gedoen nie. Ek hoop jul plekke is voor die TV Saterdag, want jul sal die verskil duidelik sien. Ons SA Skeidsregters is in n ander "KLAS". @Louw ek stem goeie punt. Laat ons sien!

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...