Drienasies

McCaw erken hy't teen SA oortree

2010-07-29 09:02

In-diepte Verslae

Bokke nie gou terug in Bloem
Bokke nie gou terug in Bloem

Ondersteuners wat nie kaartjies vir die Drienasies-toets teen Australië het nie, kan lank wag om weer die Springbokke in Bloemfontein in aksie te sien.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Bloemfontein. – Richie McCaw het gister erken hy het verskeie kere in die toetse teen die Springbokke nie volgens die reëlboek gespeel nie, maar dat dít alles deel van rugby is.

Dié All Black-flank en kaptein is in die tweede Drienasies-toets teen die Bokke in Wellington volgens ruggastats.com vyf keer gestraf wat die Suid-Afrikaanse afrigter, Peter de Villiers, en van sy senior spelers rooi laat sien het.

Die Ier Allain Rolland was die skeidsregter wat McCaw nie met ’n geelkaart vir sy spel by die afbreekpunte gestraf het nie en sal op 28 Augustus die fluitjieblaser wees wanneer die Bokke teen die Wallabies op Loftus Versfeld te staan kom.
 
“Ek het ’n paar foute begaan en daar is ’n aantal kere waaroor ek sal redeneer. Ek dink die belangrikste is dat jy moet weet waarmee jy sal wegkom of nie. Maar ek het ongetwyfeld ’n klompie foute begaan,” het McCaw gesê.

Hy sê solank hy sy span nie onder druk plaas nie, sal hy met sy spel voortgaan.

McCaw het voor Saterdag se Drienasies-toets teen die Wallabies in Melbourne ook erken dat hy in Wellington gelukkig was om nie meer strafskoppe teen die Bokke af te staan nie.

McCaw het gesê hy sal ligloop vir Suid-Afrika se Craig Joubert in eerskomende Saterdag se toets.

McCaw en sy eweknie van die Wallabies, David Pocock, se spel teen die Bokke het nietemin onderstreep dat daar ondanks reëlveranderinge steeds plek vir baljagters soos die Bokke se Heinrich Brüssow in toetsrugby is.

Brüssow behoort volgens die Cheetahs se jongste beseringsverslag beskikbaar te wees om die Bokke op die einde van die jaar se toer na Europa te vergesel.

McCaw erken dat ook Pocock die Bokke baie met sy spel by die afbreekpunte in Brisbane gefrustreer het.
 
“Hy het ’n groot impak daar (afbreekpunte) gehad. Die Springbokke was ook nie so akkuraat soos hulle graag sou wou wees nie,” het McCaw gesê.

Pocock is volgens ruggastats.com drie keer teen die Bokke gestraf.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Madzz

-   Julie 29, 2010 om 09:43

BASTARDS!
Ek is SO gatvol vir patetiese 'inconsistant' refs!!!!!
Die Bokke het nou wel nie verdien om te wen nie en was nie die beste span op die veld nie (in AL die jaar se TriNations games) maar om nog 'n patetiese ref te moet sluk is bietjie te veel gevra!!!
WANNEER gaan hulle eendag die refs ook 'uitwys' en strawwe teen hulle uitdeel (verminderde vergoeding, of 'n bleddie swart kol - maak nie saak WAT nie, daar moet net 'iets' aan gedoen word wat WYS hulle is 'swak' refs...!!) ASSEBLIEF???
Ons as trotsse Springbok ondersteuners (till the last drop) sluk swaar genoeg aan 'n verloor - wat nog as ons moet sluk aan 'n swak ref.....?!

Sammy Swiegers

-   Julie 29, 2010 om 10:05

Ons weet dit. Afrigters weet dit. McCaw ERKEN dit...... maar steeds bly refs untouchable!

Latie

-   Julie 29, 2010 om 10:06

Indien ek die kaptein van n nasionale span is sal ek skaam kry om te erken dat ek verneuk en niks daarmee fout sien.Ek hoop al die skeidsregters en Mnr Andre Watson wat nooit fout sien met die skeidsregters lees die berig.

Madder

-   Julie 29, 2010 om 10:41

Madzz - bravo!!!!

Rogers

-   Julie 29, 2010 om 10:56

Jy hoef dit nie vir ons te vertel nie, Ritchie, ons weet, Suid Afrikaanse rugby ondersteuners is nie onnosel nie. Jy het dit ook teen die Iere gedoen, dis hoekom hulle agsteman jou met sy knie bygedam het. Siende dat jy dit so blatant uitblaker en spog behoort SANZAR die All Blacks te penaliseer met 1 punt per wedstryd. En ja jy sal moet lig loop vir Craig Joubert, hy gaan nie jou str@ont vat nie.

U1

-   Julie 29, 2010 om 11:22

Om net ne strafskoppe te kyk, is misleidend. 'n Span kan meer strafskoppe afstaan vir onkant ens, terwyl die ander span minder afstaan maar gestraf word vir oog krappery, kopstampe en diesmeer.
Ek wil almal aanraai om van "jou" span ontslae te raak en rugby te kyk. Dan geniet en ondersteun jy die spel en nie 'n span nie.
Sterkte.

donald Pta.

-   Julie 29, 2010 om 12:55

ALL Blacks= cheap cheats..dis hukom ons beter sal mut wees as hulle op die veld, want jy speel met net 14 manne met tye en n ref wat onkonsekwent is.

Sies @ NZ

-   Julie 29, 2010 om 13:07

so waar is die windgat NZ nou wat gese het die Springbokke kla verniet hmm? Sluk nou maar lekker aan julle kritiek en beledigings, laat sak julle koppe in skaamte vir julle NZ span wat uiteindelik die een was sonder dissipline en wat geen respek vir reels het nie!

Annemarie

-   Julie 29, 2010 om 13:16

@U1 "Ek wil almal aanraai om van "jou" span ontslae te raak en rugby te kyk. Dan geniet en ondersteun jy die spel en nie 'n span nie".
Wat het het jy vandag gerook????????

Wally

-   Julie 29, 2010 om 13:36

Die Aussies en Kiwis bly maar arrogante poepholle en die Bokke - net nie goed genoeg om hulle te klop nie!!

Anne-marie

-   Julie 29, 2010 om 13:37

I REST MY CASE......Mc Caw moet maar versigtig wees in in alle games nou, hy het homself gemerk en die "VAAK IERSE" Skeidsregter se name met n plank geslaan. How low can you go? Sterkte ou seun......jy sal dit nodig he. En glo my ons SA ondersteuners het jou ook gemerk.

wilhelm tell

-   Julie 29, 2010 om 14:50

die manier hoe om onge-oorloofde spel te gebruik is deel van NZ en A se kleedkamerpraatjies op alle vlakke.en hoe om daarmee weg te kom.vra my ekt daar gaspeel.dis eintlik 'n skande.so al die dinge wat hulle doen is ou nuus.skeidsregters kan nie orals sien nie daar gebeur te veel dinge gelyktydig op die veld.kantlynregters met meer magte is die antwoord veral in sg moderne rugby waar dit 'n werk is en nie meer ontspanning nie.let op vir die sg besering op die doellyn as die opponente daar is-- dis om momentum te breek en word al meer toegepas.ek sê weer-prof Stokes se raad oor die rus van snr spelers mbt 2011 se WB moet ernstig na gekyk word.miskien is dit al te laat en die cup gaan ander baas hê.groete

WA

-   Julie 30, 2010 om 03:06

Die Bokke probeer ook al die "tricks" in die boek, maar is net te dom om daarmee weg te kom. As julle glo hulle probeer nooit n reël bietjie buig nie, bluf julle julself! Hou in hemelsnaam net op kla en speel vir n slag beter as jul opponente. Al beker wat SA hierdie jaar gaan wen, is die KLAGAT-beker.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...