Fotograaf moet wegbly van All Blacks
2010-07-29 12:10
In-diepte Verslae
Ondersteuners wat nie kaartjies vir die Drienasies-toets teen Australië het nie, kan lank wag om weer die Springbokke in Bloemfontein in aksie te sien.
Melbourne - Die fotograaf wat vroeër die week foto’s van die All Blacks se wedstrydplan geneem het, is by enige verdere aktiwiteite van die Kiwi's in Melbourne verbied.
Scott Barbour, wat in Christchurch gebore is en tans in Melbourne werk, het tydens ‘n oefensessie van die All Blacks foto’s geneem van ‘n getekende wedstrydplan wat die breier Graham Henry in sy hande vasgehou het.
Die foto-agentskap Getty Images, wat die foto’s by Barbour gekoop en toe verder versprei het, staar ‘n soortgelyke sanksie volgende week in Christchurch in die gesig, wanneer die All Blacks en Wallabies mekaar in hul tweede Drienasies-toets pak.
In Melbourne is Getty vir eers veilig aangesien dié Drienasies-wedstryd deur die Australiese rugbyunie (ARU) aangebied word.
Die uitvoerende hoof van die Nieu-Seelandse rugbyunie, Steve Tew, het gesê hy het Getty gekontak om sy teleurstelling uit te spreek. Maar gesê geen regstappe sal geneem word nie.
Lees die volledige artikel hier.
- Planetrugby.com