Drienasies

Besin oor ‘boorvatte’, vra Jean

2010-07-29 08:29

In-diepte Verslae

Bokke nie gou terug in Bloem
Bokke nie gou terug in Bloem

Ondersteuners wat nie kaartjies vir die Drienasies-toets teen Australië het nie, kan lank wag om weer die Springbokke in Bloemfontein in aksie te sien.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Kaapstad - Jean de Villiers het Woensdag gewaarsku dat aanvallende spelers strafskoppe gaan begin “melk” as daar ’n oordrewe klem is om die sogenaamde tip tackle uit die spel te roei.

Dié Springbok-agterspeler dien ’n skorsing van twee weke uit vir sy gevaarlike doodvat op die All Black-speler Rene Ranger in die Bokke se onlangse nederlaag van 17-31 in Wellington.

De Villiers se doodvat op Ranger was ’n oortreding van reël 10.4 (j) en is daarom oor dieselfde kam as ’n boorvat geskeer. Beeldmateriaal wys egter duidelik dat De Villiers niks kon gedoen het om Ranger se val te keer nie.

“Ranger het eintlik meer beheer oor die situasie as ek gehad,” sê die Bok.

“Die situasie gaan ontstaan waar die baldraer ’n strafskop kan ‘melk’ deur op ’n sekere manier te val. Daar sal oor dié situasie besin moet word. Jy wil steeds sien dat die fisieke element van rugby behoue bly.”

De Villiers het in sy loopbaan van 60 toetse nog net een geelkaart vir herhaalde oortredings gekry.

Dit het in sy guns getel en sy skorsing van twee weke was een minder as die minimum van drie weke wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) aanbeveel word.

Dieselfde geld die Wallaby-losskakel, Quade Cooper, wie se appèl teen ’n skorsing van twee weke vir ’n soortgelyke oortreding gister van die hand gewys is.

Cooper sal gevolglik twee Drienasies-toetse teen die All Blacks misloop.

Hoewel De Villiers nie openlik oor sy skorsing brom nie, was hy verbaas dat sy duikslag en Cooper s’n in dieselfde lig beskou is.

Die Nieu-Seelandse regsbeampte Bruce Squire het die vergelyking in sy aanvanklike uitspraak oor Cooper se skorsing getref.

“Die vergelyking met Quade maak my moedeloos, want jy kan duidelik sien dat hy met opset optree,” sê De Villiers.

“My vraag aan die regsbeampte was ‘wat anders moes ek gedoen het?’ Hy kon nie vir my sê nie.

“Hulle het ’n brief van die IRR gekry dat dié soort doodvatte (waar albei ’n teenstander se bene met die uitvoer van die duikslag van die grond af gelig word) uit die weg geruim moet word. Die siening is dat afrigters spelers maar moet leer om die doodvatte op ’n ander manier uit te voer.”

De Villiers (29) erken hy het nie vanjaar goed gevaar vir die Bokke nie. Hy is egter uit posisie op buitesenter en vleuel aangewend.

“Ek het nie gedink ek gaan weer so vinnig betrokke wees nie. Ek is bly oor die kanse, al was dit op vleuel en buitesenter,” sê hy.

“Ek het nie goeie rugby gespeel nie, maar hoop ek kry weer die kans op binnesenter om te wys dat ek goed genoeg is.

“Ek het geweet ek sou weer my plek in die span as binnesenter moet oopveg. As jy die kans gegun word om vir Suid-Afrika te speel, speel jy egter waar jy gekies word.”

Jaque Fourie is weens sy skorsing van vier weke nie beskikbaar vir die Bokke se volgende kragmeting met die All Blacks op 21 Augustus nie.

Dit kan beteken dat De Villiers vir eers weer op buitesenter ingespan word.

“Ek is gemakliker op buitesenter as op vleuel. Dis darem nader aan waar ek wil wees!”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24


 

Lees meer oor: skeidsregters  |  rugby  |  drienasies  |  saru

louis

-   Julie 29, 2010 om 09:19

Ek stem 100% saam met Jean de Villiers. Dit is maklik om dit in te oefen sodat jy kop eerste aarde to gaan in enige laagvat vanaf die middellyf tot op die knieë. Spelers - almal behalwe die voorrye is nie onnosel nie (sic) (Sê dit net omdat ek self in die voorry beland het)
Die reëls is daar om spelers te beskerm, maar daar is ook 'n baie groot verantwoordelikheid op elke speler om homself te beskerm, maar hy kan daardie omdop of "tip tackle" reël definief fabriseer.

Oortreding?

-   Julie 29, 2010 om 09:22

Ek stem saam met de villiers en het dit al voorheen op 'n webwerf gesê. Miskien is ek verkeerd, maar dit is wat ek dink: As 'n speler op volle spoed, laag van voor vasgevat word kan sy momentum vanaf sy liggaamsdeel met die grootste massa (sy bolyf) hom net bo-oor die 'tackler' dryf. Die plek waar hy op sy liggasam vasgevat word tree dan op as 'n spilpunt en veroorsaak dat hy daarom roteer en kop eerste ten gronde gaan. Hoe laer hy vasgevat word hoe groter die momentum (p=mv)wat rotasie ondergaan. Wat kan die 'tackler' doen? As hy hom los, lyk dit nog erger want dit sal voorkom asof die speler met die skouer geloop is - die 'tackler' sal sy tydsberekening om die man te los mos nooit regkry nie. En as hy hom 'saggies' probeer neersit, gaan dit nog erger op TV lyk!
Miskien kan 'n fisikus dit vir ons beter as ek verduidelik.

Koos

-   Julie 29, 2010 om 09:37

Nee ou pel, jy het nie die ou gelak nie, of het jy? Toe hy nou so daar bo in die lug is, toe is jou joppie klaar? Toe los jy hom nou maar. Hierdie tipe twak redinasie van Jean moet ook 'n rooi kaart kry. Hierdie tipe ingesteldheid van die spelers wat die bal wil terug gooi na die reels toe gaan nie die taak vir hulle makliker maak nie. As jy nie jou fout erken nie, dan gaan jy dit nie aan spreek nie en gaan hy dit weer doen. Dit is soos 'n verslaafde, as hy nie erken dat hy verslaaf is nie, gaan hy niks daaraan doen nie, want hy glo hy is nie verslaaf nie. Boorvatte moet met alle mag uitgeroei word. Daar kan nie minder gevaarlike of meer gevaarlike boorvatte wees nie, dan soek jy moeilikheid met interpetasie, as boorvat uit is, dan moet ALLE boorvatte uit wees. Boor jy die ou grond toe as hy daar bo is, of los jy hom as hy daar bo is en was jy jou hande in onskuld dat die ou op sy eie daar onder hom des moers val. Jean is in sy bokbal gepik. Om die teenstander in die lug op te veg tot daar bo dat hy sy balans verloor dan as dit gevaarlik is, moet dit net so strafbaar wees en oor dieselfde kam as boorvat geklassifiseer word. Waarop die ou met agressie in die lug op veg? Duik die ou grond toe, of smoorvat die ou dat hy nie die bal verder kan speel nie. Jean, die alternatiewe is daar, gaan pas die alternatiewe toe, oeffen dit em kry jou kop reg.

kosie

-   Julie 29, 2010 om 09:44

van zyl van zyl jy moet kom om die bokke te red piet van zyl daar nog n rev om te duik

louis

-   Julie 29, 2010 om 10:30

Koos jy het seker nog net sofa-rugby gespeel. Nee, ek stem saam met "oortreding" hierbo. Dit maklik vir die speler wat geduik word waar die ewewig van die geduikte speler oorhels na die boonste deel van sy lyf om self kop eerste grond toe te gaan. PRobeer dit met jou vrou ou Koos. Miskien kry sy dit gou reg.

Tackle

-   Julie 29, 2010 om 11:15

De Villiers leer de Villiers om n man om sy enkels te tackle dan het jy nie geelkaart problem nie. As hy nie wil of kan tackle nie leer hom om behoorlik te onderskep.

4x4 @koos

-   Julie 29, 2010 om 11:17

Koos is reg die manne moet leer om hulle opponent terug te duik en nie op te tel nie

Koos

-   Julie 29, 2010 om 11:51

Vir diegene wie dit nie verstaan nie, haal ek die volgende uit die bogemelde brief aan: “Hulle het ’n brief van die IRR gekry dat dié soort doodvatte (waar albei ’n teenstander se bene met die uitvoer van die duikslag van die grond af gelig word) uit die weg geruim moet word. Die siening is dat afrigters spelers maar moet leer om die doodvatte op ’n ander manier uit te voer.”
So ja, daar het julle dit. Ek stem 100% Daar is mos nou niks wat niemand nie verstaan nie. Wat verstaan Jean hiervan nie? Nou wil ek net verder weet, as jy albei bene van 'n ou van die grond af op lig, dan weet jy mos wat gaan gebeur! Ek sien ook hulle beduie dat dit 'n "duikslag" is. Is dit duik of is dit optel?

Adrian

-   Julie 29, 2010 om 11:57

Hoes die senter kombinasie:
12. Jean De Villiers
13. Juan De Jongh
Wees eerlik...Wynand Olivier is goeie Currie Cup, Super 14 speler maar hy kom nie die mas op in internasionale rugby. Jean en Juan het die X faktor

J.J.

-   Julie 29, 2010 om 12:03

Die van ons wat al voorheen rugby gespeel het weet dat dit nie altyd moontlik is om iemand laag te vat nie. So moenie julle domheid hier kom uitstal nie.

Pieter

-   Julie 29, 2010 om 14:08

Jip ek stem, boorvat is uit, met optel en al. Blaas dit dieselfde soos vir hoogvat finish en klaar. Die van ons wie rugby gespeel het weet hoe dit reg gedoen word. Die ander wie kommentaar lewer moenie hul onkundigheid hier kom tentoonstel nie. Ja en dan gewoonlik is dit mense wie oor die muur raak wie sukle dinge kwyt raak soos Jean, dan is hulle geneig om hul oog van die bal te haal.

Pieter

-   Julie 29, 2010 om 14:23

Dit gebeur ook dat, soos JJ beduie, dit nie altyd moontlik is om iemand lag te vat nie, wat heel reg is. Om dit weer te verduidelik, dis (boorduik) soos met hoogvat. Hoogvat is uit of dit nou per ongeluk is of nie, dis uit. Soos wat die IRR dit wil hê is dat boorvat met optel en al uit moet wees. Lees gerus weer hier bo hoe lees die IRR reel. Ek dink ons almal verstaan dit.

louis

-   Julie 29, 2010 om 15:54

Lees en verstaan ons wat Jean gesê het? Hy het nêrens teen die reël persè kapsie gemaak nie. Hy sê bloot dat daar spelers is wat die reël gaan "melk". En dáármee stem ek saam. Koos se aanhaling uit briewe het NIKS maar niks met Jean se uitlating te doen nie. Lees ook weer "oortreding?" se brief. Lyk my na iemand van insig en slim!!

Of Jean nou oor die muur is of nie....wat het dit met die prys van eiers te doen. Hy het uit posisie gespeel en volgens sy eie erkenning geen gelukkige wedstryd(e) daar gehad nie. Kyk hoe lyk Pienaar nou wat elke week in 'n ander posisie speel. Hy sal verseker eers so 4 wedstryde moet skrumskakel speel om sy voete behoorlik te vind. Uit posisie speel is 'n onding. Om dit in die oordrywende trap te stel. Sit vir Steenkamp of slot en ons kyk hoe gaan dit dan!!

Dus Koos (sofarugby) lees weer wat Jean se probleem is. Asseblief!!

Koos

-   Julie 29, 2010 om 16:55

Graag haal ek vir Jean hier bo aan en plaas ek weer die antwoord van die beampte. "My vraag aan die regsbeampte was ‘wat anders moes ek gedoen het?’ Hy kon nie vir my sê nie.

“Hulle het ’n brief van die IRR gekry dat dié soort doodvatte (waar albei ’n teenstander se bene met die uitvoer van die duikslag van die grond af gelig word) uit die weg geruim moet word. Die siening is dat afrigters spelers maar moet leer om die doodvatte op ’n ander manier uit te voer.”
As ons nie hieruit verstaan wat die reel beduie nie, dan weet ek nie. Kom ek beduie weer. As hierdie reel gehoorsaam word en spelers maak hulle nie daaraan skuldig nie, dan verval Jean se argument en kan daar niks gemelk word nie. Lees weer wat ek hier bo beduie.

Koos

-   Julie 29, 2010 om 17:10

Skuus dat ek die volgende skryf, want dit is nou nie eintlik my styl nie. Ek wil net graag die volgende vraag aan Louis vra: As ek jou hier bo reg verstaan, dan was jy 'n vooryman? Groetnis.

Koos

-   Julie 29, 2010 om 18:52

Kom ons ontleed gou "Oortreding?" hier bo se scenario. Op volle spoed né, op volle spoed ens ens "dryf" ... "spilpunt".... "kop ten eerste na gronde gaan". Wat 'n klomp twak as mens dit met Jean se oortreding en video vergelyk. Hoe de duiwel boorduik jy 'n ou op volle spoed? Jean het met sy bene stilstaande op die grond geplant die joppie gedoen. Dit is mos nou waaragtag nie boorduik nie! Goeie bliksem!

Koos

-   Julie 29, 2010 om 19:03

Verdermeer, jou momentum so op volle spoed soos "Oortreding?" hier bo verduidelik, vat jou bo-oor die tackler, nou hoe de bliksem as dit jou bo-oor die tackler vat dan vat die momentum jou nie bo-oor die tackler nie, maar in die lug op soos in Jean se geval? Dit spiraal jou dan die lug in.............sal lyk asof hy hom met die skouer geloop het...... En nou vir die wiskunde en formules. Ek haal aan: "As 'n speler op volle spoed, laag van voor vasgevat word kan sy momentum vanaf sy liggaamsdeel met die grootste massa (sy bolyf) hom net bo-oor die 'tackler' dryf. Die plek waar hy op sy liggasam vasgevat word tree dan op as 'n spilpunt en veroorsaak dat hy daarom roteer en kop eerste ten gronde gaan. Hoe laer hy vasgevat word hoe groter die momentum (p=mv)wat rotasie ondergaan. Wat kan die 'tackler' doen? As hy hom los, lyk dit nog erger want dit sal voorkom asof die speler met die skouer geloop is - die 'tackler' sal sy tydsberekening om die man te los mos nooit regkry nie. En as hy hom 'saggies' probeer neersit, gaan dit nog erger op TV lyk!"

Stuiwer in die armbeurs

-   Julie 29, 2010 om 19:25

Hoe spiraal 'n mens vanself opwaarts, of dryf die tackler se bene jou opwaarts?

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...