SA ystermanne maak skoonskip

2010-07-29 09:41

Nairobi - Burger Lambrechts het Woensdag hier op die Afrika-atletiekbyeenkoms Suid-Afrika se eerste goue medalje in die gewigstoot vir mans gewen.

Soos verwag het SA se gewigstoters skoonskip gemaak en al drie medaljes verower.

Die stryd om die goue medalje het op ’n oorlog in die kleine tussen Lambrechts en Roelie Potgieter afgestuur.

Met die aanbreek van die laaste ronde was Potgieter, die Suid-Afrikaanse kampioen, nog die voorloper met ’n afstand van 18.62 m.

Voor sy laaste poging kon daar gesien word hoe Lambrechts met Potgieter ’n woordjie verwissel.

“Ek het vir Roelie gevra wat hy dink ’n regverdige uitdaging sou wees.

“Ek het aan 18.80 m gedink, maar volgens Roelie was dit darem ’n bietjie te erg.

“Hy het my laat verstaan dat hy sal verkies om net een sentimeter te jaag.

“Ek het toe maar sy woorde te harte geneem en net 18.63 m gestoot,” sê Lambrechts, wat vanjaar sy terugkeer tot atletiek gemaak het.

Lambrechts het ook gekwalifiseer om die Afrika-span later vanjaar op die Wêreldbeker-byeenkoms te verteenwoordig.

Potgieter was heel filosofies oor sy tweede plek.

“Dit is maar die lewe. Ek moet dalk leer om dinge nie tot op die laaste te los nie.”

Hy was teleurgesteld toe hy ná die medalje-oorhandiging moes hoor hy het nie ook gekwalifiseer om aan die Wêreldbeker-byeenkoms deel te neem nie.

Die IAAF het skynbaar so pas ’n nuwe reël ingebring wat bepaal dat twee atlete van dieselfde land nie in dieselfde item aan die Wêreldbeker-byeenkoms mag deelneem nie.

Orazio Cremona was derde met 18.27 m.

Khotso Mokoena, silwermedalje-wenner op die Olimpiese Spele en Wêreldbyeenkoms, het min moeite ondervind om tot vandag se verspring-eindronde deur te dring. Hy het sy uitdun met ’n sprong van 8.12 m gewen. Senegal se Ndiss Badji (8.09 m) is die enigste ander atleet wat ook verder as 8 m gespring het.

Mbulaeni Mulaudzi het die handjievol Suid-Afrikaanse ondersteuners amper oud voor hul tyd gemaak toe hy in ’n uiters stadige 1:51.81 oor die eindstreep gedraf het. Dit was die vierde stadigste kwalifiserende tyd.

“Ek het las van ’n dyspier en hakskeenbesering, maar dit is niks om oor bekommerd te wees nie. My wedloop het heeltemal volgens plan verloop.

“My doel was om net genoeg doen om te kwalifiseer en nie my beserings vererger nie.

“Ek het ook tyd nodig om aan die hoogte bo seevlak gewoond te raak. Ek gaan beslis vinniger in die halfeindronde hardloop. Dit is vir my belangrik om dié titel te wen.”

Simon Magakwe is deur na vandag se 100-eindronde met ’n tyd van 10.24 s.

Ander Suid-Afrikaners wat die uitdunne oorleef het, is: Windy Jonas (6de vinnigste in 800 – 1:50.22); Ofentse Mogawane (7de vinnigste in 400 – 46.65) en Estie Wittstock (5de vinnigste in 400 – 53.59).

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24


Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: atlete  |  atletiek

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...