Minister nader VN oor Semenya

2009-09-14 12:14

Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n brief aan die Verenigde Nasies (VN) gerig waarin hulle die manier waarop daar teenoor Caster Semenya opgetree word, bevraagteken.

Noluthando Mayende-Sibiya, minister van vroue, kinders en gestremdes het ‘n brief aan die VN se afdeling vir vrouebemagtiging (DAW) geskryf waarin sy beweer Semenya se menslikheid is aangetas.

Sy bevraagteken of dié manier waarop daar teenoor Semenya opgetree word ooreestem met die prosedures wanneer dit kom by geslagsgelykheid.

Die 18-jarige sportwetenskapstudent se loopbaan is in omstredenheid gedompel nadat haar geslag bevraagteken is sedert haar oorwinning in die 800m-item in Berlyn.

‘n Australiese koerant het verlede week berig dat Semenya na bewering beide manlike en vroulike geslagsorgane beskik.

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het nog geen kommentaar hierop gelewer nie.

Intussen glo Mayende-Sibiya die saak oorskry die VN se vereistes vir die beskerming en die bevordering van vroueregte.

"Die gelyke geleentheid om in sport deel te neem, of dit nou vir die kompetisie óf die genot daarvan is, is die reg van alle vrouens, mans en kinders.

"Ek wil daarom ‘n versoek aan die VN rig om die saak te ondersoek, omdat die voorval nadelige gevolge vir vrouens wat in sport wil deelneem, kan inhou,” het sy in ‘n brief aan Carolyn Hannan, die direkteur van DAW geskryf. 

- Sapa   


 

Lees meer oor: vn  |  caster semenya  |  iaaf

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...