Aussie meen Semenya se testosteroon is "normaal"

2009-08-26 10:44

Kaapstad – ’n Australiese gesondheidsnavorser meen Caster Semenya is voortydig gekruising oor haar abnormale testosteroonvlakke.

Dinsdag is berig dat toetse wat op Semenya gedoen is drie keer die normale testosteroonvlakke van ’n vrou toon.

Dié toetste is gedoen ná dié ster-atleet se wedlooptyd radikaal verbeter en twyfel oor haar geslag aangevuur het.

Volgens die Sydney Morning Herald se webwerf sê prof. Susan Davis, ’n dokter en gesondheidsnavorser aan die Monash-universiteit in Australië, dat daar ’n baie groot reeks van sogenaamde “normale” testosteroonvlakke is wat natuurlik in vroue voorkom.

Davis het ook gesê sekere mediese toestande natuurlik meer as gewoonlik testosteroon in vroue produseer, maar dui op geen manier dat hulle mans is nie.

“Om vir (Semenya) voordeel van die twyfel te gee is daar toestande in vroue wat gepaardgaan met hoër testosteroonvlakke wat normaal is en gebeur sonder dat hulle dwelms neem of mans is.”

Die mees algemene hormoontoestand is polisistiese eierstoksindroom (PCOS) wat tussen 5 en 10% van die bevolking affekteer, het die Polisistiese Eierstoksindroom Vereniging van Australië gesê.

“In ons samelewing word dit met medikasie behandel omdat niemand hare in hul gesig of aknee wil hê nie,” het Davis gesê.

Davis het self met twee vroue-atlete gewerk wat dié toestand het.

“Ek moet versitig wees. As ek hulle behandel om hul testosteroonvlakke te verlaag en gesighare verminder kan hul sportvermoëns kwyn. Hulle neem nie testosteroon nie, dit is hulle natuurlike biologie.”

In die afwesigheid van definitiewe toetsuitslae kan die moontlikheid nie uitgesluit word dat Semenya ’n soortgelyke toestand het nie, het Davis gesê.

“Daar is altyd die moontlikheid van testosteroon-misbruik, maar ’n mens gaan nie testosteroon vat en na die Wêreldkampioenskappe gaan wetend as jy gaan wen jy getoets gaan word nie.”

Sport24


 

Lees meer oor: caster semenya

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...