Skewebek-kameelperd vreet dat die tande klap

2010-07-29 09:06

Nelspruit - ’n Skewebek kameelperdkoei wat in die omgewing van die Numbihek in die Krugerwildtuin rondwei, laat haar nie sommer onderkry nie.

“Ten spyte van haar gebrek, vreet sy dat dit bars en is sy lekker spekvet en gesond,” het Pottie Potgieter van Nelspruit gesê.

Potgieter het sowat twee weke gelede op die koei afgekom wat op die S7-pad tussen die Numbi- en Phabeni-hek saam met ’n trop van sowat ses kameelperde gewei het.

“Ek kon eers nie glo wat ek sien nie!

“Ons het gewonder of sy nie maar net haar bek so trek nie,” het Potgieter gesê.

Hy en sy vrou, René, het die dier, wat sowat 15 meter van die pad aan die boomtoppe staan en vreet het,’n uur lank dopgehou.

Die dier het die blare met haar tong nader gehark en gekou ten spyte daarvan dat haar twee kake nie behoorlik op mekaar pas nie.

Potgieter is van mening die dier het haar bokaak óf tydens ’n nekgeveg met ’n ander kameelperd gebreek óf sy is beseer toe sy deur ’n roofdier aangeval is.

Dr. Roy Bengis, staatsveearts in die wildtuin, het gesê dit is die eerste keer dat hy so ’n afwyking by ’n kameelperd sien.

“As ek na die foto’s kyk, reken ek die koei is eerder met die afwyking gebore.”

Hy sê daar is duidelike tekens dat die bokaak en neusbeen onderontwikkel is en dat die onderkaak ook skeef ontwikkel het.

“Dat die jong dier, wat na raming twee jaar oud is, só lank oorleef het, is merkwaardig,” het Bengis bygevoeg.

Volgens hom moet die dier oorleef deur die blare met haar tong te stroop en dan in haar mond te maal.

Volgens Bengis het dr. Markus Hofmeyr, wat betrokke is by die wildtuin se wildvangeenheid, die kameelperd voorheen in die Stols­nek-omgewing in die suide van die wildtuin opgemerk.

- Die Burger

Lees meer oor: diere  |  sci-tech

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...