Johan Swarts

Wanneer die storie nie meer sin maak

2010-01-11 08:15

Verbeel jou iemand vertel 'n storie aan jou as kind.

Verbeel jou hierdie storie is nie sommer enige storie nie, maar die moeder van alle stories. Dit bevat 'n wêreldbeskouing wat alles onder die son verklaar; dit verduidelik die oorsprong van die heelal, die doel van die heelal en die rede waarom die heelal bly voortbestaan. Dit stip noukeurig uit wat bestaan en nie bestaan nie, wat goed en kwaad behels en hoe 'n lewe geleef moet.

Verbeel jou die storie vul jou met soveel ontsag en verwondering dat jy dit vir almal wat jy ken of teëkom met passie begin oorvertel. Verbeel jou dat jy nie anders kan nie, omdat jy naas die storie van kleins af ook geleer is dat dit verkeerd is om te jok.

Verbeel jou dat jou ouers jou altyd mooi laat verstaan het dat die goeie, die regverdige en die deugdelike altyd nagestreef moet word.

Verbeel jou hulle het jou geleer dat die waarheid altyd sal seëvier en dat dit nie goed is om mense te belieg en te bedrieg nie – dat jy nooit valse getuienis oor enigiets mag lewer nie, al is dit hoe groot of hoe klein.
 
Verbeel jou nou jy begin eendag oor die ongelooflike storie nadink en besef, tot jou skok, dat die verhaal wat alles onder die son verklaar heimlik vol foute is. Verbeel jou jy ontdek weersprekings, vind wanvoorstellings van die geskiedenis en kom op dinge in die grootse storie af wat skielik net nie meer vir jou sin maak nie.

Verbeel jou jy ontdek dat die storie wat alles oor alles oor alles vertel nie die volle waarheid beet het nie.

Wat sou jy doen?

As jou ouers jou geleer het dat leuens verkeerd is en die waarheid altyd sal seëvier, sal jy waarskynlik hieroor begin praat met almal wat ook die storie ken. Jy sal hulle onthuts vertel van al die vreemdhede in die storie, al die gate, al die wanvoorstellings. Jy sal hulle prober vertel dat julle almal bedrieg is – dat die storie so waar as wragtig nie die volle waarheid oor alles bevat nie en dat die hele wêreld dringend moet hoor dat daar vir hulle gejok is.

Verbeel jou dan dat hierdie mense, in plaas daarvan om jou te bedank vir die leuens wat jy pas vir hulle oopgevlek het, jou hieroor begin kasty en hul pogings om die storie verder te versprei, bloot verskerp.

Verbeel jou dat jy van kleins af geleer word om altyd die waarheid te praat, maar dat mense jou uitskel, uitstoot en beledig sodra jy dit, volgens die beste van jou medewete, so eerlik as moontlik oor een, spesifieke storie probeer vertel. Verbeel jou die ontnugtering, die vervreemding en die pyn wat as gevolg hiervan in jou binneste begin sweer. Verbeel jou dat jy dan maar begin om skanse rondom jouself te bou waaragter jy alleen teen ‘n absurde wêreld begin baklei.

Verbeel jou jy begin ‘n wrok teenoor alles en almal koester, omdat die wêreld skielik baie skynheilig vir jou begin lyk.

Hartlik geluk. Jy weet nou hoe voel 'n militante ateïs.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Nolan

-   Januarie 11, 2010 om 09:16

Johan, dit vat baie moed. Ons is op die oomblik in die minderheid, maar dit sal nog verander in die toekoms. Mense se oë is stadig maar seker besig om oop te gaan. Dankie vir die puik artikel, ek kon dit nie beter myself gestel het nie. Ek kan nie wag om die reaksie van die Christen lesers te sien nie.

Skepties

-   Januarie 11, 2010 om 11:25

Johan, jy is baie braaf om so iets te sê. Jy gaan nou gekruisig word!!!!

My storie is baie dieselfde as joune, behalwe dat ek die verhaal begin bevraagteken het toe ek bietjie oor bybelgeskiedenis begin navraag doen het.

Vandat ek klein was, is daar aan my vertel dat die Bybel onteenseglik waar is en dat alles bewys is. Groot was my ontnugtering toe ek agterkom hoe daar heeltyd vir my gejok is. Niks in die bybel, van Adam en Eva tot by die bestaan van Jesus, is ooit as iets meer as mites bewys nie. Die Bybel is eers na Jesus se tyd geskryf. Voeg dan nog daarby al die teenstrydighede. Hoe kan enigiemand nog bly glo in so iets?

Niekie

-   Januarie 11, 2010 om 11:29

Ek vermoed die tweede laaste woord van hierdie uitstekende artikel van Johan is 'n sleutel om dit te verstaan. Ek dink nie die artikel kan so gemaklik in 'n kamp ingedruk word (teenoor ander kampe, soos "Christen lesers") nie. Ek dink juis dis wat die artikel so briljant maak. Net 'n vermoede.

Andries 1ste

-   Januarie 11, 2010 om 12:42

Johan, snaaks dat almal van "ons" dieselfde voel en tot dieselfde gevolgtrekking gekom het, en gewoonlik op dieselfde manier: gesonde verstand, gewoonlik [baie] navorsing, en meestal het "ons" n gelowige agtergrond of kindsbeen gehad. Dit gaan gewoonlik gepaard met geheimhouding, [ongegronde] verwyte en vyandigheid soos jy tereg se. Ons word soos kriminele behandel,somtyds erger - dit terwyl ons graag net in vrede wil lewe - maar nie hierdie juk van geloof kan afskud nie. Meestal dink dit is omdat gelowiges bang is dat ons dalk reg kan wees......

Eugene

-   Januarie 11, 2010 om 13:25

Baie dankie! Uitstekend gestel. Ek voel al baie jare presies so maar het baie gesukkel om dit te verwoord. Kan ook nie met enige iemand daaroor praat nie want vir die Christen is sy geloof 'n kruk en sal hulle nie oorleef as ek dit met bogemelde argumente onder hulle uitruk nie.

Ruan

-   Januarie 11, 2010 om 13:40

RAmen!

Eugene

-   Januarie 11, 2010 om 13:41

Lees ook hierdie uitstekende stukkie waarheid: http://blogs.news24.com/PhilosopherStoned/how-little-kids-see-the-bible?page=5 Kan dit self nie beter stel nie

Meraai

-   Januarie 11, 2010 om 13:58

Johan, hoekom hou jy op verbeel? Hou nog so bietjie aan. Verbeel jou jy staan tussen 'n magdom mense voor 'n Koning se troon. Aan die een kant sien jy 'n wonderwereld van groen weilande en waterstrome - 'n paradys - en aan die anderkant 'n smeulende vuurpoel. Een vir een word die name uitgeroep van die wat in die wonderwereld gaan woon. Verbeel jou jy hoor nie jou naam nie! Verbeel jou jy sien jou pa en ma en boeties en sussies en hulle name word uitgelees. Verbeel jou die res word bymekaargevee en in die vuurpoel gegooi. Jy hoor die gekerm en gekla en voel hoe jy saamgesleur word en jy kan niks doen om dit te keer nie. Ek wonder of jy jou dan nog gaan verbeel ...Andries, ek is nie bang dat julle dalk reg gaan wees nie. Ek wonder net wat jy gaan dink as ons dalk reg is. Net jammer ek sal nie die uitdrukking op jou gesig kan sien nie ...

Skepties

-   Januarie 11, 2010 om 14:16

Meraai, jou redenasie is nog goeie rede om geloof vaarwel toe te roep. Julle geloof is gebou op vrees. Regte gogga-maak-vir-baba-bang stories.

Jou weergawe van Pascals Wager is al lank al as nonsens afgemaak. Wat gaan jy eendag doen as jy nie gereïnkarneer word as 'n wit koei nie? Of as jy voor Allah staan en hy moet oordeel? Jou geloof het net soveel kans om waar te wees as wat reïnkarnasie se kans is om waar te wees. Alles gebou op mites sonder enige bewyse.

Andries 1ste

-   Januarie 11, 2010 om 14:47

Meraai, dit maak dalk vir jou sin om mense in lyn te hou deur vrees van n ewige vuur-hel, of n denkbeeldige beloning van n ewige lewe in n groen vlakte, met idiliese waterstroompies en watervalle, waar bokkies hardloop en kinders lag, of hoe jy dit ookal vir jouself wil voorstel - het jy al gedink waarmee jy jouself vir die volgende miljoen jaar gaan besig hou daar? ek hoop jy het n stokperdjie, want bybelstudie en jesus-geselsies gaan jou vir die eerste 5 jaar besig hou, en eks seker golf is uit. Vir my het hierdie fabel net sin gemaak totdat ek vir myself kon begin dink - ongelukkig is hierdie fabels in jou sige ingeprint as n klein[uiters ontvangbare] kind, wat dit baie moeilik maak om dit agter te los, veral onder die geklap van n [ewige-vurige-dood]sweep.

flippiefanus

-   Januarie 11, 2010 om 15:47

Let tog mooi op dat, alhoewel mens op die oog af sou dink dat Johan homself kan identifiseer met die "militante aties", die stuk so geskryf is dat hy dit heimlik kan ontken.Volgens hierdie beskrywing is alle militante atiese hipokrities want hulle verruil een stel van skynbare leuns en dinge wat skynbaar nie sin maak nie, vir 'n ander stel leuns en dinge wat nie sin maak nie. Miskien is dit die lot van die mens dat hy op 'n punt moet kom waar hy die dinge van sy kinderdae krities moet oorweeg en die dinge wat vir hom op die oog af soos leuns gelyk het moet ondersoek en die waarheid wat daarin skuil moet vind en moet besef dat dit wat vir hom nie sin gemaak het nie dalk weens 'n gebrek aan kennis was.

AndrewG

-   Januarie 11, 2010 om 16:10

Ek wonder hoe toepaslik die term “militante ateïsme” is. Is dit nie ‘n geval van gelowiges wat poog om ‘n negatiewe konektasie te heg aan iemand wat dit waag om die god verhaal te bevraagteken nie?

Uitgesproke ateïsme is ‘n belangrike teenvoeter vir die dikwels onderdrukkende ideologie van godsdiens en voeg waarde tot die welstand van enige gesonde samelewing.

Meraai, as jou god so wreed is hoekom bodder julle nog met 'n duiwel?

Rosalind Franklin

-   Januarie 11, 2010 om 17:34

En hoe voel die gewone ateis? want die meerderheid ateiste is werklik nie militant nie, inteendeel, hulle is maar net gematig. Net soos die meederheid gelowiges nie fundamenteel is nie.
Om 'n ateis te wees, beteken maar nie nie-teisties, wat baie wyd is.

Geesbouer

-   Januarie 11, 2010 om 20:52

Verbeel jou die skrywer van die artikel propageer nie so <i>obviously</i> die standpunt wat hy beskryf nie...Verbeel jou hy gooi maar net 'n klip in die bos...

Geesbouer

-   Januarie 11, 2010 om 20:53

Skuus Flippiefanus, ek sien nou eers jou repliek. My sentiments exactly.

Hermann

-   Januarie 12, 2010 om 08:37

Verbeel jou Meraai is verkeerd en die volgende is nie waar nie:Matt 25:31 "When the Son of Man comes in His glory, and all the angels with him, he will sit on his throne in heavenly glory. All the nations will be gathered before Him, and He will separate the people one from another as a shepherd separates the sheep from the goats. He will put the sheep on His right and the goats on His left. Then the king will say to those on His right, 'Come, you who are blessed by My Father; take your inheritance, the kingdom prepared for you since the creation of the world." V41 "Then He will say to those on His left, 'Depart from me, YOU WHO ARE CURSED, into the eternal fire prepared for the devil and his angels." V46 "Then they will go away to eternal punishment, but the righteous to eternal life."

Mal 4:1 "Surely that day is coming: it will burn like a furnace. All the arrogant and every evildoer will be stubble, and that day that is coming will set them on fire," says the LORD Almighty. "Not a root or branch will be left to them. But for you who revere my name, the sun of righteousness will rise with healing in its wings. And you will go out and leap like calves released from the stall. Then you will trample down the wicked; they will be ashes under the soles of your feet on the day when I do these things," says the LORD Almighty"

Verbeel maar lekker voort. As julle wakker skrik uit jul verbeelding is julle koffie lankal koud!

Meraai

-   Januarie 12, 2010 om 10:18

Andries - nee, ek wonder maar net hoekom begin Johan met die afkraak van die eerste deel van die Skrif en hy hou nie aan tot aan die einde nie. Miskien is hy bang sonder dat ek nodig het om hom bang te praat. Probleem is, teen die tyd dat enigeen van ons uitvind wie is reg of verkeerd is, sal dit te laat wees om van plan te verander.Die argumente tussen ateiste en gelowiges gaan nie in ons leeftyd opgelos word nie. En julle redenasies oor die sogenaamde mites wat ons glo, kan ook nie bewys word nie. Kyk uit by jou venster en vertel my waar kom dit vandaan wat jy daar sien - maak nie saak of dit iets is wat vanself groei en of dit iets is wat die mens gemaak het uit iets wat uit die natuur kom nie. En as jy nou wil teruggaan na die ou afgesaagde ding van die evolusie storie van iets wat ge-evoleer het uit iets uit - waar het die eerste "iets" vandaan gekom? Dis wat geloof is - om te glo dat daar Iemand is wat daardie eerste "iets" in Sy hand gehou het en iets daarvan gemaak het. Vir my is die Iemand met wie ek enduit 'n pad wil loop. Skrifstudie is nie boring nie en sal my nie aan hierdie kant of die anderkant van die hiernamaals verveel nie. Jammer jy kan dit nie ervaar nie, so hou jou maar besig met die twak wat jy op jou TV sien. En vir elke belediging wat jy na my kant toe gooi oor my onnoselheid kan ek na jou toe teruggooi, want ek dink jy is onnosel om nie die Almagtige God te kan sien nie.

vra maar net

-   Januarie 12, 2010 om 10:31

Hermann, het jy nie 'n Afrikaanse Bybel nie? Of is die "waarheid" van die Engelse Bybel meer eg as die van die Afrikaanse Bybel?

Nolan

-   Januarie 12, 2010 om 10:59

Meraai, die iemand saam met wie jy 'n pad wil stap, is maar net iets wat jy geskep het vanuit jou een dimensionele kultuur, sprokies boeke, jou beperkte lewens ervaring asook jou vrese en al die ander nonsens waaraan jy blootgestel is sedert geboorte. Word wakker man, dink namens jouself vir 'n slag. Hou op om bang te wees, skraap die moed bymekaar en sien die werklikheid soos dit is.

Hermann

-   Januarie 12, 2010 om 11:02

Ek skryf,lees en praat albei tale ewe goed, en jy? Die waarheid is in enige taal ewe eg.

Andries 1ste

-   Januarie 12, 2010 om 11:30

Ai Meraai: Jy is reg dat die debat tussen gelowiges en ateiste nooit sal eindig nie, die fundamentele verskil tussen hoe die twee redeneer is te uiteenlopend: (1) gelowiges glo in iets wat nooit bewys kan word nie - en by implikasie kan ons dan ook nie bewys dat god nie bestaan nie (selfde met kersvader, as jy glo hy bestaan kan ek nie die teendeel BEWYS nie) die definisie van geloof is onwrikbare vertroue in iets waarvan die bestaan nie bewys kan word nie. Gelowiges is nie bereid om die ooglopende teenstrydighede en direkte vrae te beantwoord (met iets anders as "basta, dis so want god se dis so nie") en ondersoek te doen na ander moontlikhede nie - daar is gelowiges wat geloof geondersoek en bevraagteken het: jy noem hulle ateiste. Dus is gelowiges fundamenteliste (2) Ateiste(sekulariste) aan die ander kant se beginsel is: kom ons ondersoek dit uit alle hoeke: rede, gesonde verstand, BEWYSE asook n holistiese benadering wat voordelig is vir hom en almal om hom (humanisme). Ons veroordeel dus niemand nie, en gun almal hulle plek in die son - anders as die verwronge beeld wat gelowiges van ons het. Die GROOT VERSKIL tussen hoe ek dink en hou jy dink is: as god more sy teenwoordigheid bekend maak, sal ek in hom glo, maar as daar more onteenseglike bewyse(ja ek weet dis onmoontlik in jou oe, aanvaar dit ter illustrasie) aan die lig kom dat god nie bestaan nie, sal jy nogsteeds glo dat god bestaan. Ek het bybelstudie ervaar vanaf my oe oopgegaan het tot my kop oopgegaan het, moet nooit dink dat nie-gelowiges nie intieme kennis van die bybel, god, jesus en die triniteit het nie. Inteendeel jy sal verstom wees wat ons weet, eenvoudig omdat ons n dors na kennis en die waarheid het, ek is seker ek weet meer van die wereld se gelowe, die demografie, waarin hulle glo, die geskiedenis en hulle doktrines asook die fisiologiese en sielkundige redes vir geloof, die onstaan en werking daarvan as wat jy dink - want ek wil weet hoe dit werk, inteenstelling met blindelingse aanvaarding - soos ek se meeste ateiste het all die FEITE in ag geneem. Ek het nooit gese jy is onnosel nie?? interresant dat jy dit sal noem - ek dink wel dat jy eng is jou denke.

Christoff

-   Januarie 12, 2010 om 11:48

Johan, welkom by die minderheid. Die geselskap hier is egter baie meer stimulerend.

Groete,
Christoff

Irene

-   Januarie 12, 2010 om 11:58

Ateiste/Satiniste julle dae getel, dis hoekom julle so gal braak en hoekom die wereld besig is om onder te gaan.

Meraai

-   Januarie 12, 2010 om 12:19

Skies Andries, die onnosel stukkie was nie op jou persoonlik gemik nie. Dis 'n "sweeping statement" oor wat besig is om te gebeur in meer as een blog waar ek jou naam ook al gesien het. So, jy sal weet waarvan ek praat. Dit lyk vir my net asof die tendens al meer en meer is dat die wat hulleself ateiste noem nou uit die kassie klim en christene aanvat. Jy sien dat ek christen met 'n klein letter spel. Alhoewel ek in God Almagtig glo, sien ek myself nie as 'n christen nie, want ek glo dat die rede hoekom jy vandag is waar jy is, is omdat jy blootgestel was aan vals interpretasies van die Skrif en vals doktrinies wat deur die eeue deur die kerk verkondig is. Vandag bevraagteken meer en meer mense hierdie interpretasies en doktrinies en ongelukkig is daar 'n groter wordende groep mense wat hulleself ateiste noem. Jy mag miskien dink ek is eng in my denke, maar ek dink jy weet nie wat jy moet glo nie, want dit wat jy glo, het geen fondasie nie. Dis die fondasie waaroor ons altyd sal verskil.Nolan, ek het Hom nie in my verbeelding geskep nie. As dit so was, sou ek die enigste een in die hele wereld gewees het wat glo wat ek glo en dan sou jy my verkeerd kon bewys het. Maar daar is derduisende wat glo soos ek. Dit is ook nie my werk om jou te oortuig nie. Mens kan net oor iets oortuig word as jy oortuig wil word. My probleem met artikels soos Johan s'n is nie dat dit nie goed geskryf is nie. Johan is 'n baie goeie skrywer, eintlik moet mens se 'n baie goeie "klip-in-die-bos-gooier". Hy soek reaksie op wat hy skryf en hy kry dit. Dit beteken nie dit wat hy skryf is die waarheid nie.O ja, vader krismis, Andries, mens kan eintlik die oorsprong van die oompie in die geskiedenis naslaan. Hy het nie altyd gelyk soos hy vandag lyk nie (evolusie?), maar wat baie duidelik is, is mens kan ook baie duidelik sien dat hy niks te doen het met die sogenaamde "Christus-fees" wat die kerk met alle mag en krag wil aanhang nie. Ongelukkig wil christene dit nie vandag raaksien nie.So, ek praat nie mense bang nie, maar se nou maar net ...

Christoff

-   Januarie 12, 2010 om 12:20

Irene, moenie so gal braak nie, jy sal die wereld laat ondergaan

Andreas 1st

-   Januarie 12, 2010 om 12:25

Wow Irene! Jou bydrae spreek van n wel deurdagte, hoogs intelligente wese. Die feit dat jy nie eers sataniste kon reg spel en die feit dat jy ateiste en sataniste sommer oor dieselfde kam skeer (sal nogal graag jou lyn van dinkwerk agter daardie een wil hoor) wys dat jy sonder twyfel n fantastiese christen mens is. Ek weerhou my oor die algemeen om in die karakter van mense soos jy in te klim maar jy maak dit baie moeilik.

Meraai

-   Januarie 12, 2010 om 12:52

Is Andries en Andreas dieselfde persoon?

Andries 1st

-   Januarie 12, 2010 om 13:12

ja, my tweetalige alter-ego:)

christo

-   Januarie 12, 2010 om 13:20

Dit is jammer dat elkeen wat nie 'n "Christen" is nie onmiddellik aangesien word vir ateïs (ten beste) or satanis (dit is amper kwaadwillig dom). Die Christelike godsdiens, soos verkondig in die breë Afrikaanse/Protestantse tradisie, is mitologies (en Satanisme is deel van daardie raamwerk), soos militante Islam. Ateïsme (en daar is nie eintlik 'n "militante" weergawe nie, want wie neem nou die wapen daarvoor op?) is rasioneel en modernisties, en eintlik maar erg beperk. Mitologiese Christene en rasionele ateïste kan nie eers met mekaar begin praat nie - why bother?Die uitdaging vir ateïste is om die volgende stap te neem en te sien dat daar moontlikhede aan die ander kant van die rasionele ook is: post-modernisme, post-rasioneel, edm.

Andries 1st

-   Januarie 12, 2010 om 13:32

Meraai, so aan watse demoninasie van die christelike geloof behoort jy? of het jy weggebreek en afgestig? Jy weet dat die bybel soos hy vandag bestaan saamgesit is op die ekunemiese rade(sinodes) deur die biskope vanuit alle gewestes van die christelike geloof, nadat hulle bymekaar geroep is deur Konstantyn(heiden) en dat daar op die sinodes gestem is oor watter predikings(boeke) in die bybel moet saamgevat word ens en onder andere oor die drie-enigheid van god(by Nicaea). Dus is die bybel in sy heidige formaat bymekaar gesit deur....die kerk, en baseer jy as gelowige nie jou geloof op die woord van god nie - dus die bybel - wat deur die kerk uitgegee is?? Maar jy se jy glo nie in die kerk nie, maar die woord van god? huh? Jy klink soos elke demonimasie van die christelike geloof - niemand kan saamstem oor wat die eintlike waarheid nou is nie, of eintlik, wie se interpretasie van die bybel die meeste korrek is. Wat maak jou huidige denominasie(interpretasie) meer korrek as n ander? Glo my ek weet presies wat ek moet glo, of eerder nie moet glo nie. Kersvader was n swak voorbeeld, vervang dit met enige karakter wat totaal en al in fantasies gebaseer is.

Meraai

-   Januarie 12, 2010 om 13:49

Wat my interesseer omtrent gesprekke soos hierdie een, is die twee groepe mense wat "wegdraai" van die kerk af - die wat totaal en al alles verwerp en die wat net die dogmas en interpretasies van die kerk verwerp. Daar is soveel aspekte waar ons saamstem, maar dan is daar ook soveel waar ons hemele van mekaar af is. Wat is dit wat maak dat twee paaie so radikaal van mekaar af wegdraai? Meeste van die ateiste* wat ek op blogs raakloop, vertel dat hulle ook eenmaal in die kerk gesit het en party van hulle se Skrifkennis is beter as meeste christene wat ek ken! Miskien van al die antwoorde soek. Christene oor die algemeen is lui om te dink, want hulle het mos die dominee wat vir hulle dink.*As ek die woord ateis gebruik is dit nie ek wat so se nie - dis hulle wat hulleself so noem.Andries, jy het my op 'n ander blog iets gevra wat ek nie kon antwoord nie, want hulle het die blog gesluit (te bang vir wat kan uitspring?). Sou nog graag verder wou gesels, maar kan nou ook nie onthou wat die vraag was nie.

feanor

-   Januarie 12, 2010 om 14:05

@ Irene- We live longer, have better medical care, technology and benefits than ever and even the average family today lives better than kings did 200 years ago using basic metrics. It seems an article of faith that the world is spiraling out of control, while the opposite is true.

Nolan

-   Januarie 12, 2010 om 14:07

Meraai, my doel is nie om Christene of enige ander godsdiens/geloof af te kraak nie. Ek is 'n voorstaander van vryheid van godsdiens/geloof/denke. As jy die kommentaar van nader gaan bekyk sal jy agterkom dat die eerste persoonlike "aanval" deur jou gemaak is. Ek is ook 'n voorstaander van gesonde debat. Ek worstel nie regtig met die vraag: "Is daar 'n god nie?" maar eerder met die vraag: "Wat is die aard van alles wat bestaan?" Die blote feit dat hier 'n heelal is, is vir my fasinerend. Daar is baie wat die wetenskaplikes nie weet nie, hulle maak voortdurend nuwe ontdekkings. Ek is net nie bereid om blindelings karakter eienskappe aan iets (god, energie, universele mag of wat jy dit ookal wil noem) toe te eien, bloot omdat dit in 'n feitelose boek staan, deel van my kultuur is, of uit vrees nie. Ek ervaar wat is, dis vir my fasinerend genoeg. En as ek iets ervaar na my dood, fantasties. Soos ek reeds gesê het, ek is nie bereid om wat jy "god" noem in 'n beperkte "houer" te plaas nie. Boeke soos die bybel laat mense veilig voel, dis maar al, en mense sal dit verdedig tot die dood toe. Dit vat moed om jou kruk te los.

Irene, puik kommentaar, moet jouself net nie ooreis nie.

BP Pie

-   Januarie 12, 2010 om 14:33

Reël 1 vir ontlokking van reaksie op 'n artikel: skryf oor godsdiens ;)Ek is iemand wat aan beide kante van die spektrum was. As "kerkmens" grootgeword, geleer van Jona se vis, Josef se kleurmantel en 'n man wat op die water kan stap.Daarna het ek "groot" geword en alles begin vraagteken: Kan mens werklik gaan op een publikasie? Is daar iewers 'n Dan Brown wat skelm sit en giggel oor die miljoene kopieë van sy nuutste fiksie wat wêreldwyd die rondte doen?Dit het vir jare aangegaan en ek het die kerk, die Bybel en alle christenskap probeer vermy. Is daar regtig mense wat hierdie snert glo?Tot op 'n dag toe die Heilige Gees alles vir my oopgebreek het. Skielik (en eers toe) het alles vir my sin gemaak - kon ek begin verstaan wat my ouers en die Kerkmense al die jare bedoel het. Kon ek my christen-baadjie uittrek en my gelowige-mantel aantrek.Vir die eerste keer kon ek 'n oop debat voer met alle mense: verskillende kulture, gelowe, nasionaliteite. Geen geloof of kerk is perfek nie en dit gaan baie oerknalle vat om by alle nasies uit te kom - al is dit net om die Keuse vir elkeen te gee. Wat hy daarmee maak, is sy eie saak - elkeen is groot genoeg om vir homself te besluit.Elkeen kan sê wat hy wil; Al wat ek weet - ek het elke dag 'n glimlag op my gesig! Aanstap rooies, die pad is nou, gekronkel, lank en "swaar". Maar belangriker as dit: Die koffie is al klaar...

Joe

-   Januarie 12, 2010 om 15:56

Jong, Meraai, jy het dit nou goed opgesom. "Net jammer jy kan nie die uitdrukking op sy gesig sien" wanneer hy in die hellevuur gedompel word nie. Meraai, ek verbeel my ek wil nie die ewige lewe saam met jou deurbring nie. Nog minder die monster wie sy ongehoorsame "kinders" verdoem tot ewige pyn en lyding. Hoop maar vir jou onthalwe dat jy reg is, Meraai, en nie Islam, Hinduisme of een van die talle ander verbeeldingryke spookstories waaraan die mensdom so verkog is nie.

Siener

-   Januarie 12, 2010 om 16:12

Baie mooi geskryf Johan.Meraai bewys weereens dat wrede mense wrede gode aanbid. Dink bietjie daaraan. Sy roem in haar geloof dat almal nie met haar saamstem nie vir alle ewigheid gemartel gaan word. Christelike liefde is 'n klug...

Susan

-   Januarie 12, 2010 om 16:28

Sorry julle ek voel baie baie vir julle. Ek het ook baie gewonder maar ek het my lewende God en Jesus geproe, gehoor en beleef. Dit vra groei. Ek het stadig nader gekruip en meer en meer beleef sodat dit somtyds oorweldigend kan word. Ek vra vir insig, wysheid en dan na gebed lees ek my bybel. Ek was nog nooit teleurgesteld nie. Ek leer en groei elke keer. Ek bid sommer nou vir julle almal hierbo wat so wonder want julle mis so baie. Daardie elke dag se gesprek met Jesus my middelaar en my groot almagtige God is goud werd en het my nog nooit teleurgestel nie.

Joe

-   Januarie 12, 2010 om 17:00

Susan: Is jy so seker dat die gespreke wat jy met Jesus het nie eerder maar gesprekke met Susan is nie?Indien die heilige gees of God werklik met mense gepraat het, sou alle Christene tot dieselfde gevolgtrekkinge gekom het oor al die groot vrae. Dit is duidelik nie die geval nie. Wat maak jou so seker jy is een van daardie wat reg hoor wanneer God "praat"?

Siener

-   Januarie 12, 2010 om 17:08

@Susan: Besef dat baie mense hier (ek inkluis) eens baie gelowige Christene was wat dieselfde as jy beleef het. My ondervinding is dat dit baie keer juis die mense is wat hulle geloof ernstig opneem wat dit op die ou ent verloor.Jou geloof laat jou goed voel, maar dit maak dit nie noodwendig waar nie. As 'n mens jou geloof aanhou ondersoek en aanhou vrae vra, dan kom 'n mens op 'n punt waar jy besef dat die antwoorde eenvoudig nie bestaan nie.Dan moet 'n mens maar belsuit of jy jou oogklappe gaan terug sit en aanhou glo en of jy eerlik met jouself gaan wees en die waarheid gaan aanvaar.

Des

-   Januarie 12, 2010 om 17:21

Kan een van julle net asb vir m;y se hoekom ateïste voel hulle is slimmer as ander mense. Is daar 'n IK toets waarvan ek nie weet nie?

Edward

-   Januarie 12, 2010 om 20:17

Hoeveel mense gaan soos Yaroslavski, die president van die international Atheists' Movement,aan die einde van sy lewe uitroep: " Please burn all my books.See the Holy One! He's been waiting for me; He is here." lees Isak Burger se boek " Die eerste 5 minute na die dood" vir nog laaste woorde van bekende mense wat God verloon het. Andries 1, miskien kan jy die boek van Dr Michael Green " The Books The Church Suppressed - Fiction and Truth in The Da Vinci Code" lees, voor jy iemand wil vertel oor hoe die Bybel saamgestel is.

Adriaan

-   Januarie 12, 2010 om 23:39

99% van Christene, wat so graag liefde vir jou naaste en draai-die-ander-wang predik, is die' wat mense verneder en verstoot wat nie met hul menings saamstem nie. Dit is alles een groot skeinheilige sameswering.Ek het besluit ek sal my ongeloof vir myself hou en na 'n jaar of wat van ongeloof kan ek vir jou sê dat dit die enigste weg is om te gaan indien jy jou sinne wil behou. Jy sal tot selfmoord gedryf word weens die verwerping en vernedering wat jou kant toe sal kom indien jy nie hierdie raad volg nie. Tensy jy 'n hoogs selfsugtige of uiters onsensitiewe persoon is. Die leringe van die Satanisme kan jou ook help byhou, maar ek stem persoonlik nie saam met al die Sataniese sienswyses nie.

Vliegie teen die muur

-   Januarie 13, 2010 om 07:53

Mooi artikel Johan,

Geen wonder die wêreld is so op sy kop gedraai nie, want die Christene wil my vertel perde drolle is vye!
Die Christene aanbid niks anders as ‘n mitiese god nie.
Het iemand al vir die Christene vertel dat Jesus nie ‘n Hebreeuse naam is nie! Dit kom van die Griekse woord iezus wat beteken hy is Zus of dan Zeus? Gaan doen bietjie navorsing! Die Seuz kanaal bv. is eintlik die Zeus kanaal (omgedraai)
Daar is ruimte vr almal. Hoop die Christene is minder veroordelend. Seker moeilik om te sien met die moerse balke in hul oë!

"I rest my case"

Skepties

-   Januarie 13, 2010 om 08:54

Adriaan, gaan Google maar self Yaroslavski of Yaroslavsky. Nêrens iets van President van enige International Atheists Movement nie. Daar is nie eens so iets nie.
Yarosalsky was wel leier van die League of Militant Godless van die Kommunistiese Party ,en ook leier van die Anti-Geloof Kommittee van die Sentrale Kommittee van die Russiese Bolsjeviste Party gedurende en na die Russiese Revolusie. Nêrens iets oor sy laaste woorde nie; niks daaroor in enige betroubare bronne nie. Is hierdie storie weer iets wat julle opgemaak het om verder te lieg vir Jesus? (Jy weet, soos die leuen wat nog steeds versprei word dat Darwin voor sy dood sy evolusieteorie afgelê het en wat nog steeds as waarheid deur Christene versprei word?)

Christoff

-   Januarie 13, 2010 om 09:07

Des, jou vraag verwys:

"Kan een van julle net asb vir my se hoekom ateïste voel hulle is slimmer as ander mense. Is daar 'n IK toets waarvan ek nie weet nie?"

Individuele Ateiste is nie noodwendig slimmer as ander mense nie, maar dis 'n feit dat slimmer mense meer neig om ateiste te wees. M.a.w. mense met hoë IK's neig om minder waarde in geloof te plaas as ander.

Maar ek vermoed jou ervaring van ateiste is meer van 'n emosionele aard as intellektueel. Kom ek probeer 'n analogie trek:

Daar is vandag nog mense wat Poseidon aanbid. Jy glo seker nie in Poseidon se god-heid nie, ne. Nou, as jy so iemand moet konfronteer en aan hom probeer verduidelik dat Poseidon 10-teen-1 niks meer as 'n mitologiese figuur is nie, hoe dink JY sal HY jou ervaar? Dink jy nie ook hy sal "voel dat jy dink jy weet meer as hy, dat jy dink jy's slimmer as hy" nie? Heel waarskynlik sal hy so voel, maar dis nie bewys dat jy WEL slimmer as hy is nie.

Ek hoop die analogie werk, dat jy sal verstaan wat ek bedoel, want sodra ons oor "God" of "Allah" of "Jesus" begin praat, geld dieselfde dinamika...

Andries 1ste

-   Januarie 13, 2010 om 09:15

Liewe Edward, enige boek wat n werk van fiksie probeer nietig verklaar is reeds vir my verdag (Dan Brown sê in die inleiding van sy boek dat dit n werk van fiksie is, alhoewel dit meestal feitlik korrek), ek is verstom oor die groot getal boeke beskikbaar wat Da Vinci Code probeer diskrediteer(geloofs-onsekerheid?) - btw ek het Green se boek gelees - moenie alles glo wat jy in boeke lees nie (maar dan is dit gelowiges se grootse probleem), veral nie as die skrywer subjektief is nie. Die Ekumeriese sinodes is n feit, of Konstantyn hulle saam geroep het en hulle gestem het oor die jesus se goddelikheid, en watter boeke moet opgeneem word in die bybel is irrelevant, Gnostiste en die Arianiste sal altyd uitgekruit word as ketters. Enige inligting wat die woord van god bevraagteken sal altyd ontken word. Het jy geweet daar n sluipmoord aanval was op Arius(wat die drie-enigheid betwis het, die vader van Arianisme) tydens die era toe die sinodes plaas gevind het? Dat die kerk n groot aandeel gehad het in die bybel soos hy vandag daar uitsien is verseker so, en moet vir geen oomblik dink dat ek my stellings baseer op iets wat ek in n Dan Brown boek gelees het nie, dit beledig my intelligensie. Wei asb uit oor die Atheist Movement waarna jy verwys en die se leier Yaroslavski, want ek vind geen verwys nie beide nie.

Joe

-   Januarie 13, 2010 om 09:23

@Edward - Dis nog 'n ding wat my vroeg begin pla het. Ek twyfel of populere boeke wat staatmaak op sensasie of nodig het om te ry op die rug van Da Vinci Code ernstige akademiese waarde het. Die boeke waarna jy verwys is, met respek, gemors publikasies wat staatmaak op 'n ingeboude onkritiese en emosiegedrewe mark. Dis geen plaasvervanger vir feitelike akademiese navorsing nie. Ouvroustories, urban legends en uit en uit fabrikasies vind vrugbare grond onder gelowiges en word vir soetkoek opgeeet. Dis nie moeilik om vir die koor te preek nie. Kom ons wees eerlik, as 'n mens glo in pratende slange en towerbome, dan is 'n mens se kritiese fakulteite reeds onder druk. 'n Bietjie speurwerk, en 'n mens besef gou dis alles ook maar net soveel nonsens.

Ruan

-   Januarie 13, 2010 om 09:52

@Des "Kan een van julle net asb vir m;y se hoekom ateïste voel hulle is slimmer as ander mense. Is daar 'n IK toets waarvan ek nie weet nie?"Stel jouself voor jy vertel die storie van kersvader aan twee 6-jariges, die een reageer met "WOW! DIS ONGELOOFLIK! EK GAAN EKSTRA SOET WEES DIE JAAR!", die ander dink vir so 30 sekondes, en se dan "maar hoe is dit moontlik dat hy op een aand by elke liewe huis in die wereld uitkom? die storie is mos onmoontlik?". Watter een sal jy sien as meer intelligent?Interessant om te sien dat die debat nou nog voortsleur. Die internasionale polemiek rondom die kwessie is nou al jare verder gevorder as die punt waarop Johan hierdie rubriek geskryf het. Op die ou end kom dit neer daarop dat geen persoon met 'n logiese verstand 'n Christen kan wees nie, maar dat die definisie van geloof juis nie-logies is. Dus, in enige debat (en per definisie word debat in logiese terme gevoer) sal die ateiste seevier.Dus, ateiste: Logika en rede is implemente van die fisiese wetenskap, en is nutteloos om sake van die siel mee te probeer verstaan, nes liefde nutteloos is om 'n wiskundige vergelyking mee te verstaan. Gun die Christene hulle onredelike geloof, maak nie saak hoe belaglik dit vir jou mag voorkom nie. Op die ou end is dit die kwaliteite wat Christenskap uit mense veronderstel is om uit te bring (geluk en liefde vir jou medemens en so aan) meer belangrik as die mitologie waaruit dit spruit.Aan Christene: Aanvaar dat Christenskap diep logiese foute het en dat jy nooit jou geloof in so konteks sal kan verdedig nie. Aanvaar dat die ateiste net op hulle eie weise op soek is na Waarheid. Moenie preek vir ateiste nie want hulle het klaar alles gehoor wat jy te sê het. Leef eerder jou christelike waardes uit sodat die mense rondom jou die regte waarde van Christenskap kan sien.Ek voel ek moet my persoonlike opinie rondom die kwessie uitspreek. Ek voel jammer dat sommige mense dink god is so kleinserig dat so 'n magtige wese ons kleine kreature se lofprysing soek nie. Ek voel jammer dat sommige mense dink hulle lewe is so beperk, dat hulle net 'n maksimum van 80 jaar sal kry om hierdie wonderlike wêreld te verken, en dan nog boonop hulle beperkte tyd in die fisiese wereld ten volle moet toewy aan die nie fisiese.Maar ek voel nog meer jammer dat daar so baie is wat dink ons is niks meer as atome en molekules nie! As ek in 'n woestyn loop en daar is 'n stapel klippe 100m hoog gepak, neem ek nie aan dat hulle nou maar so bo op mekaar gerol het nie, al kan ek niks voetspore rondom dit sien nie...

HB

-   Januarie 13, 2010 om 09:58

Ek stem saam Susan.Dis baie jammer dat van julle nog nie God in julle lewe ervaar het nie.Gaan in jou kamer in en maak die deur toe en vra Hom dat hy Homself aan jou openbaar.Ek hoop jy sal dit kan hanteer.OF is jy skaam????.Wat kan jy verloor?

Siener

-   Januarie 13, 2010 om 10:12

@Edward, doen jouself 'n guns en lees bietjie wyer as jou plaaslike CUM Boeke. Moet ook nie net alles wat jou dominee/pastoor sê anvaar as foutlose waarheid nie. Dink bietjie. Lees bietjie. Praat met mense wat nie dieselfde glo as jy nie.Doen dit en jy sal vinnig agterkom dat die "antwoorde" wat geloof bied uitmekaar val as jy hulle van te naby bekyk.

Hendrik

-   Januarie 13, 2010 om 10:30

@ die skrywer - ek hou van jou storie, maar moet jou aanspreek oor die laaste sin. Daar is nie iets soos 'n "militante ateis" nie, of dan in elk geval nie sover ek van weet nie. Die militante ouens is die religieuse god-besetenes wat vliegtuie in geboue vasvlieg en hulself in skares mense opblaas. Of *hekse* verbrand en homoseksueles haat. Die lys is lank en die geskiedenis van godsdiens is bedrup met bloed. Wys my asb die militante ateiste waarvan jy praat. En net voor die bygelowiges na iemand soos Stalin of Mao verwys - hulle dade en filosofie het niks met ateisme te make nie - dit was maar net nog 'n irrasionele geloof in 'n nuwe polities/ekonomiese bestel. Die feit dat hulle ongelowig was is net terloops en nie die aansporing van hulle aksies nie. Hitler? Goeie katoliek.
Ten slotte, waar staan jy persoonlik deesdae? Steeds 'n protestant met 'n sin vir humor? Of het jy uiteindelik die moed om uit die religieuse kas uit te klim?

Siener

-   Januarie 13, 2010 om 11:26

@HB, daai gevoel wat jy kry as jy alleen is en met Jesus praat is presíés dieselfde gevoel wat 'n Katoliek kry as hy met moeder Maria of een van hulle duisende ander heiliges praat. Of 'n Sufi moslem wat sit en mediteer. Of 'n Boeddhiss of 'n Hindu ...Die menslike brein is 'n wonderlike ding wat in staat is om ongelooflike oomblikke van religieuse ekstase te ervaar.Watter god jy kies (of dit sonder enige gode doen) maak geen verskil nie.

Liewerslaatasnooit

-   Januarie 13, 2010 om 11:41

Al wat ek weet uit persoonlike ervaring is dat God almal oneindig lief het!!!! Wat ook al jou oortuiging, het Hy jou lief. So lief dat Jesus n vloek aan n kruishout gemaak is sodat almal wat die keuse uitoefen kind van God kan word. Geen vraag gaan eendag gevra word waar jy aanbid het, waaraan jy geglo het of jy andersdenkend, n filosoof of n nobody is nie. Net dit en lees mooi: "het jy die Seun", ja of nee? Ek bid vir elkeen wat aan hierdie bespreking deel het. Liefdegroete!!!

Pieter

-   Januarie 13, 2010 om 12:21

Liewersslaatasnooit, net 'n regstelling. Jesus het nie almal op aarde lief nie. Hy het net diegene lief wat nie van die addergeslag is nie. Twee voorbeelde.Kain en Judas Iskariot is deel van die addergeslag. (dit is die geslag van satan)Op hierdie debat is daar moontlik ook mense wat van die addergeslag is, of dalk nie. Kyk wat sê Judas (nie Iskariot nie)let op na vers 11.Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
JUDAS 1:5 Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.
JUDAS 1:6 En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;
JUDAS 1:7 soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as 'n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.
JUDAS 1:8 Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens.
JUDAS 1:9 Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!
JUDAS 1:10 Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.
JUDAS 1:11 Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom.
JUDAS 1:12 Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;
JUDAS 1:13 woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.

Meisiekind

-   Januarie 13, 2010 om 12:29

Ek wil net een vraag aan die stel. Baie van julle het hier genoem dat julle die Bybel beter ken as baie sogenaamde Christene. Ek is seker julle ken die Bybel beter as ek, want ek is nog 'n taamlike nuweling in my verhouding met my Skepper. Ek kwoteer Joe "Nog minder die monster wie sy ongehoorsame "kinders" verdoem tot ewige pyn en lyding." en wil dan vra, as julle die Bybel ken, weet julle nie dat God elkeen van Sy kinders innig liefhet en nie een wil sien vergaan nie? God wag vir elkeen van ons wat verlore is, maar JY moet na Hom gaan. Dis nie God se keuse dat jy verlore moet gaan nie, dis jou eie besluite. en dit was nie van die begin so nie. Die satan het in die vorm van 'n slang na Eva gegaan (so nie 'n pratende slang nie) en die mens verlei en deur daardie sonde het die mens vir homself moeilikheid gemaak. Daarom moet jy dus 'n bewyste besluit neem om jou na God te wend, en Hy wag met groot afwagtig vir jou. Ek bid werklik dat julle bewyse sal vind en sal begin glo dat God julle liefhet en met oop arms vir julle wag.

Nic

-   Januarie 13, 2010 om 12:56

Geen logiese denkende mens het nog ooit n ander mens op n brandstapel verbrand nie. As daar n god is, hoop ek hy is ook logies.

Kom ons dink logies, god bestaan, maar hy bestaan net in ons koppies. Elkeen wat in n god wil glo, glo dit wat in sy koppie geprogrameer is deur sy ouers, kultuur ens. So ook die muslem. Dit is tog logies.....of is dit onlogies en duiwelse denke?... vra maar net...

Dankie Johan vir die logiese stukkie.

ash

-   Januarie 13, 2010 om 13:27

@skrywer. Die waardes wat Christenskap in jou plaas vir my genoeg rede om aan te hou glo. Dit leer vir jou om 'n gewete te he. Dink net vir jouself as niemand 'n gewete gehad het nie, hoe die wereld sal gelyk het. Owerspel en moord sal aan die orde van die dag wees.
Baie dankie aan my ouers wat hierdie waardes in my vasgele het. Baie dankie aan al die bybelstories wat hulle my vertel het.
Ek hou van Christenwees.

Joe

-   Januarie 13, 2010 om 13:33

@ Meisiekind1. God het geweet dat die duiwel in sy tuin los is en hy het geweet Eva gaan sondig.2. Gegewe sy liefde en goedheid jeens sy kinders, sou 'n redelike persoon van hom verwag het om hulle nooit in so situasie te plaas nie. So 'n ouer is mos boos. Hy is immers almagtig. Jy besef natuurlik hy het die duiwel geskep, willens en wetens dat dit sou lei tot die ondergang van biljoene mense. 'n Genadige alwetende wese sou my nie geskep het as hy geweet het ek gaan hel toe nie - hy sou mos weet ek gaan nie in hom glo nie. 'n Genadige superieure intellek sou ook nie van iets so arbitrêr soos geloof sy maatstaf maak nie. Hy sou weet dat sy kinders maklik in allerhande snert glo.---Ek is seker Pieter sal vir ons sê dat die Heilige Gees hom gelei het tot so 'n interpretasie van die Skrif. Ek is ook seker dat meeste van die ander Christene hier, nes ek, vir hom sou sê dat hy die kat aan die stert beet het. Die Gees moet sy storie agtermekaar kry.

Siener

-   Januarie 13, 2010 om 13:38

@Meisiekind, vat 'n stappie terug en kyk na wat jy geskryf het. Verbeel jou nou hoe belaglik dit vir jou sou voorkom as die storie oor Hindu gode gegaan het eerder as die Christen God. Of Romeins of Grieks of Kelties ens. ens.Die probleem is dat wanneer 'n mens nie meer 'n Christen is nie lyk dit wat jy geskryf het net so belaglik.Jy kon netsowel geskryf het van hoe Kersvader alle kinders liefhet en hoe hy besluit wie stout was en wie soet was...

TJM

-   Januarie 13, 2010 om 13:44

Christoff, jy sê julle wie nog nooit geglo het of wie teen God gedraai het maak staat op julle slimgeit né?. (Dink dan nou maar ek is die stupid een want ek glo wel 100% in 'n heilige drie-enige God. Ek hoef Hom aan niemand te verduidelik of te verklaar nie, want ek as nietige mens kan nie. Dit wat ek van Hom mag weet lees ek in die bybel en ek kan enige tyd enige plek met Hom praat.)So julle is 100% oortuig daarvan dat die mens maar net op een of ander manier begin het en wanneer jy dood is, is jy dood? Dink julle die wêreld gaan tot 'n einde kom?

Nolan

-   Januarie 13, 2010 om 14:19

@Meisiekind. Kyk na albei kante, dit sal jou dalk help. Ek dink Mark Twain het dit goed gesê:"We despise all reverences and all the objects of reverence which are outside the pale of our own list of sacred things. And yet, with strange inconsistency, we are shocked when other people despise and defile the things which are holy to us."

AndrewG

-   Januarie 13, 2010 om 14:20

Gelowiges gebruik nie logika waneer hulle “besluit” om gode te aanbid nie en dus kan ek nie sien hoe logiese redenering hulle sienning sal verander nie. Godsdiens grens aan ‘n geestes siekte en wie weet, dalk in die verre toekoms sal hulle deur sielkundiges behandel word met toepaslike medikasie. Nie dat dit my al ooit verhoed het om met hulle in debat te tree nie. Hulle verdien elke bietjie teenstand wat hulle kry. Om verdedigende ateïste “militant” te noem is soos ‘n verkragter wat die polisie bel as sy slagoffer terug veg.

Siener

-   Januarie 13, 2010 om 14:23

@ash, 'n mens se waardes en gewete verdwyn nie wanneer jy ophou glo nie. Kyk maar na lande waar daar baie min Christene is. Hulle is niks meer geweldadig of dekadent as Christelike lande nie.Om die waarheid te sê, in die onwikkelde wêreld is die VSA die land wat die grootste persentasie Christene het. Hulle is ook die land waar daar die meeste geweldadige misdaad is en waar sosiale probleme (soos tienerswangerskap, vroueslanery ens) die meeste voorkom.Vergelyk dit met "goddelose" Japan of Denemarke.

ash

-   Januarie 13, 2010 om 14:59

@siener. Eendag gaan jou lewe tot 'n einde kom, soos ons almal s'n. As jy jou laaste asem uitblaas en terug dink oor jou lewe, wil jy nie weet jy het jou lewe gely vir meer as net wereld rykdom en partytjie nie? Wil jy nie ook as 'n mens met goeie waardes en christelike eienskappe onthou word nie?
As jy nie in 'n God glo nie, gaan spandeer 'n dag by enige hospitaal en gaan kyk vir jouself. Om geloof te he gee vir mense hoop, 'n plek om waar hulle hoort en bo alles, Iemand wat hulle oneindiglik liefhet en jou altyd sal aanvaar.
Sterkte met die pad vorentoe. Ek bid vir almal, so ook vir jou.

Liewerslaatasnooit

-   Januarie 13, 2010 om 15:16

Pieter, Soos God jou en elke mens innig liefhet so behoort ons mekaar lief te he. Ek bid vir jou!!!

Vliegie teen die muur

-   Januarie 13, 2010 om 15:24

Hoekom ontwyk die (slim) Christene dat hul eintlik Zeus aanbidders is. Te bang om ondersoek te doen? Die Skrif sê mos daar is net een naam wat jou as mens kan red! Lyk my die Christene sal hulself eendag moet red want Zeus is mors dood!

Andries 1ste

-   Januarie 13, 2010 om 15:26

Is julle christene nie veronderstel om saam te stem nie?

Pieter

-   Januarie 13, 2010 om 15:50

Liewerslaatasnooit, Is jy ook een van daai 95% mense wat net 10% van die Bybel lees? As jy die hele Bybel lees, nie net sekere mooi woordjies in die nuwe testament nie, sal jy wel agterkom vir wie het Jesus gekom en dat hy nie almal liefhet soos wat jy en baie ander Predikers preek nie. Waarom het Jesus die skrifgeleerdes van sy tyd ADDERGESLAG genoem? Waarom sê God die volgende aan satan. En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Daar is baie ander voorbeelde wat te veel tyd in beslag sal neem. Dankie vir die gebed in elk geval.

Siener

-   Januarie 13, 2010 om 16:00

@ash, jy onderskat regtig ongelowige mense. Ateïsme is nie dieselfde as hedonisme nie. Ek hoop dat wanneer ek eendag op my sterfbed lê ek sal kan terugkyk op 'n lewe vol vreugde, liefde en betekenis. Een waar ek soveel moontlik die regte dinge gedoen het teenoor my medemens. Geloof kan vir mense hoop gee. Of dit nou geloof is in die Christelike God of in enigeen van die honderede ander. Dit beteken egter nie dat daardie gode werklik bestaan nie.'n Siek kind kan gerief en hoop kry uit Kersvader of Liewe Heksie, maar dit beteken nie dat daardie karakters bestaan nie. Ons is mos nie kinders nie. Ons kan eerder ons hoop plaas in werklikhede. Die hartwerkende dokters. Die honderde jare van vooruitgang in die mediese veld. Die liefde en ondersteuning van vriende en familie. Hierdie dinge is werklikhede en verg geen geloof in bonatuurlike dinge nie.

Joe

-   Januarie 13, 2010 om 16:14

Dis mos nou die Heilige Gees wat vir Pieter tot sulke gevolgtrekkings laat kom het, ne?

liewerslaatasnooit

-   Januarie 13, 2010 om 16:47

Pieter, ek sou graag my ervaringe en persoonlike verhouding met Jesus met jou wil deel. Sy omgee vir jou, liefde sonder einde en wat meer om God te vra om deur sy Gees jou persoonlik aan te raak. Dit het met my gebeur, nie wat ek gelees of vertel is nie. Maar ek teiken jou voortaan in my gebede in liefde en met die hoopvolle verwagting om jou te kan omtmoet, hetsy op aarde of dan saam by die Koning en miljoene der miljoene gereddes. Seen en Godsliefde vir jou!!!!

heavy

-   Januarie 13, 2010 om 17:54

ek glo in God maar die Skrif wat ons mee groot geword het is onvolledig. Daar is duidelikheid oor dat geen mens enige iets mag byvoeg, wegneem of verander uit die Bybel nie. Julle wat sulke groot Christen mense is verduidelik aan my waarom daar sekere verse weggelaat is in die nuwe vertaling en selfs nou die Nuwe Lewende vertaling. Moet net nie vir my vertel dit so dat ons dit makliker kan verstaan nie. Die King James Bybel en die 33/53 vertaling staaf my punt. Die wat nie weet waarvan ek praat nie moet dalk die moeite doen en die Bybels gaan lees woord vir woord. Al die gelowe van vandag met die uitsondering van miskien 'n paar is gebaseer op die Roomse leer. Die Sabat dag is eintlik Saterdag maar die Roomse kerk het dit verander na Sondag. Dit is opgeteken in die geskiedenis doen net bietjie navorsing. Ons lewe almal 'n leuen. God het geskryf dat ons gaan aan die einde te doen kry met nuwe insig en dat ons dit moet aangryp. Ek is en sal altyd 'n Protestant bly want my geloof is dat die Almagtige sal seevier oor die donker adder gebroedsel wat hulle self voorgee as die redders van die mensdom.

Gerhard

-   Januarie 13, 2010 om 18:44

Johan, verbeel jou dat alle christen, moslem, hindoe, shinto, moslem en ander gelowe binnekort gaan verander, as hulle gemeenskappe van kleins 'n sekere lewensbskouing aan hulle opdring. Ons ateiste in in die minderheid en so sal dit vir eeue bly. Die totalitêre state soos die USSR het ateisme afgedwing en toe hulle opbreek, het godsdiens weer opgevlam. Ons is in die minderheid, hoewel ek dink ons getalle groei. Aaanvaar dit en leef in vrede met almal - dit sal 'n baie beter voorbeeld stel as al die godsdienste. Probeer 'n elegante ateis wees.

Skepties

-   Januarie 14, 2010 om 06:46

In hierdie kommentare het ek heelwat gelees oor al die mense wat nou so ywerig vir ons heidene bid.

Nou het ek gewonder gewonder hoe pas die gebede by die misterieuse Plan in waarvan ons altyd hoor in. Indien hierdie gebede om ons te ‘red’ verhoor word, word die Plan aangepas?.

Indien hierdie Plan nie verander nie, is die gebede tog vir niks, dinge gebeur soos dit altyd sou gebeur, gebede of nie.

Word die Plan soms aangepas, hoekom word die hele Plan nie maar aangepas om alle mense te ‘red’ nie? Dis tog wat mens logies sou verwag van ’n almagtige Vader wat almal liefhet en almal sou wou red. Sommige word ‘gered’ en ander nie, dit rym glad nie met wat julle beweer ‘n Liefdevolle Vader is nie. Indien Hy nie almal kan red nie, is hy tog nie almagtig nie.

Word die Plan altyd aangepas , was dit in elk geval van die begin af ’n uiters patetiese uitgedinkte Plan vir 'n sogenaamde Almagtige wese. Dit rym ook nie wat ons sien in die werkilke lewe nie. Kyk na al die ellende om ons.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat hierdie gebede ’n mors van tyd is.

AMEN@ JOHAN SWARTS

-   Januarie 14, 2010 om 07:18

Aan al die ongelowiges, DAAR IS n GOD. Maak nie saak of daar teenstrydighede in die Bybel is nie. Snaaks hoe julle ateiste na God roep as julle besef julle is besig om te sterf, OF liggaamlik ernstig siek is. Vra die mense wat al daarmee te doen gehad het, hulle sal jou vertel.
Johan, MOENIE GOD TROEF NIE, JY GAAN 2e KOM. Jy en al jou ateiste tjommies.

Christoff

-   Januarie 14, 2010 om 08:32

@TJM - Ek sê nie ek is slimmer as jy nie. Lees my teks weer. Ek sê wel jy is mislei.

Dis soos om twee 5 jarige kinders te hê waarvan die een aan Kersvader glo en die ander een nie. Om nou te sê die een wat in Kersvader glo is dommer as die ander een is absurd. Dis WEL korrek om te sê dat hy mislei is.

Verstaan jy?

Van die os op die jas. Kan iemand my dalk verduidelik wat met "hel" bedoel word? Bestaan daar wel 'n "real" plek, die hel? Indien wel, waar/hoe? En hoekom?

Erica

-   Januarie 14, 2010 om 09:07

@Ash,stem nie met jou saam, ek is nie n gelowige maar ook ni n totaal ongelowige nie, ek is seker maar wat mens noem n twyfelaar, ek moet egter se na letterlik jare se gespartel met my geloof en sogenaamde gesprekke(ek wil dit eerder smekinge noem) met julle god om my net een ou klein bewysie van sy bestaan te gee, is dar nog net mooi niks, en glo my, ek het myself blootgestel en oopgemaak vir Hom. Kom vir my daarop neer dat Hy my dan seker nie wou hoor! waarmee ek ni met jou saamstem is dat om n gelowige te wees gee vir jou waardes, dis belaglik om so stelling te maak, lees jou koerante en kyk hoeveel dominees vry in die bosse, bedrieg hulle gemeentes en het buite egtelike verhoudings? Ek as nie gelowige hoef nie skaam te wees vir my karakter of waardes nie. Terug tot die punt van God se bestaan of nie, ek dink Joe het n punt beet, my jare lange smekinge en gespprekke was eintlik maar met myself. baie goed gestel Joe(vir Susan).Ek doen nie al die navorsing en dinge wat party van julle doen nie maar ek kan eerlik sedat ek in die laaste tyd baie antwoorde gekry het dmv die gesprekke in Beeld, baie dankie almal!

Pieter

-   Januarie 14, 2010 om 09:08

Joe, Ja dit is die Heilige Gees.
liewerslaatasnooit, Ek het ook 'n persoonlike ontmoeting met Jesus gehad. Ek is klein gedoop en op 19 toe ek Jesus ontmoet het weer gedoop. Ek kan jou ook van baie ervarings vertel waar Jesus my en my gesin bygestaan het, oa ook in 'n gewapende roof by ons huis. My punt is, mense glo te maklik wat Predikers hulle vertel. Doen Bybel studie,dan sal jy agterkom wat God ons Vader se groot plan is. Met die hulp van die Heilige Gees sal jy die waarhede ontdek. Daar is mense (ook die wat nog gebore sal word)wat al aan die begin van die skepping verdoem is tot die ewige duisternis.Jesus het vir sy Disipels gesê dat daar min is wat gered sal word. Ek haal nou vir jou aan uit een van die Boeke wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Dit is uit die boek Esdras. Die boek Esra in die Bybel en Esdras 1 is feitlik presies dieselfde, so dit word aanvaar dat Esra en Esdras een en die selfde Profeet was.Dit is ongelukkig in Engels.2Esdras.8
[1] And he answered me, saying, The most High hath made this world for many, but the world to come for few.
[2] I will tell thee a similitude, Esdras; As when thou askest the earth, it shall say unto thee, that it giveth much mould whereof earthen vessels are made, but little dust that gold cometh of: even so is the course of this present world.
[3] There be many created, but few shall be saved.2Esdras 9
[15] I have said before, and now do speak, and will speak it also hereafter, that there be many more of them which perish, than of them which shall be saved:
[16] Like as a wave is greater than a drop.
[17] And he answered me, saying, Like as the field is, so is also the seed; as the flowers be, such are the colours also; such as the workman is, such also is the work; and as the husbandman ls himself, so is his husbandry also: for it was the time of the world.
[18] And now when I prepared the world, which was not yet made, even for them to dwell in that now live, no man spake against me.
[19] For then every one obeyed: but now the manners of them which are created in this world that is made are corrupted by a perpetual seed, and by a law which is unsearchable rid themselves.
[20] So I considered the world, and, behold, there was peril because of the devices that were come into it.
[21] And I saw, and spared it greatly, and have kept me a grape of the cluster, and a plant of a great people.
[22] Let the multitude perish then, which was born in vain; and let my grape be kept, and my plant; for with great labour have I made it perfect.

ERICA

-   Januarie 14, 2010 om 09:33

@AMEN,jy se met soveel oortuiging DAAR IS N GOD, kan jy met dieselfde oortuiging se hoe liefdevol, genadig en regverdig Hy is, want as jy kyk wat in die lewe aangaan sien ons niks van daai eienskappe nie.SKEPTIES, baie goed gestel, ek voel presies so.

Joe

-   Januarie 14, 2010 om 09:52

Pieter is oortuig dat die Heilige Gees met hom praat. Die Heilige Gees sê vir Pieter dat God glad nie daarin belangstel om almal te red nie en (by implikasie) dat sommige mense, die sg. "addergeslag", van die begin af reeds verdoem is. Meisiekind, BP Pie, Susan, HB en liewerslaatasnooit beweer hulle het ook al in gesprek getree met dieselfde Gees, maar vir meeste van hulle het hy die teenoorgestelde boodskap gegee. Hoe moet 'n buitestaander sulke teenstrydige boodskappe interpriteer? Hoe kan ek jul "persoonlike verhouding" ernstig opneem wanneer julle groot Vriend vir julle almal 'n ander storie vertel?

Andreas 1st

-   Januarie 14, 2010 om 10:33

Dankie Joe, jy wys vir my daar is darem nog biejtie gesonde verstand en denkwyses daar buite. Ek volg hierdie aanmerking(s) met beperkte belangstelling, want aanhaalings uit daai boek en stellings soos DAAR IS N GOD en mense wat vir my wil bid maak nie rerig vir stimulerende debatvoering nie. Ek sal graag wil sien of n gelowige repliek lewer op jou aanmerking (en verdoeming en beloftes van gebedjies tel nie)

Siener

-   Januarie 14, 2010 om 10:45

Luister hier mense. Johan is besig om ons almal vir 'n gat te vat. Let op dat hy nooit sê wat sy eie opinie is nie. Hy het hierdie gesprek begin, maar sit dan net aan die kantlyn en lag vir ons almal.Gaan lees bietjie wat hy sê op Twitter (twitter.com/gormendizer) oor hierdie rubriek.Hier is twee voorbeelde: "Bahahahaha...Afrikaners is en bly maar net suckers vir godsdiensdebakels. I've unleashed the atheists!""Arguing on the internet is like running in the special olympics. Even if you win, you're still retarded"

Joe

-   Januarie 14, 2010 om 11:11

Ja Siener, dit verbaas my nou nie eintlik nie. Ek het hier begin kommentaar lewer op die dinge wat mense in hul reaksies kwytraak en wou eerder maar niks sê oor die artikel self nie. Om eerlik te wees is dit nie baie goed geskryf nie. Dis bietjie vaag en ondeurdag, soos 'n graad 10 kind se opstel. "Arguing on the internet is like running in the special olympics. Even if you win, you're still retarded". Ja, dis 'n ou grappie maar daar steek tog waarheid in. Ek sien nie die onderskeid tussen 'stir' met 'n opstelletjie of 'stir' met kommentaar nie. Ek is seker die skrywer weet van 'glass houses' en het dit maar net tong in die kies bedoel.

TJM

-   Januarie 14, 2010 om 13:22

Christoff, jy is mislei nou het jy besluit almal wie in God glo is mislei. Ek weet ek is nie mislei nie. Al sê wie ook al wat vir my, ek weet God is, was nog altyd en sal vir altyd wees. En ek is dankbaar om danksy Jesus Sy kind te kan wees. Julle ateiste wie God so belaster, beledig en bevraagteken julle ken Hom nie. Ten spyte daarvan het julle julle minds opgemaak. So hou nou maar op asem mors.

Johan Swarts

-   Januarie 14, 2010 om 14:42

<p>Ek wou tot aan die einde van die week wag om kommentaar te lewer, maar aangesien Siener my so vriendelik op Twitter versoek het om aan die gesprek deel te neem, verbreek ek die stilswye met liefde.</p><p>Toe ek hierdie stuk geskryf het, was die bedoeling daarmee nie om 'n pro-ateïstiese of pro-godsdienstige standpunt in te neem nie. Dit was eerder 'n poging om die ervarings wat baie Afrikaners al vir jare het - waarvoor hulle dikwels op die lelikste maniere denkbaar uitgekryt word - weer te gee. Daar is baie Afrikaners daarbuite wat nie meer in sprokies glo nie wat met baie pyn in hul binneste rondloop, omdat hulle onregverdelik daaroor gemarginaliseer word.</p><p>Die rasionaal agter die stuk was dat ek godsdienstiges wou laat insien hoekom nie-godsdienstiges sê wat hulle sê. Ek wou gelowiges laat verstaan dat ateïste nie 'n klomp onredelike monsters is wat netjies in stereotipes pas nie, maar regte mense met regte ervarings, regte pyn en 'n baie goeie rede vir hul oortuigings.</p><p>Wat dus my fassineer van hierdie hele gespreksdraad, is dat almal die stuk interpreteer na aanleiding van wat hulle oor die wêreld glo; wat my hartseer maak, is dat omtrent niemand aan enige kant van die twee "kampe" eers 'n poging aangewend het om beskaafd met mekaar te praat nie. In plaas van pogings om mekaar en mekaar se irrasionaliteite te verstaaan, het hierdie draad amper oombliklik ontwikkel in 'n moddergeveg, waar twee kampe mekaar probeer beleer met bybelversies en beledigings.</p><p>I have, indeed, unleashed the atheists - want omtrent almal hier wat hulself met ateïsme identifiseer, grom vir die ander kant (en is besig om die stereotipe wat ek met hierdie stuk wou afbreek, te versterk). Skynbaar het ek ook die christene losgelaat, want dié grom net so erg.</p><p>Derhalwe 'n versoek (hoewel dit julle vrystaan om dit te verontagsaam): moet asseblief nie 'n intentional fallacy met hierdie stukkie prosa pleeg nie. Dis nie geskryf om die skaal na enigeen van die sogenaamde twee kampe te laat oorhel nie.</p><p>@Hendrik - sien gerus:</p><p>http://gormendizer.co.za/2008/10/30/hoekom-so-amptelik-met-strokiesprent/</p>

Christoff

-   Januarie 14, 2010 om 15:02

TJM, jy is mislei nou het jy besluit almal wie nie in JOU god glo nie, is mislei. Ek weet Poseidon is en sal vir altyd wees.

Julle Christene wie Poseidon so belaster, beledig en bevraagteken, julle ken Hom nie.

....klink bietjie belaglik, ne...

Zena

-   Januarie 14, 2010 om 15:34

My lewensondervinding is dat die Bybel wel goeie riglyne vir 'n mens se lewe het, maar dat dit bloot daardie skrywers se eie ondervinding en lewenservarings was wat hulle neergeskryf het, sodat ander nie dieselfde foute maak nie. Die 10 gebooie, byvoorbeeld is maar alle lande se wette kortom. Ek wil net noem dat 'n "ateis" ook nie aan 'n duiwel/satan glo nie, dus kan hulle nie as "sataniste" bestempel word nie.

Nolan

-   Januarie 14, 2010 om 15:47

@Johan. Die gesprek was heel beskaafd totdat die Christene op die toneel verskyn het. Gaan kyk maar na die eerste 7 kommentare. By die 8ste kommentaar(toe die Christene verskyn) het alles begin skeefloop. Dit wys maar net weereens hoe onverdraagsaam meeste Christene teenoor ander sieninge is, Jesus was defnitief nie soos vandag se Christene nie.

Zena

-   Januarie 14, 2010 om 15:52

Johan, nog 'n probleem is dat diegene wat nie glo nie, nie hulle punt kan oordra aan die wat glo nie, omrede hulle net vir jou eenvoudig vertel "die Bybel sê so" of "daar staan geskrywe." Punt. Maar aan die anderkant vertel dieselfde gelowiges dat jy nie alles moet glo wat jy lees nie (boeke, koerante of internet).

Gee

-   Januarie 14, 2010 om 16:55

As ek as gelowige sterf en ek was verkeerd het ek niks verloor nie(Ek glo en sal bly glo ekis reg) die probleem vir ongelowiges is as hulle verkeerd was.en ek skryf nie hier om enige iemand te oortuig nie dis jou saak.

@Gee

-   Januarie 14, 2010 om 17:55

En as jy voor Allah te staan kom?

Hendrik

-   Januarie 14, 2010 om 18:37

@Johan - ek het die 30 Okt 2008-stuk waarna jy my verwys het gelees. Goed, ek aanvaar dat jy as *joernalis* nie oor alles (of enigiets) 'n standpunt hoef te he^ nie. In hierdie besondere geval weet ons egter dat jy al wel vantevore 'n standpunt ingeneem het. Sam Harris maak in die heel eerste hoofstuk van sy tonekrul-lekker boekie "Letter to a Christian Nation" die punt dat ateiste en christene oor iets wel saamstem: "We agree, for instance, that if one of us is right, the other is wrong. The Bible is either the word of God, or it isn't. Either Jesus offers humanity the one, true path to salvation (John 14:6), or he does not. We agree that to be a true Christian is to believe that all other faiths are mistaken, and profoundly so. If Christianity is correct, and I persist in my unbelief, I should expect to suffer the torments of hell. Worse still, I have persuaded others, and many close to me, to reject the very idea of God. They too will languish in "eternal fire" (Matthew 25:41). If the basic doctrine of Christianity is correct, I have misused my life in the worst conceivable way. I admit this without a single caveat. The fact that my continuous and public rejection of Christianity does not worry me in the least should suggest to you just how inadequate I think your reasons for being a Christian are."

So ja, ek stem saam dat ons oor goed kan gesels en teenstrydige opinies kan he^. Ek is egter van opinie dat hierdie die een onderwerp is waar mens aan die een of ander kant van die draad moet staan, en nie daarop kan sit nie. Maar dis net my opinie.

Pieter

-   Januarie 14, 2010 om 20:00

Baie dankie BP Pie. Kan maar se jou woorde is my woorde ook. Ek het alles ondersoek.Groot geword in n baie streng NG kerk. Vandag is ek net n GELOWIGE want toe die Heilige Gees my vat toe gaan alles oop. Iemand wat dit nog nie ervaar het nie sal redeneer tot in ewigheid. Te veel dinge het in my lewe gebeur as bewys van God se bestaan en daardie bewyse is vir my goed genoeg en het nie die bewyse wat almal soek nodig nie. Ek sal aanhou bid vir almal in hierdie wereld ten spyte van sy geloof of denke en aan die Heilige Gees oorlaat om daaraan te werk. Ek het absolute vrede gevind en is al 8jr lank genees van bedaar middels,bloedruk en cholestrol medikasie bloot eenvoudig omdat ek my kop skoon gekry het deur die wonderlike genade van God - Amen ! Ek is natuurlik oortuig daarvan dat ons almal n groot verrassing gaan kry in die hiernamaals en dit verseker nie die prentjie gaan wees soos dit vir ons geskilder word of deur ons gesien word nie.

Gertjie

-   Januarie 14, 2010 om 21:43

O'God wees my, Sondaar genadig!In Jesus Christus se naam.

Nic

-   Januarie 15, 2010 om 01:11

Ek het n probleem met gelowiges. Ek het ook groot geword in die Calvinistiese gemeenskap van die Afrikaner. Maar het eers op hoe ouderdom besef dat alles net n stories is.... en die stories nie meer sin maak nie.

My probleem met die gelowiges is dat hulle oogklappe aan het. Mens kan nie maklik met n Christen enige logiese redenasie voer nie. Die oomblik as mens oor godsdiens praat, of oor enige natuur ramp, of oor die stand van die wereld, dan donner hulle in die godsdiens rigting in, eerder as om na die werklike, realsitiese oorsaak van die probleem te kyk en dus logiese oplossing te probeer vind daarvoor. Nee wat, dis eenvouding en maklik, dis die toorn van God, of die slegte mens, dis die straf vir ons sondes ens. Die antwoord.....le in die storie, die storie wat lank terug vir ons vertel was, en ons voet by stuk daarby staan...

Kyk bv na wat vandag in beeld staan:

" Evangelis: duiwelse Haïti gevloek"

"Los Angeles - Pat Robertson, die televisie evangelis, het Woensdag aan die Huffington Post gesê dat Haïti deur ‘n “sameswering met die duiwel” gevloek is en dus met slegte voorvalle geteister word."

My magtig man, as n mens n huis bou op n fout in die aardkors, en daar is n aardbeweng, hoe op aarde kan dit die duiwel wees. Gaan bou jou huis op n vulkaan en indien daar n uitbarsting is, dink dis n god wat vir jou kwaad is?

Dis nou net hier waar ek die probleem met die gelowiges in ons samelewing het. Sukkel om logies te rederneer. Hulle is nie dom nie, hulle is net mislei......dis tog so logies.

Kan die gelowiges vir my kommentaar lewer op die siening? Die Evangelis se uitlatings? Sien dit in die lig van Johan se skrywe hierbo:

"Iemand vertel 'n storie aan hom as kind.... hierdie storie is nie sommer enige storie nie, maar die moeder van alle stories. Dit bevat 'n wêreldbeskouing wat alles onder die son verklaar...."

Is Pat die evangelis nie net maar besig om die moeder van alles stories nie te versprei nie....en nog meer mense te mislei nie...?

Vra maar net.




Dink net logies hieroor, net vir n minuut of twee, as jy kan......

Glo

-   Januarie 15, 2010 om 01:38

Hier die storie klink so bekend, Het as jong kind geleer van Liewe Jesus en ook gewonder oor die man wat ek nie kan sien nie maar met wie ons moet gesels. Toe ek 9 jaar oud was het ek besluit om vir die Here voor n toets te stel. Na ure se le en dink oor wat kan ek vir hom kan vra het ek besluit, dit sal goed wees as ek my arm kan breek, nee het ek gedink sal nie werk nie, wat Mamma het gese hy is baie lief vir ons. Ek het toe gebid en gevra of hy nie asb wil toelaat dat ek my arm breek nie so dat ek gips kan kry. Se toe vir hom ek weet Mamma se hy is lief vir my so as hy nie my arm wil breek nie net seer genoeg maak so dat ek gips moet kry. Ek onthou hoe ek aangedring het op gips ( natuurlik wou ek nie skool toe gaan nie ) Volgende oggend het ek vergeet daar van en is skool toe. By die skool en ons n speletjie gespeel met springtoue waar jy mekaar vang , ek het geval en my arm seer gemaak, en groot geskrik. By die hospital het die DR vir my Ma gese dat niks gebreek is nie maar ek het n benetije gekraak in my arm. Ek het my gips gerky, maar ook soveel meer ……..

Skepties

-   Januarie 15, 2010 om 06:36

Nee Gee, jy het ook 'n probleem: Wat gebeur as jy sterf en Allah of Poisedon of Zeus se aanbidders was reg? Jy het dus baie om te verloor.

Christoff

-   Januarie 15, 2010 om 08:26

So klein bietjie off-topic: ek't sopas hierdie nuwe artikel op NewScientist se webtuiste gelees:

Anxious or sexually competitive? Try God

http://www.newscientist.com/article/dn18388-anxious-or-sexually-competitive-try-god.html

Nogal interessant

Zena @ Glo

-   Januarie 15, 2010 om 09:25

Hierdie storie van arm breek is wel so dat as jy energie (positief of negatief) uitstraal sommiges noem dit "The law of attraction") om 'n hartewens te vervul, bring dit wel vir jou dit waarvoor jy so wens in aksie. Ek weet van 'n Christelike motorfietsryer wat gedurig verkondig het dat as hy moet sterf, dit graag op sy motorfiets moet wees. Twee weke terug het hy ('n middeljarige man) in 'n motorfietsongeluk gesterf. Wees versigtig waarna jy hunker, of waarvoor jy wens. 'n Ma wie 'n dogtertjie verloor het, het vertel dat haar dogtertjie vreeslik graag 'n engeltjie wou wees, en nou is sy een?

Andries 1ste

-   Januarie 15, 2010 om 09:33

@Gee, kom ek stel dit statisties(n bietjie wiskunde) vir jou uit, jou kans om in "iemand" se hel op te eindig is as volg: (1)Christen - 44.44% (2) Islam - 58.33% (3) Sekularisme/Ateisme/Agnoste ens - 61.80% (4) Hindus - 64.41% (5) Buddiste - 76.56%. Dis gebaseer op die persentasie wat elke geloof van die wereld se bevolking het, asook op die aanname dat Islam/Ateiste/Hindus ens in die christene se hel gaan opeindig as hulle verkeerd was en so ook dan Christene/Hinuds/Ateiste in Islam se hel as hulle verkeerd is ens. Aangesien ateiste nie n hel het nie, gaan niemand hel toe as ons reg is nie, vir die res vat n ou maar n kans.

Siener

-   Januarie 15, 2010 om 09:36

Ek sal later nog vir Johan mooi antwoord, maar vir nou wil ek net gou vinnig iets uitwys:Ek wou bietjie meer uitvind oor waar Pieter sy sienings vandaan kry, so toe google ek "addersgeslag". Ek moet sê ek was nie verskriklik verbaas om te sien dat die top resultate almal van ver regse webwerwe af kom nie. Onder andere is daar 'n vent met die naam "Kriebos" wat omtrent presies dieselfde as Pieter kwytraak op die stormfront.org webwerf - ek vermoed dis dalk ou Pieter self. Vir die van julle wat nie bekend is met Stormfront nie, Wikipedia beksryf dit so: "Stormfront is a white nationalist and supremacist neo-Nazi Internet forum that has been described as the Internet's first major hate site". Hulle slagspreuk is "White Pride World Wide". So nou moet ek Joe se vraag hier bo herhaal: Hoe is dit dat hierdie God met wie julle kwansuis 'n persoonlike verhouding het vir verskillende mense sulke uiteenlopende dinge kan vertel.Die eenvoudige antwoord is dat julle net besig is om jul eie opinies (en die's van jou sosiale groep, familie, boeke wat jy gelees het ens) in God se mond te plaas.God het nie vir ons in sy beeld geskape nie, ons het hom in ons beeld geskape.

murphy

-   Januarie 15, 2010 om 09:39

@Glo: En dan is daar natuurlik ook die kans dat jy vandag die lotto kan wen. Dit was nie Jesus nie, dit was toeval. Net so gaan jy met duisende mense deur die geskiedenis heen praat wat sê hulle het byvoorbeeld iemand dood gewens en die volgende dag sterf daardie persoon.Nou is jy, deur die een insident, vasgebind tot iets wat net toevalllig gebeur het. Raar, ja, maar toevallig.

Zena

-   Januarie 15, 2010 om 09:48

Godsdiens het bygedra dat mense mekaar veroordeel en mekaar vermoor. Die skape van die bokke skei, die Moslem teen Christen, Rooms teen Protestant, moet ek nog opnoem, want Jesus het gesê "Ek bring vrede..... en ek bring tweespalt, ma sal teen dogter en seun teen vader opstaan. Ek verstaan nie hoe die Jode ons wou bedrieg met die skryf van die woorde nie.

Glo

-   Januarie 15, 2010 om 10:17

Toevallig mmm, is daar iets soos toeval ...???

Andries 1ste

-   Januarie 15, 2010 om 10:31

Vir n antwoord op Johan se kommentaar en dalk in n poging om hierdie debat in n ander lig te sien, kyk na hierdie post op my blog:http://blogs.nuus24.com/AndreDie1ste/jou-plek-in-die-son-as-n-ateis-en-ander-onwaarhede

Zena

-   Januarie 15, 2010 om 10:34

Toeval! Ja, baie beslis. 'n Man staan onder 'n groot advertensiebord by 'n busstop en wag vir die bus. Daar kom 'n sterk wind op ewe skielik wat gepaard gaan met reën. Die wind waai die groot advertensiebord af en val die man morsdood. Dit is 'n ware verhaal en nie 'n vergelyking nie.

Pieter

-   Januarie 15, 2010 om 10:35

Siener, Ek wil en het niks te doen met stormfront nie. Ek kry my inligting uit die Bybel uit. Ongelukkig vir jou en Joe moet ek nou weer verse uit die Bybel aanhaal.Mat 3:7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Mat 12:34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Mat 23:33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? Luk 3:7 Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? 1 Joh 3:8, 10, 12 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. Mat 38, 39:
nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig. Mat 38, 39:Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
As jy dalk nog iewers 'n Bybel het, kan jy al die verse maar gaan opsoek, dan sal jy sien ek kry dit uit die Bybel en suig dit nie uit my duim uit nie.

Joe

-   Januarie 15, 2010 om 10:59

@ Glo - Ja, daar is so iets. Dit kan wiskundig bewys word. Indien jy werklik belangstel, gaan lees ook 'n bietjie op oor "confirmation bias". Verder wil ek net vir jou vra hoe dit is dat God hom bemoei met 'n kind jou simpel gips-toets, maar vir die een of ander rede die opregte gebede van miljoene kinders wat in werklike nood verkeer so gereeld oenskylik ingnoreer? Terloops, Liewe Jesus sê ook in die Bybel: "Jy mag nie die Here jou God op die proef stel nie."

kammakazi

-   Januarie 15, 2010 om 11:33

dan moet die militante ateis hom of haarself maar so sit en verbeel , wat !

Joe

-   Januarie 15, 2010 om 11:38

@ Pieter -- Die boodskap is dat die onbekeerde sondaar aan die duiwel behoort. @ Petrus 3:9 "...Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat ALMAL hulle moet bekeer."

Gee

-   Januarie 15, 2010 om 12:54

Is dit werklik vir ongelowiges so moeilik om Christelike waardes te handhaauit oor die vind meer uit oor ander gelowe,daar is baie meer ooreenkomste as verskille en ek praat van die esensie van die geloof nie van gebruike wat mense daargestel het nie,Die probleem is nie die bybel wat fabels bevat nie die probleem is mense lees nie bie bybel in konteks nie maar haal gedeeltes uit en konsentreer daarop.Ek het al genoeg gesien om en deurgemaak om te weet daar is n God,maar ek weet ook dat van my kolegas wat Moslems is glo dis Allah se besturing,Punt is ons glo in n hoor Hand wat in beheer is,dink julle nou werklik dat as jy volgens die 10 gebooie leef jy weggewys sal word deur Allah of wie ook al weereens ek praat van die essensie nie die gebruike nie as die verskillende gelowe dit netso wil insien,sal dit al beter gaan,ekoordeel niemand hier se siening nie ek stem net nie saam met alles nie,en Andries vir jou om dit statistie te probeer uitwerk is soos die engelse wiskundige wat uitgewerk het met n moerse formule ,wat die persentasie is om jou perfekte huweliks maat te ontmoet.En verder die punt wat ekgemaak het hiebo is tussen gelowiges en ongelowiges ,nie tussen die verskillende dinominasies van gelowe nie.Ek is n Christen en niemand salmy anders kan oortuig nie.En nee ek sluit nie af deur te se ek gaan vir julle bid nie dis julle saak

Siener

-   Januarie 15, 2010 om 13:02

@Pieter, jy moet nie praat met my en Joe nie, maar met jou mede Christene. Hoe is dit dat die Heilige Gees vir party Christene vertel dat God vir almal lief is, maar vir ander soos jy en Fred Phelps vertel dat Hy sekere mense haat?Deur die eeue heen het mense God gebruik om hulle haat van sekere groepe te regverdig.Slawe, nie-blankes, Jode, homoseksuele...

Pieter

-   Januarie 15, 2010 om 13:32

Joe, Dit geld net vir die wat uitverkies is. Kyk wat sê Jesus:John 6:44 "No-one can come to Me unless the FATHER who sent Me draws him, and I will raise him up at the last day. IT IS WRITTEN in the Prophets: 'They will be TAUGHT BY GOD. Everyone who LISTENS TO THE FATHER and LEARNS FROM HIM comes to Me." Wie weet, as jy jou harde hart versag, kan jy ook een van die wees wat uitverkies is en ek die een wat nie uitverkies is nie, maar ek sal aanhou glo. Ek is nou klaar met die argument maar wil vir jou en die ander ateiste los met die volgende, omdat julle glo julle is meer intelegent as die Christen gelowiges.1Cor 1:18 "For the MESSAGE of the CROSS is foolishness to those who are perishing, but to us who are being saved it is the POWER of God. For it is WRITTEN: "I will destroy the WISDOM OF THE WISE; the INTELLIGENCE OF THE INTELLIGENT I will frustrate."" Isa 29:14 "Therefore once more I will astound these people with wonder upon wonder; the WISDOM OF THE WISE will perish, the INTELLIGENCE OF THE INTELLIGENT will vanish." Jesus groete.

Andries 1ste

-   Januarie 15, 2010 om 13:42

@Gee, my statistiese voorstelling van jou kans om in n ander geloof se hel op te eindig is bedoel as n satiriese voorstelling, en moet nie letterlik opgeneem word nie - dis eindlik veronderstel om as belaglik voor te kom

Nolan

-   Januarie 15, 2010 om 13:42

Vir 'n Christen, Moslem en ander soortgelyke gelowe, is dit eenvoudig om hulle standpunt te verduidelik. Hulle sê net: "Dit staan so in die Bybel(of watter boek ookal)" En dit is die einde van hulle argument. Hulle is nie bereid om intelligent te redeneer of na te dink oor 'n spesifieke onderwerp nie. Dink julle nie dis 'n bietjie "cowardly" om agter 'n boek te skuil nie? Hulle idee van geloof is as volg: "Glo wat die boek sê, sonder om dit te bevraagteken, moet nooit weer vir jouself dink nie, wees 'n robot, gooi gesonde verstand by die venster uit, en verwerp alle sienings wat verskil met die boek sonder om intelligent daaroor te redeneer." O ja, en amper vergeet ek: "As jy dit nie doen nie gaan jy brand!" Fantasties.

Yvette

-   Januarie 15, 2010 om 13:46

soos baie van julle was ek altyd maar skepties, die God in die Bybel is vir my baie onverstaanbaar, in die Ou Testament brul Hy en word offers verbrand en stamme uitgewis met die banvloek, dis net bloed en doodslag, maar in die nuwe testament is Jesus, wat veronderstel is om God vir ons te openbaar, maar hy is die ene vredeliewendheid, vergewensgesind ens, ek kan hom nie met die God van die Ou Testament vereenselwig nie, dis soos twee verskillende stories. Maar soos Meraai kyk ek na die natuur, en weet dat evolusie, wat nog nooit wetenskaplik bewys kon word nie, nie die antwoord is nie. Moet net noem dat ek nog nooit in geloofsgenesing geglo het nie. Het so 10 jr terug erge rugprobleme ondervind, ortopeed het voorspel dat ek op 40 in rystoel sou sit, aangesien ek degeneratiewe siekte het wat rugwerwels laat verbrokkel. Op daai stadium erge pyn gehad as ek loop, bestuur, kon nie buk nie, kon nie op my sye slaap nie (heupe was te seer). Kom soos julle ook uit baie gelowige familie, my man besluit toe om my neef, wat pastoor in eie kerk is, te raadpleeg, en so het ons een aand na sy kerk gery (ek baie onwillig, is erg teen geloofsgenesing gekant, omdat so baie mense se geloof seerkry). Het heelpad vir my neef gebid (nog altyd gewonder of God regtig almal se gebede kan hoor, dit klink so onlogies)het net gebid dat my neef nie verneder sou word of sy gemeentelede se geloof sou seerkry nie. Ewenwel, daar gekom, bid die man toe, ek kry so 'n snaakse krieweling in my rug (nogal spooky!!). Na diens tee gedrink, elke keer wat ek naby my neef kom, kry ek dieselfde rilling, so gou as moontlik huis toe gegaan! Eers twee weke later aan enigiemand erken dat my rug drasties beter was, kon op altwee sye slaap ens. Nou nog scary om te dink dat God toe al die tyd weet van my. Is steeds verward oor die Bybel, so ek verstaan jul verwarring, maar dat God bestaan, daaroor kan ek tog nooit weer twyfel nie (sou so graag wou, dan kan ek ook rondslaap, die lewe geniet en oor niks my bekommer nie, maar nou weet ek wat ek weet...)

Marius

-   Januarie 15, 2010 om 14:30

kom uit 'n baie goeie gesin, albei ouers en broers goeie mense. eks ook goed groot gemaak, en selfde kerk toe gegaan. (NG kerk) - wow : wat 'n verligting tot ek vir myself kon dink, die kerk mense wat veronderstel was om my siels broers en susters te wees, is toe die mense wat my veroordeel oor my seksuele voorkeur! vir my voel dit pretty much normaal om met 'n ander man te wees. soos vir julle wat gesprekke het met god / heilige gees (julle weet tog dis 1 en dieselfde).

nee wat, geloof aka christenskap het die homo lankal verloor, en as ek verkeerd is op die ou einde, tough, ek sal buig vir nog een! ; )

Zena

-   Januarie 15, 2010 om 14:50

Yvette, jy slaan die bal so ver mis as jy dink mense wil nie glo aan God nie, net om rond te slaap en te doen wat hulle wil. Ek het hewige respek vir die natuur se wette en ek dweep nie met Godsdiens of laster nie. Daar is ongoddellike te veel moets en moenies in die Bybel en geen normale mens met net 1 lewe op aarde kan al daardie reels en regulasies nakom nie. TWAK!

Zena

-   Januarie 15, 2010 om 14:50

Yvette, jy slaan die bal so ver mis as jy dink mense wil nie glo aan God nie, net om rond te slaap en te doen wat hulle wil. Ek het hewige respek vir die natuur se wette en ek dweep nie met Godsdiens of laster nie. Daar is ongoddellike te veel moets en moenies in die Bybel en geen normale mens met net 1 lewe op aarde kan al daardie reels en regulasies nakom nie. TWAK!

Andries 1ste

-   Januarie 15, 2010 om 14:51

ai Yvette, weereens neem jy aan dat as jy nie in die bestaan van god glo nie is dit n rede om alle sedes en moraliteit by die venster uit te gooi. Ek neem aan jy geniet nie jou lewe huidiglik nie, as dit sal neem vir jou om nie meer in god te glo voor jy jou lewe kan geniet?Is dit rerig vir jou dan so straf om n gelowige te wees? Analiseer daardie laaste stelling van jou so bietjie: klink vir my al wat jou keer om sedeloos te lewe - is god? Jy moet dalk ernstig self ondersoek gaan doen, want dit klink vir my ek, wat nie in god glo nie, het dan beter waardes as jy.

Joe

-   Januarie 15, 2010 om 14:52

@ Yvette1. Het skouer besering gehad wat my arm vir 'n jaar amper verlam het van die pyn. Nadat hy my x-straal gesien het, het 'n spesialis by die Sports Science Institute gesê hy sal moet opereer. Ek besluit toe om eers na 'n fisio te gaan om te kyk of dit nie dal help nie. Sy het so bietjie gevryf en gesmeer aan die skouer en na twee behandelinge was die pyn weg. Scary. Maar steeds scarier is dat jy, as getroude vrou, erken dat joy sou rondslaap as dit nie vir jou geloof was nie. Snaaks, ek en my vrou bly volkome getrou aan mekaar sonder die vrees vir die een of ander towerwese wat dit afdwing.

Zena

-   Januarie 15, 2010 om 15:02

Medikasie, in elk geval het nog ook geen siekte genees nie, maar wel jou eie liggaam kan homself genees (deur gesond te lewe, eet, oefeninge ens.). Die natuur verskaf wel jou medikasie wat verligting kan bring, maar slegs tydelike verligting. By die natuur bedoel ek, jou medisyne kom vanaf die planteryk in die natuur. Wat ek wel glo is in die natuurwette, soos die son sal in die Ooste opkom, herfs volg na die somer en dan is dit winter en daarna lente. Die atmosfeer daar bo in die heelal sal die hemelse sterre en planete op hulle plek hou en dit sal nie op die aarde val nie. Die leeu sal 'n klein hulpelose bokkie vang, ens. ens. Ek het baie respek vir die natuur se wette. Die weerlig sal en kan my doodslaan terwyl ek in water staan, dit glo ek want dit is die werklikheid.

AndrewG

-   Januarie 15, 2010 om 16:40

Yvette, is die Here almagtig genoeg, om deur jou pastoor neef se geloofsgenesing, verlore ledemate te laat terug groei? Is daar regtig nog so baie mense wat glo dat bonatuurlike magte jou van kwale kan genees?

Papeslaai

-   Januarie 15, 2010 om 17:21

Daar bestaan nie so iets soos 'n ongelowige nie. Almal glo. Christene glo in Christus, Bhudiste glo in Bhudda, Mohammedane glo in Mohammed en Ateïste glo in Attie, maar almal glo. Jy moet GLO God bestaan nie. 'n Ateïs kan God nie vind nie vir dieselfde rede wat 'n dief nie 'm polisieman kan vind nie.

Gee

-   Januarie 15, 2010 om 18:50

Ongelowiges kan nog gaan maar sommige skrywers hierbo laat my dink hulle antichristen(daar is n verskil) en sommige christene hierbo laat my meer dink aan fundemental muslems,maar weereens hulle besluit.Ek geniet my lewe voluit,ek geniet my bier ,ek geniet mooi meisies.

Gee

-   Januarie 15, 2010 om 18:50

Ongelowiges kan nog gaan maar sommige skrywers hierbo laat my dink hulle antichristen(daar is n verskil) en sommige christene hierbo laat my meer dink aan fundemental muslems,maar weereens hulle besluit.Ek geniet my lewe voluit,ek geniet my bier ,ek geniet mooi meisies.

Gelowige

-   Januarie 16, 2010 om 14:00

As 'n mens sommige atteïste se kommentaar lees, kry jy die idee hulle beskou gelowiges as agtertangse, onnosele verregse malles wat uit vrees in sprokies glo. Die bestaan van God moet eers "wetenskaplik" bewys word voordat hulle in Hom sal glo.

Vir my is dit logies dat daar 'n Skepper moes wees: wie het dan die heelal, die boustene van materie, tyd, ensovoorts geskep? Was dit maar altyd daar? Wat beteken "altyd", "wetenskaplik" is dit mos onmoontlik?

Vir my beteken "geloof" dat jy in iets glo - niks bewyse is nodig nie, want jy aanvaar iets as 'n gegewe. Dit is wat die woord geloof beteken, so ek dink dis onvanpas om op gelowiges neer te sien en hulle te bespot, net omdat jy NIE glo nie.

Nic

-   Januarie 17, 2010 om 12:46

@Gelowige. Jy is reg, God het alles geskape, met sy tower staffie.
<p>
Dus glo jy ook dat hy, (die een wat alles geskape het), daardie wat durf waag om met n dennim kerk toe te gaan,
vir ewig in n vuur hel gaan brand. (Dominie glo mos ook so)
<p>
Dink jy rerig so? Hoop nie so nie. As jy ook so dink, dan kan jou stellings nogal raak wees.
<p>
As ek ons geskiedenis reg verstaan, dan was dit die kerk wat geglo dat die aarde plat is, en die wetenskaplikes het bevind dis rond, oops!
<p>
En ook geglo dat die aarde die middelpunt is van die heelal, oops!
<p>
Wie was toe onnosel, die wat alles net onomwonde glo, soos n kind, of die wetenskaplikes?

Algemeen

-   Januarie 18, 2010 om 13:14

Ek kan nie glo dat intelegente mense soveel nonsies kan kwyt raak nie.

Blikkies

-   Januarie 18, 2010 om 15:46

@ Johan Swarts - lyk my jy sit nou behoorlik op die draad - heeltemaal lou...

Vliegie teen die muur @ Johan Swarts

-   Januarie 19, 2010 om 09:56

Verbeel jou jy is gebore voor 1994, die kind van ouers in die NG kerk (Spreekbuis vir die apartheidsbestel) nog meer intimiderend die kind van ‘n Teoloog wat sê “So spreek die Here”
Verbeel jou dan ook net vir die oomblik jy is gevoed met die ware geestelike “melk”, die melk wat die tradisioneles jou vertel die enigste bestandele is vir wit sjokolade en dat niks lekkerder smaak as wit sjokolade nie.
Verbeel jou verder Van Coke het dieselfde agtergrond as jy en dat jy hom beny vir die guts wat hy het om teen die “establishment” op te staan want jy kan nie omdat jou balls nog in hul puberteitsfase is.
Nog erger! Wat as jy jou verbeel jy was Johanna gebore met versteekte testes en dat die geestelikes met tiete vol wit melk jou wil bestraf omdat jy nie soos Johanna perform nie.
Johan of Johanna, kies wat jy wil wees. Jy kan egter nie beide wees nie. Moet ook nie geparkeer in die garage staan omdat jy dink jy is ‘n kar want jy is in ‘n garage gebore nie.
Ek sien uit of jy Johan of Johanna is en as jy Johan is of die balls gaan pop!

chriS

-   Januarie 19, 2010 om 14:06

Ekt nou nie alles gelees nie.. en as jy actually by my post uitkom moet jy van werk verander.. maar dis hoe ek die ding benader: “Dink nie die probleem was met die bybel nie.. maar eerder die persoon wie dit aan jou vertolk het… in 2000 het ek die bybel deurgelees.. en met 'n MAGDOM vrae my pa gaan raadpleeg.. toe sê hy seker een van die mees dinamiese (spelling-skies!) dinge wat hy kon se vir 'n jong gelowige.. hy sê toe so 9jaar terug vir my die bybel het baie foute in! ek was geskok! toe sê hy.. die bybel was eers vas geskryf en gemaak toe die isrealiete in ballingskap was.. dit was 3000- 4000 duisend jaar na abraham.. en wat voor abraham gebeur het (noag en die eerste mense) kon die isrealiete selfs nie 'n datum voor gee nie.. so daai tyd het ek verraai gevoel.. maar as God 'n perfekte boek vir ons uit die hemel wou gee kon hy seker.. maar daai ding sou nooit van toepassing op ons mense gewees het nie.. die bybel IS GEBROKE, dit was gebore uit die mens en die mens is net so gebroke.. ons en daai boek is op dieselfde vlak.. dit maak die authenticity daarvan nie enigsins minder waar nie.. dit was nogtans God geinspireerd.. en agter die bybel staan die konsep tog duidelik.. dat daar 'n God is wat wil he ons moet die lewe en die geleenthede wat hy ons gee geniet.. dat hy ons soo liefhet dat hy homself heel laaste sou maak om ons eerste te maak.. dat hy genoeg is sodat ons nie hoef te probeer hom beindruk nie.. maar net Joy mag he.. as dit al is wat die bybel moes se is dit genoeg.. en eks dankbaar.. eks bly mense begin gate in die bybel sien ! te lank was ons vas gevang in geloof.. dis tyd om by God uittekom! hoop dit maak sin.. so ja volgens jou (Johan Swarts) is ek ook 'n trotse ateïs maar volgens God is ek 'n kind vir wie Hy baie lief is! dit.. staan in die bybel! he he !! awesome!” cheers broer en sterkte! Hoop jy vind daai rus wat jy soek!

Joe

-   Januarie 19, 2010 om 16:18

@chriSChris, met respek gesê, maar jy praat mos nou tjol. Die Bybel is gebroke maar steeds die waarheid? Watter stukkies? Jou God klink soos die mans wat sy vrou uit liefde slaan en die politijus wat geld steel uit patriotisme. As God homself "laaste wil maak om ons eerste te maak" dan sal hy dadelik hierdie Hel besigheid 'n skiep gee, ons vergewe vir die feit dat ons volgens hom in sonde GEBORE IS en om verskoning vra dat hy die duiwel nie daai tyd al van kant gemaak het nie. Die flambojante gebaar van sterwe aan die kruis is in elk geval leeg. Jou liefdevolle God het (saam met soveel ander primitiewe gode) besluit dat bloedoffers 'n goeie idee is. 'n Onsterwende wese kan nie sterf nie. Soos ou grappie sê, God het bloot 'n rowwe naweek vir ons sondes deurgemaak.

Johan Swarts

-   Januarie 19, 2010 om 21:20

<p>@Blikkies @Vlieg teen die muur - Korrek. Ek is 'n skytbang draadsitter. Want daar is slegs twee weë in hierdie wêreld - óf jy is 'n Christen (met die kasus JESUS en 'n dolleë skedel) óf jy is 'n ateïs (met die dekonstruerende kleinletter en die gepaardgaande harsings wat oorspoel van kennis). Daar is niks tussen hierdie twee nie, daar is niks buite hierdie twee nie, daar is niks meer as net hierdie enkele, immergeldende digotomie nie.</p>

eben

-   Januarie 20, 2010 om 08:44

Ek kan sien dat julle aan die soeke is. Daar kort iets in julle lewe en denkwyse en daarom wil julle he dat christene saam met julle moet stem.Johan terwyl jy glo daar is nie n God nie spreek jou woorde tog van twyfel. As jy in nood is of in gevaar of die dood in die gesig staar sal jy eerste se O HELP MY GOD&gt; Ek weet ek was daar. Ek het God aangeneem maar verkondig dit nie omdat my saak met my God is. Johan en die wat soos jy dink julle het baie om voor dankbaar te wees en hou op julself te weerspreek. As daar nie n God was nie sou jy nie die onderwerp aangeroer het nie. Eintlik GLO jy ma wil dit nie aan jouself erken nie. Glo dit as jy wil GOD IS LIEF JOU.

Hendrik

-   Januarie 20, 2010 om 09:53

@ Eben. Nee Eben, jy lees so swak soos meeste gelowiges: Johan is 'n goeie protestantse christen, hy hou maar net daarvna om dinge so te stel dat dit nie maklik raakgesien kan word nie.

@chriS: Jy lieg vir jouself en vir ander mense. "Donald Duck is die Weg en die Waarheid - maak nie saak dat julle vir my die feite gee dat hy eintlik 'n fiktiewe karakter is wat deur Walt Disney geskep is nie. Die comic is dalk GEBROKE, maar daar is stukke waarheid in Donald Duck se verhaal." Jy moet vir jou 'n brein gaan kry en ophou om na jou pa se strooistories te luister. Maar ek is bevrees dit is waarskynlik te laat.

@ Johan: Ongelukkig is daar onderwerpe waaroor mens 'n binere keuse behoort uit te oefen - maar natuurlik hoef jy nie. Kindermolestering bv - natuurlik kan Johan Swarts sien dat die kindermolesteerder maar net sy liefde op 'n ander manier uitleef as ander mense, so wie is ons om hom te veroordeel. Ek is van mening dat jy aan terminale "relatiwisme" ly, in die sin van: "Alle idees is gelyk, alle kulture se prestasies is van gelyk waarde; alle filosofiee is gelyk; alle gelowe is geldig." Jy moes aan meer wiskunde, of dalk 'n klassieke taal blootgestel gewees het dat jy kon insien daar is baie gevalle waar iets of reg (1) of verkeerd (0) is. Daar is nie 'n derde moontlikheid nie.

Johan Swarts

-   Januarie 20, 2010 om 11:27

@Hendrik - Vanselfsprekend. Wat vir my verstommend is, is dat jy skynbaar so vasgevang is in die stories wat die kerk vir jou destyds gespin het (hulle noem hom teologie), dat jy so waar as wragtig daarop aandring dat ek vir jou my binêre antwoord oor een van hulle doktrines hier uitstip. Jy skryf:/p&gt;Ek is egter van opinie dat hierdie die een onderwerp is waar mens aan die een of ander kant van die draad moet staan, en nie daarop kan sit nie. Maar dis net my opinie.Wat my noop om te vra: hoekom? Hoekom is dit die een onderwerp waaroor 'n mens nie op die draad kan sit nie? Omdat die kerk so sê? Omdat die kerk dit netjies so vir jou gedefinieer het as 'n saak van uiterse belang?Hoekom heg jy soveel waarde aan hierdie stories? Ek dag jy's 'n ateïs.

Zena

-   Januarie 20, 2010 om 11:46

Dit laat my terugdink. My seuntjie destyds was baie aktief en het soggens vroeg al buite in die erf gespeel. In die winteroggende was dit nog skemer so vroeg en ma en pa wou so bietjie later opstaan. Hy wou nie na ons redes luister om nie so vroeg (veral in die winter) al buite in die erf alleen te speel nie. Ek was genoop om 'n fiktiewe figuur te skep, naamlik Antjie Somers. Ek het aan hom vertel dat die ouvrou Antjie Somers so vroeg al rondloop om kindertjies wat nie vir hulle ouers luister nie en alleen is, in 'n groot sak te vang en na haar huis te neem om baie hard vir haar te gaan werk. Ja, ongelukkig/gelukkig het hierdie vrees hom tweekeer laat dink en was dit die einde van vroeg buitekant alleen speel.
Nouja, met Godsdiens word mens al vanaf die begin met 'n duiwel/satan en hel gedreig sodat jy MOET glo en MOET doen. Godsdiens is geskoei op VREES.

Siener

-   Januarie 20, 2010 om 17:17

Vir my lyk dit (na aanleiding van wat jy op Twitter gesê het) dat deel van jou motivering met die skryf van die stuk juis was om die slegte stereotipes uit te lok. Dan kan jy lekker op die kantlyn sit en kyk hoe die honde oor die been baklei. Jy kry dan so 'n lekker gevoel van meerderwaardigheid: Jou sienings is soveel meer subtiel en diep as díé van die gepeupel. Oor wat presies jou sienings is bly jy natuurlik tjoepstil - hierdie byeenkoms van militante ateïste en Christene is in elk geval te eenvoudig om dit te verstaan. Dit sal pêrels voor die swyne wees.Jou strokiesprent is interessant, maar ek het 'n paar probleme daarmee. Een van die dinge waarna ek (en alle rasionele ateïste) streef is juis om nie vasgevang te word in 'n "Groot Almagtige Ewige Universele Opinie" nie, maar om jou altyd oop te hou vir die moontlikheid dat jou siening verkeerd is. Dis een van die redes hoekom ek so baie hou daarvan om met mense te redeneer oor hierdie dinge. Deur jou opinies aan ander te probeer oordra forseer dit 'n mens om weer daaroor te dink en te kyk vir foute. Nog 'n probleem met jou strokiesprent is dat daar partykeer net eenvoudig nie gemene grond is nie. Gestel jy gesels met iemand oor die stand van die Suid-Afrikaanse gesondheidsdienste, maar jy glo dat meeste siektes deur kieme veroorsaak word terwyl hy glo dat bose geeste die oorsaak is. Julle kan dalk oor 'n paar goed saamstem, maar na dit sal daar kop gestamp móét word - julle twee wêreldbeskouings is om 'n fundamentele vlak onversoenbaar. Om doekies om te draai gaan julle nêrens bring nie en intussen is daar mense wie se lewens afhang van wat daar op die ou ent besluit word. Dit bring my by die laaste punt oor die strokiesprent. Gestel ons het gestry oor wat beter musiek is, heavy metal of hip hop. Dan sou reguit stry ons niks in die sak gebring het nie. Dan sou ons kon terugstaan en die vraag op 'n dieper vlak analiseer - kyk na die onderliggende musiek teorie en die sosiale en sielkundige aspekte van die vraag. Ons sou meer verlig aan die ander kant uitkom sonder dat ons mekaar eers hoef te probeer oortuig van enigiets.Ongelukkig gaan die huidige gesprek nie oor die meriete van verskillende genres musiek nie. Ons is besig om te praat oor sake van lewe en dood - of nog selfs meer: die moontlikheid van 'n ewige lewe. Wat mense dink oor die bestaan van 'n god het werklike gevolge. 'n Mens hoef ook nie ekstreme voorbeelde te gebruik soos 9/11 nie - 'n mens kan sommer net hier in ons agterplaas kyk: Die NP sou nooit apartheid aan Afrikaners kon verkoop as dit nie was vir die NG se bemarking van die idee nie. Niemand minder as die almagtige God van die heelal het gesê dat dit is hoe dinge moet werk, so wie is ons om te stry (gee nie om hoeveel jy dalk in jou binneste weet dat dit eintlik verkeerd is nie). Of wat van die "heks" wat onlangs in KwaZulu-Natal vermoor is deur haar bure?Ek kan nog vir bladsye lank aangaan maar ek moet seker een of ander tyd stop.So nou bly die vraag nog steeds staan: Wat glo jy? Ek praat nie van 'n etiket om jou net hang nie, ek praat oor eenvoudige ja of nee vrae. Glo jy daar bestaan een of ander opperwese? Wanneer jy bid is daar iemand aan die anderkant wat luister? Nou ek weet jy sal nie hierdie vrae antwoord nie (om die waarheid te sê ek sal my hoed opeet as jy dit wel doen), want vir my lyk dit asof jou geloof is soos die van Karen Armstrong, Francis Collins en Robert Winston. Meer 'n "warm fuzzy feeling" as werklike geloof. Dit is van uiterste belang om dit so vaag en newelagtig as moontlik te hou, want as enigiemand dit kon vaspen (jyself inkluis) dan sou 'n mens daarteen kon argumenteer. Op die manier kan jy gelowig bly sonder om sulke "kru" vrae hoef te antwoord soos of God werklik bestaan. So ek het geen hoop om ooit 'n reguit antwoord uit jou te kry nie, maar hopelik kan ek jou bietjie laat dink. Gaan soek op youtube vir "Touching the Void Atheism" en kyk die video. Wat sou jy in daai situasie gedoen het. Bid of klim? Of miskien albei?

Vliegie teen die muur @ Johan Swarts

-   Januarie 20, 2010 om 18:22

Jislaaik jong. Lyk my die militante Johan is wragtig waar. Jy is kwaad vir iets of jou balls is besig om te pop. (Net miskien toets jy die waters voordat jy jou toon insit) Jy byt nou links en regs. Pasop dat jy jouself nie raakbyt nie. Natuurlik is daar vir almal 'n plekkie onder die son en respekteer ek dit. Daar bestaan nie iets soos 'n perfekte geloof of leer nie. Daarvoor is te veel emosies betrokke en ons breine te klein. Dis die vingerwysers wat ek ‘n kleintjie dood aan het. Hulle het mos al die antwoorde en hul lewensonderbroeke het nie gate in nie. Ek moes gou na my woordeboek gryp want ek besig nie die hogere woorde wat jy gebruik nie. My verklarende woordeboek is blykbaar verouderd. Wys my net jy is te slim vir my en praat definitief bo my kop. Miskien moet jy by die militante Julius gaan aanklop vir raad. Ek het nogal baie respek vir hom want hy glo in sy saak en is nie bang om dit te stel nie. Met hom kan ek ‘n baie vêr paadjie loop en self pelle raak omdat hy meen wat hy sê. Viva Julius

Johan Swarts

-   Januarie 21, 2010 om 10:28

@Siener - Jy's welkom om my nie te glo nie, maar hierdie stuk is geensins geskryf om hovaardig voor te kom of stereotipes uit te lok nie. Lees gerus weer my eerste kommentaarstuk, waarop jy pas gereageer het asof jy dit nie gelees het nie.Jy's ook natuurlik welkom om my hieroor nie te glo nie, maar ek dink nie enige antwoord wat ek vir jou verskaf oor "wat ek glo" sal jou tevrede stel nie. Wat my nogal intrigeer, is hoekom jy so graag wil weet. Ek het 'n vermoede, maar dit sal onregverdig wees om dit uit te spreek, aangesien ek dit nie juis kan bewys nie.(Glo ek daar's 'n antropomorfistiese man in die lug? Asseblief. Moenie my intelligensie beledig nie.)Die stuk is geskryf om solidariteit met ateïste te toon en verdraagsaamheid teenoor hulle te bevorder. Ek vind dit nogal amusant dat jy my daarvoor uitmekaar probeer trek op grond van 140 karakter-boodskappies op Twitter, sonder enige bykomende paralinguistiek. Het jy my gesigsuitdrukkings, liggaamstaal en stemtoon op wonderbaarlike wyse uit my tweets onttrek om jou eie vermoedes op te baseer?Dis jammer jy hou nie van my strokiesprent nie.@Vliegie - Nah, ek wys nie vinger nie en ek het beslis ook nie al die antwoorde of lewenservaring op aarde nie. Kwaad is ek nie juis vir iets nie. Militant ook nie. Miskien som jy my verkeerd op?

Siener

-   Januarie 21, 2010 om 13:48

Wat ek gesê het oor jou motivering is natuurlik net spekulasie. Ek het maar net (dalk te veel) tussen die lyne probeer lees. Hoekom maak wat jy glo saak? Want andersins is jy net besig om te preek. As jy jou opinies ook lug kan ons 'n gesprek voer.Op die oomblik is jy 'n buitestaander - vry om almal te kritiseer, maar self immuun. Jy hoef my ook nie "tevrede stel nie" met wat jy glo nie. Dis mos lekker om oor die goed te gesels, en soos ek vroeër gesê het, gee dit 'n mens kans om jou eie opinies te herevalueer en daaraan te skaaf.

Johan Swarts

-   Januarie 21, 2010 om 16:36

Dan vra ek om verskoning dat ek jou ook (skynbaar) verkeerd opgesom het.Kyk, om vir my te vra wat glo ek, is om vir my te vra om te praat oor iets waaroor ek reken daar nie eintlik gepraat kan word nie. Ek is 'n groot aanhanger van Wittgenstein (vroeë en latere) en die idee dat: "Whereof one cannot speak, thereof one must be silent." (Sy konsep van taalspele is vir my persoonlik ook van onskatbare waarde, maar dis 'n volgende storie.)My antwoord op die vraag "glo jy in God?" is dus 'n stilswyende niks - nie omdat ek nie 'n antwoord wil gee of nie het nie, maar omdat ek tans glo niemand kan werklik 'n goeie antwoord op daardie vraag verskaf nie.Of daar hieruit iets te leer is, moet jy maar self besluit ;)

Siener

-   Januarie 22, 2010 om 10:12

Dankie Johan, ek waardeer dit. Ek stem natuurlik nie met jou saam nie en ek glo dat hierdie vrae wel goeie antwoorde het vir die wat bereid is om daarvoor te soek. Ek vermoed egter dat hierdie gespreksdraad nou sy laaste asem uitgeblaas het, so ons sal maar 'n ander keer verder moet praat.