Johan Swarts

Verhale met betekenis

2010-01-05 11:45

Fairy tales do not tell children that dragons exist. Children already know that dragons exist. Fairy tales tell children that dragons can be killed – G. K. Chesterton

'n Bekende fabel wat dikwels aan kinders oorvertel word, lui as volg:

Daar was eendag 'n sprinkaan en 'n mier. Die sprinkaan was lui, die mier fluks. Een somer, terwyl die sprinkaan leeggelê het, het die mier baie blare versamel – veel meer as wat hy of die sprinkaan op een slag sou kon opeet. Die sprinkaan het hom uitgelag. “Wat hol jy so rond?” het hy die mier uitgejou as dié verby hom skarrel: “Hoekom geniet jy nie net die lewe nie? Ontspan!”. Toe dit egter winter raak, het die mier rustig in sy warm huisie aan sy surplus kos gesmul terwyl die sprinkaan buite – honger en koud – doodgevries het.

Die fabel is natuurlik fiktief. Insekte het nie stembande nie, sprinkane kan nie lag nie en miere woon nie in snoesige huise nie. Die punt van die storie is egter nie dat dit gebeur het nie, maar dat dit wat met die sprinkaan gebeur het liefs nie in ons eie lewens moet gebeur nie. Die fabel van die sprinkaan en die mier is nie geskiedenis nie, maar 'n eenvoudige allegorie wat die nadelige gevolge van luiheid en traak-my-nie-agtigheid probeer illustreer.

Dit sal vreemd wees vir 'n volwassene om, na die herhaaldelike oorvertelling van hierdie verhaal, te begin glo dat daar werklik 'n bevrore sprinkaan en 'n domestiese mier was. Dit sal effens absurd wees as so 'n iemand begin om die narratief se onwaarskynlike besonderhede meedoënloos tot in die fynste detail te verdedig teen enigiemand wat dit noem wat dit is: 'n storie. Die absurditeit sal in tragiek verander indien hierdie volwassene begin om iets soos die wetenskap te verbuig sodat dit die storie pas en enigiemand wat die “onwaarskynlikhede” uitwys, ketters noem. Behalwe dat dit nie baie vriendelik is nie, sal dit beteken dat die persoon glad nie die funksie van die fabel – die oordra van 'n sogenaamde lewensles – kon snap om mee te begin nie.

Dieselfde geld vir baie Bybelstories.

Mense stry dikwels vir ure aaneen oor die “waarheid” van antieke, Hebreeuse verhale soos dié oor Bileam en die pratende esel, Jona en die vis, Kain en Abel, Sodom en Gomorra, Jesus se versoeking in die woestyn, Die Isrealiete wat 'n goue kalf smelt en verskeie ander. In baie van hierdie stories se gevalle is dit onwaarskynlik dat dit ooit werklik “gebeur” het. Die smeltpunt van goud is byvoorbeeld 1064.18 °C – hoe 'n trekvolk in die woestyn dit sou regkry om hierdie temperatuur te handhaaf, goud suksesvol daarmee te smelt en dit boonop nog in die vorm van 'n kalf te laat stol, is onduidelik.
 
Dat dit egter “gebeur” het, was – nes die geval met die sprinkaan en die mier – waarskynlik nooit die punt van enigeen van hierdie stories nie.

Uit die verhaal van Job leer ons dat die lewe nie 'n blommetuin vol buitelende katjies en hondjies is nie. Sodom en Gomorra se verwoesting vra lesers om twee keer te dink oor hedonisme. Wanneer die toring van Babel nie klaar gebou kan word nie, leer dit ons iets van hebsug en ongebreidelde ambisie. Die skeppingsverhale in Genesis vertel van orde uit chaos. Moses se verhaal vertel dat die mees ongewone mens soms uitstekende leiers kan wees. Etcetera.
 
Wanneer die geskiedkundige konteks van hierdie verhale boonop in ag geneem word, verkry dit 'n diepte wat die betrokke boodskappe daarin selfs nog meer gebiedend maak. Soos in die verhaal van die springkaan en die mier (wat volgens oorlewering deur Esopus 'n paar honderd jaar voor die Christelike era vertel is) is daar eeue se wysheid te vinde tussen die Hebreeuse en Griekse tekste wat ons vandag “Die Bybel” noem.

Om hierdie stories egter as “waar” te beskou of te probeer bewys, is om al die sin en betekenis daaruit te suig tot dit leë, ideologiese doppe raak. Dit is om die stories te ontneem van hul werklike krag – die vermoë om bepaalde morele, etiese, ontologiese en ander boodskappe oor te dra – en dit te verander in gereedskap van vervreemding. Of jy met die strekking van hierdie boodskappe saamstem, is natuurlik 'n volgende keuse, maar om die verhale te analiseer en te interpreteer asof dit werklik kon gebeur wanneer dit heel dikwels duidelik nie kon nie, is waansin.

Slegs wanneer stories stories kan wees, beteken hulle die maksimum; kan hulle iets vir dié wat dit aanhoor of lees, leer. Om 'n deurgaanse letterlike interpretasie van die Bybel en ander geskrifte hand en tand te verdedig, is nie net om intellektueel oneerlik te wees nie, dit is ook om van die grootste stories van die afgelope millenia wat die wêreld se wysheid bevat 'n geweldige onreg aan te doen.
 
– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

demoerin

-   Januarie 06, 2010 om 07:25

Yip. Daar word dikels so baie oor en weer baklei oor wat in die Bybel waar is, en hoe dit bewys moet word, en wie sê wat is 'n leuen en hoekom... dat die betekenisse en lewenslesse agter die gedeeltes verlore gaan. Nice stukkie skryfwerk.

Andries 1ste

-   Januarie 11, 2010 om 14:01

Goed gestel. Dis dieselfde as om te se dat totdat die 10 gebooie "uitgekom" het was dit aanvaarbaar om mense dood te maak. Die gebooie het waarskynlik net die morele kode wat onstaan het verwoord - om te se dis goddelik geinspireer en dit dan te eien aan n spesifieke geloof is bietjie hoogwaardig

Rita

-   Januarie 25, 2010 om 11:24

Baie dankie vir die uitstekende artikel - die voorbeelde is saaklik en duidelik opgesom.

Christo van der Merwe

-   Maart 14, 2010 om 20:05

Jammer ek lees dit eers nou. 'n Uitstekende artikel.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...