Johan Swarts

Ons irrasionele rituele

2009-11-24 08:27

Raar, maar waar: dit is dikwels lonend om onnadenkend en irrasioneel te wees.

Neem troues. In wese is dit seremonies met 'n uiters nougesette protokol: Bruid in wit rok. Bruidegom in snyerspak. Troumars. Gaste staan. Skoonpa gee bruid weg. Preek. Ringe. Soen. Konfetti. Onthaal. Bruid beskryf as mooiste ovumdraer op gods groene aarde. Dans. Troukoek kerf. Kousband en ruiker slinger. Bedankings. Bruidegom doodgil. (Alles voorafgegaan, natuurlik, deur die geginnegaap oor die grootte van ‘n edelgesteente.)

Siedaar: ‘n Spesiale herinnering.

Die seremonie maak egter nie meer heeltemal sin nie. Geen regdenkende vrou sal haarself vandag as haar pa se eiendom, se besitting, se ding, beskou nie – en tog oorhandig pa’s met reëlmaat simbolies hul “besittings” voor ‘n kansel aan ‘n nuwe “eienaar”.

Geen regdenkende man sal vandag dink dat vroue onbelese, tweedehandse wesens met halwe breine is nie – en tog beskryf duisende mans hul bruide tydens huweliksonthale as die mooiste goed op aarde. Asof dit die belangrikste kwaliteit is waaroor vrouens kan beskik: skoonheid. (To hell and gone met breinkrag en sakevernuf en ‘n linguistiese aanleg of wiskundige vermoëns. Opgetofte buuste en weggesteekte puisies. Dis al wat tel.)

Niemand glo regtig dat die persoon wat die ruiker of die kousband vang volgende gaan trou nie, maar ons baklei om die sweterige materiaal of papgedrukte stingels (of vermy dit) asof dit regtig gaan gebeur.

Dit pas nie meer by die res van ons 21ste eeuse oortuigings nie, maar sodra ‘n troue aanbreek, neem ons deel met oorgawe. So asof ons ons breine afskakel ten einde betekenis te skep.

Ons doen dit dikwels. Ons dink nie altyd aan die semantiek van liedere wat ons in die kerk sing nie – ons dreunsang (of skrou en hef ons hande ter buisligte) maar net. Ons bely tydens die doopritueel dat ons ons kinders nie uit gewoonte of bygeloof met water besprinkel nie, maar dikwels is dit presies wat ons doen. Die apostoliese geloofsbelydenis resiteer ons soos robotte. Ons glo nie regtig meer dat ‘n kerkklok demone van ‘n kerkgebou af moet wegweer nie, maar kom Sondag, dan lui ons die ding.

Daagliks voer ons ons rituele uit (wat natuurlik nie tot godsdiens beperk is nie), al weet ons nie werklik meer hoekom ons dit doen nie. Die rituele raak hul eie bestaansrede; die uitvoering daarvan word sinoniem met sin en betekenis.

Om protokol te volg teen alle koste is deel van wie ons is. Die rituele wat waarskynlik vir buitestaanders lyk soos dakbalke wat ons in ons oogkaste rondkrui, is iets wat ons self koester. Wat vir ander snaaks lyk, is vir ons van uiterse belang – soms selfs heilig.

Daarom wil Eugene Terreblanche die boererepublieke laat herleef. Jy dink dit is absurd – vir hom is dit deel van ‘n diepe oortuiging van ‘n godgegewe roeping.

Daarom wil Julius Malema private bates nasionaliseer en die politieke ideale van ‘n vorige eeu se vryheidsvegters laat herleef. Jy dink dis malligheid – vir die armstes van die armstes wat na hom opkyk en waarskynlik nooit ‘n sent van Die Korporasie se winsbejag sal sien nie, maak dit volkome sin.

Daarom het Ras Dumisani die volkslied op internasionale televisie uitgeforseer. Schalk Burger was gebelg. Ras het gedink dit was pragtig.

Soms, reken ek, is ons almal maar breindood. Miskien moet ons dit erken, in stede daarvan om tydens debatte (oor ‘n kwessie soos, sê, godsdiens in skole) te maak asof ons die bakermat van rasionaliteit is. Dalk is dit wat verdraagsaamheid regtig is – om daarvan bewus te wees dat die balke in ons almal se oë nie net bloot dáár is nie, maar dat ons dit boonop teen alle goeie verstand skaaf en vernis.

Laat hy wat nog nooit ‘n kousband probeer vang het nie die eerste ruiker slinger.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Slabbie

-   November 25, 2009 om 10:48

Baie raak gese Johan ! Hou so aan ! Dit laat mens dink ne ?

Johan Swarts

-   November 25, 2009 om 11:19

Baie dankie, Slabbie.

Jóhann Thormählen

-   November 25, 2009 om 14:08

Once mnr Swarts! Jy het dit nog en sal dit ook nie maklik verloor nie. Bly jy kan nou jou Matie-streke in 'n ander medium voortsit!
Doen so voort! Vrede

demoerin

-   November 25, 2009 om 14:42

Dit is so lekker om iets vars te lees, wat my nie dadelik wil laar badkamer toe hardloop om te kots nie. Verdraagsaamheid, of die grade daarvan is seker ook maar onderworpe, soos alles in ons daaglikse lewens - aan opinie.

Helenevt

-   November 25, 2009 om 14:45

Pret om te lees!
Ek dink wel dit veronderstel dat ons net, en eerstens, rasionele wesens is (of ten minste behoort te wees).
En indien dit nie die veronderstelling is nie, dan is die veronderstelling dalk dat alles perfek en wonderlik sou wees as ons net was.
Ek verskil.

Johan

-   November 25, 2009 om 16:52

Nog 'n wenner uit jou pen! Ter versagting - by die meeste troues wat ek hou laat ek om presies die rede wat jy aanvoer die bruid en die bruidegom se ouers langs hulle staan en "ja" se^ dat hulle hulle seun en dogter "gee". Minstens is die ritueel dan nie meer chauvinisties nie. Is dit wel nog pater/maternalisties of parentalisties? Ek weet nie. Die idee is dat 'n troue as ritueel ook 'n merker is in die verhouding tussen ouer en kind en dat die ouer ook moet besef dat die verhouding met boetie of sussie nou anders gaan wees, want mannetjie of wyfie kom mos nou by ;-)

John Bowmer

-   November 26, 2009 om 06:01

Vir baie is die geloofsbeleidenis betekenisvol. It defines who we are. If you just recite it it has not reached your heart.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...