Johan Swarts

Ek hou van die NG Kerk, maar...

2009-12-17 06:22

Ek hou van die NG Kerk.

Wanneer hulle, anders as verskeie ander denominasies in Suid-Afrika, oor 'n saak (soos saambly voor die huwelik) moet standpunt inneem, dink hulle ten minste daaroor na. Daar is ringsittings en sinodesittings en taakspanne en wie weet wat nog – en daar sit en debateer hulle, bekyk hulle die saak van alle kante, probeer hulle hulself herkalibreer in 'n moderne samelewing. Vir 'n kerk wat ten minste 'n poging aanwend om hul frontale lobbe in te span en nie net die wêreld met 'n Bybel oor die kop voeter nie, haal ek my hoed af. Ek dink te min mense doen dit (die hoed afhaal sowel as die lobbe inspan).

Rooskleurig is onze gesittery natuurlik ook nie altyd nie: dit ontaard soms in iets wat lyk en ruik soos 'n gejaag na wind. Die dubbelsinnige verslag oor homoseksualiteit wat in 2007 verskyn het en uit  twee weersprekende standpunte bestaan, is 'n goeie voorbeeld hiervan.

Hierdie rubriek gaan egter nie oor die NG Kerk nie. Die vorige paragrawe is nodig ter kontekstualisering van die eintlike onderwerp: mense wat klakkeloos na die kerk luister.
 
Dominees moes die afgelope tyd glo bontstaan om lidmate se vrae oor saambly voor die huwelik te beantwoord, terwyl 'n taakspan van die NG Kerk besig was om die kwessie te ondersoek.

Neem 'n oomblik en verteer dit.

Lidmate wou nie weet of saambly moreel reg of verkeerd is nie – hulle wou weet of die NG Kerk dink dit is moreel reg of verkeerd. As die kerk besluit het dit is kosjer, sou die dominees antwoord: broers en susters, dit is kosjer. En almal wat wou, sou saamwoon – nie omdat dit reg is nie, maar omdat die kerk gesê het dit is reg. Sou die kerk egter besluit saamwoon is verkeerd (of ten minste, soos dit uit hul huidige standpunt blyk, minder wenslik as 'n heteroseksuele huwelik), sou leraars hul vraende lidmate laat weet: nee. Jy moet liefs nie saamwoon as jy dit kan vermy nie. En die lidmate sou nie saamwoon nie (of saamwoon met skuldgevoelens) – nie omdat dit uit die aard van die saak onwenslik is nie, maar omdat die kerk gesê het dit is onwenslik.

Absurd, né? Die uiteindelike inhoud van die besluit is skynbaar nie so belangrik soos wie die besluit geneem het nie.
Na afloop van die storm in 'n nagmaalkelkie (wat, oudergewoonte, buite proporsie geblaas is deur die media) wat die afgelope paar dae rondom die kwessie van saambly voor die huwelik gewoed het, het die NG Kerk weer tot die slotsom gekom dat daar steeds geen waardige plaasvervanger vir 'n heteroseksuele huwelik is nie.
 
Nou, jy kan met hulle saamstem, jy kan met hulle verskil, jy kan hulle waansinnig noem of jy kan vir hulle 'n koekie aanbied. Wat ook al. Dit is jou goeie reg – net soos dit hulle goeie reg is om hul eie standpunt te hê. Ons lewe in Suid-Afrika en dit beteken enigiemand mag 'n standpunt oor enigiets hê, al is dit hoe absurd vir ander. Daar is niks fout met die kerk se huidige standpunt nie, want dit is al wat dit is: 'n standpunt.

Dit is nie 'n Platoniese Vormwet nie.

Dit is nie 'n heilige edik nie.

Dit is bloot een standpunt van vele. En dit is hulle goeie reg om dit te huldig.

Daar is nie noodwendig 'n rede hoekom die standpunt voorkeur bo ander moet geniet nie – die kerk het immers sy geskiedenis van vreemdsoortige standpunte. (Kan jy “hoede” sê? Nee? Kan jy dan “apartheid” sê?) Die ewige Waarhede van gister is dikwels die ekumeniese heroorwegings van vandag. Wat egter verbluffend is, is dat volwasse lidmate, wat normaalweg heel intelligent met 'n probleem kan omgaan, ondanks al die foute wat die kerk in die verlede begaan het, hul breine kan afskakel en as ‘t ware geblinddoek vra: wat sê die kerk?

En kom kerkeenheid, homoseksualiteit, predikers met ovums, kindernagmaal, die verkose kerkbankligging van ouderlinge en diakens, kom die historiese Jesus, die wenslikheid al dan nie van togas gedrapeer om predikante en Fokofpolisiekar – die blinddoeke bly op en die breine bly dood.

Nie alle lidmate doen dit nie. Talle het meer as genoeg grysstof tussen die ore. Om te sê dat die kerk uit 'n klomp onnadenkende mense bestaan, sal doodeenvoudig onwaar wees. Wat egter nie so onwaar is nie, is dat daar tans steeds heeltemal te veel mense is wat hul moraliteit op edikte en verklarings, eerder as hul eie gesonde verstand, baseer en nie vir hulself kan standpunt inneem oor kwessies nie.

Daar is 'n naam vir iemand wat iets glo nie omdat hy dit met sy eie rede vir homself uitgeklaar het nie, maar omdat iemand hom so voorsê: dit heet "kind". (En daar dink jy toe al die tyd dit heet “poniekoerantjoernalis”.) Die hartseer waarheid is dat Suid-Afrika tans nog te veel sulke wesies van die Rede het. Tot hulle grootraak sal moderamen altyd 'n bykomende rede hê om oor iets te delibereer en koerante altyd iets om buite proporsie te ruk.

Kom ons hoop die kerk heroorweeg nie gou haar standpunt oor rituele mense-offers nie.
 

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Alet

-   Desember 17, 2009 om 06:57

Johan, jy is reg; elke goeie lidmaat sal weet wat is reg/verkeerd. Ekself het my eie oordele binne die kerk en hoeveel daar nou gehoe-ha word, ek geniet my belewenis binne die gemeenskap van gelowiges in 'n liturgiese omgewing waarvan ek hou.Ek stem nie altyd saam met uitsprake van die 'kerk' nie , maar sal my eie gang gaan soos wat dit vir my duidelik is vanuit die Bybel.Natuurlik is daar riglyne, maar ek het nie nodig dat die 'kerk' vir my moet besluit of ek goedkeuring moet gee aan 'n gayhuwelik as mense mekaar opreg liefhet nie of as my kleinkinders nagmaal wil gebruik of as ek vir my gesin nagmaal in my huis wil bedien of die hande wil oplê nie...dit gee die Heilige Gees vir jou in jou gutfeeling.

Vrye Denker

-   Desember 17, 2009 om 09:07

Ek sien in elk geval nie die nut van die debat nie: Die Bybel is baie duidelik oor seks voor die huwelik. Dit is ook babie duidelik dat die huwelik is wanneer 'n pa sy dogter vir 'n man gee as bruid. Behalwe hierdie dinge is daar niks oor saambly nie. Jy mag wel nie by iemand slaap wat nie jou eggenoot is nie, maar dit staan julle vry om in dieselfde huis te bly. Ek sien nie hoe dit moeilik kan wees om die regte afleidings uit hierdie stel inligting te maak nie, dit is immers uit die belangrikste (en enigste) handboek van die Christelike Teologie. Het ek meer woorde tot my beskikking gehad, sou ek dit sommer gou hier in hierdie kommentaar uitgepluis het.

Meraai

-   Desember 17, 2009 om 10:00

Johann, ek stem saam met jou laaste paragraaf dat daar (in die kerk) vandag te veel mense sit wat die titel van "kind" verdien. Glo maar net alles wat hulle hoor, net omdat dit die "kerk" is wat so se. Die probleem (ongelukkig) aan die ander kant, is dat daar vandag in die kerk 'n neiging is om riglyne daar te stel wat glad nie op die Skrif gebaseer is nie. Alet se kommentaar hierbo is 'n voorbeeld daarvan. Sy se sy sal haar gang gaan soos wat dit duidelik is uit die Bybel. Maar dan in dieselfde asem praat sy van 'n gayhuwelik wanneer mense mekaar opreg liefhet. Die twee goed weerspreek mekaar totaal en al, want die Bybel is baie uitgesproke gekant teen 'n verhouding tussen twee mense van een geslag.Hierdie kommentaar van my kan nou weer 'n hele lang debat ontketen oor hoe ons vandag in die samelewing moet optree. Ek weet dat daar ook baie mense sal wees wat se dat ek eng en wetties is in my uitkyk, maar waarmee het ons hier te doen? Ons het te doen met die kerk wat uitsprake maak oor verskillende onderwerpe. Wat maak dit anders as ander soorte van debatte? Net die feit dat die "kerk" (volgens die Bybel) is nie 'n instansie nie - dis 'n persoon. Die woord "kerk" wat ons vandag gebruik om 'n instansie te beskryf, is die Hebreeuse woord qahal, wat van baie vroeg af in die Ou Testament al gebruik word om die persone te beskryf wat enige vorm van afgodsdiens laat staan het en deel geword het van die "familie" van God - 'n uitverkore groep mense wat onder God se leiding leef, volgens 'n stel reels wat Hy deur sy profeet Moses, laat neerskryf het. Hierdie stel reels is regdeur die res van die Skrif deur profete en apostels aan gemeenskappe (gemeente = qahal = kerk) van God geleer. Soos wat ons dit vandag lees, was daar nie een skrywer van enige gedeelte van die Bybel wat van God se riglyne afgewyk het nie.Met ander woorde, die kerk is veronderstel om 'n groep mense te wees wat leef volgens God se riglyne - nie volgens mense se interpretasies van die riglyne nie. Die probleem vandag is dat die kerk het 'n instansie of sisteem geword waar 'n sekere groep van mense hulle opinies gee oor God se riglyne - en 'n sekere groep van mense doen maar net wat die ander groep se. Eintlik (ongelukkig) is ons nou op die punt waar die kerk God se riglyne toetentaal en al verwerp - en dan nog leer dat dit nie langer van toepassing is nie. Dan wonder ons hoekom die wereld om ons lyk soos dit lyk?Wanneer onderwerpe soos saamblyery en gayhuwelike en hoede in die kerk en nagmaalglasies opduik, kom ons op die ou einde weer uit by mense se opinies oor wat die Bybel oor hierdie onderwerpe se (of nie se nie) - en ongelukkig in die meeste gevalle is die uiteindelike besluite wat geneem word, myle ver van wat in die Bybel staan. Vat nou net die woord "saambly voor die huwelik", wat beteken dit nou eintlik? Wat beteken huwelik en trou - volgens die Skrif? Ek het 'n debat hieroor gevolg (en daaraan deelgeneem) in die Beeld vir twee weke, en ek kan jou die versekering gee dat omtrent 99% van mense wat kommentaar gelewer het, het opinies gegee oor wat vandag gebeur, maar net 'n paar kon kommentaar lewer wat in die Woord van God staan.As ons die bogenoemde onderwerpe in 'n groep bespreek waar mense van verskillende godsdienste of geen godsdiens, bymekaar is, kan mens verstaan dat die soort van ding gebeur. Maar wanneer "kerkmense" dit bespreek, sou mens nie verwag dat ons sou praat oor hoe God dit wil he nie? Hy het immers Sy riglyne neergele en 'n hele boek geinspireer oor hoe dit behoort te werk. Moet ons gesprek dan nie gaan oor wat in daardie Boek staan nie? As mense van ander gelowe nie saamstem nie, is dit verstaanbaar. Hulle is nie "kerkmense" nie, so hulle is nie van die gemeenskap van God nie, so dit het eintlik niks met hulle te doen nie. As hulle gode geen riglyne gee nie, kan hulle mos maar maak soos hulle wil. Maar vir ons wat in die God van die Bybel glo en deel van Sy familie wil wees, moet die riglyn dan nie Sy Woord wees nie? En nie afgewater en uitmekaar getrek deur die kerk nie - soos God dit deur Sy profete laat neerskryf het. Die huwelik is 'n verhouding, 'n "commitment" tussen twee mense van die teenoorgestelde geslag. Hoede word nie in die Bybel bespreek nie, maar onderdanigheid wel. Nagmaalglasies? Daar word 'n "nagmaaldiens" in die Bybel bespreek nie, so waaroor stry ons?

Jakkals

-   Desember 17, 2009 om 12:01

@Vrye Denker: vertel gou vir my waar in die bybel staan dit dat seks voor die huwelik verkeerd is? nie waar lei die gees my nie, maar staan dit onambivalent?

Jakkals

-   Desember 17, 2009 om 12:03

En aan Meraai: dis nie of god die bybel afgefaks het nie. dis deur mense neergepen. daar het ook nie 'n gebinde bybel uit die hemel geval nie. dit is deur mense neergepen. dis ook deur mense vertaal. so hoe kan jy so seker wees wat die bedoeling is? want die res van ons sukkel maar.

Ali van Wyk

-   Desember 17, 2009 om 12:33

Wie de hel gee om wat die NG Kerk besluit oor saambly voor die huwelik? Dis 'n kerk wat vandag, in 2009, nog nie eers een is met sy swart "dogterkerk" (en daai naam sê alles) nie. Dit is skandalig vir 'n keker wat eens apartheid uit die skrif gefundeer het. Maar hulle sit ewe lekker en suip duisende koppies tee en koffie op en vreet toebroodjies met eier en mayonnaise en krap hulle koppe en praat en praat en praat oor nonsens soos saambly voor die huwelik. Give me a break. Bittermin denkende mense wat ek ken onder 40 wie in die kerk grootgeword het bother nog enigsins met die kerk.En die idee dat die media so-iets buite proporsie opblaas is absurd. Die media berig net. Die media berig oor buitengewone dinge. As dit nie buitengewoon is dat 'n kerk met miljoene lidmate hom ophou met sulke beuselagtighede nie, dan weet ek nie wat buitengewoon is nie.

Johan Swarts

-   Desember 17, 2009 om 12:57

@Meraai - Ek is nie seker hoe jy daarby uitkom dat gay huwelike en onvoorwaardelike liefde mekaar weerspreek nie. Kan jy uitbrei?

demoerin

-   Desember 17, 2009 om 13:58

Ek kan aan 'n hele paar mense dink wat ek met graagte sal opoffer om geoffer te word.
My standpunt - Ek het genoeg grysstof gekry om vir myself te dink, vir myself te besluit - En te weet wat vir my die gevolge van daardie besluit gaan wees.
Iemand het die ander dag gesê: 90% van die mense wil nie meer as skape wees nie, en het daardie skaapwagter nodig om hulle besluite te neem en hulle te lei, die ander 10% wat self wil dink word dikwels as die wolwe uitgekryt.

Hermann

-   Desember 18, 2009 om 08:06

Meraai, jy kon dit nie beter raakvat nie.
Johan, Jesus het dan juis gesê, as ons nie verander en soos kindersjies word nie, sal ons nooit die Koninkryk van God ingaan nie! (Mat 18:3)en vir jou en ander wat so slim is, kyk wat sê God sal hy doen met mense wat dink hulle is slim. Isa 44:24 "I am the LORD, who has made all things, who alone STRETCHED out the heavens, who spread out the earth by Myself, who FOILS the SIGNS of the false prophets and makes FOOLS of diviners, who OVERTHROWS the LEARNING of the WISE and turns it into NONSENSE, who carries out the words of His servants and fulfils the predictions of His messengers."

Johan Swarts

-   Desember 21, 2009 om 12:17

@Hermann - 'n Goeie vriend het eendag opgemerk dat Suid-Afrika seker die enigste land ter wêreld is waar slimwees nie 'n deug is nie, maar 'n gebrek.

Kindertjies is nie stewp1d nie.

Meraai

-   Desember 21, 2009 om 12:25

Johan Swarts - as jy 'n christen is wat volgens die Woord van God leef, dan weerspreek die twee mekaar, want in God se Woord is daar nie so iets soos 'n gay huwelik nie. Onvoorwaardelike liefde is heeltemal iets anders en het eintlik niks met huwelik te doen nie. Ons moet almal onvoorwaardelik lief wees vir mekaar. Huwelik, volgens God se standaarde, is 'n keuse wat jy maak om vir ewig 'n verhouding te he met 'n persoon van die TEENOORGESTELDE geslag. As jy nie 'n christen is nie of jouself een noem, maar jy leef nie volgens God se voorwaardes nie, sal jy dit moontlik anders vertolk, maar dis jou keuse. My kommentaar het gegaan oor die standpunt wat gemaak is dat die persoon volgens God se standaarde leef.

Johan Swarts

-   Desember 21, 2009 om 20:43

<p>@Meraai - In God se Woord is daar niks oor vrouens wat enigiets meer as rudimentêre opvoeding ontvang nie. Beteken dit dat jy, bloot deur meer woorde as 'n laerskoolkind te ken en dit hier in 'n kommentaarboksie te tik, besig is om nie volgens die woord van God te leef nie?<p><p>Hoef durf jy opgevoed wees? Daar is nêrens opgevoede vroue in die Bybel wat boonop 'n Germaanse taal goed ken nie. Jy weerspreek die Woord van God!</p><p>(Verskoon tog die sarkastiese toon, dis nie venynig bedoel nie.)</p>

Meraai

-   Desember 22, 2009 om 15:27

Johan - Die mans in die Woord het ook net rudimentere opvoeding ontvang. Skole is Griekse instellings wat eers later van tyd tot stand gehou het. Seuns is deur hulle pa's die familiebesigheid geleer en dogters is deur hul ma geleer om die huishouding te hanteer. Soos wat die "Griekse" gewoontes en die wat daarna gekom het, posgevat het, het mense se omstandighede verander. Die feit dat dit gebeur het, beteken nie dat God se standaarde verander nie. Ek glo nie enigiemand in die Bybel het 'n Germaanse taal gepraat nie. Die feit dat ek dit doen, is nie my keuse nie, maar is die gevolg van die omgewing waarin ek gebore is en grootgeword het. As ek in Italie gebore was, het ek Italiaans gepraat. Ons moet onderskeid tref tussen omstandighede wat verandeer en dit wat God neergele het wat nie verander nie. Ongelukkig sit ons vandag met die nagevolge van 2000 jaar se waninterpretasie van die Skrif - daarom dat ons nie die verskil ken nie. God se riglyne omtrent die huwelik en wie in 'n huwelik hoort, het niks te doen daarmee of jy 'n Germaanse taal praat of nie. Ek weerspreek nie die Woord van God nie, want in Sy Woord is daar nerens 'n gebod teen (1) die opvoeding van vroue en (2) die praat van enige ander taal as Hebreeus nie. Inteendeel, die mense van die Bybel het verskillende tale op verskillende tye gepraat. Maar die Gebooie van God verander nie as die taal verander nie. Dit is ook nie God se plan dat die vrou minder geag word nie. Haar rol is anders as die man s'n en omdat sy sy helper is, doen sy die dinge wat hy nie veronderstel is om te doen nie. Dit was die man se verantwoordelikheid om sy vrou te leer, en die twee saam het die kinders geleer. Mans het Yeshivas bygewoon, want die vroue het ander dinge gehad om te doen. Dis die mens wat rebelleer teen God se riglyne en sy eie kop wil volg. As ons die patroon van die Bybel gevolg het, sou daar nie vandag die probleme gewees het wat daar is nie. Omn volgens God se standaarde te leef in vandag se tyd, is nie maklik nie, vanwee die veranderde omstandighede. Alet hierbo het 'n opmerking gemaak wat vandag uit meeste christene se monde gehoor word - ek leef volgens God se riglyne. Maar doen hulle? Nee, want ons is geleer dat, omdat die omstandighede verander het, geld Sy riglyne nie meer nie. Die mens besluit nou hoe dit moet werk. Skies as ek nou sarkasties is, maar sorrie boetie, dit werk nie so nie.(Die sarkasme is verskoon.)

Johan Swarts

-   Desember 23, 2009 om 03:03

@Meraai - In die Bybel is daar ook nêrens 'n gebod teen homoseksuele mense wat trou nie. Kan jy dalk vir my die gedeelte(s) in die Bybel met die gebod teen homoseksuele huwelike aanhaal?

Hermann

-   Desember 23, 2009 om 13:06

LIVITI 18:22 Met 'n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos 'n mens met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel. As jy nie gemeenskap met 'n persoon van die selfde geslag mag hê nie, mag jy ook nie trou nie. Dit is so simpel soos dit.Reg deur die Bybel lees 'n mens van 'n bruid en 'n bruidegom by 'n bruilof, nie van 'n bruid en 'n bruid, of 'n bruidegom en bruidegom nie. Maar julle adder geslag sal gedurig tekens soek om ons en die Bybel verkeerd te bewys.MATTHEUS 12:38 Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag 'n teken van U sien.
MATTHEUS 12:39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie

Johan Swarts

-   Desember 23, 2009 om 16:21

@Hermann - Sjoe, ek hoop nie ek is deel van daardie addergeslag nie.<p>Dankie vir die moeite wat jy aangegaan het om 'n vers aan te haal.</p>

Alet

-   Desember 24, 2009 om 06:49

Wie het nou gepraat van seks(gemeenskap)?Waarom dink mense altyd eerste aan seks as hulle aan 'n huwelik dink?Seks is net 'n klein onderdeeltjie van 'n huwelik...ek het getrou met 'n maat wat my sielsgenoot is, wat ek met my gevoelens kan vertrou en wat na my belange sal omsien en omgekeerd.As meer paartjies om dieper geestelike redes trou en nie net om seks nie sal daar meer gelukkige huwelike wees.Waarom moet daar geslagsgemeenskap wees om te trou, Hermann? Baie ongelukkige eensame en "weggegooide" kinders wag vir 'n liefdevolle huis..."laat die kindertjies na my toe kom..."
En 'by the way' om kind van God te wees beteken om te bevraagteken, nie om alles vir soetkoek op te eet nie...kinders is die grootste "hoekommers" wat daar is.Ons mag bevraagteken,want Jesus het gesê ons moet word soos kinders.

Meraai

-   Desember 24, 2009 om 09:29

Dankie vir die Skrif, Hermann, ek was 'n paar dae van die lug af. Johan - In Rom 1:26 en 27 word verhoudings tussen mense van dieselfde geslag "dishonourable passions" en "shameless acts" genoem. 1 Kor 6:9 is 'n ander verwysing. Die King James praat van die "effiminate" en "abusers of mankind". Die Griekse woord vir die laaste een beteken "sodomiet". Dink bietjie mooi oor die betekenis van "trou". Die woord wat in Afrikaans "trou" is in die Bybel, het verskillende betekenisse. Meestal beteken dit iets wat stabiel is, wat die waarheid is, sekerheid. Waar dit pertinent oor die huwelik gebruik word, beteken dit bloot "vat" en om 'n man of vrou "te he". Dit word ook baie pertinent gestel "wanneer 'n vrou 'n man het" en "wanneer 'n man 'n vrou het". Dis waar die seks in die prentjie kom. God het mans en vroue op 'n spesifieke manier gemaak vir seks om te werk. Ons is grootmense, so ek hoef nie uit te brei nie. Twee mans kan nie seks he soos God dit gemaak het nie. Twee vroue ook nie. Die oomblik wat die mens teen God se skeppings en riglyne gaan en hulle eie plannetjies maak, moet hulle ook allerhande foefies uitdink om dit te laat werk. As ons God se riglyne volg en goed laat werk soos Hy dit beplan het, werk dit perfek.

Hermann

-   Desember 24, 2009 om 09:31

@Alet, Al sou gays trou en geen seks hê nie, is dit steeds 'n gruwel in die oë van die Here.Daar is 'n groot verskil tussen vrae vra en bevraagteken. Die skrifgeleerdes en fariseërs in Jesus se tyd het Hom ook bevraagteken, daarom het hy hulle die adder geslag genoem.@Johan Swarts, Net jy self kan bepaal of jy van die addergeslag is of nie. As jy God en Sy woord bevraagteken is jy beslis van die addergeslag.GEN 3:14 Toe sê die HERE God aan die slang (satan): Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
GEN 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad (nageslag) en haar saad (nageslag). Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

Meraai

-   Desember 24, 2009 om 10:58

Ons kan (EN MOET) bevraagteken wat mense ons leer, maar ons moet versigtig wees wanneer ons God begin bevraagteken. Hy is bo ons begrip.

Willie D

-   Desember 25, 2009 om 09:10

@Johan Swarts. Die Bybel veroordeel homoseksualisme baie duidelik. Nou vra jy waar huwelike tussen homoseksuele mense verbied. Ai, die logika darem!

Renier

-   Desember 26, 2009 om 05:22

'n Baie groter probleem in die samelewing is hoe mense staat maak op die media om vir hulle die REGTE manier om oor dinge te dink laat voorskryf. Net omdat liberalisme nou die IN DING is beteken dit nie noodwendig die ou lewenswyshede hou nie meer water nie. 'n Liberale standpunt is dus nie sinoniem met 'n geoefende verstand nie, maar dikwels eerder 'n modegier wat slaafs nagevolg word.

Matt Heyns

-   Desember 27, 2009 om 09:19

IS DIE "SHABBAT " NOG STEEDS HEILIG IN YAHWEH SE OË? 1Die Hebreeuse woord "Shabbat" heteken "om op te hou", "om te rus" of "om te laat staan". In die Skrif is "Shabbat" die naam wat aan die sewende dag van die week toegeken word (Gen 2:2,3; Eks 20:8-11). Die name van weeksdae soos wat ons dit vandag ken (soos "Sondag" vir die eerste dag van die week en "Saterdag" vir die sewende dag van die week) is van Romeinse oorsprong en kom nie in die Skrif voor nie. Dit is die name van Romeinse en heidense afgode wat in sommige gevalle ooreenstem met sekere bekende planete en hemelliggame (bv. "Saterdag" wat kom van "Saturnus" en "Sondag" wat as "the day of the sun" bekend gestaan het).2In die Skrif - Ou Testament, sowel as Nuwe Testament - speel die "Shabbat" 'n geweldige belangrike rol en dis veral duidelik dat dit 'n dag is wat vir Yahweh baie na aan die hart lê. Dit is die dag waarop Hy aan die einde van die skepping "gerus" het en wat Hy direk na afloop van die skepping as 'n spesiale dag geseën en geheilig het (Gen 2:2,3). Dit is die dag waarop die Israeliete in hulle omswerwinge deur die woestyn nie toegelaat is om manna bymekaar te maak nie. Vir 40 jaar lank het Yahweh elke week deur 'n wonderwerk dit so beskik dat die dubbele porsie manna wat op die dag voor die "Shabbat" opgetel word, nie sleg word nie, maar vars bly vir gebruik op die "Shabbat" (Eks 16). Dit is 'n dag wat in Yahweh se oë so kosbaar is dat Hy die heiliging van hierdie dag (as 'n dag waarop die volk hulle gewone weeklikse werksaamhede moet staak) insluit as een van die 10 gebooie (Eks 20). Die feit dat die kerk met sy sterk Romeinse inslag later gekom het en hierdie vierde gebod amptelik (ja, swart op wit) gewysig het en "die sewende dag" vervang het met "die eerste dag", kom neer op openlike rebellie teen Yahweh en die gesag van sy Woord.3Om seker te maak dat sy volk die heilige en die blywende karakter van die "Shabbat" verstaan, het Yahweh (bo en behalwe die insluiting daarvan in die 10 gebooie) 'n aparte verbond met die volk aangegaan waarin onder meer gesê word dat die "Shabbat" 'n teken deur al die geslagte van Yahweh se volk sal wees dat Hy die Een is wat hulle heilig (d.w.s. vir Homself afsonder) en dat hulle daarom die "Shabbat" as 'n ewige verbond met Yahweh moet beskou (Eks 31:12-18, vgl. Eseg 20:11-21). In Levitikus 23 word bevestig dat die "Shabbat" nie net 'n rusdag is nie, maar ook 'n "heilige vierdag" - 'n weeklikse feesdag wat op een vlak met die jaarlikse feesdae geplaas word. Die interessante is dat hierdie gedeelte herhaaldelik beklemtoon dat dit Yahweh se feesdae en feestye en Yahweh se Sabbatte is, nie die Jode (of enige ander volk) s'n nie (vgl. 23:2,3,4, 5,6,34,37,38,39,41 en 44). Skriftuurlik gesproke is dit nie korrek om van die "Joodse Sabbat" te praat nie!4In die res van die Ou Testament kom die tema van die "Shabbat" herhaaldelik na vore: die ontheiliging van die Sabbat het dikwels gelei tot Israel se skade en ondergang (Neh 13:16-18); die een wat die "Shabbat" hou - selfs hulle wat nie deel van die Joodse volk is nie - word as geseënd beskou (Jes 56:1-8); hulle wat die "Shabbat" 'n verlustiging noem en dit eer deur nie hulle gewone gang te gaan nie sal ry oor die hoogtes van die aarde en die erfdeel van Jakob geniet (Jes 58:13-14) en in die toekomstige vrederyk waarvan Yahweh belowe dat Hy Jerusalem in volle glorie sal herstel, sal "alle vlees" maandeliks op die nuwemaan en weekliks op die "Shabbat" kom om voor Yahweh se aangesig te aanbid (Jes 66:19-24).5In die Nuwe Testament word daar verbasend baie van die "Shabbat" melding gemaak. Die Griekse woord "sabbaton" wat in die Nuwe Testament gebruik word, is 'n direkte vertaling van die Hebreeuse woord "shabbat" en het daarom dieselfde betekenis as "shabbat" in die Ou Testament. Die eerste opvallende aspek in die Nuwe Testament is dat Yahshua (Jesus) en die dissipels (bv. Mark 1:21; Mark 3:1,2; Mark 6:2; Luk 4:16; Luk 6:6; Luk 23:56), Paulus en die apostels (bv. Hand 13:14; Hand 14:1; Hand 17:1,2; Hand 18:4,19; Hand 18:24-26; Hand 19:6-8), sowel as die nuwe bekeerlinge en die gemeentes wat na die uitstorting van die Afgesonderde Gees ontstaan het (bv. Hand 13:42-44; Hand 16:13-15; Hand 17:10-12; Hand 17:17; Hand 22:19; Hand 26:11), almal die "Shabbat" gehou het en die sinagoge byeenkomste op die "Shabbat" bygewoon het.6Die feit dat Yahshua en sy dissipels op die "Shabbat" koringare gepluk het en mense gesond gemaak het, beteken hoegenaamd nie dat Hy daarmee wou aandui dat die "Shabbat" nie meer gehou moes word nie. Inteendeel, Hy wou hê die Jode se oë moes oopgaan vir die ware betekenis van die "Shabbat" soos wat sy Vader dit van die begin af bedoel het, naamlik dat dit 'n dag is waarin elke mens iets van Yahweh se ware rus - ook in die sin van genesing, verlossing en bevryding - moes ervaar. Die Jode het in Yahshua se tyd soveel (mensgemaakte) reëls en tradisies rondom die "Shabbat" gehad (en dit selfs in hulle Joodse geskrifte vervat) dat hulle nie meer die Vader se hartklop rondom die instelling van die "Shabbat" gehoor het nie. Daarom dat Yahshua hulle aandag daarop vestig dat die mens nie vir die "Shabbat" gemaak is nie, maar die "Shabbat" vir die mens (o.a. Mark 2:27) - met ander woorde die "Shabbat" is 'n dag waain elke mens horn kan verlustig omdat dit 'n dag is wat spesiaal ingestel is om hom (as mens) te help, te versterk, op te bou en te inspireer.7Die argument dat Yahshua se opstanding 'n verandering meegebring het en dat die gelowiges na sy opstanding die gebruik gehad het om op Sondae in plaas van op die "Shabbat" bymekaar te kom, is nie in ooreenstemming met wat die Skrif sê nie. Volgens die Skrif se dagindeling, begin en eindig 'n dag met sonsondergang, in die aand (vgl. Gen 1:5,8,13,19,23,31 en Lev 23:32). Indien ons aanneem dat Yahshua op die eerste dag van die week (d.w.s. op die Sondag) opgestaan het, dan het die veelbesproke "Sondag"-byeenkoms van Joh 20:19 in werklikheid nie op Sondag plaasgevind nie, maar wel Maandag ("toe dit aand was..."). Boonop beteken dit dat die byeenkoms "agt dae later" (Joh 20:26) waarskynlik op 'n Dinsdag plaasgevind het en nie op 'n Sondag soos sommiges dit wil hê nie. Feite is: in die tyd onmiddellik na Yahshua se opstanding (soos ook in die tyd onmiddellik na die uitstorting van die Gees an Yahweh - vgl Hand 2:46) het die gelowiges waarskyniik daagliks bymekaar gekom (soms uit vrees vir die Jode - vgl. Joh 20:19) en kan daar beslis nie afleidings gemaak word wat tot gevolg het dat die "Shabbat" ewe skielik deur die kerk afgeskaf word nie! Daar is hoegenaamd geen Skriftuurlike bewys daarvoor dat daar ná Yahshua se opstanding van "Sondag" as die "dag van die Here" gepraat word nie. Dit is daarom ook heeltemal ongegrond om te sê dat Openbaring 1:10 (waar daar na "die dag van die Here" of, meer korrek, "die dag van Yahweh" verwys word) eintlik die eerste dag van die week in gedagte het.8Ook Paulus en die ander apostels het nie geleer dat die "Shabbat" met Yahshua se koms afgeskaf is nie. Ons het reeds gesien dat al die apostels die "Shabbat" nougeset onderhou het - selfs lank na hul Meester se hemelvaart. Wanneer ons gedeeltes in die Nuwe Testament teëkom wat oor die "wet" handel en oor die vraag of ons ons vandag nog aan die wet moet steur, moet ons in gedagte hou dat nóg Yahshua, nóg die apostels ooit die wet wililens en wetens oortree het en dat hulle ook nie die gelowiges sou leer om die wet te oortree nie. Want dit sou direk indruis teen Yahshua se woorde in Mat 5:17-19, veral vers 19 wat sê: "Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele...". Paulus spreek hom sterk uit teen valse leraars wat die gelowiges verwar met hulle leer dat 'n mens die wet moet nakom om daardeur gered te kan word. Aan die ander kant stel hy dit egter ook baie duidelik dat wanneer iemand waarlik tot geloof in die Messias gekom het, hy nie langer in sonde (of: in stryd met die wet) kan lewe nie en 'n nuwe begeerte het om Yahweh in alles te behaag (vgl Hand 24:14; Hand 25:8; Rom 2:13, Rom 3:31; Rom 6:15; Rom 7:7,12,14,22,25; Rom 8:6-7; Rom 12:2; Gal 5:13-15; Gal 5:19-23).9Daar is geen aanduiding in die Nuwe Testament dat die gelowiges die dag van samekoms en aanbidding van die sewende dag van die week na die eerste dag van die week verander het nie. Hierdie verandering het eers in die na-apostoliese tydperk plaasgevind en is aangehelp deur 'n baie sterk antisemitiese (anti-Joodse) faksie in die vroeë kerk waarin kerkleiers alles in hulle vermoë gedoen het om elke "Joodse" gebruik in die Christelike kerk te vernietig of te verander. Die weerstand in kerklike kringe teen Joodse gebruike het toegeneem namate die Romeinse keisers, ná die Romeinse oomame van Jerusalem in 70 n.C., al hoe meer maatreëls ingestel het om die Jode te onderdruk en te beperk. So byvoorbeeld het keiser Hadrianus (117-138 n.C.) enige Jood (of Joodse Christen) verbied om Jerusalem binne te gaan. Niemand is toegelaat om die Joodse godsdiens te beoefen en veral die "Shabbat" te onderhou nie. 'n Mens kan byna verstaan dat die Christene nie langer kans gesien het om met die Jode geïdentifiseer te word nie. Dis binne hierdie konteks dat kerkleiers begin het om die "Shabbat" uit die Christelike gemeentes uit te faseer en Sondagviering aan te moedig en selfs vanuit die Skrif te probeer regverdig.10Die volgende aanhalings gee vir 'n mens 'n goeie idee gee van hoe dit gebeur het dat die "Shabbat"gaandeweg sy regmatige plek in die kerk verloor het:"[Roman Emperor] Constantine's famous edict (321 A.D.) definitely enrolled Sunday among the holidays of the Roman State religion ... thus a pagan institution (Sunday observance] was engrafted upon Christianity . This edict commanded that 'On the venerable day of the sun let all magistrates and people rest'" (Schaff-Herzog Encyclopedia of Religious Knowledge, article "Sunday Legislation")."Sunday observance, in short, is a pagan tradition which unlawfully entered the Christian Church centuries after the early Apostles died. It has absolutely no Scriptural authority whatsoever!" (David B Loughran)"You may read the Bible from Genesis to Revelation, and you will not find a single line authorising the sanctification of Sunday. The Scriptures enforce the religious observance of Saturday, a day which we (Catholics) never sanctify" (Kardinaal Gibbons, 'n Katolieke geleerde, in sy boek: "The faith of our Fathers", bl.111)"The observance of the Lord's Day took the place of the observance of the Sabbath not by virtue of the [Biblical] precept but by the institution of the church." (Thomas Aquinas - Katolieke Teoloog)"The Bible says: 'Remember the Sabbath day to keep it holy.' But the Catholic Church says, 'No, keep the first day of the week,' and the whole world bows in obedience." (Father T. Enright - Rooms Katolieke Priester)"The Catholic Church of its own infallible authority created Sunday a holy day to take the place of the Sabbath of the old law" (Kansas City Catholic).Uit bogenoemde kan daar net een gevolgtrekking gemaak word: Satan het dit oor eeue heen reggekry om die een dag wat van die skepping van hierdie wêreld deur Yahweh geseën en geheilig is, in die oë van die meeste Christene te degradeer tot net maar nog 'n dag, 'n dag van werk en speel, 'n dag van koop en verkoop, 'n dag van doen wat jou hand vind om te doen. En dit terwyl Yahweh (wat nooit verander nie) dit ingestel het as 'n dag van rus, 'n dag van verkwikking, 'n dag van verlustiging in Hom. En asof dit nie genoeg was nie, het ons 'n ander dag geneem, 'n dag wat Yahweh ons nooit beveel het om as "heilig" te beskou nie, en ons het hierdie dag gaan verhef bo die dag wat Yahweh vir Homself eenkant gesit het.Deur dit te doen, het ons die weg gebaan vir die Antichris, want volgens Dan 7:25 sal hy "die heiliges van die Allerhoogste mishandel en probeer om tye en wet te verander" of, soos die Amplified dit stel: 'he shall wear out the saints of the Most High and think to change the time of sacred feasts and holy days and the law..." Dit het tyd geword om die gees van die Antichris te weerstaan in die Naam van Hom wat gesê het: "As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly" (Joh 15:10).In sy geestesoog het die profeet Jesaja baie eeue gelede gesien hoedat daar 'n geslag van gelowiges gaan kom wat die "ou puinhope" gaan herbou, "wat die fondamente van die vorige geslagte sal oprig" en die "herbouer van gebreekte mure" sal wees (Jes 58:12-14). En wat sal die uitstaande kenmerk van hierdie geslag gelowiges wees? Jesaja profeteer dit sal hulle wees wat hulle "voet terughou van die Sabbat", wat die "Sabbat 'n verlustiging noem" en wat dit "eer" deur nie hulle "gewone gang te gaan" nie. Ek en jy het 'n keuse. Ons kan voortgaan om die dag te ignoreer wat Yahweh vir alle geslagte geheilig het of ons kan vandag kies om deel van die geslag te wees wat die ou puinhope herbou ...

Matt Heyns

-   Desember 27, 2009 om 20:24

Ons is sondige mense. Die straf vir die sonde is die dood. Om ons n kans te gee het die Almagtige sy Seun gegee om hierdie doodstraf in ons plek te dra. As ons, ons sondes bely en ophou om doelbewus te sondig sal Hy ons sondes vergewe. Dan staan ons n kans om uit die dood opgewek te word, wanneer Hy na hierdie aarde terugkom, om saam met Hom in sy ewige Koninkryk op die nuwe aarde te lewe. Intussen mag ons deur Sy liggaam waaraan ons behoort Groepering) getugtig word maar nie gestraf word nie. Elkeen het n gawe gekry om tussen reg en verkeerd te kies. Hopelik sal ons die regte besluite in 2010 neem. Shalom!

Johan Swarts

-   Desember 28, 2009 om 11:12

<p>@Renier - Jy maak 'n uiters goeie punt.</p><p>@Willie D - As jy mooi oplet, sal jy sien dat ek van homoseksuele huwelike praat. Die Bybel het slegs vae beskrywings van seksuele omgang tussen mans.</p>

Francois

-   Desember 29, 2009 om 09:03

@Matt. Om na jou ellelange relaas oor die Sabbat, dan die verlossing voorwaardelik te maak van die opregtheid van ons skuldbelydenis is om van te huil. Kan jy glo: God gee ons "'n kans" Ek aanvaar Matt het met sy wetsonderhouding daardie kans met albei hande aangegryp. En hy is soos die Fariseër in Matteus 18:11-12 'n prageksemplaar van God se genade. Jammer jong, Gal 3:10-11 het slegte nuus vir jou. Paulus noem jou vertroue op wetsonderhouding "armsalig" (Gal 1:9) Maar jy mag asb voortgaan om jou Sabbat te hou - wanneer jy ookal wil; ek het vrede daarmee, want dit is nie die eintlike saak nie. Hoekom gedenk ek Sondag? Omdat Paulus vir my waarsku teen ouens soos Matt wat, deur sy aandrang op Sabbatsonderhouding my oë wil aftrek van die genoegsaamheid van Christus se offer. Kol 2:16: "Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet of drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die SABBATDAG moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus." Ag en die Hebreeuse name beindruk dalk seker 'n paar mense en dit gee dalk die swym van geleerdheid of van vroomheid.

Matt Heyns

-   Desember 30, 2009 om 18:43

SEWE REDES WAAROM ONS DIE RUSDAG OP DIE SEWENDE DAG HOU 1. Omdat Yahweh die sewende dag van die week reeds by die skepping (d.w.s. lank voor die "geboorte" van die volk Israel) uitgesonder het en dit as 'n rusdag geseën en geheilig het. Gen 2:2,3. Daar is geen twyfel nie dat die Sabbat van die begin af op die dag van die week geval het wat ons vandag as "Saterdag" ken. In die Skrif lees ons gereeld van uitsprake en gebeure wat bevestig dat die Vader self seker gemaak het dat mense nie tred verloor oor watter dag nou eintlik die Sabbat is nie. Eks 16:22-30; Neh 13:19-22; Jes 56:3-7; Jer 17:19-23. Hierdie dag word in die tyd van die Nuwe Testament nog steeds eerbiedig en in Luk 4:16 lees ons dat Yahshua (Jesus) op die Sabbat na die sinagoge toe gegaan het, soos dit sy gewoonte was. Tot vandag toe word die Sabbat deur die Jode (en 'n groterwordende getal Messiaanse gelowiges) nog steeds op dieselfde dag gehou as deur al die geslagte heen.2. Omdat daar geen rede is waarom ons nege van die tien gebooie sal hou en slegs een (die vierde gebod) sal uitlaat (of verander) nie. Dit is 'n skreiende onreg om gebooie soos "jy mag nie ander gode dien nie" en "jy mag nie egbreuk pleeg nie" aan gelowiges voor te hou as gebooie wat nagekom behoort te word (uit dankbaarheid vir ons verlossing), maar in dieselfde asem te sê dis wetties om die vierde gebod na te kom. Om "wetties" ("legalistic") te wees beteken om op die wet staat te maak vir jou verlossing en volgens die Skrif is dit 'n ernstige dwaling. Om die Sabbatsgebod te gehoorsaam met dieselfde gesindheid waarmee ons elke ander opdrag van ons hemelse Vader gehoorsaam, naamlik met 'n gesindheid van eerbied en uit liefde en uit dankbaarheid vir wat Hy vir ons gedoen het, is nie "wetties" nie, dis net doodgewoon die gehoorsaamheid wat 'n onderdanige en dankbare kind aan sy Vader verskuldig is. In die Skrif word ons net so sterk teen "wetteloosheid" gewaarsku as teen "wettisisme" Rom 6:19; 1 Joh 3:43. Omdat daar nie 'n enkele woord in die hele Skrif is wat daarop dui dat ons die Sabbat op die eerste dag van die week (Sondag) in plaas van die sewende dag (Saterdag) mag of moet vier nie. Daar is ook geen woord of opdrag aan die gelowiges dat hulle die dag van rus en van gemeentesamekomste ná die opstanding van Yahshua van Saterdag na Sondag moes verander nie. Die Messias self het nooit so 'n opdrag aan sy dissipels gegee nie en daarom het hulle ná sy opstanding voortgegaan met die gebruik om op die Sabbat (in die sinagoge of elders) bymekaar te kom Hand 13:14; Hand 13:42-43; Hand 14:1; Hand 16:13-15; Hand 17:1-2; Hand 17:10-12; Hand 17:17; Hand 18:4; Hand 18:19; Hand 18:24-26; Hand 19:6-8; Hand 22:19; Hand 26:11). Dis eers later in die geskiedenis dat die onskriftuurlike gebruik van "Sondagheiliging" ontstaan het, hoofsaaklik as 'n doelbewuste poging om radikaal weg te beweeg van gebruike wat as "Joods" bestempel is.4. Omdat die hou van die Sabbat nie 'n "Joodse" gebruik of instelling is nie, maar 'n instelling van Yahweh self - bedoel vir almal wat Hom as Skepper en Vader erken. Die Sabbat word beskryf as 'n "sabbat van Yahweh" Lev 23:3 en 'n "'n vierdag van Yahweh" Lev 23:2,4 - nie 'n vierdag van die Jode nie. In Jes 56:1-8 word die mens en die mensekind - ja ook die "uitlander" - wat die Sabbat hou, as geseënd beskou. In hierdie gedeelte word selfs gesê dat die nie-Jood wat die Sabbat hou, sal 'n gedenkteken en 'n naam ontvang wat beter is as seuns en dogters - 'n ewige naam wat nie uitgeroei sal word nie vers. Yahshua het onomwonde verklaar: die Sabbat is vir die mens (nie: vir die Jode) gemaak Mark 2:23-28 Na die hemelvaart van Yahshua het die nie-Joodse gelowiges, net soos hulle Joodse broers en susters, gereeld op die Sabbat bymekaar gekom Hand 13:42-44; Hand 16:13-15.5. Omdat dit nie 'n skande is nie, maar 'n eer en 'n voorreg om met die Jode, Yahweh se uitverkore volk, geassosieer te word. Deur gebruike te hou wat ook deur die Jode gehou word, verheerlik ons nie die Jode nie - ons erken bloot dat daar Joodse wortels in ons geloof ingeweef is waarvan ons nie sommer net na willekeur ontslae kan raak nie. Die Elohim van Petrus en Paulus is ook die Elohim van Abraham en Moses. Ons Verlosser is Yahshua, die Messias wat in die gestalte van 'n mens na hierdie wêreld gekom het - 'n Jood wat uit die Joodse volk gebore is en nooit 'n enkele opdrag of gebod wat sy Vader aan die Joodse volk gegee het, verontagsaam het nie Mat 5:17-19. Deur alles wat enigsins met die Jode te make het, uit ons geloof te probeer uitwerk, verarm ons onsself oneindig baie (dink aan al die beloftes van die Ou Testament) en trek ons 'n streep deur die Skrif wat sê die nie-Joodse gelowiges is die wilde olyfboomtak wat op die mak olyfboom (Israel) ingeënt word Rom 11:17-24.6.Omdat dit nooit Yahshua, of enige van die apostels se bedoeling was om die Sabbat in diskrediet te bring nie. Alhoewel die Joodse godsdienstiges dikwels met die beskuldiging gekom het dat Yahshua die Sabbat ontheilig het, is dit duidelik dat Hy dit nie een enkele keer gedoen het nie. Die probleem was telkens dat die dinge wat Yahshua op die Sabbat gedoen het (bv. om siekes te genees) nie ingepas het by hulle eie, mensgemaakte reëls vir die Sabbat nie, maar dat dit nooit in stryd was met die letter en die gees van die wet nie. Inteendeel, Yahshua wou juis hê hulle oë moes oopgaan vir die ware betekenis van die Sabbat soos wat die Vader dit van die begin af bedoel het, naamlik dat dit 'n dag is waarin elke mens iets van Yahweh se ware rus - ook in die sin van genesing, verlossing en bevryding - moes ervaar. Ook Paulus het nooit te kenne gegee dat die Sabbat afgeskaf is nie. Uit gedeeltes soos Hand 13:14; Hand 14:1; Hand 17:2 en Hand 18:4 is dit duidelik dat hy self die Sabbat nougeset onderhou het - lank na Yahshua se opstanding en sy eie bekering - en in sy briewe het hy hom altyd vergewis van Yahshua se duidelike waarskuwing dat elkeen wat een van die minste van die gebooie breek en die mense so leer, die minste genoem sal word in die koninkryk van die hemele Mat 5:17-197. Omdat daar vandag oor 'n wye spektrum openlik erken word dat die uitfasering van die Sabbat deur die toedoen van mense plaasgevind het en nie op grond van die Woord van Yahweh nie."Sunday observance, in short, is a pagan tradition which unlawfully entered the Christian Church centuries after the early Apostles died. It has absolutely no Scriptural authority whatsoever! David B Loughran"You may read the Bible from Genesis to Revelation, and you will not find a single line authorising the sanctification of Sunday. The Scriptures enforce the religious observance of Saturday, a day which we never sanctify." Kardinaal Gibbons, 'n Katolieke geleerde, in sy boek: The faith of our Fathers, page 111"The observance of the Lord's Day took the place of the observance of the Sabbath not by virtue of the [Biblical] precept but by the institution of the church." Thomas Aquinas - Katolieke Teoloog"The Bible says: 'Remember the Sabbath day to keep it holy.' But the Catholic Church says, 'No, keep the first day of the week,' and the whole world bows in obedience." Father T. Enright - Rooms Katolieke PriesterDaar is geen twyfel nie: die Sabbat is 'n dag wat vir die Vader nog steeds baie na aan die hart lê. Gaan ons "buig" voor die tradisies van mense en voortgaan om hierdie dag tersyde te stel, of gaan ons buig voor die Koning van die konings en doen wat Hom behaag en sy Naam verheerlik? Amein!

Matt Heyns

-   Desember 30, 2009 om 19:19

Francois: Moenie dat enige iemand julle oordeel in voedsel en drank nie het sy met betrekking tot n fees of nuwemaan of n Shabbat nie. Kol 2 vers 16 is die korrekte vertaling uit Hebreeus. God is a subsitute name for Yahweh. Why Christ and not Messiah. With the Greeks using both the Greek words Messias and Christos for the Hebrew Mashiach the word Christos was far more acceptable to the pagans who were worshipping Chreston, Chrestos and Krista. Die skewe produkte van die engele fabrieke belieg en bedrieg jou nog steeds. Gal 3 verse 10 en 11 Want almal wat uit die werke van die Torah is, is onder die vloek. Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boekrol van die Torah om dit te doen nie. Niemand word deur die Torah by Elohiem geregverdig nie. Die regverdige sal uit die geloof lewe. As iemand julle goeie nuus verkondig in stryd met die wat julle ontvang het laat hom n vervloeking wees. Kyk Ghalasiërs 1 vers 9. Shalom!

Francois

-   Desember 31, 2009 om 08:55

Matt. Ek wonder wie jou bedrieg dat die Nuwe Testament uit Hebreeus vertaal is. Jy suggereer tog sekerlik nie dat die skewe produkte van die engele fabrieke die naam, Messias met Christus vervang het nie. Dit is sommer (volgens die Griekste vertaling) die evangeliste, Paulus, Petrus en Johannes (ook in Openbaring). Dat hulle moontlik die Christusnaam kies om die Evangelie van verlossing aan die heidense Grieke te verkondig is vir my genoeg. Dat die apostels en die ouderlinge in Hand 15, nie die Sabbat aan die bekeerlinge uit die heidendom as eis voorhou nie, is sekerlik ook interessant. Ek reken my onder hierdie groep wat volgens Hand 15:12 uit genade gered word (ook in die oospronklike Grieks). Jy haal telkens uit Engels aan. Watter bron verkies jy om jou te bedrieg?

Matt Heyns

-   Desember 31, 2009 om 12:30

DIE VERWERPING VAN DIE WET ONDER DIE DEKMANTEL VAN GENADEDie Skrif, en veral die briewe van Paulus, beklemtoon dikwels dat ons nie deur die werke van die wet gered (of geregverdig) word nie, maar deur die genade wat die Vader aan ons bewys het toe Hy sy Seun gestuur het om in ons plek te sterf. Paulus se brief aan die Romeine is die boek in die Nuwe Verbond wat hierdie waarheid seker die meeste beklemtoon. Daar is egter vandag 'n baie groot groep gelowiges (circe) wat hieruit die afleiding maak dat wet en genade direkte teenoorgesteldes van mekaar is en mekaar volkome uitsluit: As jy glo dat jou redding uit genade is, dan hoef jy nie meer die wet te hou nie. En omgekeerd: as jy erns maak met die wet van Yahweh, dan is dit 'n bewys dat jy 'n streep trek deur sy genade. Niks is verder van die Waarheid as dit nie.Kyk 'n mens na spesifieke hoofstukke in Romeine waarin daar van genade gepraat word, is dit opvallend dat nie een van hierdie hoofstukke afwysend staan teenoor die inhoud van die wet of die verpligting wat op gelowiges rus om aan Yahweh gehoorsaam te wees nie. In Rom 3:24 lees ons dat mense wie se lewens voorheen deur sonde gekenmerk is, "word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Yahshua die Messias is". In dieselfde hoofstuk (dieselfde konteks) vra Paulus die vraag: "Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof" Sy antwoord is baie duidelik: "Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet" (vers 31). In die volgende hoofstuk word dieselfde waarheid op 'n ander manier gestel en verklaar Paulus dat die geregtigheid "uit die geloof (is), sodat dit volgens genade kan wees ..." (Rom 4:16). In dieselfde hoofstuk (4:25) verwys hy egter na Yahshua "wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking". As ons misdade (ons oortreding van die wet) die oorsaak was dat Yahshua moes sterf, dan is dit onsinnig dat mense wat deur sy dood geregverdig word, die groen lig kry om weer die wet te oortree! In Rom 6 gebruik Paulus juis hierdie argument om te beklemtoon dat genade en wet mekaar nie uitsluit nie. In vers 14 sê hy: "...want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade". Party mense sal dadelik sê: "Aha, daar het jy dit: swart op wit - ons is nie onder die wet nie, maar onder die genade!" - As hulle die moeite gedoen het om verder te lees sou hulle presies verstaan wat Paulus bedoel: "Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie - òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? Maar ons dank Elohim dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is" (vers 15-17). Om onder die wet te wees beteken om op die wet staat te maak vir jou redding (Rom 3:19-20). Dit beteken om soos 'n slaaf aan sonde-doen gebind te wees (Rom 7:23) - soveel so dat jy nie vrylik 'n kind van Yahweh kan wees nie (Gal 4:4-5). Dit beteken ook dat jy nie in staat is om deur die Gees van Yahweh gelei te word nie (Gal 5:18). Daarom moes mense soos die Jode en ook ons deur Yahshua losgekoop word sodat ons nie meer onder die wet is nie, maar onder die genade. Die wet, as uitdrukking van Yahweh se wil, het hiermee egter nie sy plek in ons lewe verloor nie. Nee, waar ons voorheen diensknegte van die sonde was, is ons nou diensknegte van geregtigheid. Dit behels gehoorsaamheid aan die Wet en die Woord en die Wil van Yahweh (iemand wat geregtigheid ken is iemand in wie se hart die wet is - Jes 51:7) - nie teen wil en dank nie, maar "van harte" (Rom 6:17) omdat die Vader sy oorvloedige genade in ons lewens uitgestort het! * Het Yahshua dan nie die wet vervul toe Hy aan die folterpaal gesterf het en daarmee 'n nuwe "bedeling" sonder die wet ingelei nie? Nee, want Hy het self gesê: "MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele." * Staan daar dan nie in Hebreërs 8 dat die wet misluk het en dat Yahweh 'n "beter" plan moes maak nie? Nee, daar staan dat die ou verbond onvoldoende was - nie omdat die wet onvoldoende was nie, maar omdat die mense nie by die verbond gebly het nie (vers 8). Die "plan" wat Yahweh gemaak het is 'n nuwe verbond waarin dieselfde wet nou op mense se harte geskryf word (vers 10). Rom 8:3 sê die wet was kragteloos as gevolg van die vlees. Dit beteken nie dat die wet onvolmaak is nie, maar dat die vlees van die mens onvolmaak is. Die Woord sê duidelik dat die wet volmaak is (vgl. Ps 19:8 en Rom 7:12). * Hoekom moet ons as nie-Jode die wet onderhou as die wet net aan Jode gegee is? Die Woord sê duidelik dat Yahweh nie met twee stelle wette werk nie. Mense van ander volkere wat hulle by Israel aangesluit het, moes ook hulle wette onderhou (Ex 12:49, Lev 24:22, Num 15:15-16, Jes 56:6,7). Ons kan nie ewe rustig die beloftes en die voorregte van die verbond vir onsself toe-eien, maar onsself verskoon wanneer dit kom by die verantwoordelikhede wat onlosmaaklik daaraan verbind is nie. Die nuwe verbond is in werklikheid aan Israel gegee en belowe, maar nie-Jode wat in die Messias glo, kan deel word van hierdie verbond en op dié manier deel word van die "nageslag van Abraham" en die "Israel van Elohim" (Rom 2:28,29; Rom 9:4-8; Rom 10:12; Gal 3:26-29; Gal 6:16) * Sê die Skrif dan nie dat diegene wat in die Messias glo, is vrygemaak van die wet nie? Die Skrif sê nêrens dat gelowiges vrygestel is van die onderhouding van die wet nie. Daar staan wel dat ons vrygemaak is van die sonde (Rom 6:18,22), dit wil sê sonde (en wetteloosheid) voer nie meer die botoon in ons lewens nie. Rom 8:2 sê dat "die wet van die Gees van die lewe in Yahshua die Messias het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood". Dit beteken die Gees van Yahshua het so 'n verandering in my hart teweeg gebring dat ek nie meer 'n begeerte na sonde het nie en daarom ook nie meer geestelik dood is nie. In Gal 5:1 sê Paulus dat ons moet vasstaan in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, maar dan voeg hy by: "en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie" - met ander woorde: "maak seker dat julle nie weer diensbaar aan die sonde word nie". In vers 13 sê hy ons is tot vryheid geroep, maar dan voeg hy onmiddellik by: "Gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde". Vryheid is vir Paulus dus geensins 'n vrypas tot wetteloosheid nie. * Het Paulus dan nie in 2 Kor 3:6 geskryf dat die letter van die wet doodmaak nie? Ja, hy het, en die bedoeling is duidelik dat die letter van die wet tot die dood lei omdat almal gesondig het (Rom 3:23) en omdat die loon van die sonde die dood is (Rom 6:23). As 'n mens dus bloot aan die letter van die wet vashou, is dit soos 'n dokument waarin jou doodsvonnis aangekondig word. As 'n mens egter op die Gees vertrou, word jy in staat gestel om volgens die Wet en die Woord en die Wil van Yahweh te lewe. Daarom is dit net die Gees van Yahweh wat 'n mens kan lewend maak. Paulus beskryf hierdie waarheid treffend in Rom 8:4-8: "Die reg van die wet (word) vervul in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees ... want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen Elohim is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van Elohim nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan Elohim nie behaag nie." * Waarom moet ons die wet gehoorsaam as ons nie deur die werke van die wet geregverdig word nie? Omdat die Skrif herhaaldelik beklemtoon dat gehoorsaamheid aan Yahweh 'n keuse is en dat geen mens wat nie bereid is om 'n pad van gehoorsaamheid (aan die Wet en die Woord en die Wil van Yahweh) te loop nie, gered sal word nie. Die wet op sigself, sonder die innerlike werking van die Gees van Yahweh, kan geen mens in die regte verhouding met die Vader bring nie. Iemand wat egter deur die Gees van Yahweh gelei word, begin dadelik met die proses om "die werke van die vlees" in sy lewe dood te maak (Rom 8:13). Daarom sê Heb 5:9 dat die Seun 'n bewerker van ewige saligheid is vir almal wat aan Hom gehoorsaam is. Daarom sê 1 Joh 2:17 slegs hulle wat die wil van die Vader doen sal vir ewig lewe. Daarom sê Openbaring 15:9-12 dis net "hulle wat die gebooie van Elohim en die geloof in Yahshua" bewaar wat nie die beker van Yahweh se toorn sal drink nie.

Matt Heyns

-   Desember 31, 2009 om 12:47

Francois: The Almighty has turned and has given the NGK up to worship the host of heaven which comprises the sun, the moon and the stars. The sun is the most important. He did this to Israel after He brought them out of Egypt the land of sin. The startling truth is that He has done it again. This time to the NGK. The Almighty delivered the NGK up to worship the host of heaven because they would not abide by and remain faithful to the Covenant(Ten Words). The NGK would not abide by the Living Words. These Words were received from the Messender on Mt Sinai through the mediation of Moses. Shalom!

Johan Swarts

-   Januarie 03, 2010 om 16:13

Ek moet bieg, ek is nie meer seker wat die onderwerp onder bespreking is nie...

Hendrik

-   Januarie 17, 2010 om 20:29

Johan skryf: "Daar is 'n naam vir iemand wat iets glo nie omdat hy dit met sy eie rede vir homself uitgeklaar het nie, maar omdat iemand hom so voorsê: dit heet "kind". "
Nee Johan, dit heet "Gelowige Christen" en "Goeie kerk-lidmaat".
Ek sien jy noem apartheid en homoseksualiteit as voorbeelde waar die lidmate die kerk nagevolg het (toe die kerk se standpunt doodeenvoudig immoreel en onregverdigbaar was). Die probleem waarmee jy en ander lidmate sit is dat daardie vreemde konkoksie van mite, onkunde en latere hersiening bekend as die Bybel homself leen tot die regverdiging van alles vanaf rassehaat tot die uitmoor van gays. Ek wonder wanneer gaan denkende lidmate eendag genoeg hieroor nadink en eenvoudig die kerkdeur uitloop en by die res van die beskawing aansluit.

Johan Swarts

-   Januarie 24, 2010 om 00:30

Jy klink omgekrap?

Hendrik

-   Januarie 26, 2010 om 21:26

Nee, verskoning in daai geval, dit is nie wat ek probeer oordra nie. Dalk het die werkdruk ongemerk in die kommentaar ingesluip. Die emosie wat by bogenoemde kommentaar hoort is nader aan teleurstelling en selfs dalk moedeloosheid. Met so 'n klein bietjie hoop.

Marina

-   Februarie 22, 2010 om 20:43

Ek is 'n kind. 'n Kind van die Almagtige God. Daarom dink ek nie my eie antwoorde uit nie, maar glo in die Woord van God. Ek stel nie belang in wat die kerk te sê het nie, as dit nie met God se Woord ooreenstem nie, verwerp ek dit. Mat 7:6 sê duidelik: Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie; hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie; julle sal dit met hulle pote vertrap. 2 Tim 3:16 - Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek. - God is lief vir almal, ons mag mekaar nie veroordeel nie. Ons moet saam met God die sonde veroordeel, nie die sondaar nie. Openbaring 22:19 - en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.

MAGDA KOPP

-   Maart 02, 2010 om 04:28

Johan dit is net die puntjie van die ysberg daar word nou gesoek na maniere om die lidmate terug te lok en hoe doen hulle dit. Luister na oorsese sprekers wat die pad terug na Rome wys, ikone, asemhaling tegnieke uit die Ooste, liaberinte, en alle paaie lei na God of jy n christen, budhis, moslem katoliek is God is in almal. Dit my vriend is die groot afval waarvan die Here gepraat het en het hy gese dit sal in Sy huis begin. Die Bybel word gesien as n boek wat deur mense geskryf is. Baie skrikwekkend.

Johan Swarts

-   Maart 04, 2010 om 14:54

Maar Magda, dit IS 'n boek wat deur mense geskryf is. Skrikwekkend.

Matt Heyns

-   Maart 04, 2010 om 15:56

Die meeste produkte van die engele fabrieke belieg en bedrieg die skoot.Hier volg ‘n samevatting van Spong se laaste twee boeke.Jesus for the Non-Religious en Eternal Life Hy skryf so interessant en op die punt af dat dit ons as soekende post moderne gelowiges kan help. Veral ook om die vals sekuriteit van teïstiese godsdiens met iets sinvol te vervang. Spong is `n gerekende biskop van die Anglikaanse Kerk in die VSA. Baie van sy 22 boeke was blitsverkopers.wat steeds in druk is.Tydens die bekendstelling van sy voorlaaste boek Jesus for the Non-Religious het hy Suid-Afrika besoek. Ons kon na hierdie rustige welsprekende en eerlike man se voordragte luister en persoonlik met hom gesels. Die kêrnboodskap van Spong se boek Jesus for the Non Religious is dat die evangelies nie geskiedkundige rekords van gebeure is nie maar literêre vertolkings gebaseer op die profesieë in die Ou Testament. Spong stroop dan dié letterlike stories en die teologiese konstruksies oor Jesus af sodat hy as die menslike Jesus van Nasaret verskyn. Dan sien ons Hom in `n nuwe helder lig. Eers dan kan ons probeer verstaan waarom Jode geglo het dat God in dié mens gestalte gekry het.In sy laaste boek Eternal Life vertel hy dat hy reeds meer as `n duisend begrafnisse waargeneem het. Dit het hom laat besef dat die dood as `n kragtige en pynlike realiteit feitlik deurlopend oor die lewe hang. In dié boek soek hy antwoorde op die betekenis, doel en onsterflikheid van die mens.Godsdiens word sinloos wanneer die mens ontdek dat tragedie en dood nie straf van God is nie. Godsdiens word belaglik as die wetenskap bewys dat die heelal onafhanklik volgens natuurwette funksioneer. Daar is geen bomenslike God wat ons wêreld regeer en vir wie ons kan vlei en smeek vir beskerming nie. Daar is nie rekord boeke of `n hemelse regter wat oor straf of beloning sal besluit nie. Hemel en hel is menslike skeppings wat nie bestaan nie. Die Christelike kerk beskou God nog steeds as `n bonatuurlike wese wat Jesus afgestuur het om deur sy kruisdood verlossing van sondes en saligmaking aan `n gevalle wêreld te bring. Dié kerk ontneem almal, wat dit nie so insien en aanvaar nie, die reg om Christene genoem te word. Tans is sowel die Katolieke en Protestantse konserwatiewes meer aggressief verdedigend en meer histeries in hul standpunte sonder om rigting te gee waarheen Christenskap op pad is. Omdat Spong egter Jesus as middelpunt van sy geloof sien is en bly ook hy `n Christen. Vir hom is Jesus nie soos wat Christene verkeerdelik aanvaar die einde van geloof nie. Hy is net die deur na die wonder van God. Ons ervaar in hom die volheid van sowel God as menslikheid. Tog is daar by baie mense die bekommernis dat as die kruisiging en die opstanding van Jesus sou weg val die Christendom tot `n einde sal kom. Spong sê dat as die Jesus ervaring daarsonder vertolk en verstaan word sal die Christendom in `n nuwe vorm kan voort bestaan. Gelukkig lyk dit asof die bonatuurlike teïstiese Gods begrip besig is om te swig voor die navorsing en kennis van die afgelope jare. Hy het dit ook be- aam in `n vroeër boek Why Christianity Must Change or Die. Vir ons in Suid Afrika lyk dit nie of dit gou gaan gebeur nie. Die charismatiese kerke groei nog steeds. Sommige het massiewe begrotings. Fundamentalistiese boek verkope neem toe en leke predikers trek groot getalle. Spong ervaar dieselfde in die VSA. Die Evangelists en die Bible Belt gaan onverpoos voort. Dit is een van die redes waarom Spong besluit het om in sy kerk as biskop aan te bly. Hy voel dit is meer doeltreffend om dinge van binne te probeer vernuwe. Daarom dat hy ook tydens sy besoek aan Suid-Afrika deurgaans die pers hemp en agterste voor wit boordjie van sy amp gedra het.Waar dan heen vir standvastigheid. Spong sê ons moet `n vênster soek om diep in onsself te kyk, om ons interafhanklikheid met alle lewe en met die heelal te verstaan. Die begrip van goddelikheid moet binne in ons ontstaan en groei. Om God in jouself te vind is nie `n nuwe konsep nie. Dit word bevestig deur inskrywings op eeu oue grafstene en Mistici se uitsprake soos Dieselfde oog waarmee ek na God kyk is die oog waarmee God na my kyk.Wat van gebed. Spong hou nie van die word nie omdat dit `n versoek tot die teïstiese God bo in die lug voorstel. Tog is daar iets diep binne in elke mens wat jou dryf om kontak te maak met die Bron van Lewe. Alhoewel ons nie beheer het oor dinge in ons lewe nie kan gebed ons bemoedig tot geheel aanvaarding. Vir Spong om nog te kan bid in `n wêreld sonder één persoonlike God moet ons oor begin met `n nuwe beeld van God. God is dikwels nie meer as `n illusie nie. Tog kan `n mens die soetheid daarvan proe as jy met dié Bron van Lewe kontak maak. Gebed is die herkenning dat deur die kern van heiligheid in jou lewe te vind jou hele wese in die teenwoordigheid van God gedy. `n Mens word stil om daarvoor oop te wees en dan te luister sonder om te vra. Wat is die dood vra Spong in die laaste boek Eternal Life. Die dood moet verstaan word as ‘n natuurlike deel van die lewens siklus. Dit is ‘n gegewe en nie ‘n abnormaliteit of `n straf nie. Ook nie ‘n vyand wat oorwin of oorkom moet word nie.Spong het `n nuwe vars visie oor die interafhanklikheid van lewe en die heelal. Ons liggaam bestaan uit dieselfde stof as die stêrre in die heelal. Ons is nie net verwant aan die groot ape nie maar ook aan plante en selfs plankton in die see. `n Gemeenskaplike DNA vloei deur alle lewende dinge. Daarby toon kwantum fiska dat atome wat eers as die kleinste boustene van die heelal gereken is onderverdeel kan word. Hierdie sub atomiese deeltjies wat ook in die buitenste ruimtes van die heelal is straal meetbare energie uit. Die weefstof van die ganse kosmos is dus vol energie.Die menslike brein met twintig biljoen neurone en dertig duisend géne is `n geïntegreerde kommunikasie sentrum. Dit is dáár waar elke mens se vermoë opgesluit is om by sy universele bewussyn uit te kom. Vind ons God dáár waar ons verby die menslike grense van selfbewustheid beweeg en van die algehele kosmiese eenheid bewus word. Beteken dit dat ons bewussyn dalk ook deel in God se bewussyn. So sien `n mens God radikaal anders en ervaar jy jou lewe as sowel grênsloos as tydloos. Dan kan jy jou oorlewingsmentaliteit ontsnap. Dan sal elke dag deel van die ewigheid word. Alhoewel ons fisiek sal vergaan is dit nie die einde van lewe nie. Spong sê dat dit juis die alom teenwoordigheid van die dood is wat sy lewe kosbaar maak omdat dit hom tot `n voller lewe aanspoor. Uiteindelik is dit in die dood dat ons leef. Volgens Spong som Johannes se evangelie Jesus se doel op in sy oproep Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê en dit in oorvloed. Daarvolgens het Jesus die gawe om mense van hul heelheid bewus te maak. Hoe dieper en voller jy kan wees wat jy is hoe meer word God sigbaar. Die mens ervaar God dan as uitgebreide omvattende bewussyn. Dan sal hulle die eenheid met die heelal ervaar. They will know the oneness that is present in the whole universe.Sal ek my geliefdes herken na die dood. Spong sê dat ons as mense gevorm is deur hulle wat ons lief gehad het. Daardeur het ons so `n integrale deel van hul lewens geword en hulle van ons s`n dat ons nie van mekaar geskei kan word nie. Wanneer ons dan deel word van die ewigheid van God deel hulle dit saam met ons. God within me, God without,How shall I ever be in doubt?There is no place where I may goAnd not there see God`s face, not knowI am God`s vision and God`s earsSo through the harvest of my yearsI am the Sower and the SownGod`s self unfolding and God`s own”.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...