Johan Swarts

Dis ons eie lamsakkigheid

2009-11-12 08:40

Die verbete gegillery oor Afrikaans as voertaal by die Universiteit van Stellenbosch is eintlik so onnodig.

Die gille se motiverings val skynbaar in twee kategorieë. Die een is die bekommernis dat Afrikaans as wetenskapstaal ernstig skade kan lei en selfs tot niet kan gaan indien klasse verengels. Die ander behels 'n meer omvattende bekommernis – die vrees dat die afskaf van Afrikaans op tersiêre vlak die taal (en die kulturele erfgoed wat daarmee saamgaan) in die kiem gaan smoor.

Eersgenoemde saak het meriete. Dit is natuurlik onseker hoe ‘n Afrikaanse wetenskapsregister die oorgrote meerderheid van Afrikaanssprekendes ooit gaan raak (dit is nie asof Kurt Darren die deugde van polietileen en termiese uitsettingskoëffisiënte in sy volgende supertreffer gaan besing nie, is dit?), maar dit is beslis 'n geldige standpunt. Taalvorme wat nie gebruik word nie, sterf uit.

Die tweede motivering – die bekommernis dat die verengelsing van Suid-Afrikaanse universiteite uiteindelik die dood van Afrikaans gaan beteken – is egter besig om ‘n verleentheid te raak.

Ons lewe in 'n tyd waar publikasie nie meer die uitsluitlike terrein van mediamaatskappye is nie. Kapitaal, ingewikkelde logistieke vermoëns en rolperse is nie meer nodig om idees aan die massas te kommunikeer nie. Vir ‘n fraksie van die voorafgenoemde koste kan enigiemand met die regte toerusting (en kom ons wees nou maar eerlik – as jy hierdie woorde lees, is jy so ‘n iemand) enigiets in Afrikaans publiseer. Ons kan blog, potgooie opneem, Wikis met kennis vul en videos via die internet aan almal wat wil lees, sien of hoor lewer.

Afrikaners beskik vandag oor die vermoë om hul geliefde taal soos ‘n virus te laat versprei. Wat doen ons met hierdie vermoë?

Nie veel nie, eintlik. Ons wys nog vingers na ‘n rektor hier en ‘n konvokasie daar. Ons skryf woedende woorde vir dagblaaie se briewekolomme wat oor en oor deur dieselfde handjievol deelnemers se diskoerse in beslag geneem word. Ons kla. Hard. Soos omies met bierpense voor televisies wat bevele op die wêreld se fiksste atlete skreeu, sanik ons oor die agteruitgaan van Afrikaans by die oorblywende “Afrikaanse universiteite” asof dit al is wat ons daaraan kan doen.

As Afrikaans uitsterf, sê ons vir onsself, sal dit immers nie ons skuld wees nie. Dit sal húlle skuld wees – daai hensoppers, daai volksverraaiers, daai ANC-gesinde jingos by Stellenbosch. Ons koop mos darem so hier en daar ‘n versameling supertreffers. Ons doen ons nietige deel (deur te kla) en maak dan staat op die armsalige proffies en kultuurleiers om die linguistiese koeksister om ons onthalwe te kou. Ons is so líéf vir Afrikaans.

Maar ons blog nie. Ons dra nie by tot die Afrikaanse afdeling op Wikipedia nie. Ons vervaardig nie video's oor die brandpunte wat Suid-Afrikaners vandag raak nie. Kortom: ons bevolk nie die grootste inligtingsnetwerk wat hierdie planet in 4.5 biljoen jaar gesien het met die Nederfrankiese basterwonder wat oor 300 jaar aan die Suidpunt van Afrika wortelgeskiet het nie. Straks is dit te veel moeite.

Liefde gaan tog oor in dade, nie waar nie?

Dit is nie verengelsing wat Afrikaans bedreig nie. Dit is ons eie lamsakkigheid.

(Ek hou van omies met bierpense, so van die os op die jas. Hulle r0x.)

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Nog 'n Johan

-   November 12, 2009 om 09:31

Vars, Johan, dankie. Terloops, ek vermoed jy gaan daai omies eerder op die (Engelse) rugbyrubrieke vind. Dis net te veel moeite om jou (insiggewende, perspektiefveranderende?) bydrae (in Afrikaans) te lees. Doen so voort!

PienkZuit

-   November 12, 2009 om 10:33

Afrikaners hou van slaptivisme. Ons sal kla, en by faceboek groepe aansluit, en verskriklike stories kopkinikkend langs die braaibvleisvuur vertel. Maar niemand sal iets doen wat 'n verskil maak nie. Slaptivisme - skynbare aktivisme wat geen verskil maak nie, net jouself laat voel jy maak 'n verskil.

Stephan Marais

-   November 12, 2009 om 10:35

Uitstekend gestel Swarts! Soos altyd!

demoerin

-   November 12, 2009 om 12:58

Goed gestel, soos altyd. 'n Voertaal by 'n universiteit gaan nie die daaglikse gebruik, of nie, van 'n taal beinvloed nie. Ek kan jou wed die meeste van hierdie klaers doen elk geval al hulle werk en daaglikse besigheid in Engels, en dit het nog nie Afrikaans laat uitsterf nie. Waaroor is die bohaai?

Piet le Rou

-   November 12, 2009 om 20:18

Hmm, Johan. Ek wou nou nogal in diepte kommentaar lewer, maar jou inleidende sin maak dit moeilik. Dis bietjie soos: "Slaan jy nog jou vrou?" Eerstens gaan ek my per definisie op die gil-terrein beweeg (nogal verbete, seker) en tweedens 'n onnodigheid voortsit. My kommentaar sou byvoorbeeld oor die geloofwaardigheid van die US kon gaan - hoedat daar een ding gesê word oor onderrig en iets anders gebeur. Beswaar aanteken is iets anders as kla. In jou rubriek lyk dit of jy dit gelykstel.

Spear

-   November 13, 2009 om 07:45

Goeie artikel totdat jy lees van 'n aarde wat 4.5biljoen jaar oud is...check jou bronne vir wetenskaplike korrektheid. My volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis - tragies.

Johan Swarts

-   November 13, 2009 om 10:11

@et al - dankie vir die positiewe sentiment.@Piet - Ek het nie 'n probleem met Afrikaans by die US nie. Ek is ten gunste van moedertaalonderrig en ek dink dit sal 'n groot fout wees om Afrikaans daar te verwyder. Nie net op grond van dikaktiese redes, trouens ook op grond van 'n histories-kulturele perspektief. Die punt wat ek met hierdie rubriek wil maak, hoort eerder tot 'n ander diskoers.Stellenbosch het 'n soort kulturele <em>real estate</em> geword. Dis erfgoed waaroor almal (van Luthili-Huis tot Dan Roodt) baklei - elkeen het sy eie agenda, sy eie vooropgestelde idees, sy eie opinies. Opperman se gedig EDMS Bpk (onthou ek die titel reg?) verwoord dit so goed: elkeen wil sy kleim inslaan, sy kampie omspan, die mag hê om te besit wat die <em>real estate</em> vir hom verteenwoordig. Dan seg ons: dit is myne.Op die ou end van die dag sit ons met 'n klomp belangegroepe wat meeding asof om 'n skaars hulpbron. Wat ek met hierdie rubriek wil sê, is dat ons ons oë moet oopmaak en besef dat ons nie noodwendig om 'n ou simbool, 'n ou stuk kulturele <em>real estate</em> hoef mee te ding nie: ons kan nuwe simbole skep. Nuwe kleims inslaan. Nuwe kampies span. Ons het nuwe gereedskap gekry by die draai van die eeu om dit mee te doen. Ek lewer hiermee 'n pleidooi dat ons dit nie sal laat roes nie.Inderdaad kan ons ook veg om die ou kampies te bewaar - daarmee het ek self ook nie 'n probleem nie. Dis egter nie binne die strekking van hierdie rubriek nie.Met beswaar aanteken is daar niks fout nie. Ek doen dit dan self in my betoog. Jy weet wat hulle sê van 'n skoen wat pas ;)@Spear - Ek is nie seker wat jy bedoel nie...kan jy dalk aandui hoe ek die ouderdom van die aarde verkeerd beskryf het?

Johan Swarts

-   November 13, 2009 om 10:29

Van die os op die jas - 'n Matie het vandag 'n Twitter-rekening genaamd @woordeskat oopgemaak om Afrikaanse idiome en ou uitdrukkings te verklaar. Volg volg volg! (by http://www.twitter.com/woordeskat)

Renier

-   November 13, 2009 om 16:13

Stem. Daar is regtig baie geleenthede vir Afrikaners om hul taal te gebruik. Vir akademici om werk te publiseer in Afrikaans op die net. Lyk my daar word net geAfrikaans wanneer daar rede is om te kla.

Piet le Roux

-   November 14, 2009 om 15:04

@Johan - Hmm, goed, ek sukkel om uit jou rubriek af te lei waarna jy verwys met die "gegillery." Bv., as jy aan die een kant die gegillery as onnodig sien, watter kommentaar, wat dus nie gille is nie, wel nuttig is.

Johan Swarts

-   November 16, 2009 om 13:50

Die term in die eerste paragraaf bestaan uit 'n hiperskakel na een van Max du Preez se rubrieke. Ek vertrou jy het dit reeds onder oë gehad?

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...