Johan Swarts

Die woordeboek sê so!

2010-02-01 07:41

Mense se liefde vir Afrikaans (of enige ander taal) is prysenswaardig en moet gekoester word. Gepaard met onkunde oor hoe tale inmekaarsteek, kan hierdie liefde egter tot amusante situasies lei. Die aanhaal van woordeboeke om 'n taalkundige argument te wen, is een so 'n aardigheid.

'n Gesprek tussen twee teatergangers wat ek onlangs aangehoor het, het so verloop:

Jopie*: “Sjoe, maar dit was 'n cool movie!”
Santie*: “Sjoe, maar jy meng darem jou tale!”
Jopie: “Is nie, nie heeltemal nie. Het jy geweet ‘cool’ is 'n Afrikaanse woord?”
Santie: “Is nie, klipkop. Dis Engels.”
Jopie: “Nee, regtig! Dis Afrikaans. Dit staan in die woordeboek en als!”

Hierna het hulle buite sig verdwyn. Ek kan egter in my geestesoog sien hoe Jopie en Santie huiswaarts keer, hul getroue woordeboek van die rak afhaal en by die letter “C” oopslaan; hoe hul oë afwagtend oor die lemmas dartel – Jopie s'n omdat hy weet hy is reg, Santie omdat sy hoop hy is verkeerd. En hoe Jopie dit skielik raaksien en triomfantelik vir Santie uitwys.

“So waar as wragtig”, sal Santie verbaas murmureer: “cool is in die woordeboek!”. Jopie sal sy ken selfvoldaan lig. Altwee sal, heeltemal oortuig van die oppergesag van die magtige woordeboek, tevrede wees dat “cool” 'n volbloed Afrikaanse woord is, omdat dit in 'n gesaghebbende Afrikaanse publikasie verskyn.

Dit sal 'n ironiese oomblik wees, want hoewel hulle reg sal wees oor die insluiting van die woord “cool” in die Afrikaanse leksikon, sal hulle nie besef dat die rede hiervoor baie meer met hulself as met die woordeboek uit te waai het nie.
 
Taal, soos lewende organismes, evolueer. Die Afrikaans van vandag verskil van die Afrikaans van die 1960’s, wat om die beurt verskil van die Afrikaans wat in die laat 1800’s deur die inwoners van die boererepublieke gepraat is. Die taal se sintaksis (die volgorde van verskillende woorddele) het hoofsaaklik dieselfde gebly, maar in baie gevalle het die woordeskat en spelwyses van gebruikers drasties verander.

Só sal min mense vandag 'n sin soos Pannevis se bekende: “'n ider nasi het syn TAAL” uiter, omdat die besitlike voornaamwoord “syn” stelselmatig in die spreektaal na “sy” verander het en (hoewel ieder nog in gebruik is) mense vandag eerder sou sê (of skryf): “Elke nasie het sy taal”. Daar is niks inherent beter of slegter aan een van hierdie vorme nie – hulle verskil bloot van mekaar. Dit is natuurlik nie 'n slegte ding nie. Vir 'n taal om nuwe woorde by te kry, oues in onbruik te laat verval en bestaandes op nuwe maniere te gebruik, is doodnormaal.

Woordeboeke weerspieël hierdie veranderinge. As 'n taal verander het, bied leksikograwe (die samestellers van woordeboeke) nie weerstand daarteen nie, maar pas hulle eerder hulle publikasies aan. Daar is nie elke paar jaar 'n geheime vergadering waartydens 'n handjievol professors besluit om nuwe Afrikaanse woorde te skep en aan die gepeupel oor te dra nie. Inteendeel – nuutskeppinge ontstaan in die volksmond.
 
Om hierdie rede is “cool” in hedendaagse Afrikaanse woordeboeke te vinde, maar nie in die 1979-uitgawe van die HAT nie: die woord is reeds in so 'n mate gebruik dat daar vandag redelikerwys gesê kan word dat dit deel is van die Afrikaanse woordeskat. Die taal het verander, die leksikograwe het dit in hul data opgelet en woordeboeke is dienooreenkomstig aangepas.

Woordeboeke is nie magiese gesagsbronne nie, maar spieëls wat die huidige toestand van 'n taal reflekteer. Dit skryf nie soveel voor as wat dit beskryf nie. “Die woordeboek sê so!” is eintlik maar net 'n ander manier om te sê: “Ek sê so!”.

*Skuilnaam

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 >

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

demoerin

-   Februarie 02, 2010 om 14:24

Ware woorde wat jy daar sê. Die rede vir die woord in die woordeboek is juis na aanleiding van gebruik.... ek verneem "siek" is die nuwe "cool". Ek dink ek word oud.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Corporate PA to CEO & Financial

Western Cape
Personastaff
R15,000-18,000 Per Month

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...