Johan Swarts

Die waan van 'n e-posveldtog

2010-03-11 07:53

Verbeel jou jy besit ‘n fabriek. (Niks uitspattig nie – sommer een wat  mieliemeel of rubber-eendjies vervaardig.)

As groot kokkedoor van ‘n industriële panasee is jy aan die stuur van ‘n legioen getroue fabriekswerkers wat verseker dat elke afdeling van jou geldmeul soos ‘n goed geoliede masjien funksioneer. Julle lewer klokslag elke dag ‘n rekord aantal mieliemeel (of eendjies) wat teen rekordpryse verkoop.

Sal daar ooit ‘n dag aanbreek dat jy aandring om elkeen van jou fabriekswerkers se dagtake namens hulle te verrig? Sal jy die meule wat die mieliemeel maal angsvallig vir krake inspekteer? Sal jy die vloere soggens self skoonskrop? Sal jy die mielies een vir een van die vragmotors aflaai en op jou skouers in die snikhete son na die fabriek dra? As ‘n vervoerband breek, sal jy die instandhoudingspan opsy stoot, jou gereedskapskis uitruk en dit vlytig begin regmaak?

Of: verbeel jou jy rig die nasionale rugbyspan af. Sal jy na afloop van elke aanslaan of hoogvat in ‘n wedstryd daarop aandring om in die aanslaner of hoogvatter se plek te speel, sodat jy dit foutloos kan doen? Sal jy elke verspilde poging om ‘n drie te vervyf as ‘n geleentheid sien om die res van die wedstryd se skopwerk self af te handel? Sal jy self die sand gaan haal om die bal op neer te sit? Sal jy altemit voor elke wedstryd die veld se gras sny? Die lyne kalk? Die spreiligte aansit? Die spelers se klere vir hulle was en hul waterbottels volmaak?

Of sê nou jy’s die gerespekteerde dirigent van ‘n simfonieorkes – sal jy elke orkeslid se instrument noukeurig op eie houtjie stem? Sal jy die houtblaasseksie se lopies vir hulle tydens uitvoerings speel? Sal jy die koperblasers se spoegkleppe vir hulle na elke beweging leegblaas? Sal jy daarop aandring om elke stryker se stok voor en na vertonings self met harpuis te bestryk? Sal jy stoele en musiekstaanders verhoog toe aandra, seker maak elke musikant se strikdas sit reg, hul hemde stryk en hul hare kam? Na afloop van elke concerto, sal jy na elke gehoorlid gaan en hul hande self herhaaldelik teen mekaar voeter?

Behalwe as jy aan ‘n oneweredige grootheidswaan ly - behalwe as jy so ydel is om te dink dat jou hipotetiese fabriek, rugbyspan of orkes se afsonderlike komponente, instrumente en rolspelers nie sonder jou insette op alle vlakke kan funksioneer nie, is jou antwoord op al hierdie vrae waarskynlik: “nee”.

Geen mens kan dit doen nie.

Hoekom, dan, is mense onder die indruk dat hulle die groei, vertakking en ontwikkeling van ‘n taal soos Afrikaans tot in die fynste besonderhede kan beheer? Hoekom reken hulle dat die taal se voortbestaan afhanklik is van die taalbeleid van ‘n Bolandse universiteit? En hoekom op aarde het ek die afgelope twee weke talle e-posse van bekommerde Maties ontvang wat my aanraai om tog net vir die regte, Afrikaansgesinde kandidate in die US-raadsverkiesing te stem?

Kan ‘n mens werklik so naïef wees om te dink dat die doen en late van ‘n paar honderd akademici binne ‘n paar dosyn geboue die lot van ‘n immergroeiende taal - wat letterlik in die uithoeke van die aarde gepraat word - kan bepaal?

‘n Universiteit hou sigself immers besig met wetenskap – ‘n dissipline wat die werklikheid beskryf en uitpluis, nie voorskryf en fabriseer nie. Taalwetenskaplikes “bou” nie ‘n taal nie – hulle omskryf en sistematiseer dit wat in die volksmond waargeneem kan word. Afrikaans (soos enige ander lewende taal) is nie staties nie, maar deurgaans besig om te ontwikkel en te vertak. Hierdie ontwikkeling vind daagliks in en op honderdeduisende huise, strate, kantore, kerke, supermarkte, restaurante, skole, kampusse en verskeie ander terreine plaas. Soos die samelewing verander, so groei en verander Afrikaans.

Soos ‘n fabriek is ons daagliks besig om Afrikaans uit te karring, met ons ervarings en omstandighede as roumateriaal. Soos ‘n kolossale rugbyspan is ons besig om aan verskillende taalspele in derduisende kontekste deel te neem en konstant nuwe betekenis daarmee te skep. Soos ‘n simfonieorkes is ons besig om saam – elkeen op ons eie, idiosinkratiese manier – deel te neem aan iets beeldskoon wat menslike emosies tot in die fynste besonderhede kan verwoord.

As dit dan absurd is om vingeralleen elke detail van "geslote" sisteme soos fabrieke, simfonie-uitvoerings en rugbywedstryde te wil beheer, hoeveel te meer is dit nie onmoontlik om die ontwikkeling van ‘n "oop" sisteem – soos ‘n taal – onder jou vingerpunte te probeer hou nie? Hoe waanwys, hoe arrogant, hoe naïef moet ‘n mens nie wees nie om te dink jy selfs ‘n jota hiervan kontroleer en in ‘n bepaalde rigting stuur nie?
 
Met ‘n e-posveldtog?

You have got to be kidding me.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Albertina Smit

-   Maart 11, 2010 om 08:59

So waar!

demoerin

-   Maart 11, 2010 om 09:11

Yip. Afrikaans word gekou en gevorm soos jy dit stel, in die volksmond.

HaaiStorm

-   Maart 11, 2010 om 09:46

Nes jy daar sê, Johan!Oompie Giliomee en sy groepie boere-mafia moet ophou alles wil beheer en besef dat 'n taal sy natuurlike gang moet gaan. Hierdie alewig gekopstampery en gal-brakery maak 'n mens net keelvol.Afrikaans sal oorleef en voortleef. Dalk nie in die manier waarop die grysaards wil hê nie, maar nou ja.Al wat hierdie ou, neurotiese, paranoiese mense doen is om 'n verleentheid vir Afrikaans - en die volgende geslagte Afrikaanssprekendes - te skep.

Hermann

-   Maart 11, 2010 om 10:48

Johan, Ek en jy verskil miskien oor Godsdiens en wetenskap maar oor die taal is ons op die selfde golflengte. Baie goed raak gevat. Mooi so!

Philip

-   Maart 11, 2010 om 12:46

Mmmm. Ek is nie so seker hiervan nie. Ek verstaan wat jy sê Johan; taal is immers dinamies en kan weliswaar nie deur 'n bepaalde instansie soos 'n universiteit "bewaar" word nie. Maar vir 'n baie jong taal soos Afrikaans wat binne die bestek van 100 jaar homself tot akademiese en wetenskapstaal verhef het is dit geen geringe prestasie nie! Nou goed, dié prestasie is weliswaar te danke (mag ek dit hardop sê) aan nasionalisme en ons politieke verlede. Maar dit is ook ’n bewys hoe die politiek van die dag, akademiese instansies en dies meer 'n wesenlike invloed op die ontwikkeling/stagnering van 'n taal het.
Vir elke Afrikaanssprekende behoort dit 'n voorreg te wees om by 'n akademiese instelling in jou taal te kan studeer. In geen ander inheemse taal kan jy dit doen nie. Ongelukkig sien baie mense dit nie so nie. Die argumente wat 'n mens heeltyd hoor is "hoe gaan Afrikaans jou in die (internasionale) arbeidsmag help". Wel ek het nog nie iemand teëgekom wat in Afrikaans aan 'n Afrikaanse universiteit studeer het wat nie Engels magtig is nie. Ek ontken nie die belangrikheid en waarde van Engels nie. Dit sal 'n baie dom ding wees om te doen. Maar om jou eie taal te versaak ter wille van Engels is net so dom!
As ons toelaat dat Engels alle akademiese instellings in ons land oorneem ontsê ons nie net ’n groot deel van die bevolking (Afrikaans is naas Zulu en Xhosa die taal met die meeste sprekers in ons land) die reg om in hul taal te studeer nie, maar ons ontneem ook die dinamika van die taal om homself verder op die gebied uit te brei. Die gevolg hiervan is dat Afrikaans weer vervlak tot ’n kombuistaal wat net onderling tussen vriende en familie gepraat word, terwyl die taal tot soveel meer in staat is! Is dit rêrig wat ons wil hê?

Johan Swarts

-   Maart 11, 2010 om 14:07

@Phillip - Nee, dit is inderdaad nie wat enigiemand wil hê nie. Ek inkluis. Dis ook nie wat ek hiermee met hierdie rubriek probeer sê nie ;)

PMV

-   Maart 11, 2010 om 15:19

As dirigent kan jy wel verhoed dat 'n paar mense met 'n elektriese kitaar lostrek in jou klavier konsert. Ek hou van klavier musiek so gun my die kans om dit te kan studeer nie net te speel nie.

Piet le Roux

-   Maart 11, 2010 om 15:26

Johan, ek verskil van die man hierbo wat van jou verskil oor godsdiens en wetenskap - dis daar waar ek sterk aanklank by jou vind. Juweel van 'n reël: "Die probleem met President Zuma se seksuele avonture is nie die seks nie" - sien gormendizer.co.za

Wat betref die saak oor die Afrikaans weet ek nie altyd of ons met dieselfde onderwerp besig is nie - dit voel my jy fokus op die deel wat jy beskou 'n oorlewingstryd vir Afrikaans is. Jy wonder oor die naïewiteit van mense wat dink hulle kan die taal in 'n bepaalde rigting stuur deur in die raadsverkiesing sekere kandidate ingestem te kry.

Hoe dink jy oor die e-posveldtogte as die doel daarvan so geformuleer word: 'om die US in 'n bepaalde rigting te stuur'? Dink jy dit is 'n legitieme poging en nie ydel nie, of wél?

Philip

-   Maart 11, 2010 om 15:43

Ek moet egter toegee Johan, 'n e-posveldtog is allermins die manier om die saak te hanteer!

Johan Swarts

-   Maart 11, 2010 om 15:59

@PMV - Ek is nie seker waarna jy met jou analogie verwys nie?@Piet le Roux - Ek dink dis beslis 'n legitieme poging. Waaroor ek wel wonder, is hoekom dit nodig geag word om die US inderdaad in 'n betrokke rigting te stuur?

Joh

-   Maart 11, 2010 om 17:13

Johan, die omgekeerde moet ook gevra word: het jy al ooit 'n besigheid sonner 'n HUB gesien, of 'n simfonieorkes sonner 'n dirigent, of 'n rugbyspan sonner 'n afrigter? En is daardie funksies nie juis nodig om genoemde instellings wel in 'n sekere rigting te stuur nie?

Johan Swarts

-   Maart 12, 2010 om 09:42

@Joh - Natuurlik is dit nodig. (Ek hoop nie dit blyk uit hierdie rubriek dat ek teen leiding gekant is nie?)

@Johan

-   Maart 12, 2010 om 12:09

Johan

Uit die rubriek blyk dit nie dat jy wonder waarom dit nodig is om die US in 'n rigting te stuur nie. My antwoord op jou opmerking hierbo: dis nie asof dit NODIG is om die US in 'n rigting te stuur nie - dit is noodwendig.

Dit is die aard van 'n verkiesingsproses en die beheerstelsel waarvan die US gebruikmaak - mense met 'n belang daarby het 'n stem om vir mense te stem wat hulle dink op twee terreine die regte eienskappe het: bekwaamheid en rigting.

As ek dit reg verstaan het jy ook gestem. Jou stem het die US in 'n rigting gestuur.

Verstaan ek jou opmerkings reg?

Piet le Roux

-   Maart 12, 2010 om 12:10

Die persoon wat @Johan as naam hierbo geskryf het is ek.

Johan Swarts

-   Maart 12, 2010 om 13:25

@Piet le Roux - Nee. Dalk moet ek myself herfraseer. Hoekom is dit nodig om die US in die bepaalde rigting te stuur wat die e-pos voorstel?

Piet le Roux

-   Maart 12, 2010 om 15:04

@Johan
Daar is meerdere e-pos versprei. Afhangend van waarna jy verwys, is die e-posse se motiverings verskillend.

Maar dit lyk my nou jy beskou die e-posse tog as legitieme pogings om die US te stuur en nie waanwys nie?

Johan Swarts

-   Maart 12, 2010 om 19:41

@Piet - Ek verwys na die een waarna ek in hierdie rubriek 'n skakel het (wat Kadalie omgekrap het). As ek skryf dis legitiem, bedoel ek twee dinge:1. Dis waarskynlik regtig Giliomee et al wat dit gestuur het2. Hulle het waarskynlik opregte bedoelinge met hul e-posDit was egter, myns insiens, 'n futiele poging.Die waanwysheid verwys na die algemene indruk wat ek kry (van talle mense - onder andere diegene wat die e-pos aan my geforward het) dat die verkiesing van lede wat die US Afrikaans gaan hou, op een of ander wyse tussen die taal en algehele uitwissing (of dan: verplatvloersing) staan.

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...