Johan Swarts

Die skoen pas al te goed

2009-12-03 08:47

Onlangs help ek my meisie by haar studentehuis op Stellenbosch uittrek. Die spiertier wat ek is, word ek toe die taak opgelê om sakke en bokse vol meisiesgoed na 'n boordensvol blou karretjie te dra. Uit die aard van die saak was baie van die bokse se inhoud aan my bekend, maar veral twee pakkies het my oog getrek.

Dit was vol skoene. Twee sakke tjok en blok volgeprop met elke soort skoen op aarde. Hoë hakskoene, sandale, stewels, plakkies, tekkies, skoene met ronde punte, skoene met skerp punte, skoene met oop punte, vaal skoene, swart skoene, rooi skoene, bont skoene.

Daar was baie skoene. Baie. Selfs van daardie onooglike broodmandjies met die krokodilhandelsmerk wat elke tweede Afrikaner teen alle goeie verstand in 2007 oor hul voete laat glip het. (In haar verdediging – dit was vroue-Crocs. Dis darem 'n rapsie meer vleiend as die mansweergawe. Net-net.)

Nou kyk, ek is nie 'n chauvinis nie. Meestal nie. Ek het feminisme op universiteit bestudeer en beskou myself as 'n liberale feminis. (Meestal.) Ek dink De Beauviour se The Second Sex moet op skool saam met 'n goeie dosis Wittgeinstein en Nietzche vir kinders aangebied word. Ek reken geslagrolle – veral in huwelike – is te dikwels onsin (as jy 'n rol moet speel in die intiemste verhouding wat jy waarskynlik ooit in jou lewe gaan hê, wie op aarde is julle werklik? Is dit nie belangriker om jouself te wees nie?).

Ek is nie juis een om my meisie te stereotipeer nie. Maar die skoene was baie. Regtig baie. En net daar, sonder dat ek dit kan help, vlieg al my liberale oortuigings deur die dak.

Sy’t so baie, dag ek by myself – en dan wil sy wragtig nóg hê! En hier’s net so baie klere in haar kas wat gelaai moet word – en sy sê elke keer as daar 'n funksie is sy’t nie genoeg daarvan nie. Dan wil sy nog gaan koop. Nooit genoeg nie. Spandeer net geld. Tipies vroumens!

Toe ek later die aand wegry om self te gaan inpak, nog half brommend oor die onnodige aantal bagasie, tref dit my skielik: ek is net so. Ek wil ook nog en nog en nog hê. Ek kry ook nie genoeg nie. Ek gee ook net geld uit. Net, nie met skoene nie.

Ek doen dit met sagteware.

Sedert verlede week het ek ten minste 5 nuwe programme afgelaai om mee rond te speel: Switcher 2.0 (sodat ek OSX se Exposé op Windows kan naboots), Celtx (sodat  ek draaiboeke kan skryf), Advanced LANPump (sodat ek leggers gemaklik kan rondskuif), FileZilla (sodat ek leggers gemaklik oor die internet kan rondskuif), Notepad++ (dis net awesome) en 'n rits ander. Ek het onlangs Windows 7 gekoop – wat, terloops, briljant is – en my skootrekenaar opnuut  vol sagteware geprop wat my dagtakies vergemaklik.

Van hulle moés ek natuurlik aflaai, want ek het my skootrekenaar se hardeskyf geformatteer. 'n Skoon installasie van enige bedryfstelsel is immers altyd beter. Ek het egter nie alles nodig gehad nie. Switcher 2.0, byvoorbeeld, is 'n oulike idee, maar Microsoft se Windows bedryfstelsels het my sedert Windows 3.1 gekondisioneer om programme te wissel met ALT+TAB en verskeie ander shortcuts. Switcher se funksionaliteit, hoewel handig, ontglip my dus, want ek is eenvoudig nie gewoond daaraan om dit te gebruik nie. So nou sit dit net daar op my hardeskyf (ek het intussen afgevee) en doen niks.

Maar ek kan nie genoeg daarvan kry nie - en wanneer ek weer 'n aftydjie het en lusteloos deur die kuberruim swerf, gáán nog 'n program my oog vang en ek gáán dit aflaai en dit gáán bes moontlik iets wees wat ek nooit weer gaan gebruik nie.

Net soos al die skoene.

Skoene kos veel meer as baie van die gratis sagteware wat ek so dikwels aas (sagteware is egter nie heeltemal gratis nie – dit kos bandwydte, tyd en elektrisiteit). 'n Mens sou seker ook kon argumenteer dat die monetêre waarde van 'n skoene dit 'n soort statussimbool maak wat opgegaar word juis omdat dit duur is en sodoende die eienaar daarvan 'n hoër posisie in 'n sosiale rangorde gee.

Dit verander niks daaraan dat ons dit nie werklik nodig het nie.

Die stereotipe dat vroue oppervlakkig en materialisties is – dat hulle net op die uiterlike fokus – het 'n waarheid beet, maar dit is nie waar van vroue omdat hulle vroulik is nie. Dit is waar omdat hulle mense is. Almal is op die een of ander manier so, of hulle nou skoene of sagteware assimileer. Mans ook.

So nou’s ek weer 'n propperse feminis. Meestal. En ek het nuwe respek vir vroue wat skoene opgaar en nog en nog en nog wil hê.

Dit herinner my: ek kort swart skoene...

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Marianne

-   Desember 03, 2009 om 10:04

Ek het die stukkie geniet, en jy spreek soveel waar woorde ... net nooit so daaraan gedink nie. Dankie!!

Lize

-   Desember 03, 2009 om 12:24

Hmmm...ek dink dis absolute geldmors en sinneloos vir meisies om so baie skoene te hê. Maar dalk is dit omdat ek 'n compulsive spaarder is en nie like om baie geld op silly goed soos skoene uit te gee nie. Om so baie skoene te moet hê is 'n tipiese meisie-mentaliteit. Ek verstaan dit nie, en sal dit ook nooit verstaan nie...Ek het net 2 paar skoene. En ek is trots daarop!

Kobus

-   Desember 03, 2009 om 13:09

So het ons elkeen maar ons "sagte-plekkies"Lize - jy is spesiaal :)

ShawnT

-   Desember 03, 2009 om 14:38

My vrou het die hansak ding beet...Maat ek verstaan nie waaroor dit gaan nie..eenvoudig soos dit..kwansuis moet dit pas met iets..Maar nou ja..ons kan ook nie sonder die skepsels.....

demoerin

-   Desember 03, 2009 om 15:30

So het elkeen seker maar hulle ou sagte plekkie Johan, waarop daar 'n bietjie ekstra spandeer word... myne kan ek sê is definitief boeke, cd's en dvd's - Ek het nie nodig om dit alles te besit nie, maar ek moet. Wonder waar kom hierdie "ek wil meer hê" ding vandaan?

Girl van die Suburbs

-   Desember 04, 2009 om 09:54

Stilletos Johan? daai swartes wat jou oog so vang?

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Line Manager: Mining

Gauteng - JHB North/Sandton
Master Career Consulting

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...