Quintin Diederichs

Nuus24-gebruiker

'n Nuwe Groot Trek

deur Quintin Diederichs
2010-02-03 07:30

Nadat talle van ons vriende en familielede deur misdaad getref was het my vrou en ek begin oorweeg om vir veiligheidsdoeleindes te emigreer. 'n Goeie vriend het egter aanbeveel dat ons eers 'n besoek in Orania moet aflê voor ons 'n finale besluit neem.

Op 'n warm somersdag ry hierdie jong paartjie van Pretoria-Oos toe in Orania in, min wetend wat om te verwag. Die eerste ding wat die oog gevang het was hoe skoon die dorp is. Vriendelike mense wat ons van geen kant af ken nie waai en groet ons in Afrikaans terwyl hulle in hul tuine werk. Vrolike kaalvoet kinders op fietse laat my na my eie kommerlose kinderdae terugverlang. Ons ry verby die silwerskoon munisipale swembad en sien jong gesinne wat in die water baljaar. Vreemd, daar is geen sekuriteitswagte en -kameras nie...

Ons let op dat 'n paar van die voorafvervaardigde huise 'n oogseer is maar nietemin sien mens dat inwoners besig is om dié ou huise te restoureer of geheel en al plat te slaan om nuwe huise te bou. Van elektriese heinings en lemmetjiesdraad voor mense se wonings is daar trouens geen sprake nie.

In die supermark sien ons 'n bruin man besig om sy inkopies te doen, wat vreemd was aangesien ons a.g.v. die media onder die indruk was dat net blankes toegelaat word in Orania. Later verneem ons dat mense van ander kulture, wat in hierdie yl bevolkte deel van suidelike Afrika woon, welkom is om Orania te besoek indien hulle wil – selfs Julius Malema kan hiervan getuig. Daarmee die rassistiese brandmerk wat liberaliste op Orania probeer forseer by die venster uit.

Ons loer toe in by die vakansieoord wat op die oewer van die Oranjerivier geleë is. 'n Pragtige spa, restourant en hotel strek voor ons uit met 'n indrukwekkende uitsig oor die rivier en omliggende Karoolandskap. Alles in hierdie deel van Orania word met hout gebou, wat my herinner het aan die dag toe ons oor die Tiroolseberge in Oostenryk ingery het. Alles in Orania is op sy plek, selfs die vullis word geskei in asblikke wat duidelik gemerk word met herwinbare- en nie-herwinbare plakkers. Dit het my laat dink aan Sarlat, 'n dorpie in Frankryk waar ek vir twee jaar gewoon het. Almal doen hul deel om besoedeling te bekamp.

Toe tref dit my. Orania is verseker afgesonder van die werklikheid waaraan ek in Pretoria gewoond was weens daar 'n ander werklikheid in Orania geskep word. 'n Werklikheid wat eie is aan die inheemse Afrikanervolk met sy Europese oorsprong. Dit stem hoegenaamd nie ooreen met die werklikheid van die res van suidelike Afrika nie omrede dié streek se werklikheid gebaseer is op die meerderheid en hul leiers se idee van wat die werklikheid veronderstel is om te wees.

Aangesien die Afrikaner in suidelike Afrika in die minderheid is voel ons bedreig en gefrustreerd omdat ons nie die meerderheid se vreemde werklikheid kan begryp nie. Die Afrikaanse koerante berig vir die afgelope vyftien jaar oor die absurde wyse waarop dinge bestuur word maar het mense al miskien gewonder of dit nie dalk net ons is wat die meerderheid se werklikheid absurd vind nie? Moet ons dus Afrika verlaat as ons nie kan inpas in die meerderheid se werklikheid nie? Tog is die Afrikaner so inheems aan suidelike Afrika soos enige van die stamme wat ook honderde jare gelede hierheen getrek het. Nes hulle het ons ook 'n reg om hier te wees en ons eie werklikheid te skep.

Na twee verdere besoeke aan Orania het my vrou en ek besluit om nie te emigreer nie, altans nie uit suidelike Afrika uit nie. Ons het so lekker ingepas in die Afrikaner se werklikheid dat ons 'n eiendom gekoop het en gaan nou selfs 'n besigheid op Orania stig.

Daar moet nog baie werk gedoen word in Orania maar dis lekker werk want dit vorm deel van die proses om ons vryheid te herwin. Soos almal in bv. Taiwan immers Taiwanese is, is almal in Orania Afrikaners – van die oom wat met trots die strate vee tot die tannie wat by die vulstasie werk. In Orania is dit eenvoudig normaal dat Afrikaners al die werk self doen. Daar is geen hoë-sekuriteit veiligheidskomplekse nie maar tog word Orania bestempel as afgesonder deur die einste Afrikaners wat hulself agter hoë mure afsluit van die meerderheid se volksvreemde werklikheid waarin hierdie Afrikaners self kies om ten duurste in te vertoef. Is baie Afrikaners dalk net te lui om te aanvaar dat ons weer van meet af moet begin en dié keer al die werk self gaan moet doen?

Die volkstaat is ons toekoms en ons is trots om te kan sê dat ons deel is van die nuwe Groot Trek, oppad om ons mense in Orania te gaan help bou aan die nuwe werklikheid vir die nuwe, onafhanklike Afrikaner.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Beoordeel hierdie artikel:

Rooster

-   Februarie 03, 2010 om 09:46

Ek kom saam!

Boer

-   Februarie 03, 2010 om 10:14

Nadat ek die vorige blog gelees het, met die hewige reaksie, het ek reeds vanoggend 'n inligtingspakket aangevra van Orania. Ek wil ook graag sien hoe die storie daar werk.

Jordan

-   Februarie 03, 2010 om 10:15

Ekke ook!

Sakkie

-   Februarie 03, 2010 om 10:34

Ek ook!

Afrikaner

-   Februarie 03, 2010 om 10:53

Ja, ons hoef nie ver weg te gaan van ons land af nie. Ons moet soos jy sê net die werklikheid kry waarin on pas. Goeie brief

Marius

-   Februarie 03, 2010 om 10:58

Ek wens ek kon saam gaan... my vrou is engels :(

Anton

-   Februarie 03, 2010 om 12:30

Ek gaan Maart maand kyk. Kan nie wag nie.

Matt Heyns

-   Februarie 03, 2010 om 12:37

1.Die Afrikaner bevind hom al hoe meer in ‘n breër politieke regte ongelykheid as gevolg van KP en NP stompsnnige prinse. Waarom het dr P van die ANC nie gisteraand die vraagstuk rondom legitimiteit en moreel ongunstige posisie waarin die huidige bewind toenemend verkeer aangeval nie. Afrikaners moet bedag gemaak word daarop dat hulle pogings nie na behore verreken word nie. 2. DieAfrikaner leiers is skoorvoetend besig om die gebrêk aan minderheidsregte in die grondwet onder die ANC se aandag te bring. Die stompsinnige leiers verkeer onmiskenbaar nog onder die waan dat die ANC sy legitimiteit ontleen aan die instemming van die meerderheid en dat die Afrikaner minderheid eintlik maar aan die genade van die wil van die swart meerderheid oor gelaat is.3. Afrikaner leiers besef blykbaar nie dat ontwikkelinge oor legitimiteit oor die hele wêreld pos gevat het nie en benadeel hulle volk se belange op ‘n ernstige manier. Indien Afrikaanse politieke partye en kultuur organisasies met hulle misplaaste houding vol hou sal hulle die Afrikaner samelewing ernstige skade berokken.4.Die Afrikaners sal om hierdie redes wys wees as hulle daarop aandring dat die volk betrokke raak by ‘n debat oor die kwessie van die huidige bestel se gebrekkige legitimiteit. ‘n Moontlike agenda behoort die volgende strydpunte in te sluit:a. Waarom word die goedkeuring van die belangrikste minderheid maw die Afrikaners ge-ignoreer as die legitimiteit in die modêrne wêreld nie net uitsluitlik op die goedkeuring van die meerderheid rus nie.b. Waarom word net individuele regte erken en nie etniese groepe (minderhede) se regte nie.c. Waarom bots die huidige bedeling met die jongste opvattings oor legitimiteit in die wêreld en wyk dit selfs af van ontwikkelinge in die internasionale reg omdat dit geen verskanste regte vir minderhede bevat nie.d. Waarom is daar nie gestand gedoen oor die versekerings (wigte en teen wigte) voor die referendum rondom die regte van minderhede en die bekamping van die meerderheid se mag nie.e. Waarom het die Afrikaners as etniese groep nie aan die referendum deel geneem nie.f. Waarom het FW aanvaar dat hy ‘n mandaat van die Afrikaners ontvang het as die Afrikaners as etniese geoep nie ‘n mandaat aan hom gegee het nie.g. Waarom het FW van verouderde opvattings gebruik gemaak om fatsoenlikheid aan ‘n uitgediende politieke orde te probeer gee.5. Die aard en omvang van die gebrekkige legitimiteit van die huidige politiekebestel moet dringend ondersoek word. Die Afrikaners sal wys wees as hulle langs hierdie weg sterker morele druk op die uiters ongesonde politieke bestel wat beding is plaas.6. Selfs die res van die wêreld sal graag die resultaat onder oë wil kry en skaterlag vir die Afrikaner volk wat sowaar weer op KP en NP prinse vertrou het.6. Shalom!

Hannodb

-   Februarie 03, 2010 om 12:42

Ja nee. Terwyl die lefties gedog het die volkstaat idee het 'n stille dood gesterf, het Orania stil stil ontwikkel, en 'n wye ondersteuningsbasis opgebou. En waar Orania in 1994 maklik as 'n lugkasteel af geskryf kon word, kan hulle vandag bewys dat die lugkasteel stadig besig is om 'n klip kasteel te word. Selfs diegene wat nie soontoe kan trek nie, kan help bou deur by te dra aan die Orania groeifonds.

Cameron

-   Februarie 03, 2010 om 13:03

One het ook oppad terug van die Kaap Hopetown en Orania aangedoen. Dit was wel die 1ste Jan, en dinge het verlate gelyk, maar ek stem saam met die skoon gevoel. Mens wonder net hoe lank dit sal neem vir die "ander" om daar af te saal sodra dinge regtig begin spoed optel daar, want daar word mos altyd agter die wittes aangetrek. Kyk maar na die influks van Oos-Kapers na die Wes-Kaap, al is daar nie werk nie, is daar baie geleenthede vir "selfhelp", veral aan ander se goed. Dit is ook maar ons eie skuld ook, ontwikkelaars is baie gou om die Nigeriers te "drug-money" te vay en plekke aan hulle te verkoop, en so word hulle ook ingeburger

Gerhard

-   Februarie 03, 2010 om 13:32

Die enigste plek wat 'n genot was om te besoek met my laaste vakansie in SA.

Zena

-   Februarie 03, 2010 om 13:47

Hokaai mense. In Orania mag jy nie drink nie. Daar is nie Hotelle en bottelstore nie. Jy moet jou eie huis/tuinwerk doen. Hulle (vermoed ek) het ook hul eie radiostasie. Diegene wat Orania toe wil gaan, sal 'n paar opofferings moet maak, maar ja, gun die mense wat daar woon hulle andersheid. Ek woon nie daar nie, maar was al daar. Ek dink om daar af te tree wanneer jy oud is, is 'n goeie idee. Ons het op 'n Sondag daar aangedoen vir brandstof en nie eens 'n hond of hoenderhaan in 'n erf of straat sien beweeg nie.

peter

-   Februarie 03, 2010 om 16:43

Groot Trek? Ek glo nie.Ons voorvaders het uit europa uitgetrek toe hule vryheid onderdruk was. Maar hulle het getrek na 'n plek waar daar ruimte was om heen te trek. En toe hulle in die Kaap onderdruk word deur die engelse, het hulle getrek na die ongerepte binneland waar daar ruimte was.Toe die afrikaner weer onderdruk word en daar nie meer ruimte was om heen te trek nie, het dit gely na oorlog.Die afrikaner is weer in daardie situasie. Hy word onderdruk en daar is nie ruimte om heen te trek nie.... en totdat Orania nie afgestig is van Suid Afrika, met eie wette, eie regering, eie polisiemag, eie weermag, is dit beslis nie 'n oplossing nie.So volgens my insiens moet die slap gatte, bang gatte, onderdrukkers en verdrukkers maar besef.....hier kom oorlog.

peter@Matt Heyns

-   Februarie 03, 2010 om 16:50

Waarom sleep jy die KP in by hierdie e-pos?Die KP, HNP en die sambreel organisasie, Afrikaner Volksfront het almal in SA gewaarsku wat gaan gebeur, maar toe wou die NP en sy blinde volgelinge nie luister nie.En moenie nou die AVF verwar met die Constant Viljoen se veraaier party nie, wat vandag nog probeer politiek speel nie.

Quintin Diederichs

-   Februarie 03, 2010 om 17:11

ZENA... jy praat bollie!! Daar is 'n hotel in Orania en natuurlik mag mens drink.

Is daar iets fout met jou dat jy nie in jou eie tuin kan werk nie?

Draadkar

-   Februarie 03, 2010 om 17:36

Ek sit in n koue Europa en hierdie brief het vir my hoop gegee - hoop vir onafhanlkikheid, hoop vir die Afrikaner, hoop vir n Volkstaat. Maskien hoef ek nie vir alty hier te woon nie, maskien is daar ook n plekkie in die son vir my wit vel!
Mag in eenheid!

elizabeth

-   Februarie 03, 2010 om 17:37

Marius. Niks keer jou om saam te gaan nie!! Jou vrou kan seker ook Afrikaans praat. Quintin Diederichs se vrou is Frans (sy is in Frankryk gebore en het daar gebly tot en met 'n jaar gelede) maar sy kan Afrikaans verstaan en sy kan dit selfs praat. Sy staan ook al vir die afgelope 8 jaar van getroude lewe saam met haar man. Dit is hoe dit moet wees. Dus jy kan gerus jou engelse vrou saam vat - miskien sal dit haar aanspoor om ook Afrikaans te praat.

elizabeth

-   Februarie 03, 2010 om 17:52

Quintin se vrou is van Franse afkoms. Sy is in Frankryk gebore en het tot bykans 'n jaar gelede nog daar gewoon. Sy woon nou in Suid-Afrika en sy kan Afrikaans verstaan en praat. Sy ondersteun haar man en gaan hom nie tee nie. Dit is 'n voorbeeld vir enige van die Afrikaners wat net die negatiewe van ons land en taal wil sien en skryf. Waar is julle visie? Ons het 'n fantastiese land en dit is werklik tyd dat almal ophou kerm oor alles wat verkeerd is en daadwerklik iets doen om die situasie te verbeter deur 'n positiewe gedagtegang te koester. Nou ja om op 'n Sondag in Orania aan te doen vir brandstof en jou dan uit te gee as 'n kenner van hul gewoontes is 'n bietjie vergesog. Waar sou die idee vandaan kom dat 'n mens nie in Orania mag drink nie? Ek wonder soms waarom mense nie eers navorsing doen voordat hulle onbesinne uitlatings maak nie!

Matt Heyns

-   Februarie 03, 2010 om 18:10

Omdat 'n paar wyse KP ondersteuners vir AP 'n briljante oplossing in sy hande gestop het met 'n deeglike plan wat 'n geografiese gebied ingesluit het. Maar hierdie skewe produk van 'n engele fabriek het sy gat daaraan afgeveeg en verkies om na sy stompsinnige re-aksionêre se advies te luister. Hierdie mislukte leitmotief van die KP was ook verraad teenoor die Afrikaner volk. Shalom!

Brentie

-   Februarie 03, 2010 om 19:23

Die NP het oor die jare verander van 'volksparty' waar die volk die Afrikaner was,na 'n meer inklusiewe party wat al die blankes wou verteenwoordig en daarna na 'n party wat alle mense,ongeag herkoms of kleur,wou verteenwoordig. Dit het uiteindelik vanwee sy historiese verlede tot sy ondergang gelei omdat dit net nie meer geloofwaardig was nie.Dit is 'n fout om nou die KP as 'n verraaierparty uit te kryt omdat jy nie met hulle politieke rigting saamstem nie.Die denkfout hier is doodeenvoudig,dieAfrikaners in hierdie land is nie verteenwoordigend van die politieke denkevan al die blankes nie.Die Afrikaner is dood eenvoudig 'n deelvan 'n minderheidsgroep en die tuislander nog net 'n deel van dit .Dit sal nogalinteressant wees om 'n samestelling van dieblankes te sien en hul politieke verwagtinge.Om dit nog erger te maak is daar ook geeneensgesindheid onder die Afrikaners niewat niks nuut is, want selfs die Voortrekkershet nie almal in dieselfde rigting getrek nie.Matt Heyns vra- "b. Waarom word net individuele regte erken en nie etniese groepe (minderhede) se regte nie."Die antwoord hierop is dat daar 'n sterk beweging is om alle mense in die 'globalvillage' gelykvormig te maak, wat taal, kultuur en kleur betref.Lees maar die briewe op Nuus 24 in die verband.Onthou die ANC praat tans ironies genoeg nie van etniese groepe nie alhoewel die volgende in die 'Freedom Charter' verskyn:"The people of the protectorates Basutoland, Bechuanaland and Swaziland shall be free to decide for themselves their own future;"The right of all peoples of Africa to independence and self-government shall be recognised, and shall be the basis of close co-operation."Afrika is egter berug daarvoor dat groeipunte wat deur blankes tot stand gebringgou oorstroom word deur die werkloses netsoos Suid Afrika tans oorstroom word.Die vraag is dus kan Orania 'n werkliheidword sonder 'n sterk veiligheidsmag omanderskleuriges uit te hou en gaan ditsonder om 'n internasionale erkende selfstandige grondgebied te wees haalbaarwees om dieselfde pad van verguising loop.Behoort dit nie die eerste doelwit te weesnie om die ANC en die internasionale gemeenskap te oortuig dat 'n vreedsameAfrikaner selfstandige gebied tot voordeel van Afrika en Suid Afrika kan wees?Waarom kan daar nie 'n Afrikaner protektoraat wees nie?

Ludwig

-   Februarie 03, 2010 om 23:56

@Quintin Mooi brief. @Marius "By the way" daar is Engelse wat die kultuur aanvaar het en nou Afrikaans praat.

jc

-   Februarie 04, 2010 om 07:35

Baie goeie brief. Klink sommer lekker daar. Ek sal moet gaan kyk.

Celine

-   Februarie 04, 2010 om 09:29

Wel gesê Elizabeth.
Quintin, jou artikel is so korrek; u is 'n man van jou woord. Hierdie is 'n seldsame, amper blus kwaliteit nou dag. Ek bystand by jou.

Boot

-   Februarie 04, 2010 om 10:20

Die Afrikaners is alreeds so ondertrou...wat gaan in Orania gebeur?

Gert Botha

-   Februarie 04, 2010 om 10:36

Dankie vir jou positiewe brief, Quintin. Almal kan so maklik betrokke raak. Sluit aan by die Orania Beweging en betaal jou Afrikanerbelasting van R40 per maand se ledegeld. As ons 1 miljoen Afrikaners kry om dit te doen pomp ons R40 miljoen per maand in Orania in. Dan kan ons werksgeleenthede skep vir mede Afrikaners. Wat van n groen Sasol of n groen Eskom. En al daai oorsese ingeneurs en wetenskaplikes wat geemigreer het kan gerus ook kom aansluit.

Eurea

-   Februarie 04, 2010 om 12:07

Quintin Diederichs: Wat 'n aangename brief om te lees. Het al self daar gekuier, sal enige tyd weer. Hoop om eendag ook daar te gaan bly..

Matt Heyns: Die derde brief, dieselfde kommentaar? Age nee man. dink oorspronklik

Zena: As mens nie daar mag drink nie, wat 'n seen ! Ek bly regoor 'n park waar daar dag en nag gefuif word.

hendri

-   Februarie 04, 2010 om 20:30

Hi daar,
Ek gun elke inwoner van Orania die voorspoed toe wat hulle wens te ervaar in die gebied. Inteendeel ek wens elke individu die geluk toe wat hy wens om te kan he, ongeag van waar hy of sy woonagtig is. Dit is tog waarvoor almal (wereldwyd) streef. Ek glo ook dat elke persoon binne sy vermoee stry en baklei vir die vrede wat hy of sy voel hy verdien. Tog is sommige van ons se vermoee beperk sover dit hierdie begeerte en insig aangaan.
Die Afrikaner oor die algemeen is geen uitsondering op die reel nie. Net soos daar Afrikaners is wat hulle hoop vestig op 'n land waar geen misdaad teenwoordig is nie, is daar van die anderskleurige individue wat ook streef na dieselfde kenmerke in die omgewing waar hulle tans woonagtig is.
Ons - Afrikaner, Engelsman, Wit, Swart, Indier, Uitlander, ens ens mis een groot punt.
Ons is te geneig om 'ons' voorop te wil stel en 'ons' belange meer belangrik te wil ag as enige ander kultuur of groep of kleur s'n.
In teorie is daar altyd 'n idee wat 'wonderlik' gaan werk, maar in praktyk is dit altyd die groei pyne wat die teorie van vroeer 'in die steek laat'. Sommige van die 'teorie' werk en word later dan in die praktyk bewys as 'n goeie beginsel en indien die 'uitvinder' die integriteit het om die groei pyne wat daarmee gepaard gaan op te los in 'n manier wat dit 'n logiese en werkbare oplossing oor die lang termyn kan bied, is so teoretiese beginsel en werkplan 'n groot sukses.
Tot op hede - en na aanleiding van dit wat ek lees met betrekking tot Orania - glo ek dat dit 'n prakties uitvoerbare en haalbare konsep is.
Die probleem is egter die persentasie individue wat 'n volhoudbare ondersteuning gaan bied aan die kosep.
Wanneer dit 'n nuutjie is, is dit gewoonlik 'n saak wat baie ondersteuning geniet, maar sodra die gras aan die anderkant groener lyk en dit weereens 'haalbaar' lyk, gaan die entosiasme waarmee die 'nuutjie' aangepak word, by die agterdeur uit.
Glo my - ek is glad nie negatief oor die konsep nie en ek glo dat dit hoog tyd is dat daar iewers iets drasties begin word om sodoende mense toe te laat om weer selfrespek en vertroue te kan laat ontstaan in 'homself' - en dit is dalk net die regte inspuiting wat ons nodig het.
My punt is egter, waarom moet ons dit wat ons voor gewerk het al die jare 'oorgee'? Waarom moet ons in 'afsondering' gaan leef om weer 'voor te begin' en 'terug te kry' wat ons opgebou het?
'n Vraag wat ek altyd vra is - Het die ANC die verkiesing gewen of het ons die verkiesing verloor?
In alle opsigte het ons die verkiesing verloor in die sin dat daar nooit 'n 'verkiesing was nie' - dit was bloot 'n formaliteit wat afgehandel moes word.
'Mnr' de Klerk het nie die land weg gegee nie - hy het vir sy eie belang 'n besluit geneem en die 'warm pattat' in die hande van Nelson Mandela gegooi op so manier dat ons nie eens agter gekom het wat hy besig was om te doen nie.
Suid Afrika was 'bankrot' op daardie stadium en het 'n ANC gehad wat geen 'bestuurs ondervinding van 'n besigheid' gehad het nie en tog het de Klerk geweet hy gaan 'n onbekwame bestuurder aanstel oor 'ons' besigheid.
'n 'Geleerde man met jare se ondervinding in regspraktyk en besigheid' gaan doen so iets - hoe goed was hy nie met die sjarme nie?
(net so terloops - wat is die definisie van sjarme? Die gawe om vir 'n persoon te kan se f%k jou op 'n manier wat hy vir jou sal dankie se)
Om politiek in detail te wil bespreek is sekerlik 'n goeie ding, maar tot politiek is iets wat logies en prakties moet kan wees. Dit is omdat van ons dink dat politiek bo ons vuurmaak plek is wat ons nie die werklikheid daarvan kan besef en verstaan nie.
My gevoel is dat ons moet opstaan teen die wat ons onderdruk - hier waar ons is en hier waar ons regtig wil wees. Hier in die voorstede van die dorpe in Suid Afrika - sonder geweld en sonder om onself te na te kom.
Gebruik die middele tot ons beskikking - stel ondersoek in om te sien wie is werklik die veraaiers en die slapgatte in ons omgewing - neutraliseer die rug ryers en die paalsitters - dwing die individu om te kan hou by sy woord en beginsels wat hy of sy so lief is om te verkondig tot sy eie voordeel en om ander te maak glo dat hy of sy 'n Christen is - vermy die wat hulle distansieer van volhoudbare beginselvaste individue en nog meer belangrik, weier om toe te gee aan die eise van die meerderheid (en hier verwys ek nie net na die ANC nie, maar aan groepsdruk onder andere)
Waarom het elke Afrikaner wat so uit volle bors en met soveel trots kon sing 'ons sal lewe ons sal sterwe vir jou Suid Afrika' nie hulle goedjies gevat en geloop uit die staatsdiens toe die ANC (wat op daardie stadium nog die vyand veronderstel was om te gewees het) die verkiesing gewen het nie? Nee, hulle was te bang en te slap om hulle gerief van 'n mooi huis, mooi kar, salaris, braaivleis en dop prys te gee. Aansien was te groot prioriteit in hulle daaglikse bestaan.
Hulle het - en doen vandag nog steeds - hulle siele verkoop en eerder verkies om onder die 'vyand' te dien as om gerief prys te gee.
Ek is besig om 'n produk bekend te stel wat 'n oplossing kan bied vir misdaad in ons pragtige land, en glo my dit is nie maklik nie aangesien daar soveel ligelowige mense is en ander wat weer te maklik 'aanvaar' dat dit ons 'lot' is. Mense kan nie meer die bree prentjie sien nie - of sal ek eerder se hulle wil nie meer die bree prentjie sien nie.
Praat dit kan 'hulle' baie doen - moan, dit kan hulle nog beter doen, - kritiseer, nog beter en die beste wat hulle kan doen is om te bespiegel maar dit is waar dit stop.
Sekuriteits maatskappye vat 'ons' vir een helse ride, dienste is oor die algemeen swak, maar wat doen ons daaromtrent? Vlug en laat dit maar daar.
Kom ons neem die volgende senario;
Munisipale dienste; omdat ons 'verplig' is om erfbelasting te betaal is 'ons' te bang om reg in ons eie hande te neem want 'ons' kan dalk 'tronk toe gaan' - maar die logiese redenasie is dat die tronke te vol is om nog 'n mijoen gevangenisse te hanteer - so wat gaan die 'regering' doen indien daar wel geweier word om vir dienste te betaal?
Weereens is dit die 'teorie' wat wen in die geval.
'Onbevoegdheid' van die Polisie?
Wat verhinder 'ons' om self polisieman te speel? Het die polisieman meer 'regte' as wat ek en jy het? Word daar volgens wetgewing nie van 'n burgerlike verwag om misdaad te bekamp nie, of om die Polisie behulpsaam te wees, veral waar 'n misdaad in sy teenwoordigheid gepleeg word nie?
Sou ons bereid wees om hare te kloof oor hierdie onderwerp sal ons besef dat die Polisie 'ons' kan vervolg indien ons weier om ons 'burgerlike regte' te gebruik in so geval, maar dit word nie gedoen nie aangesien dit te maklik is om te 'aanvaar wanneer 'n persoon die verskoning gebruik dat hy nie betrokke wil wees nie of dat dit die polisie se werk is ens.
Hierdie is net 'n paar dinge wat ek wil opper - daar is nog baie, maar ons kan dit laat vir later.
Wat ek probeer se hier is - kom ons staan bymekaar en maak die hele Suid Afrika 'n Orania. Dit kan gedoen word indien ons net bereid is om te gee wat dit van ons gaan vra.
Inteendeel, indien ons bereid is om dit te doen sonder die inmenging van 'geleerdes' en 'die mense met die invloede' kan ons dit doen. Bsie (en ek se nie almal nie) van die geleerdes het nie 'n clue wat gedoen moet word nie, het nie 'n begrip van wat dit is om 'realiteite' te beleef nie en het nog minder 'n idee wat dit is om oplossings te kry vir probleme nie. Met probleme word bedoel om na jou eie belange om te sien en nie ander te he wat vir jou 'cover' nie.
Dankie vir diegene wat nog bereid is om op offerings te maak en nie hulle siele verkoop vir 'n pot lensie sop nie.
May be is daar tog nog 'n sprankie hoop vorentoe .......

Quintin Diederichs

-   Februarie 05, 2010 om 14:25

@ Hendri - Jy sal nog eendag besef dat dit waarvoor jy hoop slegs in Orania, en by implikasie - die volkstaat, haalbaar kan wees. Moenie van Afrika verwag om jou kultuur en vlak van beskawing bo die meerderheid se belange te plaas nie. Die ANC wen keer op keer omdat die massas vir hulle stem. Selfs al raak die massas moeg vir die ANC sal hul leiers 'n manier kry om die mag te behou... Dit is die Afrika manier. Egter staan niemand in jou pad om vir die massas te preek en hulle te help waar jy kan nie. Die wêreld het ook martelaars nodig - ek is net nie bereid om 'n martelaar vir 'n stryd te wees waarin ek nie glo nie... en Mzanzi is eenvoudig iets waarin ek myself nie eens kan forseer om in te glo nie. Voorspoed!

EdW

-   Februarie 05, 2010 om 14:51

Ek kan amper nie glo wat ek hier lees nie. Julle kan sekerlik nie ernstig wees met julle idée va ‘n volkstaatjie nie. Hoe meer ek die kommentaar hier lees, hoe meer besef ek dat daar nog steeds ‘n groot hoeveelheid Afrikaners is wat maar eintlik net ‘n patetiese klompie rassiste is.Gaan bly asb. in orania, Daar is Afrikaners wat deel wil wees van die oplossing, mense soos julle is deel van die problem. Totsiens, daar is geen maier wat ek ooit weer in ‘n apartheids-staat sal woon nie.

Brentie

-   Februarie 05, 2010 om 16:07

EdWHet jy al ooit gewonder hoekom Suid Afrikase grense so lyk soos hulle is ?Maklik die veroweraars het net 'n liniaal gevat en 'n streep oor die kaart getreken gese hier is die grens. Dat dit gemeenskape in twee gesny is of nie, hethul vrede mee gehad.Suid Afrika is dus 'n onnatuurlike samesteling van verskillende bevolkingsgroepese oorspronklike woongebiede.So kry 'n mens dan protektorate wat in weseniks meer as beskermde gebiede is nie.So waarom kan daar dan nie 'n protektoraatvir Afrikaners wees nie?Dit doen mos geen afbreuk aan jou nie.Dieres van die hele Suid Afrika is mos tot joubeskikking.As die ANC sy sin kry word die hele Afrika een 'United States of Africa' en dan is daarnog meer plek, dws as daar nie 'n klompbo in Noord Africa is wat nie van die ideehou nie en terug ja suide toe nie.

Alida

-   Februarie 05, 2010 om 17:07

@Zena: is drank regtig die bepalende faktor wat jou sal laat besluit om te gaan of nie? En terloops, daar is 'n Wynhuis, en ons koop elke keer as ons daar gaan kuier als wat nodig is vir n gesellige braai in Orania met Oras. Die feit dat daar gaan "lewe" op straat was op 'n Sondag, is tog bloot tekenend van Sondagheiliging. En ek wil graag weet, is dit soveel anders in ander Karoodorpies? Wat het geword van appels met appels vergelyk?

Trudy

-   Februarie 08, 2010 om 10:07

Ek het ook alreeds aangesluit by die Orania nuus. Ek kan nie wag dat Maart aanbreek dat ek soontoe kan gaan nie. Hoekom sal ek my steur aan die wat Orania afkraak, daar is niks lekerder as om in n plek van vrede te woon nie.

ash

-   Februarie 08, 2010 om 11:59

Dit is net 'n kwessie van tyd voordat die Afrikaners teen mekaar begin draai. Kyk maar in die geskiedenis boeke. Afrikaners kan nie bymekaar staan nie. Julle mors jul tyd en geld. Sterkte. Hoe gouer julle besef Afrika behoort aan sy eie mense, hoe beter.

D.Moerin

-   Februarie 08, 2010 om 13:01

Ongellukig gaan die ANC regering nie toelaat dat daar n wit Afrikaanse dorpie presteer in die middel van die gemors wat hulle gemaak het van die land,dit sal die indruk gee dat wit mense is beter as swart. Ons het almal gedink in 1994 dat ons die hele land se mense kan oppbring tot op n socialle aanvaarbare vlak wat ons gewoond is,maar ongelukkig het die vlak ander kant toe gegaan wat die regering pas,want dit is al vlak wat hulle ken.hulle kan nie toelaat dat Suid Afrika weer tot n gesonde,crime free,corruption free,skoon,structured society kom, want hulle weet nie om so iets te regeer.

Anton

-   Februarie 08, 2010 om 14:09

My swaer en gesin het die naweek gaan kyk en was aangenaam verras. Die plek en die beplande ontwikkelings het hom so opgewonde dat ons vanoggend meer as 'n uur op die foon gesels het. @Zena: Drank is nie alles nie en ja daar is 'n drankwinkel soos iemand hierbo noem. Geen mall's om jou Sondag te ontheilig nie. Dis mos hoe dit moet wees. In die NSA is mammon mos god.

ShawnT

-   Februarie 08, 2010 om 15:31

Quinton wat n pragtige en insiggewende brief om te lees.Dit is die heel eerste "Volkstaat" berig waar ek geen rassisme bespeur nie...Ek wens jy en vrou n vrugtevolle en veilige verblyf in Orania...

*P.S...Bly die bruinman,wat inkopies gedoen het,daar???

Louw

-   Februarie 10, 2010 om 14:25

@Zena gaan jou handjies afval as jy huiswerk en tuinwerk self doen???

Qvadis

-   Februarie 18, 2010 om 09:58

Dit is so duidelik dat die wie teen die Orania idee is,is bang hulle word later alleen gelaat,en die lee huise om hulle word met ander "mense" gevul,dit is die rede dat hulle so "teen die prikkels skop" !!!!!!!!

Meraai

-   Februarie 19, 2010 om 09:37

Ek sien hier 'n paar name van mense wat al in Orania woon en 'n paar wat soontoe wil trek. Dis nie tekens van 'n Groot Trek nie. Toegegee, Beeld het 'n opname gehou en meeste mense het gese hulle sal in 'n volkstaat wil bly. 11044 mense het in hierdie opname gestem, waarvan 6191 "ja" gese het. Die Burger het 'n soortgelyke peiling gehou. 2964 het deelgeneem en 1779 het gestem om in Orania te woon. Ek kon nie so 'n peiling by Die Volksblad sien nie. Dit gee ons 'n totaal van 14008 wat deelgeneem het, waarvan 7970 "ja" gese het. Dis nie juis verteenwoordigend van die getal Afrikaners is hierdie land nie, is dit? Kom ons praat van 'n Groot Trek wanneer ons dit sien gebeur, want ek kan julle amper wed, "when push comes to shove" gaan selfs 'n groot gros van die wat "ja" gese het, net mooi stil en rustig bly waar hulle nou bly. Vir die wat in Orania woon, vra ek weer 'n keer: wat is die werksvooruitsigte vir julle kinders in Orania? Of gaan julle verwag dat ons wag agtergebly het, hulle van werk moet voorsien? Wat is die naskoolse studie-vooruitsigte? Of gaan julle stilletjies julle kinders by "ons" universiteite of dalk oorsee laat studeer? Ons hoor ook nie van julle hospitaaldienste of mediese fasiliteite nie. Ons hoor ook nie van kos- en klerepryse nie. Ons hoor ook nie hoeveel van julle het werk op Orania en wat julle salarisse is nie. Ons hoor ook nie wat die vooruitsig van salarisverhogings is nie. Ons hoor nie wie betaal vir die mooi skoon dorp nie. Het julle 'n belastingstelsel? Ons hoor ook nie wat mens moet betaal by die mooi spa nie? Sal die agtergeblewenes darem kan bekostig om daar te kom bly? Ons hoor ook nie wat dit kos om by julle (hoeveel?) restaurant(e) te eet nie? Ek onthou van kleins af hoe my pa altyd gese het, oppas vir die groen gras anderkant die draad ...

Tanja

-   Februarie 25, 2010 om 14:19

Ek en my man wil baie graag Orania toe trek, maar ons het 2 klein dogtertjies, die enigste probleem is dat ons een dogtertjie ekseem het en die ander een het asma, hulle het ook verskeie alergiee, so nadat ons uitgevind het dat Kimberly 90Km ver is, kan dit dalk 'n probleem wees. as daar nie voldoende mediese sorg is nie, dan is daar altyd die probleem ek het verneem dat daar tans net 750 mense permanent bly op Orania, so dit bring ons by die inkomste kwessie, ons bly in Edenvale aan die oos rand, en tussen al die duisende mense hier, kry ons maar net genoeg produkte per maand verkoop om kop bo water te hou, ons maak staal jungle gyms en hout picnic tafels. so as iemand 'n oplossing het vir ons panarie sal ons definitief oppak en meer as bereid wees om deel te wees van Orania.

vlakhaas

-   Februarie 25, 2010 om 14:41

Dagse almal. Goeie kommentaar en insette van vele. Wat van 'n Groot Trek na Namibia? 'n Paar duisend meer Afrikaners in Namibia kan dalk die begin van die Volksstaat gedagte aanhelp?

Johan

-   Februarie 27, 2010 om 18:53

Namibie is 'n goeie land en was in elk geval deel van Suid-Afrika. Die enigste verskil is daar is net 2 miljoen mense in die hele Namibie. As die Afrikaners almal Namibie toe trek word ons die meerderheid en kry ons, ons eie regeering. Afrikaans is alreeds die grootste taal in Namibie en dan kan ons ook ons eie grense in Afrika beheer. Nie soos Suid-Afrika nie. Dink daar aan... daar is alreeds 1 miljoen Suid-Afrikaners in die buiteland as hulle almal Namibie toe getrek het sou ons nou ons eie land gehad het....

Lewer kommentaar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...