Nuus24 op jou selfoon
2009-08-07 10:59
Nou hoef jy nie meer voor jou rekenaar te sit om op hoogte te bly van die jongste nuus nie – jy kan ook op jou selfoon tot Nuus24 toegang kry!
Of jy op soek is na plaaslike, wêreld, sport-, of vermaaknuus, jy kan dit alles en meer vind op ons selfoonwebwerf.
Só maak jy
Besoek http://m.nuus24.com op jou selfoon se webleser (maak seker WAP is geaktiveer) vir onbeperkte, oombliklike toegang tot die jongste inhoud op Nuus24.com, enige plek, enige tyd.
Alternatiewelik, SMS eenvoudig die woord NUUS na 32424, en ons sal die skakel vir jou stuur (Eenmalige SMS-fooi van R1).