Toyota herroep nóg modelle
2010-02-09 05:38
Tokio - Die motorreus Toyota het aangekondig hulle gaan die nuwe Prius in Japan herroep weens probleme met die motor se remme.
Die maatskappy het aangedui dat hulle die minesterie van vervoer later op Dinsdag in kennis sal stel of dit die elektriese model Prius ook gaan herroep. Hierdie model het verlede jaar die mark getref.
Daar word verwag dat tot 300 000 van die Prius-modelle herroep gaan word. Dit volg nadat Toyota reeds sowat agt miljoen motors wêreldwyd moes herroep weens probleme.
Die nuutste herroeping sal twee ander modelle insluit, naamlik die Lexus HS250h sedan en die Sai, wat slegs in Japan verkoop word.
Luidens berigte het Toyota Maandag van hul televisie-advertensies in Amerika van die lug onttrek.
- Sapa-AP