Johannesburg

Saterdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

16°C
29°C

7 day forecasts

‘Dr’s het my baba se kop afgeruk’

2009-11-23 01:18

Linda de Beer

Klerksdorp – Die kop en arms van ’n yslike groot babaseuntjie is na bewering deur dokters en verpleegpersoneel van die plaaslike staatshospitaal afgeruk terwyl sy ma ure lank in kraam was.

Baba Lemeel Booysen se kop en arms is glo later weer aangewerk voordat sy lykie aan sy ma, Faiza (29), gewys is.

Die “lasplekke” is duidelik op foto’s wat haar man, Donovan, geneem het.

Booysen was verlede Dinsdag lank in kraam in die Klerksdorp-hospitaal terwyl dokters en verpleegpersoneel volgens haar “in my gewoel en gewoel en getrek en getrek” het.

Sy is die vorige dag meegedeel Lemeel, wat by geboorte 4,7 kg geweeg het, is in haar dood. Sy, en glo ook van die verpleegpersoneel, het dit betwyfel omdat hulle die baba daarna nog voel beweeg het.

“Hulle het in die verloskamer vir my gesê ek moet druk, want die baba raak moeg. Hoe kon hy moeg raak as hy nie meer gelewe het nie?” het Booysen gevra.

Twee dokters en ’n verpleegsuster het in ’n stadium bo-op haar gesit en op haar maag gedruk om Lemeel te probeer uitkry, het Booysen gesê.

Dít terwyl iemand heeltyd binne haar aan die baba gedraai en getrek het.

“Die kamer was vól. Ek dink die hele saal 7 (se personeel) was daar. Dit het soos ’n slaghuis gelyk (van die bloed) toe hulle klaar was,” het Booysen gesê.

Die vierde dokter wie se hulp ingeroep is, het glo einde ten laaste gesê Booysen moet teater toe.

Sy het die vorige dag medikasie gekry om haar in kraam te laat gaan ondanks die feit dat die baba glo “dood” was en daar ’n nota op haar lêer was dat ’n keisersnee vir 18 November geskeduleer is weens sy grootte.

Volgens Booysen het almal uit die verloskamer verdwyn toe daar besluit is sy moet teater toe. Sy het haar kop gedraai en Lemeel se koppie in ’n silwer bak op die instrumentetafel sien lê. ’n Groen doek was half daaroor gegooi.

Dokters het later glo aan Booysen se man gesê hy moet verstaan die “baba was net te groot” om te oorleef. Booysen, wat drie ander kinders het, ontwikkel suikerprobleme tydens swangerskappe. Sy het twee ander babas op onderskeidelik ses en vier maande verloor.

’n Maatskaplike werker wat Booysen in die hospitaal besoek het, het glo vir haar gesê sy “moet die mense vergewe” wat by die geboorte betrokke was omdat almal glo foute maak.

Mnr. Booysen het die polisie gebel. ’n Verklaring is die volgende dag by hom geneem, waarna Lemeel se lykie glo na Potchefstroom geneem is vir ’n lykskouing.

Supt. Kebaakae Metsi, provinsiale polisiewoordvoerder, was nie gister van die voorval bewus nie.

Nico Masiu, hospitaalwoordvoerder, het nie gister op boodskappe gereageer nie.

Booysen het gisteroggend ’n toestemmingsbrief na die hospitaal gefaks dat hy met die media oor haar geval mag praat.

Tebogo Lekgethwane, provinsiale gesondheidswoordvoerder, het gesê die hospitaalbestuurder sou iemand vra om ’n verslag oor die voorval te skryf, maar hy het dit teen druktyd nog nie ontvang nie.

Chris Hattingh, DA-leier en -LPW in Noordwes, het gesê hy gaan op ’n debat oor die voorval in die provinsiale wetgewer aandring. Hy wil onder meer weet wat die kwalifikasies van die betrokke dokters en verpleegpersoneel is.

- Beeld

Lees meer oor: hospitale  |  kindersterftes

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 19-32°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Sprinkles late. More sun than clouds. Warm. PE: 19-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Bookkeeper

Western Cape - Cape Town
Calibre Brand Solutions

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4i 5-dr
2009
R 156,218.00

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2007
R 129,990.00

AUDI

A4 2.0 TDi Attraction Dsl MY09
2009
R 299,899.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!