Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Rowers breek boer se arm met houtstomp

2009-10-28 07:31

Johannesburg - ’n Bekende beesboer van Barberton is  vermoedelik met sy eie knipmes in die rug gesteek nadat sy aanvallers sy een arm met ’n houtstomp gebreek het.

Hulle het sy vrou ook geslaan en gedreig om haar te verkrag tensy sy die kluis oopsluit.

Vyf mans, een met ’n handwapen, het Amy Williams (60) Saterdag omstreeks 13:30 oorval terwyl sy watersproeiers op hul plaas, Scotston, geskuif het, het kapt. Barry Rudolph van die polisie in Barberton gesê.

Donald Williams (66), wat met santa gertrudis-beeste boer, het in die hoofslaapkamer gesit en koerant lees.

Toe ’n aanvaller Williams gryp, het een van haar drie boerboele glo op hulle afgestorm.

Die rowers het die dier doodgeskiet.

Hulle het Williams, wat in ’n stadium die noodknoppie gedruk het, by die huis ingesleep.

Die rowers het volgehou hulle soek geld, het Rudolph gesê.

Mnr. Williams het die lawaai gehoor. Toe hy gaan kyk wat aangaan, het twee van die aanvallers hom in die gang oorval.

Volgens Rudolph is Williams so erg met ’n stuk stomp aangerand dat sy regterarm gebreek is. Hy is ook met ’n mes in die lae rug gesteek.

Die rowers het mev. Williams glo in ’n stadium gedreig hulle gaan haar verkrag as sy nie die kluis oopsluit nie. Sy is ook verskeie keer met ’n stomp voorwerp, vermoedelik ’n stuk hout, aangerand.

Sy het die kluis vir die rowers oopgemaak. Hulle het ’n 410-haelgeweer en ’n handwapen (waarvan die kaliber nog onbekend is) uit die kluis geneem.

Die rowers het ook die egpaar se selfone gebuit en gevlug.

Mnr. Williams is met ’n Air Mercy Services-helikopter van die Rooi Kruis na die Medi-Clinic in die dorp geneem. Sy toestand is gistermiddag as bestendig beskryf.

Mev. Williams is oornag in die hospitaal opgeneem vir waarneming en Sondagoggend ontslaan.

- Beeld

 

Lees meer oor: plaasaanval

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 17-32°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 17-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Sunny. Warm. PE: 21-27°C Sprinkles. Broken clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Senior Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Head: Internal Audit

Gauteng - Centurion
Deloitte & Touche
R700,000-800,000 Per AnnumMarket Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 149,990.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2006
R 115,990.00

AUDI

Q5 Quattro 2.0 TFSi 155kW S-Tronic
2010
R 489,994.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!