Johannesburg

Saterdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

16°C
29°C

7 day forecasts

’n Swart dag vir gereg se dienaars

2010-02-09 06:46

Marietie Louw-Carstens en Sonja van Buul

Johannesburg - ’n Streeklanddros en ’n aanklaer van Musina het glo omkoopgeld aanvaar om hofsake te beïnvloed.

Streeklanddros Ronnie Rambau en Estene Willemse, streekhofaanklaer, het gister saam met T.E. Lobisi, ’n prokureur, op aanklagte van korrupsie in dié dorp se landdroshof verskyn.

Nog drie ander wetstoepassers het ook gister op strafregtelike aanklagte in howe verskyn. In Sasolburg het ’n hoë polisie-offisier in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n vrou in sy kantoor verkrag het.

En in Johannesburg het twee polisiebeamptes op aanklag van moord en gewapende roof verskyn nadat ’n Egiptiese smous tydens ’n rooftog by die Bruma-snuffelmark in Johannesburg doodgeskiet is.

Die landdros, aanklaer en prokureur het die naweek in die Musina-polisieselle deurgebring nadat hulle Vrydagmiddag laat in hegtenis geneem is.

Beeld verneem ’n polisie-informant is in die ondersoek gebruik. Die informant het glo gemerkte geld aan Lobisi gegee om ’n uitspraak te beïnvloed.

Van die gemerkte geld is glo by Willemse en Rambau gekry. Dit is nie bekend wat die aanklagte in die betrokke saak was nie.

Beeld verneem omkoopgeld is glo in sake van moord, verkragting en voertuigdiefstal betaal. Dit het glo op opgeskorte of ligte vonnisse uitgeloop.

Die drie mans is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Danie Schoeman, sekretaris van die Landdrostekommissie, het gesê hulle het met ’n ondersoek na Rambau begin. Die proses vir sy skorsing is volgens hom reeds aan die gang.

Reëlings is ook getref dat Rambau “nie op die regbank aangewend sal word” nie hangende die ondersoek.

Die senior polisielid van Sasolburg is gisteroggend in hegtenis geneem. Klagte van verkragting en aanranding word ondersoek, het Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Klagte­direktoraat (OKD), gesê. “Hy het die slagoffer glo Vrydagaand omstreeks 21:30 in sy kantoor in die Sasolburg-polisiekantoor verkrag.”

Die polisielid het die vrou geroep om te vra of sy ’n dokument vir hom sal tik toe hy die kantoordeur gesluit en haar glo verkrag het.

“Die OKD is eergister in kennis gestel van die voorval en ’n ondersoekspan het die klagte onverwyld begin ondersoek. Die verdagte het vanoggend (gister) in die Sasolburg-landdroshof verskyn,” het Dlamini gesê. Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die man is met vyf dae verpligte verlof gestuur hangende ’n verdere besluit of hy na sy pos kan terugkeer.

Charles Smith berig die OKD ondersoek reeds die polisielid op ’n ander klag ook. Hy is luidens die OKD-klagstaat vroeër deur ’n oudreservis by pres. Jacob Zuma se kantoor aangegee nadat hy glo in Bloemfontein ’n groep gevangenes beveel het om kondome op te eet.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  korrupsie

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 23-29°C Sprinkles late. Afternoon clouds. Warm. PE: 19-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager (Only South African Citizens)

Gauteng - Pretoria
Network Finance Menlyn
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Sioftware Applications Developer

Western Cape
Quiglies Solutions

senior materials technician

South Africa
Stafforce Recruitment Services

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 3.0 T FSi Quattro Tiptronic
2009
R 589,000.00

ISUZU

KB240i D-Cab LE PU MY07
2007
R 179,900.00

MERCEDES

CLS 500 7-sp Touchshift
2005
R 439,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!