Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

‘Soos ’n fliek’ toe inwoner rower doodskiet

2010-02-09 06:55

Virginia Keppler

Die eienaar van ’n hoewe in Leeufontein, noordoos van Pretoria, het eergisteraand ’n rower doodgeskiet toe dié ’n vuurwapen op hom gerig het.

Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het gesê die man (50) het omstreeks 22:00 by sy huis aangekom. Hy het sy voertuig buite by sy hek geparkeer en is by die huis in.

“Die man het geëet, waarna hy uitgegaan het om sy motor in die motorhuis te gaan parkeer. Op pad na sy voertuig het ’n man hom genader en ’n vuurwapen op hom gerig,” het Sepato gesê.

Volgens Sepato het die eienaar gelukkig ook sy eie vuurwapen by hom gehad. “Hy het dit vinnig uitgepluk en op die vermeende rower geskiet.

“Die vermeende rower was in die 40 en is op die toneel dood. Die polisie het ook ’n 9?mm-Norinco-pistool en patrone aan die oorledene gekry,” het Sepato gesê.

Deon Grobler, voorsitter van die Gebiedbeskermingsaksie (GBA) in Leeufontein, het die voorval met ’n cowby-prent vergelyk. “Dit was soos in ’n ou Western – óf die rower óf die ander ou.”

Hy het voornemende rowers en inbrekers gewaarsku om weg te bly van Leeufontein. “As julle in Leeufontein kom, gaan julle uitgehaal word.

“Dit is die boodskap wat ons uitstuur. Ons is op ons hoede en ons doen gereeld patrolliediens.”

Grobler het gesê verlede Saterdag het inbrekers ook by die hoewe probeer inkom, maar het hulle gevlug toe die buurtwag hulle probeer aankeer het.

Sepato het gesê die verdagte was gekleed in ’n blou sweetpakbaadjie, rooi sweetpakbroek en swart-en-wit tekkies.

Die polisie is besig met ’n geregtelike ondersoek na sy dood.

- Beeld

 

Lees meer oor: misdaad

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 17-32°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 17-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Sunny. Warm. PE: 21-27°C Sprinkles. Broken clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 149,990.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2006
R 115,990.00

AUDI

Q5 Quattro 2.0 TFSi 155kW S-Tronic
2010
R 489,994.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!