Man moor glo verkeersbeampte
2009-10-27 11:48
Johannesburg – ‘n Man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n verkeersbeampte die afgelope naweek vermoor het.
Marvin Flagg, ‘n verkeersbeampte van Gauteng, is Saterdagoggend doodgeskiet nadat hy die bestuurder van ‘n voertuig wat onwettig parkeer was, gevra het om sy motor te skuif.
"Die man wat Flagg vermoedelik vermoor het is vroeg vanoggend by ‘n huis in Mondeor in hegtenis geneem," het Sizwe Matshikiza, ‘n polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.
Volgens Matshikiza is daar ook op twee pistole beslaggelê. Een van die pistole het aan Flagg behoort, terwyl die ander glo die moordwapen is.
- Sapa