Polisieman in parkeerterrein vermoor
2009-11-15 23:31
Johannesburg – ‘n Polisiekonstabel is Saterdag in Emasakeni naby Baberton in Mpumalange doodgeskiet.
Volgens kapt. Leonard Hlathi is konst. Eugene Nyerende (33) Saterdagoggend menigte kere in ‘n parkeerterrein geskiet. Geen ander beserings is aangemeld nie en niemand is al in hegtenis geneem nie.
Polisie het die publiek gevra om enige inligting oor die moord aan te meld.
- Sapa