Ma los baba in toilet agter
2009-11-11 15:03
Durban - ‘n Vrou van Durban het haar twee dag oue babaseun met ‘n vreemdeling in ‘n openbare toilet agtergelaat, het die polisie van KwaZulu-Natal gesê.
"Die vrou het Dinsdagmiddag na bewering ‘n ander vrou gevra om vir ‘n paar minute lank na haar baba te kyk.
"Hulle het die openbare toilet in Warwick Junction gebruik.
"Die vrou het verdwyn en haar baba met die vreemde vrou gelos,” het kapt. Khephu Ndlovu gesê.
Die polisie is tans besig om na die vrou te soek.
- Sapa