Johannesburg

Saterdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

16°C
29°C

7 day forecasts

Hartbaba se gesin kan nie wag dat sy huis toe kom

2010-02-09 08:29

Susan Cilliers

Johannesburg - Klein Ashleigh-Karin Louw het gister haar eerste mylpaal gevier: sy het ’n maand oud geword en was wakker genoeg om vir haar familie te kyk en haar ledemate te beweeg.

Dié baba word sedert haar geboorte in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto se neonatale waakeenheid versorg.

Sy is gebore met Pentalogie van Cantrell, ’n voorgeboortelike ontwikkelingsafwyking wat veroorsaak dat onder meer die maagwand en borsbeen nie behoorlik sluit nie. Lyers word gevolglik dikwels met ’n gedeelte van die hart en ingewande buite hul borskas gebore. Die hart is dikwels, soos ook in Ashleigh-Karin se geval, misvorm.

Haar ma, Anastacia Louw, het gister gesê hulle is baie positief en dat dit onder omstandighede goed gaan met dié jongste dogter van haar en haar man, Jonathan.

Die wonde van ’n operasie wat sy kort ná geboorte gehad het, is aan die genees. In dié operasie is Ashleigh-Karin se maagwand, diafragma en borsbeen sover moontlik herstel en die ingewande en gedeelte van haar hart wat uitgesteek het, in haar borskas teruggedruk.

Louw het gesê hoewel sy aan haar baba kan raak, frustreer dit haar dat sy haar nog nie kon vashou en vertroetel nie. Tuis wag haar kleertjies op haar. Ashleigh-Karin se twee sussies en boetie kan ook nie wag dat sy huis toe kom na die res van die gesin in Eldoradopark nie. “Maar ons hou haar goedjies vir haar gereed.”

Louw waak elke dag by haar jongste kind. “Ons moet maar net cope. Wat anders kan ons doen as net te bid?”

Wanneer Ashleigh-Karin ouer is, sal sy ’n paar hartoperasies ondergaan om haar hartfunksie te verbeter.

- Die Burger

Lees meer oor: baba  |  geboortes

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 23-29°C Sprinkles late. Afternoon clouds. Warm. PE: 19-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Audit Manager(AA)

Gauteng - Pretoria
Network Recruitment CA- Centurion
R850,000-950,000 Per Annum Cost To Company

Financial Director (AA)

KwaZulu Natal - Durban
Network Recruitment CA- Centurion
R850,000-950,000 Per Annum Cost To Company

Tax Accountant

Mpumalanga
Frontline Gauteng (Head Office)
R275,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 3.0 T FSi Quattro Tiptronic
2009
R 589,000.00

ISUZU

KB240i D-Cab LE PU MY07
2007
R 179,900.00

MERCEDES

CLS 500 7-sp Touchshift
2005
R 439,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!