Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Skoolhoof reël glo sluipmoord

2009-10-27 08:11

Alet Rademeyer

Johannesburg - Die kringbestuurder van die Mpumalanga-onderwysdepartement wat verlede week in sy motor doodgeskiet is, was blykbaar die slagoffer van ’n sluipmoord wat glo deur ’n skoolhoof gereël is.

Isaac Mohale Matsoabane (59) is Woensdag tussen 06:00 en 07:30 voor die onderwysdepartement se kringkantoor in Witbank geskiet terwyl hy koerant gelees het.

Komm. Rex Machabi, waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, het gister in ’n verklaring gesê twee mans is in hegtenis geneem.

Isaac Magugu Mlambo (42), waarnemende hoof van die Kopanang High School in Witbank, en Themba Bongani Xulu (35) het gister in die landdroshof in Witbank op aanklag van moord verskyn. Hulle is nie gevra om te pleit nie en die saak is tot 2 November uitgestel.

Hulle bly in aanhouding.

Luidens die verklaring het Mlambo na bewering die moord beplan. Hy het Xulu glo R25 000 beloof indien hy van Matsoabane ontslae sou raak.

Die polisie het leidrade opgevolg en Mlambo Donderdag in Middelburg aangekeer.

Hy het die polisie na Vosloorus in Gauteng gelei waar Xulu gearresteer en ’n 9 mm-pistool by hom gevind is. Daar is vasgestel dat Mlambo om die pos as hoof by Kopanang aansoek gedoen het.

Hy het Ma­tsoabane blykbaar daarvoor verantwoordelik gehou dat hy nie die pos gekry het nie.

Die verdagtes het bekentenisse afgelê.

- Beeld

Lees meer oor: sluipmoorde  |  onderwys  |  misdaad  |  moord

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Morning clouds. Warm. PE: 22-28°C Broken clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Dynamique 1.6 5-dr
2004
R 69,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09 8-sp Multitronic
2009
R 325,000.00

LEXUS

IS 250 SE
2008
R 299,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

SENDERWOOD

Single Residential - House R 10 000 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 6 150 000

CONSTANTIA

Single Residential - House R 30 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!