Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Polisie verkrag glo jong ma

2009-10-27 06:48

Oliver en sy vrou praat oor die gebeure. (Beeld)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Twee polisielede in uniform het ’n ma van drie jong kinders glo eergister “herhaaldelik” in die vroeë oggendure in Kemptonpark, Johannesburg verkrag.

Martie Olivier (29) se man, Sarel, is daarna woedend na die Kemptonpark-polisiekantoor waar hy verskeie polisielede aan diens met die vuis aangerand het.

Volgens mnr. Olivier kon hulle later dieselfde dag nie klagte van verkragting indien nie, omdat die polisie glo nie hul verklarings wou afneem nie.

Olivier en sy vrou het Saterdagaand by sy ouers in Birch Acres gebraai, waarna hulle by ’n nabygeleë kroeg ’n drankie gaan drink het, het hy gister aan Volksblad vertel.

Hul nagmerrie het kort ná middernag op pad huis toe begin toe mnr. Olivier in ’n huis se oprit ingedraai en weer agteruit gery het om ’n U-draai te maak.

’n Gemerkte polisievangwa het toe skielik voor die egpaar se Toyota Run-X gestop.

Twee mans in polisie-uniform het daarna uitgeklim en die motor se deur aan die bestuurderskant oopgeruk, het mnr. Olivier vertel. Hulle het hom toe glo sonder enige verduideliking agter in die vangwa gegooi.

“Die een polisieman het na my gekom en gevra wat ek bereid is om te gee vir my man om los te kom,” het mev. Olivier vertel.

Sy het R400 wat sy by haar gehad het, vir hom gegee.

Hy het egter wéér gevra: “Is jy regtig lief vir jou man? Is daar nie meer wat jy kan doen nie?”

Hy het toe glo agter die stuur van hul motor ingeklim en na die Kemptonpark-polisiekantoor gery. Die polisievangwa het agterna gery, het mev. Olivier gister vertel.

“Sowat 200m van die polisiekantoor het ek gesien die motor trek van die pad, maar ek het niks daarvan gedink nie. Dis mos polisie,” het mnr. Olivier gister vertel.

By die polisiekantoor het die polisielid wat die vangwa bestuur het, die deure agter oopgeswaai en glo aan mnr. Olivier gesê “dat hy dronk bestuur het, maar nou kan gaan”.

Die ander polisielid het na bewering kort daarna in die Run-X met mev. Olivier op die passasiersitplek langs hom by die polisiekantoor aangekom. Toe mnr. Olivier langs haar in hul motor klim, het sy vir hom gesê sy is verkrag.

“Sy het getraumatiseerd gelyk en ek kon sien haar onderklere is geskeur,” het hy gister vertel. Hy het hierna kaalvuis onder polisielede ingeklim.

Mnr. Olivier se regterhand was gister nog verbind.

“Toe ek weer by my motor kom, was my vrou weg. Ek het gedink sy het weggehardloop.”

Sy het vermoedelik haar bewussyn verloor nadat een van die polisielede glo haar kop teen die instrumentpaneel gestamp het terwyl mnr. Olivier in die polisiekantoor was. Volgens mev. Olivier was twee polisielede egter by haar in die motor toe haar man in die polisiekantoor was.

Mev. Olivier het vertel sy het eers weer op die sitkamervloer van ’n onbekende huis wakker geword.

Haar volgende herinnering is dié van ’n sekuriteitswag wat haar in die blomtuin van die Boston-sakekollege wakker skud.

“‘Hy het my gevra hoekom die polisie my hier afgelaai het. Ek kon hom nie antwoord nie,” het sy gesê.

Ná ure se gesoek het mnr. Oliver haar glo eindelik om “presies 07:20” in ’n gehawende toestand vanaf die Boston-sakekollege sien stap. Hy het haar onmiddellik na die polisiekantoor geneem waar sy medies ondersoek is.

Semen is aan haar liggaam en rok gekry. Sy het ook sigbare beserings aan haar geslagsdele gehad.

Met Volksblad se besoek was daar ’n reuse-knop teen haar voorkop.

“Ek het krapmerke en bloukolle tussen my bene en aan my lyf. In ons motor was daar ook bloed van die eerste keer wat ek verkrag is,” het sy gister vertel.

Mev. Olivier neem sedertdien antiretrovirale middels om haar teen MIV/vigs te beskerm.

Die Oliviers het gister klagte van verkragting, aanranding en omkopery ingedien. “Ek kan nie nou alles presies onthou nie. Ek was so benoud toe ek die klag moes gaan indien. Ek wou nie eens soontoe gaan nie. Ek vertrou nou niemand nie,” het sy gesê.

Sy is egter vasberade om “sterk te wees”.

“Wie weet wie is volgende op hul lysie?”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: polisie  |  verkragtings

Lewer kommentaar op dié storie


Ryno 2009-10-27 11:11
Wie vertrou mens deesdae? En meer belangrik - wat doen jy as die Polisie jou stop? Bel die Polisie?
Danie Bruwer 2009-10-27 12:05
Met die lees van hierdie berig kan 'n man nie anders as om moordadig kwaad te word nie.
Hierdie halsmisdaad wat deur 'n sg. dienaar van die gereg, wat eintlik maar niks anders as 'n ANC kommunis/terroris in 'n polisieuniform is nie, het my vertroue in die SAPS finaal geknak. Ek sal hulle nooit weer kan vertou nie!!!!!
In die tyd toe daar nog beskaafde westerse standaarde gegeld het in Suid Afrika was verkragting 'n hals misdaad strafbaar met die dood!! Dit het sorteer onder 'n eerste bylaag misdryf. Om nog 'n paar te noem nm. MOORD, ROOF, VERKRAGTING en daar is nog 'n paar.
Nou word daar gister berig dat die drie narre, ZUMA, CELE en die blink stefaans NATHI MTHETHWA, van die vrot piesang republiek kerm oor die wettige wapens in privaatbesit. Die wettige wapeneienaars moet nou ontwapen word sodat die drie narre en hulle terroriste, met of sonder uniform, gewapen op die ongewapenes kan toeslaan om te verkrag en te moor.
Hierdie misdadigers in uniform wat hulleself polisie noem moet voor die hof gedaag en uit die samelewing verwyder word vir 'n minimum tydperk van minstens 25 jaar. Eintlik moes die drek gehang het, die doodstraf gekry het.
Zuma en sy bende kommuniste wat voorgee om die land te regeer moet hulle huis in orde begin kry en hulle swart volgelinge begin dissiplinneer.
Indien nie wag daar droewige dae vir hierdie land. Daar word alreeds 'n onverklaarde oorlog teen veral die weerlose oumense, kinders en vrouens gevoer waarvan hierdie berig dit bevestig.
Hierdie misdade gaan toeneem en eskaleer totdat die hel in Suid Afrika finaal losbars en dan moet hierdie terroriste nie huil as hulle seerkry nie.
Hierdie knape het baie lig daarvan afgekom, Sarel Olivier was hulle baie genadig.
Indien so iets my vrou oorkom is dit oordeelsdag!!!!!!!
Wie Anders? 2009-10-27 12:06
En dis nou die barbaarse diere wat veronderstel is om ons te beskerm? En hoeveel mense is gearresteer so ver? Wanneer moet mens nou sê: DIS GENOEG! Ek dink hulle kan BAIE bly wees Sarel Olivier het nie een van hulle dienspistole in die hande gekry nie. So, wat staan ons nou te doen? Gaan dit net ongesiens verbygaan? Ek sê "when in africa, do like the africans" - bring die hele lot dat ons hulle kan stenig soos hulle in Diepsloot maak met boewe!
Johan Gouws 2009-10-27 12:12
Dit is nou die 'polisie' wat ons moet beskerm!!.Toe ons jonger was is ons geleer as jy hulp nodig het soek 'n polisieman....magtig as jy nie die polisie kan vertrou nie wie kan jy???beslis nie die regering nie.Ons bly in Perth en moes alles oordoen,hulle aanvaar nie eers S.A. bestuurs lisensies nie,reken dit kan gekoop word,die res van die wereld weet hoe korrup S.A. is.
Ek kry die vrou bitter jammer,iets moet gedoen word!!!
Chrisna 2009-10-27 12:19
As jy nie stop vir die polisie nie, skiet hulle jou, as jy stop dan verkrag hulle jou.
danie bruwer 2009-10-27 12:31
'n Jakkals verander van hare, maar nie van streke.
'n Kommunis/terroris verander van uniform, maar nie van ideologie of skelmstreke nie!!!
n' Uniform maak nie van blanke haters heiliges nie.
Thelize 2009-10-27 12:42
Miskien moet ons wette so bietjie verander,soos in irak as jy steel kap hulle jou hande af as jy moor word jy gemoor as jy verkrag dan kap hulle daai deel ook maar af dit sal die beste ding wees want weet julle wat tronk help nie meer in die land nie.Jammer dit klink koud maar dit is hoe koud ek van binne voel teenoor als wat deedae gebeur.Hoe moet n vrou haar self beskerm is daar nog oordentlike mense in die land.Nie eer n dier sal so is doen nie.Ek is so gatvol vir die stront....
gatvol 2009-10-27 13:00
sue die bleddie minister van polisie
Wolf 2009-10-27 13:51
Misdadiger-polisie is misdadigers. Verkragting is misdaad teen die mensdom, en verdien doodstraf op die plek. Polisieverkragters is dubbele misdadigers en kan GEEN genade kry nie. Hulle behoort uit die beskerming van die polisiestasie gehaal word en tereggestel te word. Zuma het mos gese daar kan nou geskiet word om dood te skiet.

Hoeveel langer moet die Blanke verniel word? Hoeveel meer gaan ons opvreet?
propatria 2009-10-27 14:03
n Polisieman op diens verteenwoordig die wettige regeering van die dag, die dame is dus deur die regeering verkrag en die minister moet as twede beskuldigde aangekla word, ons Boere gaan opstaan daarteen en die minister aanspreeklik hou vir sulke gedrag. Die tyd het aangebreek dat ons nie meer net lees oor sulke gevalle nie, die SAPD wapens word gebruik met die rowe, en daar is geen orde nie, n regeering behou net regeerings mag terwyl hulle efektief kan regeer, en dit is na my mening nie meer die geval nie.

Boere Groete
DE BLIKSEM IN 2009-10-27 14:23
SLANG VRA VIR SKILPAD WAT MY OOR DIE RIVIER HY IS IN VLOED SKILPAD SE NEE JY GAAN MY BYT EN PIK, NEE SE SLANG, HELP MY NET, SKILPAD GEE IN EN VAT HOM OOR DIE RIVIER. ANDERKANT AAN GEKOM, PIK DIE SLANG HOM, EN SKILPAD SE EK HET JOU MOS GESE JY GAAN MY PIK, SLANG SE SORRY OU MAAT DIS MY NATUUR........DIS SY NATUUR, HY BLY DIE SLANG AL HET HY VERVEL.
bekommerd 2009-10-27 15:31
Dit maak my naar!! Verbeel jou nou net dit was jou eie vrou? Net soos Danie Bruwer se......geen genade. Vraag is net waneer is dit genoeg? Hoeveel arme vroue, kinders, ou mense moet nog daaronder lei.ons lieflike nuwe polisie hoof (heeltaml 'n ander artikel) het ook toe nou besluit hy is nie happy met die goverment huise wat vir hom gegee kan word nie, hy het gegaan en 'n huis van 3.iets miljoen gekoop in Waterkloof wat na sy standaarde reg is. Sy m**r man ! geld is al wat op die brein is
Henry 2009-10-27 15:38
Hierdie polisiemanne het nou eenmaal te ver gegaan. Waar kry hulle die reg om aan ons, die kinders van die Lewende God, Yahweh, se vrouens te raak en ongestraf daarvan af te kom? HIERDIE POLISIEMANNE VERDIEN DIE DOOD, NIKS MINDER NIE. Die regstelsel gaan hulle beskerm, dus is die regstel ook hier onwettig. Die SAPD en die regstelsel het nou die wetsverbrekers geword.

Dis lankal nie meer misdaad wat die POLISIE pleeg nie. Dis VOLKSMOORD. Niemand kan ons kwalik neem as ons die verbrekers uitwis nie. Dis selfverdediging. Ons het 'n reg daartoe.
Deon 2009-10-27 16:50
Ag toe toe, klim julle nou weer almal van julle seepkissies af!
Kom ons vergeet die ligte voorvalletjie waaroor julle julleself nou so opwerk, want niemand gaan hulle tog daaraan steur nie.

Wees liewer konstruktief en fokus op die rassistiese skandaal waarin die Reitz 4 ons land gedompel het met hulle skandalige ontgroening van swart werkers. Werk liewer gedetermineerd daaraan om die wêreld se hulp in te roep om daardie 4 studente te verhoed om ooit weer te kan studeer, want hulle dade was onvergeefbaar!

Los nou die ou plaasmoordjies, kapinkies, verkragtinkies, gewapende rooftoggies en ander onbenulligheidjies uit en fokus liewer op die werklik ernstige goed soos studente ontgroenings en pleknaam veranderings.

Dan kan ons dalk saam 'n verskil aan ons toekoms maak!
Angelique 2009-10-28 00:17
Ag, moet tog asb nie hierdie dom, verkrampte "boere-boere" geteem hierby insleep nie. Ons dra nie almal kortbroeke, tiervel onderklere en khaki kouse met kamme daarin nie. Ek lees deesdae die nuus op die "south african sucks" blog waar die harde waarheid reguit gepraat word. Google gerus die naam en stap weg van sieklike politieke korrektheid.

Edwin 2009-10-28 07:30
Die media fokus onophoudelik op die Kovsie saak, maar verkragting en moord verkry min aandag.
Die SAPD weet nou skynbaar nie wie het bestuur of wie was aan diens nie. As 'n mens na die 12 maniere kyk van hoe Volksmoord ontken word, wal hierdie gedrag in daardie kategorie. Met minder as 2.1 miljoen blankes in S.A oor, sal iemand wakker moet word!
Uzziel 2009-10-28 09:04
Mag YHWH ons almal genadig wees in die tyd! My innigste simpatie met die Oliviers. Ek wens so dat daar meer was vir my om te doen as om slags kommentaar te lewer op die nuusberig. Dit is skokkend om die minste daarvan te seg. Dit verdien nie om met enige iemand te gebeur nie. Sarel, ek is trots op jou dat jy opgestaan het en vir jou matigheid, want ek weet nie of ek soveel selfbeheersing sou kon toepas nie. Ek bid dat julle genesing van die letsels sal ontvang en by Hom gaan skuiling soek. In enige land waar die burgers werklik vry is, het hul die reg en die vermoë om hulself te beskerm. Een van die eienskappe van kommunistiese lande en ander waar op mense se "regte" inbraak gemaak word is die waar die mense nie wapens mag dra om hulself te beskerm nie. Hoe kan ons nou die wapens uit wetsgetroue burgers se hande neem met gebeure soos die wat plaasvind? Verder wil ek julle almal seg om julle te skaam dat julle nie enigsins die situasie betreur nie, maar die politiseer na beide kante toe! Ja, daar is 'n tyd vir geregtigheid, maar hoe stel jul jul eie agendas voor jul medelye met die Oliviers? Laastens Mnr. Deon, HOE DURF JY?! Hier is 'n vrou verkrag, mense word vermoor en jy het die cheek om te seg dat mense anderkant toe moet kyk na 'n rasistiese voorval genaamd die "Reitz 4"! Skaam jou. Jy seg reguit dat die saak eerder mense se aandag moet verg as moord, roof en verkragting! Jy maak sowaar pleknaam veranderings van hoër prioriteit as die sake. Mag u gesien word as die ware wolf in wolfklere wat u is. Ek skaam my vir jou. As jou gesprek tong-in-die-kies is moet jy dit dalk net erens duidelik maak en dan getuig dit steeds van baie slegte smaak.
Adrian 2009-10-28 09:21
Leer by die Zimbabweërs - 'n onoffisieële aandklokreël geld. Probeer om jou draaie vroegaand klaar te maak en bly weg van kroeë af. Die skelm polisiemanne het juis ‘n houvas gesoek op sagte teikens. Dis maar hoe die duiwel werk. En al vang hulle die skuldiges en laat hulle ry aan die pen, is die skade wat hierdie egpaar aangedoen is baie moeilik geneesbaar.
Connie 2009-10-28 12:26
Hierdie arme mense se lewens is totaal verwoes deur mense wat jy veronderstel is om te moet kan vertrou vir jou veiligheid. Dis dinge soos hierdie wat more ou nuus is en nuwe skokke wat opduik wat ons nasie en mans het waar hulle is.nl.Slapgatjies. Die swartes sal op mars as so iets gebeur maar wat doen ons wit mans? Sit en komentaar en wag dat iemand anders iets doen.Skaam julle man! Sal ek ook begin uit volle bors singe...De La Rey, De La Rey..sal jy die slapgat mans hier kom lei De La Rey.. Ons vrouens sit met groot oe en wonder waneer staan mans op en se genoeg is genoeg, nee, magtag!
Kobus 2009-10-28 13:54
Ja nee kyk dit is skokkend maar net nog n statistiek en dit is waarheen ons oppad is,na die selfde Afrika lande soos Zim waar daar geen wet en orde is nie,ek sal net graag wil weet as die hele ding om gekeur was en dit blanke konstabels was? sterkte aan die Olivier gesin en mag die hand van God oor julle wees.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Morning clouds. Warm. PE: 22-28°C Broken clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Head: Internal Audit

Gauteng - Centurion
Deloitte & Touche
R700,000-800,000 Per AnnumMarket Related

Operations Analyst

Western Cape - Cape Town
MC²

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Dynamique 1.6 5-dr
2004
R 69,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09 8-sp Multitronic
2009
R 325,000.00

LEXUS

IS 250 SE
2008
R 299,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!