Meisie (4) vir maande vermis
2009-10-14 11:01
Johannesburg- Sowat drie maande nadat ‘n vierjarige meisie in Grahamstad vermis geraak het, duur die soektog na haar steeds voort.
Margaret Davids, ook bekend as "China", het op 4 Junie saam met vriende gespeel toe sy spoorloos verdwyn het.
Volgens insp. Milanda Coetzer, polisiewoordvoerder, het Davids en ‘n vyfjarige vriend rommel versamel toe beide deur ‘n onbekende man opgelaai is.
Die vyfjarige kon daarin slaag om te ontsnap maar die man het met Davids op die vlug geslaan. Die voertuig is kort daarna opgespoor maar daar was geen teken van die jong meisie nie.
Die soektog na Davids duur steeds voort. Enigiemand wat die polisie kan uithelp met hulle ondersoek kan Bangela by 082-416-8707 kontak.
– Sapa