Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Koeëlvaste baadjies vir 2010?

2009-10-21 17:01

Koeëlvastebaadjie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Leverkusen, Duitsland – Sokkerspelers hier is Woensdag gewaarsku dat hulle tydens volgende jaar se toernooi koeëlvaste baadjies in Suid-Afrika sal moet dra wanneer hulle van die hotel wegbeweeg.
 
Die hoof van die sekuriteitsfirma BaySecur, wat na die Duitse Sokkerfederasie (DFB) en hul gaste omsien wanneer die nasionale span in die buiteland speel, het gesê sterre soos Michael Ballack sal ekstra versigtig in Suid-Afrika moet wees.

BaySecur is een van die firmas wat na verwagting deur die sokkerfederasie ontplooi gaan word, terwyl die span aan die toernooi vanaf 11 Junie tot 11 Julie gaan deelneem.

“Die moontlikheid vir die spelers om buite die hotel se grense te beweeg, sal tot 'n minimum gehou word,” het Guenter Schnelle van BaySecur aan die Duitse tydskrif Sport-Bild gesê.

“Só nie, moet die span ten volle vergesel word deur sekuriteitsbeamptes, en daar moet ook koeëlvaste baadjies vir die spelers wees.”

Die DFB kyk reeds na moontlikhede om die veiligheid by die span se hotel in Pretoria te verskerp.

Volgens Helmut Spahn, sekuriteitsbaas by BaySecur, gaan hulle 20 ekstra sekuriteitswagte aanstel vir die span se verblyf by hul hotel.

“As gevolg van die hoë misdaadsyfer in [Suid-Afrika] wil ons geen kanse vat met sekuriteit of veiligheid nie.”

“Ons sal seker meer personeel as gewoonlik gebruik,” het Spahn gesê. Hy gaan reeds volgende week vier dae in Suid-Afrika deurbring om veiligheidsmaatreëls te bekyk.

Volgens Spahn is die kanse klein dat die DFB tydens die toernooi slegs op Suid-Afrikaanse sekuriteitswagte sal staatmaak. Hy sê Duitsland se polisie is reeds in gesprek met hul sokkervereniging oor dié kwessie.

- AFP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: veiligheid  |  2010  |  sokker  |  duitsland

Lewer kommentaar op dié storie


Dave in Durbs 2009-10-25 11:29
Hulle sal daarmee moet speel ook. As die buitelandse spelers almal met koeëlvaste baadjies speel sal dit Suid-Afrika se sokkerspelers moontlik geleentheid laat kry om 'n paar doele te skop.
Ajan 2009-11-30 15:16
As die oorsese toeriste so aangaan, maak dit my skoon bang om te dink ek leef elke dag in so land sonder 'n koeelvaste baadjie en onbewus van al die misdaad rondom my. Dit moet seker 'n fees wees om oorsee in vrede te leef.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Morning clouds. Warm. PE: 22-28°C Broken clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C#.NET Developer JP20494

Gauteng - JHB North/Sandton
E-Merge IT Recruitment
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Dynamique 1.6 5-dr
2004
R 69,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09 8-sp Multitronic
2009
R 325,000.00

LEXUS

IS 250 SE
2008
R 299,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!