Johannesburg

Saterdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

16°C
29°C

7 day forecasts

Suid-Afrikaners droom van WB rykdom

2009-11-12 13:40

Johannesburg – Van die rykste miljoenêrs in Kaapstad tot die eienaars van beskeie huisies in Soweto, talle Suid-Afrikaners droom om 'n bietjie kontant uit volgende jaar se sokker Wêreldbeker te maak.

Sommige mense is selfs bereid om vir die paar weke uit hul huise te trek, met die hoop om dit aan welaf besoekers uit te verhuur, en sodoende buitelandse valuta te maak.

Pryse van sekere woonstelle in Johannesburg en ook in ander omgewings het onlangs tot vier, vyf en selfs ses keer die normale prys gestyg, al het die meeste aanhangers nog nie besluit waar hulle gaan woon nie.
 
In Kaapstad vra sommige eienaars van luukse huise langs die strand tot R90 000 per dag, het Samuel Seeff, een van Suid-Afrika se top-eiendomsagente, gesê.
 
Sulke huise sal aan groot maatskappye uitverhuur word, meer spesifiek aan borgskappe van die Wêreldbeker, en sal vir vyf of meer uitvoerende hoofde bederf met swembaddens, jacuzzi’s, en binnenshuise videoskerms.
 
Aan die anderkant is daar huiseienaars in Soweto wat hul huise in gastehuise omskep het, en wat ook ook baie toeriste tydens die Wêreldbeker volgende jaar gedurende Junie en Julie verwag. Hulle beplan egter om so min as R350 per aand te vra.

Kenners meen winste op akkommodasie sal bepaal word deur waar groot spanne soos Brasilië, Engeland en Duitsland speel.
 
Die bestemming van elke span se wedstryde in die eerste rondte sal in Desember bepaal word.
 
Seeff is in vennootskap met Gary Bailey, voormalige doelwagter van Manchester United, en bemark privaat eiendomme aan Wêreldbeker besoekers. Maar volgens hom is sekere mense se verwagtinge onrealisties.

Hy het gesê die meeste besoekers wag eers vir die trekking om plaas te vind voor hulle begin om verblyf te soek.

Daar is glo sekere inwoners van Soweto wat hul huise afgebreek het om gastehuise te bou. Hulle sit nou sonder geld of besprekings.
 
- Reuters

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op dié storie


Gierig 2009-11-12 14:39
Moenie die wa voor die perde span nie, jul gaan dalk groot verliese ly. Die Soccer worldcup gaan in die land kom en ons gaan nie eers agterkom dit is hier nie. Hul verwag maar so 400 000 ekstra mense, ons het al 'n paar miljoen van Afrika geabsorbeer en jy kom dit nie eers agter nie. Klomp mense gaan met 'n klomp skuld sit aan die einde van WB. Alle voorspoed aan die banke wat geld uitleen aan al die huisveranderings!!
Laspos 2009-11-12 15:39
Tog gaan hier en daar mense geld maak, maar dit gaan beslis nie n Lottobedrag wees nie. Skade gaan daar beslis wees, maar geluk aan die ouens wat gaan score. Ons almal wil graag he ons kinders moet eendag ryk skoonouers he.!!
Deon 2009-11-19 14:59
Ek dink ons moet 'n webwerf begin om oorsese toeriste (en selfs ons arme 'locals' wat sou nou en dan bietjie rondry) te waarsku teen plaaslike gierigheid en uitbuiting! Op die werf kan mens lyste plaas van aanvaarbare pryse vir dinge soos verblyf, wegneemetes, taxi / bus/treinpryse en selfs algemene inkopies e dinge soos klerasie. Dit is absoluut belaglik dat elke Jan Rap en sy maat, van Jabu in Soweto tot bekende kettingwinkels op lughawens toegelaat word om sulke absolute gierigheid ten toon te stel. Al wat hulle daarmee gaan bereik, is om toekomstige toeriste die skrik op die lyf te jaag, soos wat menige "eksklusiewe" wildplase, vakansiebestemmings en winkels by gewilde toeriste bestemmings reeds suksesvol regkry.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 19-32°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Sprinkles late. More sun than clouds. Warm. PE: 19-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

NATIONAL MARKETING MANAGER

Gauteng - JHB North/Sandton
Terence Bowker
R65,000 - R75,000 p/m

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R200,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R200,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl MY09
2009
R 475,000.00

AUDI

A4 2.6 Cabriolet AT
1998
R 109,000.00

AUDI

A6 3.0 Quattro
2009
R 410,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!