Johannesburg

Saterdag

Mostly sunny. Pleasantly warm.

16°C
29°C

7 day forecasts

ASA: Chuene het Caster 'uitstekend' hanteer

2009-09-14 07:11

Retha Grobbelaar

Johannesburg - Leonard Chuene, Atletiek Suid-Afrika (ASA) se president, het die omstredenheid rondom Caster Semen­ya “uitsonderlik goed” hanteer en hy moet aanhou om die land se atlete te verdedig.

Dít was een van die resolusies wat ASA se algemene raad oor die naweek op ’n vergadering in Pretoria aanvaar het.

Molatelo Malehopo, ASA se algemene bestuurder, het gister gesê daar was geen versoek van die algemene raad dat enigiemand, insluitend Chuene, moet bedank nie.

“Die raad was onomwonde in sy ondersteuning,” het hy gesê.

ASA is ook geprys vir die ondersteuning wat hy aan Semenya gegee het.

Die steun vir Chuene en ASA se bestuur volg nadat Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, Vrydag gesê het ASA moet sy rol in die Semenya-sage aan hom verduidelik.

Die DA het gister ook gesê ASA moet sy “onvermoë om die regte van ’n Suid-Afrikaanse atleet te beskerm” aan die portefeuljekomitee vir sport en ontspanning verduidelik.

Die raad eis verder dat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) verskoning vra aan Semenya, haar familie en die res van Suid-Afrika.

“Die IAAF het versuim om die vertroulikheid wat ’n saak van sulke sensitiwiteit benodig, in ag te neem,” lui ’n resolusie.

’n Wetenskaplike en regspan is ook aangewys om die Semenya-sage verder met die IAAF te bespreek. Chuene moet sy bedanking van die IAAF-raad terugtrek, het die raad gesê.


- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op dié storie


Das 2009-09-14 07:56
'n Pryslied vir die baas deur die mense wat vir hom werk, moet maar met dieselfde subjektiwiteit, as waarmee dit gedoen is, gemeet word.
Pieter du Plessis 2009-09-14 08:11
Hoe kon enige iemand verwag dat die ASA enigeiets anders sal kwytraak? Die mense is nie in staat om hulle eie foute te aanvaar nie en MOET altyd iemand anders die skuld gee en veral as hulle die rassekaart kan speel. Die IAAF pas hulle reels toe, maar hulle moet verskoning vra vir die debakel. My simpatie is by Semenya wat sekerlik op die stadium heeltemaal deurmekaar moet wees en nie verdien wat nou aan die gebeur is nie.
calliefer 2009-09-14 08:25
Mnr Chuene, ek wil sommer namens ALLE atletiekliefhebbers van hierdie land, vir die baie bekwame wyse waarop jy die Caster-debakel hanteer het. Dit is regtig waar n riem onder die hart om op te sien na u. Ek is dus nie verbaas om te sien dat jou hele komitee met my saamstem nie. Hoe gelukkig kan ons wees om te gaan slaap met die wete dat atletiek in SA in bekwame hande is. Ek dink u het u doel gedien by ASA. Wat van n possie in die ANC? Skakel asb. vir mnr. Malema vir verdere inligting!
Charlie 2009-09-14 08:47
Geen wonder die res van die wêreld lag net vir die Afrika kaskenades nie.
Andre 2009-09-14 11:08
Hoe kan iemand wat in sy eie woorde om "emosionele" redes uit die IAAF bedank het dan nou ewe skielik geag word die omstredenheid rondom Caster "uitsonderlik goed" te hanteer het.Ek wens ek kan in hierdie mense se koppe kyk wat daar aangaan.
Wow 2009-09-14 12:51
Het enige iemand inligting dat ASA reeds begin van hierdie jaar soortgelyke toetse op haar laat doen het?
4x4 2009-09-14 12:51
Pres Zuma moet die min van sport en die hele ASA span fire.
4x4 2009-09-14 13:00
Pres Zuma moet die min.van sport en asa fire
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 19-32°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-28°C Sprinkles late. More sun than clouds. Warm. PE: 19-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Tax Accountant

Mpumalanga
Frontline Gauteng (Head Office)
R275,000 Per Annum Cost To Company

Corporate Governance Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company

External Audit manager

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4i 5-dr
2009
R 156,218.00

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2007
R 129,990.00

AUDI

A4 2.0 TDi Attraction Dsl MY09
2009
R 299,899.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!