Tiger Woods terug op die gholfbaan?
2010-02-07 23:15
Los Angeles - Die gholfspeler Tiger Woods gaan glo volgende week terug huis toe en beplan om eersdaags aan die Tavistock-beker deel te neem.
Dié toernooi word op 22 en 23 Maart by die Isleworth-buiteklub gehou.
Volgens 'n werker van die gesin sal Woods na verwagting volgende week na sy huis in Windermere terugkeer.
Woods het in Desember aangekondig dat hy 'n onbepaalde breek van dié sport gaan neem ná sy buite-egtelike verhoudings aan die lig gekom het.
– TMZ