Johannesburg

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts
Tim du Plessis

'n Blaaskans vir Joost

2009-11-06 08:19

Die Britse koningshuis het ’n diktum vir daardie moeilike tye wanneer een of meer van hulle se gekwelde private lewe in die media beland: Never complain, never explain.

Lyk my Joost en Amor, maar veral Joost, het dié gesegde aangepas tot “verduidelik baie, verduidelik dikwels en kla ’n bietjie, veral oor die media”.

Joost se media-blitz die afgelope week is soos ’n ma wat dink sy sal haar kind se geneul oor lekkergoed stopsit deur die kind ’n hele sak lekkers te gee in die hoop dat die ooreet die lekkergoedlus vir altyd sal wegneem.

Dalk het hy gedink as hy hot en bles onderhoude toestaan en in elke denkbare radio- en TV-program verskyn, sal die media-aptyt vir “Joost in seksvideo” gestil word.

As jy van nature sinies is, sal jy sê hy wil eintlik maar net sy boek verkoop.

Ek dink darem nie so nie. Hy het my Woensdagaand op kykNET se Kwêla oortuig hy is nogal regtig spyt. Maar dan: Hy moet Amor oortuig, nie vir my nie.

Die arme man, dis ’n maritale Everest wat hy moet uitklim. Maar soos hy self sê, dit was sy eie onnoselheid. Nou moet hy nog net een stappie verder gaan en ophou om dwarsklappe na die media te mik.

Hy het nie net vir Amor gelieg nie, maar ook vir ons. Agt maande lank.

Onthou, as jy bekend is met ’n hoë profiel en jy wil iets doen wat jy nie in die media wil sien nie, moenie dit doen nie. Dis so simpel soos dit.

Want as jy die reëls oortree en jy beland in die media, is dit nie die media se skuld nie, dis net jou eie skuld. En ek sê dit nie omdat ek al 33 jaar ’n koerantman is nie, ek sê dit uit dure ondervinding.

Die media sal daardie stories jag en gebruik, want dit is wat hulle doen. Dis soos om ’n drie te gaan druk as die doellyn skielik voor jou oopgaan. Joost behoort te weet.

Ek wil nie en kan nie vir Joost oordeel nie. Wie kan?

Maar daar is ’n paar lesse wat almal kan leer. Een: As jy ’n fout gemaak het, stel dit dadelik reg. Hoe langer die leuen volgehou word, hoe groter is die skade en hoe moeiliker kom die vergifnis.

Twee: Moenie toesmeer nie. (Lees: Bly weg van Bolhuis). En moet niks doen in die hoop dat jou probleem vanself sal verdwyn nie. Dit sal nie. Dit word net erger.

Oud-pres. Richard Nixon van Amerika is nie primêr gekelder omdat sy knoeiers by die Demokratiese Party se kantoor in die Watergate-gebou ingebreek het nie. Die sonde waarvoor die Amerikaanse volk hom nooit vergewe het nie, is dat hy vir hulle gelieg het oor die sameswering en dit wou toesmeer.

As jy regtig wil, kan jy nog die stomme ou Leonard Chuene van Atletiek Suid-Afrika se storie glo dat hy Caster Semenya probeer beskerm het. Maar sy leuens kan jy nie sluk nie.

Met dit alles gesê, dink ek Joost en Amor verdien ’n blaaskans. Veral sy.

Al is dit albei se beroep om bekend en beroemd te wees, is hulle ook mense van vlees en bloed, geregtig op die ruimte om privaat te wees en hul dinge uit te sorteer.

Dis nie om te sê die media gaan niks verder skryf oor Joost en Amor nie. As een of albei nuus maak, gaan ons daaroor berig.

Ja, dit was maar ’n rowwe week met Joost, Jurie en Robbie wat pal op die voorblaaie geboer het. Nie juis die soort prentjie wat ons graag van “onse mense” wil sien en vir ons kinders wil wys nie.

Moet seblief tog nie die koerante blameer nie. Dis soos om vir die spieël kwaad te wees as jy nie hou van wat jy sien nie.

Op vandag se voorblad rol die koppe, by wyse van spreke, van Chuene en die beteuterde Eskom-baas, Jacob Maroga.

Was dit nie vir meedoënlose media-aandag nie, sou dié twee pligsversuimers nou nog daar gesit het. Die koerante wat hul bloedhond-rol hier so goed gespeel het, is ook dié wat so knaend oor Joost geskryf het. Dink gerus daaraan.

– Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Tim

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op dié storie


marnic 2009-11-06 15:10
Dis reg Tim! Ek kan dit nie verstaan dat die grootste gros van ons sogenaamde "sterre" of "supersterre" alewig in die modder moet ploeter om die koerant se voorblad te haal nie !! Ons het Joost en Steve { Amor tussen hakies} Jurie Els en Robbie Klay{ Kleivoete?}
Charmaine Weavers en wragtig ou Percy haal ook die koerant met aanranding op SY VROU!!En ek vertel jou, daar kom nog n klomp skandes van ons belese "sterre"!!
Koos van der Walt 2009-11-07 10:13
Kom ons gee vir Joost en Amor ruimte om hulle dinge soos grootmense uit te sorteer.Ons is te geneig om sondebokke eerder diepe die stront in te trap as om n helpende hand uit te steek en ten minste simpatie te toon.Ja,hy was verkeerd in alle opsigte maar die man het diep berou en ek wil glo Amor het hom diep lief en wil,ongeag wat gebeur het,hom behou.Nie net ter wille van haarself nie,maar ook die pragtige,onskuldige kindertjies.Kom ons erken dat meeste van ons ook maar een of ander gerammtejie saamsleep.
Joost my mag NOOIT WEER so lieg nie en ook nooit weer jou familie teleurstel nie.
Sterkte aan julle albei.
qvadis 2009-11-08 07:57
Om te dink dat ontugpleeg erger is as Moord op die witboere...O! Ja ..ook waar die media wil nie die briewe plaas wat die mense daaroor skryf nie anders word hulle "gefire" deur die ANC. en kie.(Kom media wees n man nie n muis)
André/Mpumalanga 2009-11-08 10:34
 Tim in sy rubriek en baie ander soos ook ek het in briewe en kommentaar vir Joost aangevat. Joost die "rolmodel" se dade is veroordeel. Baie in reaksie hierop, en ook 'n klomp met trane in die oë, het gepleit dat Joost en Amor moet 'n breek gegee word. Die media, en die wie Joost se dade veroordeel het, is deur sekeres veroordeel en uitgekryt as die vark in die verhaal. Geen mens mag ooit die eerste klip gooi nie, maar mag mens vir seker jou gemeenskap se norms en morele waardestelsels aan spreek en die wie dit bedreig tot verantwoording roep. Dit is vir sekere mense soos dit met die eerste liefde ervaar is wat seergekry en vertrap voel. Jy, jou hele wese, wil dit nie aanvaar nie. Jou hele wereld stort in duie en veg jy teen die oorgawe van jou emosie. So veg baie vir Joost en Amor. Ons self moet egter ook die spieël op hou en die realteit in die oë kyk. Skuif eers daai emosie wat ons almal voel as so iemand seergekry het en ons wil daai persoon net om die skouers vat, saam huil en onderskraag, so effe eenkant. Staan so effe opsy van ook ons eie emosionele ervaring, al het dit hoe seergemaak en kry perspektief. Gee onsself ook net ruimte om die realiteit in die oë te kyk en tot die besef te kan kom dat die morele waardes en normes van die gemeenskap moet ook bewaar en uitgeleef word. Die draers en bewakers hiervan is die kerke, die media en die gemeenskap wie se verantwoordelikheid dit is om hierdie sedes en morele vergrype aan te spreek en ons, ons kinders en die gemeenskap teen te beskerm. Ouers moet self ook die voorbeeld as rolmodelle vir hul kinders stel en hulle leer wat reg en verkeerd is. Kinders erf gedragspatrone en waardestelsels van hul ouers en sal hierdie waardes geleer met hulle by bly tot hul oudag. Hierdie normes en waardes sal weer aan hul kinders oorgedra word. Ons kyk na die reaksie van skrywers en kommentators in die media volgende op al die beriggewing. Ons kyk ook na die reaksie van die oortreders die afgelope en vorige week wie ons norms en morele waardestelsels bedreig. Tim het in sy rubriek dit so duidelik verwoord dat hierdie mense is ook mense wie dit hul beroep maak om bekend en beroemd te wees. Ons kyk dus hoe hulle nou die geleentheid van oor die naweek af aan gryp en daai golf met nuwe ywer ry. Hulle dryf dit en wil daai golf tot nuwe hoogtes aan, terwyl hulle ‘n breek gegee word.
Tog so jammer... 2009-11-08 11:27
Joost!??Het jy gevra vir "ster" status?? NEE, al wat jy gedoen het was om goeie rugby te speel. Tog jammer nê jou talent het aan jou "ster" status gegee en nou boet jy daarvoor!! Hoe onregverdig!! Jy en Steve altwee. Jammer vir jou/julle en jou gesinne.

Mag ons asseblief die knaap van George se bakkies op die voorblaaie kry. Hy was mos die meesterbrein agter hierdie hele saga...
henk 2009-11-08 21:13
Oh jee, Tim, jy slaan die spyker reg op die kop. Die media veg vir alle sake die uitgesoek moet word. Oke, nie alle sake word baaie goed uitgesoek, maarja, wy gaan uit van die goed sake dat die media wel haar dinge doen. Joost he baaie sake uit te leg. Maar hy is ook een baaie bekend persoon ook so vir Jurie en Steve. Sy allen moet besef, en dit het Dozy reeds gedoen.. hy swyg stil. hy is clever, maar die ander syn media belus, eers op die voorblad en als sy beskinder word gaan sy kla. Stop bekendes, stop hiermee laat die media haar werk doen en ben reg dur see. Maar ook vat die politici aan. Sy gee baaie sleg voorbeelde seker die Malema. Daar moet strenger opgetree word. Vier bodygards kost baaie geld vir syn grote mond. En Zuma maar praat hy kan baaie groot word als politicus. Pas op jullie Suid Afrikaners.
Matt Heyns 2009-11-09 17:37
Ja maar.... raar maar waar eskom se baas is dan nog daar!
Matt Heyns 2009-11-11 08:15
Ek vermoed die knaap het die ou bul, in plaas van die jong bul, se advies aanvaar!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-32°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company

Management Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Strada 1.2 EL PU
2006
R 59,995.00

HYUNDAI

Accent 1.6 GLS MY07
2007
R 99,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY XS V8
2002
R 124,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LLANDUDNO

Single Residential R30,000,000

SAFARI GARDENS

Single Residential R14,500,000

SEA POINT

Single Residential R3,000,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!