Johannesburg

Sondag

Widely scattered tstorms. Broken clouds. Warm.

15°C
29°C

7 day forecasts
Leopold Scholtz

FW het in 1990 die onvermydelike gedoen

2010-02-05 08:21

Die herdenking van pres. FW de Klerk se toespraak 20 jaar gelede waarin die verbod op die ANC/SAKP en ander swart bewegings opgehef is, het in die Afrikaanse koerante en op kletswebwerwe tot ’n stortvloed woedende en gefrustreerde reaksies aanleiding gegee.

Tipies van die houding by baie skrywers was die opskrif by ’n brief in Beeld: “FW het gelieg, gelieg en gelieg.”

Nou ja, daar is maar min politici wat nie die waarheid ten minste effens plooi wanneer dit hulle pas nie. Maar die Vader weet, FW verdien nie die haat en nyd wat oor hom uitgestort word nie.

Kom ons onderskei twee vrae van mekaar.

Een: Het FW op 2 Februarie ander lewensvatbare keuses gehad as om die ANC/SAKP en ander bewegings te wettig? Twee: Kon die NP-verteenwoordigers méér in die onderhandelinge met die ANC bereik het?

Ten eerste dan: Die klipharde waarheid is dat die magsverhoudinge begin 1990 sodanig was dat die destydse regering niks anders meer kon doen nie.

Sanksies was nie deurslaggewend nie, maar dit het toenemend gewurg en die ekonomiese groeikoers afgerem, waardeur pogings om materiële griewe by die swartes uit die weg te ruim gekortwiek is. Dit het die ANC/SAKP gepas.

Die deurslaggewende faktor was egter die mate waarin die ANC/SAKP die swart mense – hetsy deur intimidasie of oortuiging – kon mobiliseer.

Enige regering, selfs die mees diktatoriale, kan slegs regeer as hy kan staatmaak op óf die aktiewe steun van die massa óf die mense se passiewe aanvaarding.

Géén bewind kan op die duur oorleef as die massa hom aktief teenstaan nie.

Dit is wat in die jare tagtig in Suid-Afrika gebeur het.

Die staat het stadigaan tot stilstand begin knars – staatsamptenare, polisiebeamptes en soldate kon hulle slegs in groot getalle en met oorweldigende vuurkrag in die meeste townships waag.

En ja, dwang en intimidasie het ’n groot rol hierin gespeel. Sowat van ’n brute veldtog voor én ná 2 Februarie 1990 het Suid-Afrika nog nooit gesien nie.

Of ’n mens nou daarvan hou of nie, dáárteen sou geen enkele regering (allermins een van die KP of AWB!) op die duur kon standhou nie – die land sou in ’n algemene chaos, burgeroorlog en bloedvergieting weggesink het.

Toe die Berlynse Muur val, is die internasionale magspolitieke en ideologiese mat bowendien onder die ANC/SAKP weggepluk.

Dit het die risiko van ’n 2 Februarie 1990 aansienlik verklein. FW het ’n bloedbad voorkom.

Die tweede vraag: Ja, die NP-verteenwoordigers kon in die onderhandelings meer bereik het, maar nie vreeslik veel meer nie.

Die magsverhoudinge het ná 2 Februarie bloot verder versleg, en die ANC/SAKP het briljant daarin geslaag om die regering as die skurk en homself as die onskuld self af te skilder.

Dus, grondwetlike foefies soos ’n minderheidsveto, etnies-gebaseerde koalisie en roterende presidentskap was, om die minste te sê, naïef.

De Klerk word soms ook daarvan verwyt dat hy nie sy troefkaart, die weermag, ingespan het nie. Ja, hy kon Soweto en Khayelitsha in as gelê het, hy kon tienduisende swart mense laat doodskiet het – maar wat sou dit opgelos het?

Nee, die weermag was slegs ’n beperkte opsie waarvan gebruik gemaak is soveel as wat moontlik was.

Maar selfs met dié beperkings in ag genome, sou die onderhandelaars tog iets meer kon bereik het.

Daar is genoeg getuienis dat die ANC/SAKP tot meer toegewings bereid was.

Die probleem is dat FW nie sy eerste span ingestuur het nie, maar mense wat nie eens op die reserwebank van die derde span tuisgehoort het nie.

Mnr. Roelf Meyer was pateties en kon, as hy wou, meer bereik het vir Afrikaans en groter provinsiale magte.

Hy kon voorkom het dat die ANC/SAKP die verlede deur middel van die Waarheids-en-versoeningskommissie kaap.

Maar goed, alle denkbare grondwetlike waarborge kan ’n regering nie dwing om goed te regeer nie.

Die grondwet wat ons gekry het, is nie ideaal nie, maar bied voldoende ruimte vir burgers om dit as wapen in te span.

Die punt is: Lê die wil aan die dag en gebruik dit!

* Die skrywer is Media24 se verteenwoordiger in Europa.

- Oorspronklik verskyn in Die Burger

 

Stuur jou kommentaar aan Leopold

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op dié storie


Marius Coertze 2010-02-05 08:52
Vader weet, FW verdien elke stukkie kritiek wat op hom uitgestort word. Leopold mis twee dinge: (1) FW het die keuse gehad om die eerlose oorgawe aan die ANC/SAKP te maak en hy het besluit om dit te doen. Of dit die regte keuse was, kan ons vandag oor debatteer, hoewel die harde feite vandag teen FW is. (2) FW het gruwelik versuim om die regte van minderhede, soos die Afrikaner, tydens die onderhandelinge te verskans. Die harde feite vandag is ook daar teen FW. Die ergste van alles is dat daardie twee growwe flaters nie slegs 'n akademiese oefening is nie, maar dat meer as 300 000 mense reeds vermoor is sedert 1994. Meer as 20 000 Afrikaners is vermoor. En dan praat bevoorregtes soos Tim du Plessis en Leopold Scholtz dat "die land sou in n algemene chaos, burgeroorlog en bloedvergieting weggesink het"?? Dit is dan presies wat sedert 1994 gebeur het!! Of is al die plaasmoorde en meer as 300 000 vermoordes vir daardie twee here nog nie genoeg nie?! Vader weet, die mense se koppe is in die sand oor die werklikheid.
Alkie 2010-02-05 14:37
Selfs die Duiwel het goeie punte maar dit maak hom nog nie goed nie. Dit is vir my snaaks hoe hard die media probeer om die duiwel goed te praat en dit geld nie net op die terrein nie.Maar op alle vlakke vn die lewe. Aangesien julle nou so graag publisiteit verleen aan die verraaier.Hoekom verleen julle nie meer publisiteit aan die positiewe mense in die land wat n volkstaat wil he nie. Maar nee,dit bots moes met die regering se beleid.Naamlik die onderdrukking van die positiewe Wit mense in die land. Julle self is nog onder die breinspoeling, dat ons volk nie kan saam staan nie.As ons verskil dan is dit mos omdat ons nie kan saam staan nie.Siestog,die hele wereld mag verskil maar ons mag nie.Ons is mense soos enige ander mense.Ons is nie volmaak nie.Maar almal dink my volk is die volmaakte wesens hulle moet soos gebreinspoelde honde agter die leiers aanloop en se ja.amen.Kyk wat het julle die media en die NP bereik met julle breinspoeling.DWAASHEID en n gekkeparadys.Waar daar wraggies mense is wat nog glo in die dwaasheid.En hulle word as positief deur die media voorgestel. As dwaasheid dan positief is,wil ek daarmee niks te doen het.As ek soos n gebreinspoelde hond agter die media en sy venoot die ANC regering en die NP van ouds moet aanhardloop.Dan is dit beslis beter om DOOD te wees.Want in daardie staat weet jy NIKS. My volk se mense is besig om die breinspoeling af te skud en wakker te word,amal wat wakker word word wakker met verbasing.Dit is asof hulle in n rip van winkel slaap toestand was.Kan nie glo wat om hulle aangaan nie. Maar julle en die bose werk hard daaraan om hulle weer in n slaap en gebreinspoelde toestand te kry.Maar,haai dit werk nie. Ek sien tot wit Engelsprekendes in hierdie land is besig om daardie diepe hipnose af te skud.Ek sien in al die westerse lande skrik die wit mense wakker.Dus staak julle dwaasheid en skrik wakker en kyk wat om julle aangaan. Julle moet regtig wakker word en gou ook.Want as julle nie wakker word nie.Gaan daar nog meer bloed vloei.Ek juis omdat julle nog steeds slaap is daar nog meer bloed aan julle hande.
Matt Heyns 2010-02-05 19:23
Bull
Matt Heyns 2010-02-05 19:34
Die Afrikanervolk is onstuimig omdat sy menswaardigheid, menseregte en demokratiese ideale oënskynlik deur die gebrekkige FW grondwet en oorheersing deur ‘n swart diktatuur erg in die wiele gery word. Die Afrikanervolk is per slot van sake die belangrikste minderheid in SA en mag nie kwalik geneem word vir hulle siniese houding en re-aktiewe gesindheid teenoor die bou van die reënboog nasie nie. Dié witstam in Afrika wat deur ‘n gek soos FW verraai is.
‘n Wanbalans tussen hierdie kragte kan aanleiding gee tot gebeure wat die donkerste kant van die Afrikaner volk na die KOKENDE oppervlakte bring in etniese suiwering. Om hierdie rede is dit doodsaaklik dat hierdie kragte spoedig in harmonie gestel word om ware gelykheid, volledige menseregte enegte demokrasie in die multi-etniese gemeenskappe in SA te bewerkstellig.
Probleme rondom etnisiteit en nasionalisme is so aktueel omdat die wêreld waarin ons lewe in baie belangrike opsigte deur hierdie dinamika gerig en gestuur word. ‘n Wêreld wat vandag praat van globalisme omdat dit al kleiner word. Wat vir wêreldburgers en ander kosmopoliete na geringe verskille (narcisme) lyk word vir ander die kern van hulle eie identiteit. Ons Afrikaanse taal, ons eie kultuur, ons geskiedenis en ons godsdiens gee aan ons die diepste betekenis van ons menslikheid as Afrikaners.
Die Afrikanervolk in die algemeen wil nie eenders word met sy medeburgers nie en stel nie belang in huwelike met verskillende etniese groepe nie. Die wêreld sal mettertyd besef dat die Afrikaner diep binne in hom Afrikaner wil bly en ook sal bly. Ons sal nie toelaat dat gekke soos De Klerk ons rig nie. Once bitten twice shy!

Brentie 2010-02-06 10:25
Ja jy is reg as jy se daar was 'n terreurveldtog.Jy het egter nagelaat dat dit gevoer is deur 'n spul opgesweepte jong mense.

Hierdie jonges het nie respek vir enigiemand
gehad nie, nie selfs hul eie ouers nie.
Baie personeellede was so moeg in die dag
dat hul gele en slaap het.
Hoekom? Doodeenvoudig hul kinders het hul
so geintimideer om deel te neem aan opruiende byeenkomste in die aand dat hul
doodeenvoudig te moeg was om die volgende
dag te werk.(hierdie absolute minagting
vir menselewens kom ook tot uiting in vandag
se geweldmisdade)

Hul kon nie anders nie, want wat doen jy as jou eie kinders dreig om jou huis af te brand
of as jy sien dat mense 'n aaklige halssnoer
dood sterf met dansende tieners om hul.

Daar is nooit uit 'n magsposisie met die
ANC onderhandel nie maar hierdie terroriste
bendes is vanuit die staanspoor as gelykes
behandel.
Die ANC het ook nie 'n homogene groep verteenwoordig nie, maar wel verskillende
bevolkingsgroepe wat deur dieselfde taktiek
gedwing is om deel te word aan 'n Godverlogende alliansie.

Swart tuislandleiers is gedreig dat hul van
gesig van Suid Afrika verwyder sal word as hul nie saamspeel nie en ander is deur
massabetogings gedwing.

Op al die vergaderings wat ek om plaaslike
bestuur bygewoon het was daar nooit enige
begeerte om uit te vind hoe gesonde
munisipaliteite werklik funksioneer nie.

Die 'bottom line' was altyd ,hoeveel geld
is daar.

Dit was opmerklik by die tot standkoming
van die groter Benoni, swart dorpsgebiede
in 'n haglike toestand was.
Raadstoerusting is sonder raadsgoedkeuring
verkoop om kontant te bekom.Ook het almal
hul geld uit die pensioenfonds waaraan hulle
behoort het onttrek en duur motors aangeskaf.

Hulle het geweet dat hul in topposte sou beland en dat hul daardeur weer groot
bydraes tot 'n pensioenfonds van die nuwe
Raad sou bekom.

Alle bestaande strukture is afgebreek en
deur 'n kommunisties geinspireerde sentralisasiebeleid vervang, met die gevolg dat dit maande lank neem om iets te herstel.

Goed toegeruste werkswinkel, met opgeleide
onderhoudspanne wat sorgvuldig oor die jare
opgelei is het net eenvoudig verdwyn.

Daar is gevalle waar nuwe bestuurders van
departement nie geweet het wat om te doen
en ek weet van een geval waar 'n wit adjunk in allerhaas aangestel moes word om die
skip vlot te hou.

Nee dit is tyd dat die volk die waarheid
vertel word en ingelig word waarom ons in
die toestand is waarin ons is.Doodeenvoudig.
die nuwe regeerders het eenvoudig nie oor
die mensemateriaal op voetsoolvlak beskik
om die NSA te bestuur en daarom strompel
dit van een krisis na 'n ander.

Dit is mi waar de Klerk gefaal het,hy het
eenvoudig skip SA aan 'muiters' oorhandig
sonder om vas te stel of hul wel oor die
vermoe beskik het om dit te bestuur.

Om daarna die bestuurskajuit te verlaat omdat
jy nie jou sin kry nie is nog 'n groter
flater.

NIemand is so gek asom nie te besef dat
verandering nodig was nie,maar dit gaan
oor die manier waarop jy verandering aanbring
wat tel.

Die blote feit is dat onder die ANC-bewind
tussen 19000 en 20000 mense jaarliks hul
lewens verloor teen oor die gemiddeld van
7000 onder die NP-bewind.
Daar het dus +/- 336000 mense hul lewens
onder die aprtheidsregering verloor teen
oor die +/- 320000 onder die ANC-bewind.

Nou moet jy eerlik terugkom en erken dat
NSA wat dit aanbetref veel slegter daaraan
toe is as in die ou SA (OSA).

Ja daar is ongetwyfeld derduisende mense
ontwortel deur hervestigiging maar dan moet
jy ook nie vergeet om die talle boere by te
tel wie se plase onteien is vir vergroting
van tuislande en wat ook maar jare geduldig
op hul vergoeding moes wag.So in die opsig
het dit ook maar vrot gegaan in die OSA.

Die geskiedenis sal leer dat NP gesien hul
agtergrond, hul was maar 'n groot padda
in 'n klein politieke dammetjie eenvoudig
weens arrogansie,want hul was gewoond om
vir 48 jaar sonder 'n werklik ernstige
bedreiging van regs of links te reageer,
nie opgewasse was teen die harde baarde
van die ANC.

Dit is doodeenvoudig aaklig om in Andrew Feinstein se boek 'After the Party' te lees
hoe een na die ander NP-onderhandelaar die
knie vir sy teenstander moes buig.

Nee moenie kom en regses as verbitterde
mense uitmaak nie, sien ons eerder as mense
wie se waarskuwings in die wind geslaan is
en nou saam met linkses die bitter vrugte
van 'n mislukte oorgawe moet proei.

Daarom vind ek die afkraking van mense
wat nog iets soos in Orania op die been
probeer bring waglik, want waarom mense
afkraak wat ver van alles af 'n nuwe lewe
probeer maak doodeenvoudig omdat hul nie
langer welkom in NSA is nie en van die sinnelose verguising en geweld probeer ontsnap.

Dit is tog nie dat hul bakhand staan en bedel
by die linkses of die ANC-regering nie.


Leendert van Oostrum 2010-02-08 22:06
Beste Leopold,

Die "haat en nyd" wat jy beweer wat De Klerk nie verdien nie, het drie oorsake:

a) Ja, daar was 'n goeie geleentheid vir verandering maar nee, De Klerk het daarvan 'n gemors gemaak, soos jy tereg aantoon. De Klerk het die steun van die meerderheid wit kiesers gehad om die geleentheid te gebruik. Hy het NIE hul steun gehad om 'n gemors daarvan te maak nie. Daarom berou die meeste kiesers wat in die referendum "ja" gestem het vandag die steun wat hulle aan De Klerk gegee het en voel hulle verneuk.

b) De Klerk verseg om sy aandeel in die daaropvolgende katastrofe te erken en probeer nog steeds die paaipolitiek te be-oefen. Hy gee voor dat dit slegs 'n klein groepie "regses" is wat weier om paslike geluide van dankbare tevredenheid met die hudige situasie te laat hoor. Dit opsigself maak mense woedend.

c) Naspes het in die jare na die grondwetlike revolusie voluit gegaan om sy lesers met dieselfde paaipolitiek om die bos te lei. Hulle het dieselfde "regse kaart" tot vervelens toe gespeel om ontevredenheid te stigmatiseer en stil te maak. Naspes het so ver gegaan dat hy Afrikaners hul identiteit en selfs hul naam ontsê het. En nou probeer daardie selfde Naspes De Klerk ophemel as groot en dapper held. En speel steeds (soos daardie dwase Tim du Plessis hierdie week) die "regse kaart" teen enigeen wat nie Naspes se lofbetuiginge teenoor De Klerk beaam nie.

Ek het 'n sterk vermoede dat juis die feit dat die Naspes De Klerk so ophemel sterk bydra tot die intensiteit van die "haat en nyd" wat teen De Klerk gemik word.

Want jy moet nie die wrewel teen Naspes self onderskat nie.
Betsie 2010-02-09 05:39
Leopold Scholtz se skrywe hierbo, moet met minagting verwerp word. Hy word betaal om gerieflikheidshalwe baie feite en WAARHEDE daarin te verswyg. Hy verswyg dat Roelf Meyer en Pik Botha alreeds ANC was tydens die 1992-onderhandelinge. Ook dat Roelf Meyer en Pik Botha tans nog steeds ANC is. Dit, Mnr Scholtz, noem ons "HOOGVERRAAD". Jy onderhandel nie TEEN die vyand, as jy kort daarna toevallig by die vyand aansluit nie!! Ook verswyg Scholtz opsetlik alle feite dat Dr Andries Treurnicht 'n WERKBARE opsie gehad het vir SA. Naamlik om SA in 4 regverdige, permanente, werkbare dele op te sny en vir elke volk sy eie deel te gee. Ook verswyg Scholtz opsetlik die toestande van "wat sou gebeur het as ....." - teenoor die WERKLIKE, verskriklike toestande van vandag!! Ook verswyg Scholtz hoe SA was VOOR 1992 en hoe dit VANDAG is. En hy ignoreer alle LEUENS wat FW De Klerk die volk vertel het. Onder andere beloftes van eie kerke en skole. Nou het ek net 'n paar verswygings genoem. So, Mnr Scholtz, die volk glo jou so min as die verfoeilike NP's.
Matt Heyns 2010-02-18 12:15
Fris Willie was poot uit (om verskillende redes) en het saam met Mandela die Notule van Verstandhouding in 'n oomblik van waansin onderteken. Daarna kon die ANC die gemors grondwet sonder minderheids regte voltooi en soos 'n kat wat in die hoekie gepiepie het glimlag want die Boer het die hele plaas op 'n skinkbord vir hulle gegee. Arme gek wat hy is probeer nogsteeds gat kruip. Maar die dag gaan aanbreek dat hy gekielhaal gaan word!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C Sunny. Mild. Jhb: 17-31°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Dbn: 15-29°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Warm. Pta: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 20-24°C Rain showers. Decreasing cloudiness. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

NATIONAL MARKETING MANAGER

Gauteng - JHB North/Sandton
Terence Bowker
R65,000 - R75,000 p/m

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R200,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R200,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

S3 2.0 TFSi Quattro 3-dr MY09
2009
R 448,020.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 159,000.00

AUDI

A4 2.0 TDi Attraction Dsl MY09
2009
R 299,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 27 000 000

MORNINGSIDE

Single Residential - House R 16 500 000

UMDLOTI BEACH

Single Residential - House R 6 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!