Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts
Henry Jeffreys

Los die ‘ons’ en ‘hulle’ van ’n nasie de moer in

2010-02-08 08:32

Johan was baie reguit. Hoe durf Sandra Laing apartheid die skuld gee vir wat met haar gebeur het, vra hy Vrydagoggend aan Freek Robinson op RSG.

Sy veroordeling van Laing het soos batterysuur oor die lugweë gespoel en selfs die normaalweg vlugvoetige Robinson gegooi.

Sandra Laing se verhaal is ’n skandvlek van skandvlekke. En om haar in haar duidelik pynlike manier te hoor praat van haar tragedie was pynlik meesleurend. Sy hoop mense soos Johan kan haar vergewe. Hoekom moet sy vergewe word?

Baie van ons weet van apartheid se pyn en lyding. Bitter min van ons kom naby wat hierdie merkwaardige vrou moes deurmaak bloot omdat haar velkleur ’n aks of wat donkerder is as dié van haar bloedfamilie. ’n Fliek het weer eens die fokus geplaas op die vergryp wat apartheid was en waarom dit tereg op die ashoop van die geskiedenis hoort – saam met die ander groot ideologiese misdade van ons tyd – Naziisme, Stalinisme en Maoïsme.

Afrika self het sy kwota van dodelike magsvergrypers – Idi Amin, Mobutu Sese Seko, Sani Abacha en Robert Mugabe. Dis ’n moeilike pil vir mense soos Johan om te sluk, maar apartheid is baie tuis in die galery van menseregtevergrype.

Tog is Suid-Afrika anders. Ons is nie almal so ongenaakbaar soos Johan nie. Dit is bevestig deur Robinson en byna elke ander luisteraar se onmiddellike skerp veroordeling van Johan se, wel, gewetenloosheid.

Dit is hierdie land se redding, hoe moeilik dinge ook mag lyk op die pad wat ons loop (trek?) na die land wat FW de Klerk en Nelson Mandela min of meer in hierdie tyd twintig jaar gelede vir ons in die vooruitsig gestel het.

In die (wit) Afrikaanse gemeenskap het ’n Beeld-peiling gedui op nog ’n Afrikaner-trek – hierdie keer klaarblyklik na ’n fisieke en geestelike plek van afsondering. Klaarblyklik weens die vele dinge wat verkeerd loop onder die ANC. Daar word gepraat van ’n verskuiwing van Afrikaners se gesindhede – ek reken na ’n soort psigiese Orania. ’n Gatvol-faktor, soos wat dit was met die Groot Trek. Ons kan dit nie meer vat nie, so ons trek!

Die vraag is waarheen?

Die ding omtrent Johan is dat hy en ander soos hy ’n boeiende dog brutale eerlikheid weerspieël oor wie en wat hulle is. Dis ’n rou en afstootlike onbegrip van wat apartheid werklik was. Maar hulle is nie “die Afrikaners” nie. Hul vorm van rassisme (dis eenvoudig wat dit is) is ook nie uniek nie.

Oral in die wêreld is daar soortgelyke mense. Dit is belangrik dat ons die onderskeid tref tussen hulle en diegene wat inkoop in die idee van ’n nie-rassige menswaardigheid.

Nie met armbande soos wat die Nazi’s met die Jode gedoen het nie, maar met die oortuiging van die waardes wat ons as ’n geheel deel – of ons Afrikaners, Afrikane of wat ook al is. Dis die plek waar ek glo, nee weet, die meerderheid van Suid-Afrikaners van Afrikaner-herkoms se harte klop. Hulle is ons en ons is hulle.

En geen onverkwiklike radikale randakkers kan dit verander nie. Ook nie die heersende maghebbers nie.

Ons s’n is ’n land van groot kompleksiteit en problematiek. En ons in die Afrikaanse leefwêreld het ’n groot en selfs leidende rol om te speel om dit te help verwerk. Nie in belang van ’n uitgediende oorlewingsdrang nie, maar in die belang van ’n wonderlike land.

Juis daarom is die indrukke wat ’n mens kry uit Beeld se peiling so ontnugterend en ontoereikend. Dit dui op ’n versugting om terug te trek na die bekende “ons is op ons eie”, eerder as ons is deel van die geheel wat eweneens swaar trek weens misplaaste optrede van die verkose regering.

Glo my, ons is nie alleen nie! Die ANC se sukkelende vermoë om gestalte te gee aan ’n “beter lewe vir almal” tref alle Suid-Afrikaners – met die uitsondering van die blink opkomende en gevestigde elite – dieselfde.

Gans die hele nasie is de moer in. En dit is waar ons heil lê – agitasie deur hande te vat met die res van ons landgenote, want ons is almal aan die ontvangkant en elders gaan dit erger...

Dus, veroordeel en isoleer die Johans en hul meer gesofistikeerde Machiavelli’s in ons leefwêreld en vat hande met Suid-Afrikaners wat die welstand van die land as prioriteit het en nie skroom om die regering die stryd aan te sê nie.

Dit is ons historiese missie – vir mense soos Sandra Laing en haar en ons eie toekomsgeslagte.

- Oorspronklik verskyn in Die Burger
 

Stuur jou kommentaar aan Henry

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op dié storie


Matt Heyns 2010-02-08 11:25
Die nuwe Afrikaners asook ander minderhede behoort die idees en opvattings van die meeste gebruikers met groot behoedsaamheid en skeptisisme te benader. Moderne Afrikaner nasionaliste, wat die historiese konteks van die gebeure behoorlik kon verstaan en die innerlike morele krag gehad het om namens Afrikaners en ook ander minderhede te beding, het geskitter in hulle afwesigheid.
Die twee dekades wat vir SA uit geloop het op die dramatiese omwentelinge van die negentiger jare was dus gewis een geval waar die verligte en verkrampte Boere nie ‘n plan kon beraam nie.
Die nuwe SA is derhalwe in vele opsigte ‘n wrange erflating van hulle misvattings.
Brentie 2010-02-08 20:41
Ek dink die volgende al is dit ook in engels
gee nogal 'n goeie aanduiding van die voorloper van apartheid.

'Precursors of apartheid (1815-1910)
The British colonial rulers introduced a system of Pass Laws in the Cape Colony and Colony of Natal during the 19th century.[3][4][5] This stemmed from the regulation of blacks' movement from the tribal regions to those occupied by whites and coloureds, ruled by the British. Laws were passed not only to restrict the movement of blacks into these areas, but also to prohibit their movement from one district to another without a signed pass. Blacks were not allowed onto the streets of towns in the Cape Colony and Natal after dark and had to carry their passes at all times.[6]

The Franchise and Ballot Act of 1892 instituted limits based on financial means and education to the black franchise,[7] and the Natal Legislative Assembly Bill of 1894 deprived Indians of the right to vote.[8] In 1905 the General Pass Regulations Bill denied blacks the vote altogether, limited them to fixed areas and inaugurated the infamous Pass System.[9] Then followed the Asiatic Registration Act (1906) requiring all Indians to register and carry passes,[10] the South Africa Act (1910) that enfranchised whites, giving them complete political control over all other race groups and removing the right of blacks to sit in parliament,[11] the Native Land Act (1913) which prevented all blacks, except those in the Cape, from buying land outside "reserves",[11] the Natives in Urban Areas Bill (1918) designed to force blacks into "locations",[12] the Urban Areas Act (1923) which introduced residential segregation and provided cheap labour for white industry, the Colour Bar Act (1926), preventing blacks from practicing skilled trades, the Native Administration Act (1927) that made the British Crown, rather than paramount chiefs, the supreme head over all African affairs,[13] the Native Land and Trust Act (1936) that complemented the 1913 Native Land Act and, in the same year, the Representation of Natives Act, which removed blacks from the Cape voters' roll.[14] One of the first pieces of segregating legislation enacted by the Jan Smuts' United Party government was the Asiatic Land Tenure Bill (1946), which banned any further land sales to Indians.[15]

Jan Smuts' United Party government began to move away from the rigid enforcement of segregationist laws during World War II.[16] Amid fears integration would eventually lead the nation to racial assimilation, the legislature established the Sauer Commission to investigate the effects of the United Party's policies. The commission concluded integration would bring about a "loss of personality" for all racial groups."

Dit is dus duidelik dat apartheid toegepas
is lank voor 1948.

Dit is jammer dat apartheid ook die skuld
moet dra vir alles wat verkeerd gegaan het
tussen volkere.

Dr Elma Ross 2010-02-09 13:37
Brentie, jou doring. Baie dankie vir die aanhaling. 'n Mens kan ook byvoeg dat die Britte in die AngloBoereOorlog Swart, Bruin en Indier gewerf het om te help om plase af te brand; vroue, kinders, siekes, bejaardes, gebreklikes en geestesarme mense te terroriseer; om moeders te verhoed om hulle kinders se grafte te besoek. Praat van 'n wyse om mense te verdeel!

Tans is daar verdeling bloot omdat baie blankes bang is vir swart-op-wit geweld. Hierdie verdeling sal onmiddellik afneem as swartes ophou om blankes in hulle huise / plase aan te val, te terroriseer, martel en vermoor.
Matt Heyns 2010-02-21 16:00
Die nasie is soos die regstaat,'n mite, met apartheid soos dit hoort, hoog en droog!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Morning clouds. Warm. PE: 22-28°C Broken clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Retail Store Manager

Western Cape
Crabtree & Evelyn
R 10 000 p/m to R 12 000 p/m

HR & ADMIN ASSISTANT

Gauteng - JHB North/Sandton
Stafforce Recruitment Services

Category Manager: Toys

Western Cape - Cape Town
Media24

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Dynamique 1.6 5-dr
2004
R 69,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09 8-sp Multitronic
2009
R 325,000.00

LEXUS

IS 250 SE
2008
R 299,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KYALAMI

Farm R 21 500 000

HATFIELD

Single Residential - House R 2 730 000

BEDFORDVIEW

Single Residential - House R 12 500 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!