Wallis-baas glo Eng kan WB wen
2010-02-09 12:51
In-diepte Verslae
Die Wêreldbeker-sokkertoernooi gebeur net een keer elke vier jaar – dit is hoekom werkers verdien om hul werksplekke vroeër te verlaat.
Sepp Blatter hoop dat Afrika se eerste Sokker Wêreldbeker ‘n blywende erfenis sal nalaat wat sal help in die stryd teen MIV/Vigs.
Johannesburg - John Toshack, die spanbestuurder van die Walliese sokkerspan, meen dat Engeland een van drie aanspraakmakers op vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan wees.
Die Walliese sokkerspan is in dieselfde groep as Engeland, wat in September vanjaar vir 2012 se Euro-sokkertoernooi moet kwalifiseer, geplaas.
Die res van dié kwalifiserende groep bestaan uit Switserland, Bulgarye en Montenegro.
Toshack wat voorheen ook Real Madrid se spanbestuurder was glo dat Engeland, Spanje of ‘n Afrika-land, in Julie op glorie gaan aanspraak maak.
“As ek moes kies, sou ek sê dat Engeland een van my topkeuses is en ek dink ‘n Afrika-span sal ten minste tot die halfeindronde deurdring,” het Toshack gesê.
- Sport24