Zim-koalisie: Een jaar later
2010-02-09 14:25
Harare – ‘n Jaar het verby gegaan sedert President Robert Mugabe geforseer was om deel te word van ‘n koalisieregering, maar wantrou en politiese rusie belemmer Zimbabwe se herstelling.
Nadat politieke geweld die land oorheers het weens mislukte verskiesings in 2008, het Morgan Tsvangirai eerste minister van Zimbabwe op 11 Februarie 2009 geword.
Die 85-jarige Mugabe was in beheer van sekuriteit geplaas terwyl Tsvangirai oorgelaat was aan finansies.
Meer as helfte van die bevolking het toe kos benodig en stormwaterriool het ‘n cholera epidemie veroorsaak waaraan meer as 4000 mense dood is.
Dokters en onderwysers het hul werk gelos terwyl werkloosheid tot 94% gestyg het.
Aangesien Zimbabwe besig was om te disintegreer het die regering in Januarie die Amerikaanse dollar in Zimbabwe wettig gemaak.
Die dollar het die ekonomie gestabiliseer en het supermarkte toegelaat om weer basiese goedere aan te hou, soos sout, suiker en kookolie wat luukshede geword het.
“Ons het so baie in so min tyd reggekry, maar ek sal die laaste persoon wees om te sê dat als rooskleurig is,” het Tsvangirai aan AFP gesê.
Die ekonomie het met 4.7% gestyg, wat die eerste teken van groei in ‘n hele dekade toon.
Volgens Antony Hawkins, ‘n ekonomies analis, sal ‘n volle ekonomiese herstelling egter 10 tot 15 jaar neem.
“Ons benodig politiese sekerheid om vorentoe te beweeg. Die ekonomie word teruggehou deur politici,” sê hy.
Dis egter moeilik om Zimbabwe se politiese hoofpyne reg te maak.
Tsvangirai se Movement for Democratic Change (MDC) en Mugabe se ZANU-PF veg steeds oor Mugabe se eensydige aanstellings van die staatsprokureur en guweneur van die bank.
Mugabe het ook geweier om Roy Bennett, ‘n vertroueling van Tsvangirai, as adjunk-minister van landbou aan te stel.
Apart van die rusie is daar ook ander struwelinge.
Sekuriteitswagte word steeds aangekla dat hulle regte mishandel en mense martel.
Die Verenigde Nasies voorspel dat 1.9 miljoen mense, sowat 15% van die bevolking, steeds kos sal benodig vanjaar.
Volgens ‘n Zimbabwese regsgroep sit Zimbabwe steeds op die “afgrond.”
- Sapa-AFP