Afrika-toerisme styg met 5%
2010-01-25 13:24
Kaapstad – Afrika is die enigste kontinent wat kan spog met 'n toename in toeriste-besoeke in 2009.
Industrie-kenners sê dit is deels te danke aan 'n kombinasie van die "Obama-effek", oftewel die verkiesing van 'n Amerikaanse president en sy familie in Afrika, en die 2010 Sokker-wêreldbeker.
"Dit is asof mense anders kyk na Afrika," het die hoof van die Verenigde Nasies se Wêreld Toerisme Organisaise, Taleb Rifai, gesê.
Rifai het gesê wêreldwye toerisme, wat met 4% gekrimp het, is waarskynlik negatief beïnvloed deur die ekonomiese krisis en verlede jaar se varkgriep-epidemie.
- Lees meer by die BBC