2010

Benni al weer in pekel

2010-05-20 09:23

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Eduan Roos

Johannesburg - Benni McCarthy, die stout seun van Suid-Afrikaanse sokker, is in die moeilikheid – skaars ’n week nadat hy hom by Bafana Bafana se oefenkamp aangesluit het.

Dié 32-jarige doelskieter sal binnekort voor ’n tugkomitee van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) verskyn nadat hy Dinsdag geweier het om vir ’n mediasessie in Sandton op te daag.

McCarthy, wat reeds verskeie kere sy rug op die nasionale span gedraai het, het hom glo vervies vir berigte dat Carlos Alberto Parreira, die Bafana-afrigter, hom weggelaat het vir die naweek se wedstryd teen Thailand omdat hy “te vet en onfiks” is.

Parreira het kort voor dié wedstryd, wat Bafana met 4-0 in die Mbombela-stadion in Nelspruit gewen het, gesê McCarthy moet eers sy fiksheid en toewyding bewys voordat hy speelkans in die Suid-Afrikaners se komende oefenwedstryde sal kry.

Volgens Leslie Sedibe, Safa se uitvoerende hoof, is McCarthy steeds “volkome toegewy” daaraan om Suid-Afrika in die Wêreldbeker-toernooi in Junie en Juilie te verteenwoordig en was die berigte oor sy gewig “onregverdig”.

“Ek keer nie goed dat Benni ’n mediasessie misgeloop het nie, maar die kritiek teen hom was té erg,” het Sedibe gesê.“Hy het egter nie weggebly omdat hy kwaad was oor dié stories nie, maar het persoonlike probleme gehad en reeds verskoning gevra.”

Tog is McCarthy, wat die afgelope seisoen weinig speelkans gekry het vir sy Engelse klub, West Ham United, nie verseker nie van ’n plek in Parreira se uitsoekgroep, wat teen 1 Junie aangekondig moet word.

Die doelskieters Katlego Mphela, Surprise Moriri, Siyabonga Nomvethe en Bernard Parker het almal die laaste tyd met hul spel beïndruk.

Intussen het een van Bafana se sterverdedigers, Bryce Moon, volgehou dat hulle nie van stryk gebring sal word deur die voortslepende betalingsgeskil tussen dié span en die land se sokkerbase nie. ’n Spelerskomitee, onder leiding van Aaron Mokoena (kaptein) en Matthew Booth, het hom verlede week tot Tony Irish, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca), gewend in ’n poging om tot ’n vergelyk te kom oor wedstrydgeld en bonusse tydens WB 2010.

Dít nadat Safa verlede week belowe het om R1 miljoen te betaal aan elke speler wat in dié toernooi ’n doel aanteken.“Vir ons gaan dit nie oor die geld nie, maar eerder om ’n droom te verwesenlik deur jou land in ’n Wêreldbeker te verteenwoordig,” het Moon gesê.

“Safa se belofte is ’n goeie motivering, maar dit sal nie naby kom daaraan om die Wêreldbeker vas te hou nie. Elkeen van ons wíl in die eindstryd wees.”

Sedibe het gister ook bevestig dat Bafana in nog drie oefenwedstryde sal speel, voor sy eerste kragmeting van die skouspel – op 11 Junie teen Mexiko.Bafana pak die sterbelaaide Bulgarye Maandag in die Orlando-stadion in Soweto, Colombia drie dae later in die Soccer City-stadion in Johannesburg en Denemarke op 5 Junie.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: 2010  |  sokker

Kommentaar is afgeskakel vir hierdie artikel

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Alle Musiek op Uitverkoping

Tot 20% af op absoluut alles. Bestel jou kopie van die nuwe MGMT, Madonna & meer!

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...